Internasionaal

OORSIG | Die wêreld in ’n neutedop

NETWERK24 Die wêreld in 'n neutedop
NETWERK24 Die wêreld in 'n neutedop (Netwerk24)

2025-10-20 03:23:27

Gematigde kandidaat beëindig 20 jaar se linkse bewind in Bolivia

Rodrigo Paz, ’n gematigde, het Bolivia se presidentsverkiesing Sondag gewen nadat hy sy konserwatiewe teenstander, Jorge “Tuto” Quiroga, verslaan het.

Die land se ergste ekonomiese krisis in ’n generasie het gehelp om die einde van byna twee dekades van linkse bewind aan te dryf. Paz, ’n senator van die Christen Demokratiese Party, het 54,5% van die stemme gewen en Quiroga 45,5%, volgens vroeë uitslae van Bolivia se verkiesingstribunaal.

Maar Paz se party hou nie ’n meerderheid in die land se wetgewer nie. – Reuters


2025-10-20 03:41:54

Skietstilstand in Gasastrook hervat ná aanval

Die Israeliese weermag het Sondag gesê die skietstilstand in die Gasastrook word hervat nadat ’n aanval tot die dood van twee van sy soldate gelei en ’n reeks lugaanvalle veroorsaak het.

Pres. Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand wat hy bemiddel het, is steeds in plek.

Humanitêre hulp na die Gasastrook sal ook Maandag hervat word nadat Israel ’n staking in voorrade aangekondig het in reaksie op ’n “ooglopende” oortreding van die skietstilstand deur Hamas.

Minstens 26 mense is in die aanvalle dood, volgens plaaslike inwoners en gesondheidsowerhede. – Reuters

A military vehicle manoeuvres in Gaza A military vehicle manoeuvres in Gaza as seen from the Israeli side of the border, October 19, 2025. REUTERS/Amir Cohen (Amir Cohen/REUTERS)

’n Militêre voertuig ry Sondag in die Gasastrook soos gesien vanaf die Israeliese kant van die grens. Foto: Reuters


2025-10-20 03:55:11

2 dood toe vragvliegtuig van aanloopbaan gly en teen patrollievoertuig bots in Hongkong

Twee sekuriteitspersoneel van die Hongkong Internasionale Lughawe is vroeg Maandagoggend dood nadat ’n vragvliegtuig van Dubai gedurende landing van die aanloopbaan gegly, teen hul patrollievoertuig gebots en die voertuig in die see beland het.

Die Boeing BA.N 747 het ook in die water beland en was gedeeltelik onder water.

Al vier bemanningslede het oorleef.

Een van die sekuriteitspersoneellede is op die toneel dood verklaar en die ander een is later in die hospitaal dood.

Die owerhede ondersoek steeds die presiese oorsaak van die ongeluk. – Reuters

A cargo plane skids off the runway during landing at Hong Kong International Airport Emergency personnel work near a cargo plane lying partially in the sea after it veered off the runway during landing at Hong Kong International Airport in Hong Kong, China, October 20, 2025. REUTERS/Tyrone Siu TPX IMAGES OF THE DAY (Tyrone Siu/REUTERS)

Noodpersoneel naby ’n vragvliegtuig wat gedeeltelik in die water is nadat dit van die aanloopbaan gegly het gedurende landing by die Hongkong Internasionale Lughawe. Foto: Reuters


2025-10-20 04:07:07

Vliegtuig gly van aanloopbaan gedurende noodlanding in Rusland

’n Airbus A320-vliegtuig het vroeg Maandag van die aanloopbaan van Sint Petersburg se hooflughawe gegly terwyl dit ’n noodlanding uitgevoer het weens ’n fout met sy onderstel, het die Russiese staatsmedia gesê.

Al 162 passasiers en bemanning aan boord van die vlug, wat na Bakoe, Azerbeidjan, onderweg was, is ongedeerd.

Die Poelkowo-lughawe het vlugte kortliks opgeskort weens die voorval, voordat operasies Maandagoggend hervat is. – Reuters


2025-10-20 04:23:51

Marokko beloof hervormings te midde van betogings

Die regering van Marokko het Sondag ’n stel maatreëls aangekondig te midde van betogings wat deur jong mense gelei is, het die staatsmedia berig.

’n Konsep-finansieringswetsontwerp vir 2026 sal maatskaplike dienste verbeter, insluitend openbare onderwys en gesondheidsorg.

’n Ander konsepwetsontwerp het ten doel om burgerlike betrokkenheid in die openbare lewe verder te bevorder deur “mense jonger as 35 uit te nooi om tot die politiek toe te tree”.

Dit sal behels dat reëls vir jong kandidate wat in verkiesings meeding,  verslap word. – AFP


2025-10-20 05:51:58

20 personeellede van VN deur Hoethi’s aangehou

Die kantoor van die Verenigde Nasies (VN) in Jemen het Sondag gesê Hoethi-rebelle hou steeds 20 van sy personeellede aan ná hul inval van die organisasie se gebou in Sanaa ’n dag vroeër.

Die VN-kantoor het Saterdag gesê veiligheidsmagte van die Hoethi’s het “ongemagtigde toegang” tot sy terrein verkry.

“Vyf nasionale en 15 internasionale personeellede word steeds binne die terrein aangehou,” het Jean Alam, woordvoerder vir die VN-koördineerder in die land, Sondag gesê. – AFP


2025-10-20 06:08:18

Rusland herhaal vredesooreenkoms moet oorsake van konflik takel

Rusland se buitelandse ministerie sê enige vredesooreenkoms met Oekraïne moet die onderliggende oorsake van die konflik aanpak om grondliggende en langtermyn-vrede te verseker, het die staatsnuusagentskap TASS berig.

“Ons het oor die onderliggende oorsake van die konflik gepraat, nie om dit te verleng nie, maar juis sodat hierdie uitkoms grondliggend sou wees, sodat dit ’n langtermyn-uitkoms sou wees en vrede sou waarborg,” het Maria Zacharowa, woordvoerder van die ministerie, gesê. – Reuters

Aftermath of a Russian drone attack in the outskirts of Odesa A firefighter works at the site of a Russian drone strike, amid Russia's attack on Ukraine, in the outskirts of Odesa, Ukraine October 13, 2025. REUTERS/Nina Liashonok (Nina Liashonok/REUTERS)

Brandweerspanne verlede Maandag op die terrein van ’n Russiese hommeltuigaanval in die buitewyke van Odesa in Oekraïne. Foto: Reuters


2025-10-20 06:17:25

Indië sê hy weet nie van gesprek tussen Trump en Modi oor Russiese olie

Pres. Donald Trump het Sondag herhaal dat Narendra Modi, premier van Indië, vir hom gesê het Indië sal ophou om Russiese olie te koop.

“Ek het met premier Modi gepraat, en hy het gesê hy gaan nie die Russiese olie-ding doen nie.”

Toe Trump deur verslaggewers gevra is oor Indië se bewering dat dit nie bewus was van enige gesprek tussen Modi en Trump nie, het Trump geantwoord: “Maar as hulle dit wil sê, dan sal hulle net voortgaan om massiewe tariewe te betaal en hulle wil nie dit doen nie.” – Reuters

(COMBO) This combination of pictures created on August 5, 2025 shows, L-R, US President Donald Trump speaks in Washington, DC, on July 30, 2025 and mIndia's Prime Minister Narendra Modi in New Delhi on July 21, 2025.. US President Donald Trump said August 5, he was considering "substantially" hiking tariffs on Indian imports in the next 24 hours over the country's purchases of Russian oil. (Photo by Jim WATSON and Sajjad HUSSAIN / AFP) (JIM WATSON SAJJAD HUSSAIN/AFP)

’n Saamgestelde foto van pres. Donald Trump van Amerika en Narendra Modi, premier van Indië. Foto: AFP


2025-10-20 06:39:45

Skrapnel tref patrollievoertuig in Kalifornië gedurende militêre vertoning

Metaalskrapnel van ’n kanondop wat “voortydig ontplof” het, het ’n hoofwegpatrollievoertuig gedurende ’n militêre vertoning vir die marinekorps se 250ste herdenking getref.

Niemand is beseer in die voorval wat Saterdag plaasgevind het en deur JD Vance, visepresident van Amerika, bygewoon is nie.

“Dit was ’n ongewone en kommerwekkende situasie,” het Tony Coronado, afdelingshoof van die hoofwegpatrollie, gesê. – AFP


2025-10-20 07:06:17

‘Nie lekker' dat Poetin Europese land besoek

Kaja Kallas, hoof van buitelandse beleid van die Europese Kommissie, sê dis “nie lekker” nie dat pres. Wladimir Poetin moontlik na Hongarye, ’n lid van die Europese Unie, sal reis vir besprekings oor Oekraïne.

Pres. Donald Trump het gesê hy sal na verwagting binnekort in Boedapest met Poetin vergader.

Kallas sê Trump se pogings om vrede te bring, is welkom, maar dit is ook belangrik dat pres. Wolodimir Zelenski met Poetin vergader.

Sy sê dit is nie lekker dat Poetin, vir wie die Internasionale Strafhof ’n arrestasiebevel uitgereik het, na ’n Europese land reis nie. – Reuters


2025-10-20 07:41:56

Nog mense vasgetrek weens bedrogsentrums in Kambodja

Tien burgers van Suid-Korea is in Kambodja in hegtenis geneem weens hul beweerde betrokkenheid by kuberbedrog en nog twee is gered.

’n Bedrogspul van miljarde dollars het in onlangse jare in Kambodja uitgebrei, met duisende betrokkenes, sommige gewillig en ander wat deur georganiseerde misdaadgroepe gedwing is om deel daarvan te word, sê kundiges.

Oor die naweek het Kambodja 64 Suid-Koreaanse burgers teruggestuur na hul tuisland nadat hulle aangehou is weens hul beweerde bande met bedrogsentrums. – AFP


2025-10-20 08:25:54

Giftige mis verstik Indiese hoofstad

Indië se hoofstad, Nieu-Delhi, was Maandag in ’n digte, giftige mis gehul toe lugbesoedelingsvlakke tot meer as 16 keer die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanbevole daaglikse maksimum gestyg het.

Nieu-Delhi en sy uitgestrekte metropolitaanse gebied is gereeld een van die wêreld se mees besoedelde hoofstede.

Koeler lug vang besoedelingstowwe naby die grond vas en skep ’n dodelike mengsel van uitlaatgasse weens die verbranding van gewasse, fabrieke en swaar verkeer.

Die owerhede sê die luggehalte sal na verwagting in die komende dae verder versleg. – AFP

Vehicles move on a road shrouded in smog on the morning of Diwali, in New Delhi Vehicles move on a road shrouded in smog on the morning of Diwali, the Hindu festival of lights, in New Delhi, India, October 20, 2025. REUTERS/Bhawika Chhabra TPX IMAGES OF THE DAY (Bhawika Chhabra/REUTERS)

Voertuie beweeg Maandagoggend op ’n pad wat in mis gehul is in Nieu-Delhi, Indië. Foto: Reuters


2025-10-20 08:56:11

Starlink-toestelle glo gevind by bedrogsentrums in Mianmar

Mianmar se junta het ’n klopjag uitgevoer op een van die land se berugste bedrogsentrums en beslag gelê op 30 Starlink-toestelle, sê die junta.

Die staatsmedium The Global New Light of Myanmar het gesê die weermag “het operasies in KK Park naby die Mianmar-Thailand-grens uitgevoer”.

Bedrogsentrums waar werkers niksvermoedende buitelanders met sake- of romantiese skemas bedrieg, floreer in Mianmar se wettelose streke by die grens. – AFP


2025-10-20 09:26:09

Juffrou wat 8-jarige doodsteek, sit lewenslank

’n Onderwyseres in Suid-Korea wat ’n agtjarige meisie doodgesteek het, is lewenslange tronkstraf opgelê.

Myeong Jae-wan (48) het Kim Hae-neul in Februarie vermoor nadat sy haar na ’n klaskamer gelok het.

Die voorval het in die stad Daejeon gebeur.

Aanklaers het die doodstraf gevra.

Die hof het gesê die risiko dat Jae-wan weer sal oortree, is hoog, maar dit is moeilik om tot die slotsom te kom dat sy tereggestel moet word. – BBC


2025-10-20 09:44:38

Louvre-aanval ‘rooftog van die eeu’, ‘Franse volk beroof’

’n Rooftog van juwele in Parys se Louvre-museum het Frankryk in ’n “betreurenswaardige” lig geplaas, het Gérald Darmanin, minister van justisie, gesê.

Rowers het Sondag op die Louvre toegeslaan waar Frankryk se kroonjuwele uitgestal word, en agt juweelstukke gebuit voordat hulle op motorfietse gevlug het.

Die rooftog, wat verskeie koerante die “rooftog van die eeu” genoem het, het wêreldwyd die hoofopskrifte gehaal.

“Wat seker is, is dat ons misluk het,” het Darmanin aan die France Inter-radiostasie gesê.

“Die Franse volk voel almal asof hulle beroof is.” – Reuters

(FILES) This photograph shows "Collier et boucles d'oreilles de la parure d��meraudes de l'imp�ratrice Marie-Louise" (necklace and earrings of the set of jewelry of Empress Marie-Louise) displayed at Apollon's Gallery on January 14, 2020 at the Louvre museum in Paris after the reopening of the Gallery following ten months of renovations. Thieves raided Paris's Louvre museum in broad daylight on October 19, 2025, taking just seven minutes to grab some of France's priceless crown jewels, but dropping a gem-encrusted crown as they fled, officials and sources said. "Two high-security display cases were targeted, and eight objects of invaluable cultural heritage were stolen," said the ministry statement. They included the emerald-and-diamond necklace that Napoleon gave his wife Empress Marie Louise, and the crown of Empress Eugenie, the wife of Napoleon III. (Photo by STEPHANE DE SAKUTIN / AFP) (STEPHANE DE SAKUTIN/AFP)

’n Smarag-en-diamant-halssnoer wat Napoleon aan sy eerste vrou, keiserin Marie Louise, gegee het, is in die rooftog by die Louvre-museum in Parys gebuit. Foto: AFP


2025-10-20 10:23:50

Japan gee 1ste keer goedkeuring vir nood-voorbehoeding

Japan het regulatiewe goedkeuring gegee vir ’n nood-voorbehoedmiddel wat sonder ’n voorskrif bekom kan word.

Dit is die eerste keer dat Japan, ’n sosiaal konserwatiewe land, nood-voorbehoedmedikasie goedkeur wat sonder ’n voorskrif gekoop kan word.

Menseregtegroepe het in die verlede wetgewing gekritiseer waarkragtens vroue in Japan slegs toegang tot nood-voorbehoeding om swangerskap te voorkom, kon kry met ’n doktersvoorskrif en ’n besoek aan ’n kliniek of apteek.

Om hierdie rede bekom baie slagoffers van verkragting en tienermeisies nie ’n voorbehoedmiddel nie, voer menseregtegroepe aan. – AFP


2025-10-20 10:42:50

Rusland wil samewerking met Iran uitbrei

Rusland is gereed om sy samewerking met Iran uit te brei.

Moskou het hegte bande met Teheran en het aanvalle deur Israel en Amerika op Iran se kernkragaanlegte vroeër vanjaar veroordeel.

Die aanvalle is uitgevoer met die verklaarde doel om Teheran te verhoed om ’n kernbom te ontwikkel.

“Rusland is beslis gereed om samewerking met Iran in alle areas uit te brei. Iran is ons vennoot en ons betrekkinge ontwikkel baie dinamies,” sê Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder.

Hy sê Europese lande plaas “buitensporige druk” op Iran oor onderhandelinge oor sy kernkragprogram en die situasie is “baie ingewikkeld”. – Reuters


2025-10-20 10:52:29

Talle betoog teen Indonesiese regering

Protest on the first anniversary of President Prabowo's administration in Jakarta A university student kicks police barricade during a protest on the first anniversary of President Prabowo's administration, criticizing government policies including the free meals programme, in Jakarta, Indonesia, October 20, 2025. REUTERS/Willy Kurniawan TPX IMAGES OF THE DAY (Willy Kurniawan/REUTERS)

’n Universiteitstudent skop ’n polisieversperring in Djakarta, Indonesië, tydens ’n betoging op die eerste herdenking van pres. Prabowo Subianto se bewind. Betogers is ontevrede met regeringsbeleid, insluitend die program wat gratis maaltye aan kinders verskaf. Duisende kinders het reeds vanjaar siek geword van maaltye wat hulle by skole ontvang het. Foto: Reuters


2025-10-20 11:07:47

EU bekyk ingryping in Russiese ‘skaduvloot’

Die Europese Unie (EU) wil die vermoë van sy lidlande verbeter om inspeksies op Rusland se “skaduvloot” van verouderende olietenkskepe uit te voer.

Frankryk, wat onlangs een van die vaartuie onderskep het, het strenger optrede versoek om dié belangrikste bron van inkomste vir Rusland se Oekraïense oorlogskas te beperk.

Die 27-nasie-blok het reeds honderde vragskepe wat deur Rusland gebruik word om beperkings op sy winsgewende ru-olie-uitvoere te omseil, op ’n swartlys geplaas.

Die EU wil nou ooreenkomste met lidlande onderteken waar die skepe formeel geregistreer is om beheer daaroor te vergemaklik. – AFP


2025-10-20 11:33:34

Pous vergader met slagoffers van seksuele misbruik

Pous Leo XIV het Maandag vir die eerste keer met slagoffers van seksuele misbruik deur Rooms-Katolieke geestelikes vergader dae nadat die Vatikaan se kinderbeskermingskommissie senior kerkleiers daarvan beskuldig het dat hulle voete sleep om slagoffers te help.

Leo het ’n vergadering gehou met Ending Clergy Abuse, ’n internasionale koalisie van slagoffers.

Die vergadering het ongeveer ’n uur geduur en was “ ’n belangrike oomblik van dialoog”, sê die groep.

Die Rooms-Katolieke Kerk met 1,4 miljard lede word al dekades lank geskud deur skandale oor die wêreld heen wat misbruik en toesmeerdery behels en wat sy geloofwaardigheid skaad en hom honderde miljoene dollars aan skikkings kos. – Reuters


2025-10-20 11:40:10

Franse minister verskerp veiligheid ná diefstal by Louvre

Laurent Nuñez, Franse minister van binnelandse sake, het Maandag gesê hy gaan veilgheid buite kulturele instellings verskerp ná ’n gewaagde rooftog van juwele uit die Louvre-museum.

Nuñez, ’n voormalige hoof van die polisie in Parys, het die besluit geneem op ’n vergadering met Rachida Dati, die minister van kultuur, en die polisie, ’n dag ná die diefstal.

Die Louvre-museum in Parys is wêreldberoemd en huisves van die belangrikste kunsskatte en juwele. – AFP


2025-10-20 11:45:14

Skuimgeveg

Students of the University of St Andrews, take part in the annual "Raisin Monday Foam Fight" at the Lower College Lawn, in St Andrews, eastern Scotland, on October 20, 2025. At the annual event held at the university, first-year students, known as "academic children," have a foam fight with their older student mentors referred to as "parents". (Photo by ANDY BUCHANAN / AFP) (ANDY BUCHANAN/AFP)

Studente aan die Universiteit van St Andrews in Skotland neem deel aan ’n jaarlikse skuimgeveg. Foto: AFP


2025-10-20 12:12:54

Australië kap China oor vegvliegtuig

Australië het sy kommer aan China oorgedra nadat ’n Chinese vegvliegtuig seinfakkels naby een van sy maritieme patrollievliegtuie gebruik het, sê die Australiese departement van verdediging.

Die voorval is as “onveilig en onprofessioneel” bestempel.

Volgens die departement het die Chinese vliegtuig seinfakkels naby ’n Australiese maritieme patrollievliegtuig vrygestel terwyl dié besig was met ’n roetinevlug bokant die Suid-Chinese See.

“Dit was ’n onveilige en onprofessionele maneuver,” het die departement bygevoeg. “Australië verwag dat alle lande, insluitend China, hul gewapende magte op ’n veilige en professionele wyse sal bedryf”. – Reuters


2025-10-20 12:13:56

Iran se ajatolla sê Trump moet ‘aanhou droom’

Die ajatolla Ali Chamenei, opperleier van Iran, het Maandag bewerings van pres. Donald Trump verwerp dat dié Islamitiese republiek se kernterreine in Junie deur Amerikaanse lugaanvalle vernietig is.

Chamenei het in ’n verklaring op sy amptelike webwerf gesê Trump moet “aanhou om te droom” oor sy opmerkings oor die vernietiging van dié terreine.

Hy het ook die Amerikaanse president se reg bevraagteken “om te bepaal wat ’n land mag of nie mag hê nie as dit oor ’n kernbedryf beskik”. Chamenei se opmerking is die jongste in die voortdurende konfrontasie tussen die VSA en Iran oor kernregte en internasionale diplomatieke beheer oor kerntegnologie. – AFP

TEHRAN, IRAN - OCTOBER 18: (----EDITORIAL USE ONLY MANDATORY CREDIT - " IRANIAN LEADER'S PRESS OFFICE / HANDOUT" - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS----) Iran's Supreme Leader Ayatollah Ali Khamanei speaks during his meeting with students in Tehran, Iran on October 18, 2017. (Photo by Iranian Leader's Press Office - Handout/Anadolu Agency/Getty Images) (Anadolu/Getty Images)

Die ajatolla Ali Chamenei. Foto: Getty Images


2025-10-20 12:23:58

Taliban moet militante beheer, sê Pakistan

Die skietstilstand tussen Pakistan en Afganistan is gekoppel aan die regerende Taliban se vermoë om militante wat Pakistan vanuit Afganistan aanval, in toom te hou.

Dit is die mening van Khawaja Muhammad Asif, Pakistan se minister van verdediging.

Die Suid-Asiatiese buurlande het oor die naweek in Doha op ’n skietstilstand ooreengekom ná dae van wat as die ergste geweld beskou word sedert die Taliban in 2021 die mag in Kaboel oorgeneem het.

Gevegte langs die omstrede 2 600 km lange grens is ontketen nadat Islamabad van Kaboel geëis het om die militante te beheer. “Enigiets wat uit Afganistan kom, sal ’n verbreking van dié ooreenkoms wees,” sê Asif. – Reuters


2025-10-20 13:03:42

Trump beskuldig Colombia van dwelmhandel, ambassadeur herroep

Colombia het sy ambassadeur in die VSA herroep nadat pres. Donald Trump aangekondig het dat hy invoertariewe op Colombia gaan verhoog en alle betalings aan die land sal staak.

Dié stap spruit uit Trump se beskuldigings dat Colombia betrokke is by dwelmhandel, nadat die Amerikaanse weermag bote geteiken het wat glo dwelms vervoer het.

Trump het pres. Gustavo Petro ook as ’n “onwettige dwelmleier” bestempel.

Volgens Colombia se ministerie van buitelandse sake is die ambassadeur, Daniel García-Peña, nou vir konsultasies in Bogotá. – Reuters


2025-10-20 13:25:10

Netanyahu vergader met Amerikaanse gesante ná geweld

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Maandag met die hoëvlak- Amerikaanse gesante Steve Witkoff en Jared Kushner vergader nadat geweld die naweek ’n brose Amerikaans-bemiddelde skietstilstand in die Gasastrook bedreig het.

“Premier Netanyahu het vroeër vandag met die spesiale gesant Steve Witkoff en die Amerikaanse president, Donald Trump, se skoonseun Jared Kushner vergader oor die onlangse ontwikkelinge in die streek,” het Shosh Bedrosian, woordvoerder van die premierskantoor, aan joernaliste gesê.

Sy het bygevoeg dat die Amerikaanse visepresident, JD Vance, Israel binnekort vir ’n paar dae sal besoek en met Netanyahu sal vergader. Hierdie ontmoeting volg ná ’n naweek van hernude geweld wat die kwesbare skietstilstand tussen Israel en Hamas onder druk plaas. – AFP


2025-10-20 13:36:55

Amerika gee Argentinië finansiële inspuiting

Argentinië het Maandag ’n geldruil-ooreenkoms met Amerika geformaliseer vir tot $20 miljard, wat daarop gemik is “om tot Argentinië se ekonomiese stabiliteit by te dra”.

Volgens dié Suid-Amerikaanse land se sentrale bank vorm die ooreenkoms deel van die finansiële steun wat deur die Trump-administrasie verleen word.

Pres. Donald Trump is ’n groot ondersteuner van die Argentynse president, Javier Milei, wat onder groot druk verkeer voor die tussenverkiesing op 26 Oktober.

Argentinië se ekonomie gaan al geruime tyd gebuk onder inflasie, ’n skuldkrisis en ’n valutawaardevermindering. ’n Geldruil-ooreenkoms beteken dat Argentinië toegang tot $20 miljard in Amerikaanse dollars kry, wat as finansiële vangnet dien om sy eie geldeenheid te stabiliseer en betalingsverpligtinge na te kom. – AFP


2025-10-20 13:42:21

Charles besoek Joodse gemeenskap

MANCHESTER, ENGLAND - OCTOBER 20: King Charles III during a visit to Heaton Park Hebrew Congregation Synagogue on October 20, 2025 in Manchester, England. The King is visiting Manchester to show his support for the Jewish community in the city, following the attack at Heaton Park Hebrew Congregation Synagogue on October 02. (Photo by Chris Jackson/Getty Images) (Chris Jackson/Getty Images)

Koning Charles III van Brittanje besoek Manchester om sy steun vir die Joodse gemeenskap in die stad te toon ná ’n aanval op ’n Joodse sinagoge op 2 Oktober. Foto: Getty Images


2025-10-20 14:01:11

Hamas sal vanaand oorskot van nog ’n gyselaar oorhandig

Hamas se gewapende vleuel het gesê hulle sal Maandagaand die oorskot van nog ’n Isrealiese gyselaar teruggee nadat dit Sondag gevind is.

Die Ezzedine Al-Kassam-brigade het gesê hulle "sal die lyk van ’n Israeliese gevangene, wat Sondag in die Gasastrook opgegrawe is, om 20:00 Gasa-tyd (19:00 SA tyd) oorhandig."

Dit sal die 13de ontslape gyselaar wees wat deur Hamas teruggegee word sedert die skietstilstand op 10 Oktober in werking getree het. – AFP


2025-10-20 14:23:18

Hartseer in die Gasastrook

Funeral of Palestinians killed in Sunday's Israeli strikes, in central Gaza Strip Mourners react as they attend the funeral of Palestinians killed in Sunday's Israeli strikes, according to medics, at al-Awda Hospital in the central Gaza Strip, October 20, 2025. REUTERS/Mahmoud Issa TPX IMAGES OF THE DAY (Mahmoud Issa/REUTERS)

Twee vroue in die sentrale Gasastrook vertroos mekaar Maandag by die begrafnis van Palestyne wat dood is in Sondag se Israeliese lugaanvalle op die gebied. Foto: Reuters


2025-10-20 14:42:31

Zelenski ‘gereed’ om hom by Poetin-Trump-beraad aan te sluit

Hy is gereed om hom by die Russiese president, Wladimir Poetin, en sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump, op hul beraad  in Hongarye oor die oorlog in Oekraïne aan te sluit – mits hy genooi word, het pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne Maandag gesê.

Trump en Poetin het vroeër gesê hulle sal moontlik binne ’n paar weke in die Hongaarse hoofstad, Boedapest, vergader. – AFP


2025-10-20 15:01:45

Trappe van verligting

Hindu devotees celebrate Diwali festival in Dhaka A child touches an oil lap that are used to decorate the surroundings of a temple during Diwali celebration, in Dhaka, Bangladesh, October 20, 2025. REUTERS/Mohammad Ponir Hossain TPX IMAGES OF THE DAY (Mohammad Ponir Hossain/REUTERS)

’n Kind sit Maandag by ’n olielampie wat gebruik word in die omgewing van ’n Hindoe-tempel in Dhaka, Bangladesj, vir Diwali-vieringe. Foto: Reuters


2025-10-20 15:11:17

Israel gooi 153 ton se bomme op Gasa

Israeliese magte het Sondag 153 ton se bomme op teikens in Gasa laat val in reaksie op ’n verbreking van die wapenstilstand deur Hamas, het Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, Maandag aan die parlement gesê.

"Een van ons hande hou ’n wapen vas, die ander hand is uitgestrek vir vrede," het Netanyahu aan lede van die Knesset gesê.

"Jy maak vrede met die sterkes, nie die swakkes nie. Vandag is Israel sterker as ooit tevore."

Israel het Sondag gesê hy het lugaanvalle op teikens in Gasa van stapel gestuur nadat twee van sy soldate in ’n aanval deur Hamas dood is. Die Palestynse groep ontken enige kennis van die aanval. – AFP


2025-10-20 15:29:22

Oekraïne en Europa moet ook by vredesgesprekke wees – Macron

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het Maandag ’n beplande vergadering tussen press. Donald Trump en Wladimir Poetin verwelkom, maar sê Oekraïne en Europa moet deel daarvan wees.

"Van die oomblik dat hulle die lot van Oekraïne bespreek, moet die Oekraïners aan die tafel wees. Van die oomblik dat hulle bespreek wat die veiligheid van Europa beïnvloed, moet die Europeërs aan die tafel wees," het Macron aan verslaggewers gesê.

Vroeër Maandag het Kaja Kallas, hoof van buitelandse beleid van die Europese Unie, gesê: "Ons werk daaraan om ons bondgenote te probeer oortuig dat niks uit hierdie vergaderings kan voortspruit as Oekraïne of Europa nie deel daarvan is nie." – AFP, Reuters


2025-10-20 15:44:12

Praag verbied e-bromponies oor ‘chaos’ op sypaadjies

Praag sal vanaf Januarie die verhuring van elektriese bromponies verbied.

Die Tsjeggiese hoofstad se stadsraad kritiseer die toerisvriendelike vervoermiddel omdat dit chaos op sypaadjies en in voetgangergebiede veroorsaak in die stad wat jaarliks sowat 8 miljoen toeriste lok. – Reuters


2025-10-20 16:00:08

Maak wyd oop en sê ‘oink’

Doctors conduct first interstate robotic tele-surgery on a pig between the cities of Joao Pessoa and Campo Largo Technicians prepare a pig for Brazil's first interstate robotic tele-surgery, an experimental procedure performed using a robot connected over a distance of more than 3,000 kilometers between the cities of Joao Pessoa and Campo Largo, Brazil October 10, 2025. The operation, aimed at testing long-distance medical procedures, took place in Campo Largo, Parana state. REUTERS/Rodolfo Buhrer TPX IMAGES OF THE DAY (Rodolfo Buhrer/REUTERS)

Tegnici berei Maandag ’n vark voor vir Brasilië se eerste interstaatlike robotiese tele-operasie, ’n eksperimentele prosedure uitgevoer met behulp van ’n robot oor ’n afstand van meer as 3 000 km tussen die stede Joao Pessoa en Campo Largo. Foto: Reuters


2025-10-20 16:12:37

Nasa soek nuwe vennote vir maansendings oor SpaceX ‘agter is’

Nasa is op soek na nuwe aansoeke vir sy beplande maansending om met Elon Musk se SpaceX mee te ding omdat SpaceX “agter is”.

“Ek is gek na SpaceX. Dit is ’n ongelooflike maatskappy. Die probleem is, hulle is agter. Hulle het hul tydlyne uitgestel en ons is in ’n wedloop teen China,” het Sean Duffy, Nasa-administrateur, aan Fox News gesê.

“Ek en die president wil in sy termyn na die maan gaan, dus gaan ek die kontrak oopgooi.” – AFP


2025-10-20 16:27:07

As Gasa-ooreenkoms nie nagekom word, word Hamas uitgewis – Trump

Pres. Donald Trump sal Hamas ’n "klein kansie" gee om die Gasa-skietstilstandooreenkoms met Israel na te kom, het hy Maandag gesê en gewaarsku die groep sal "uitgewis” word as hy dit nie doen nie.

"Ons het ’n ooreenkoms met Hamas dat hy soet gaan wees, dat hy hom gaan gedra," het Trump aan verslaggewers gesê.

"En as hy nie is nie, gaan ons in en ons gaan hom uitwis. As ons moet, sal hy uitgewis word." – AFP


2025-10-20 16:43:14

Trump dink nie Oekraïne sal oorlog teen Rusland wen, maar 'enigiets is moontlik'

Pres. Donald Trump dink nie Oekraïne sal die oorlog teen Rusland wen nie, maar enigiets is nog moontlik, het hy Maandag gesê.

"Oekraïne kan dit steeds wen. Ek dink nie hy sal nie, maar hy kan steeds wen," het Trump by die Withuis gesê.

Oorlog is ’n vreemde ding en enigiets kan gebeur, voeg hy by. – Reuters


2025-10-20 17:14:53

Amerika, Australië onderteken ooreenkoms oor minerale

Pres. Donald Trump en Anthony Albanese, premier van Australië, het Maandag ’n ooreenkoms onderteken om die voorsiening van seldsame aardse elemente en kritieke minerale te verseker te midde van China se pogings om wêreldwye beheer oor dié hulpbronne te versterk.

Die ooreenkoms, wat by die Withuis aangekondig is, sluit in ’n projekpyplyn van $8,5 miljard (sowat R146,5 miljard) en bepaal dat albei lande in die volgende ses maande saam $2 miljard (sowat R34,5 miljard) belê vir gesamentlike ontginning en verwerking.

Ingevolge die ooreenkoms sal die minerale in albei lande verwerk word. Australië bied ook voorkeure aan bondgenote om toegang tot sy strategiese minerale-reserwes te kry in ’n stap om sy afhanklikheid van China te verminder. – Reuters


2025-10-20 17:25:53

Vuur en vlam Franse aan't voorberei

KNDS showcases flagship weapon systems at demonstration in southern France A Caesar self-propelled howitzer fires during a demonstration as part of a "day dedicated to artillery" organised by military defence system supplier KNDS France at the French military camp of Canjuers in the Var department, France, October 20, 2025. REUTERS/Manon Cruz (Manon Cruz/Reuters)

'n Caesar- selfaangedrewe houwitser vuur 'n skoot in 'n oefening by 'n Franse militêre kamp in Provence, Frankryk, af. Foto: Reuters


2025-10-20 17:32:14

VN bekommerd oor 'nuwe' geweld in Gasa

Die Verenigde Nasies (VN) is opnuut bekommerd oor die gewelddadige optrede in die Gasastrook nadat ’n reeks dodelike aanvalle oor die naweek die brose skietstilstand tussen Israel en Hamas in gevaar gestel het.

“Ons doen ’n beroep op alle partye om hul verpligtinge na te kom om die beskerming van burgerlikes te verseker en enige optrede te vermy wat tot hernude vyandelikhede kan lei of humanitêre operasies kan ondermyn,” sê Stephane Dujarric, VN-woordvoerder.

Die situasie in die Gasastrook is buitengewoon gespanne, met Israel sowel as Hamas wat mekaar van die skending van die ooreenkoms beskuldig. – AFP


2025-10-20 17:37:41

Oostenrykse oudmiljardêr appelleer teen hofbeslissing

Die Oostenrykse voormalige eiendomsmiljardêr René Benko het appèl aangeteken teen sy skuldigbevinding verlede week aan insolvensieverwante bedrog en ook teen die tronkstraf van twee jaar wat hy opgelê is.

Die saak spruit uit 'n omvattende ondersoek na misdade wat aanklaers vermoed tydens die ineenstorting van Benko se eiendomsgroep, Signa, gepleeg is. Die bankrotskap wat in 2023 begin het, was  Oostenryk se grootste sedert die Tweede Wêreldoorlog.

'n Hof in Benko se tuisdorp, Innsbruck, het verlede week beslis dat 'n oordrag van €300 000 ($350 000) aan sy moeder, oënskynlik as 'n geskenk, maar gemaak voordat sleuteldele van Signa vir insolvensie aansoek gedoen het, 'n poging was om die geld buite die bereik van krediteure te plaas.

Die hof het hom wel onskuldig bevind op 'n tweede aanklag van insolvensieverwante bedrog. – Reuters


2025-10-20 18:02:23

VSA, China sluit dalk later vandeesmaand handelsooreenkoms

Pres. Donald Trump het Maandag aangekondig dat hy vroeg volgende jaar na China sal reis. Trump het ook genoem dat hy later vandeesmaand met pres. Xi Jinping van China in Suid-Korea ’n handelsooreenkoms sal sluit, ondanks onlangse spanning oor tariewe.

“Ek is uitgenooi om na China te kom en ek sal dit iewers vroeg volgende jaar doen. Dit is so te sê reeds gereël,” het Trump aan joernaliste by die Withuis gesê.

Die beplande ondertekening van ’n handelsooreenkoms in Suid-Korea kan ’n deurbraak wees in die besprekings en Trump se komende besoek aan China word beskou as ’n stap tot verdere samewerking en diplomasie. – AFP


2025-10-20 18:03:46

Eendeweer

General view of Windsor Castle in Windsor A person holds an umbrella as they walk on The Long Walk leading to Windsor Castle, an official residence of Britain’s King Charles III, on the Windsor Estate, Windsor, Britain, October 20, 2025. REUTERS/Toby Melville TPX IMAGES OF THE DAY (Toby Melville/REUTERS)

’n Stapper met ’n sambreel stap in die reën buite die Windsor-kasteel, amptelike woning van Brittanje se koning Charles III, in Windsor, Engeland. Foto: Reuters


2025-10-20 18:16:01

Rooi Kruis ontvang oorskot van gyselaar, sê Israeliese weermag

Die Rooi Kruis het die oorskot van ’n gyselaar wat in die Gasastrook aangehou is, ontvang as deel van ’n skietstilstandooreenkoms, sê die Israeliese weermag.

“Volgens inligting van die Rooi Kruis is ’n kis met die lyk van ’n oorlede gyselaar aan hom oorhandig. Dis tans op pad na die Israeliese weermag in die Gasastrook,” lui ’n verklaring.

Die oorhandiging vind plaas te midde van ’n brose skietstilstand tussen Israel en Hamas, waar ooreenkomste bereik is oor die uitruil van gyselaars en die oorskot van oorledenes.

Internasionale organisasies soos die Rooi Kruis speel ’n kernrol as neutrale tussenganger om die veilige en waardige oordrag van die oorskot en gyselaars te fasiliteer. – AFP


2025-10-20 18:37:28

Bolivia wil betrekkinge met VSA herstel, sê nuut verkose president

Die nuut verkose, gematig regse pres. Rodrigo Paz (58) van Bolivia sal poog om diplomatieke betrekkinge met Amerika te herstel wat byna twee dekades gelede onder die linkse oudpres. Evo Morales verbreek is, het Paz Maandag gesê.

"In die spesifieke geval van Amerika sal die betrekkinge hervat word," het Paz aan verslaggewers gesê nadat hy Sondag in 'n tweede ronde van die verkiesing geseëvier het.

Hy het 'n mederegse mededinger geklop nadat kiesers in ’n eerste ronde in Augustus die sosialistiese MAS-party, wat deur Morales gestig is en deur baie geblameer word vir die Suid-Amerikaanse land se talle ekonomiese probleme, ’n kritieke slag toegedien het. Paz sal na verwagting op 8 November sy amp inneem. – AFP


2025-10-20 19:01:39

Wêreld se kleinste bier?

- Picture taken on October 20, 2025 shows a miniture Carlsberg bottle of beer, what the company are calling the world's smallest beer, with an alcohol-free as a symbol for moderation, in Stockholm, Sweden. Danish brewer Carlsberg created the smallest beer in the world to raise awareness of responsible consumption, they announced on October 20, 2025, (Photo by Claudio BRESCIANI / various sources / AFP) / Sweden OUT / SWEDEN OUT / SWEDEN OUT (CLAUDIO BRESCIANI/AFP)

Die Deense brouery Carlsberg wys Maandag ’n miniatuur-Carlsberg-botteltjie bier, wat die maatskappy die wêreld se kleinste bier noem, aan die media in Stockholm, Swede. Die miniatuur-bier moet volgens die maatskappy bewustheid oor verantwoordelike alkoholverbruik skep. Foto: AFP


2025-10-20 19:22:34

Druk op Oekraïne om oorlog te beëindig, is verkeerd – EU

Dis verkeerd om druk op Oekraïne te plaas om ’n einde aan Rusland se oorlog daar te verseker, het Kaja Kallas, hoof van buitelandse beleid van die Europese Unie (EU), Maandag gesê.

Dit kom ná berigte dat pres. Donald Trump Oekraïne aangemoedig het om grondgebied prys te gee.

"Wat ons nie moet vergeet nie, is dat Rusland die aggressor en Oekraïne die slagoffer is. Om dus druk op Oekraïne as die slagoffer te plaas, is nie die regte benadering nie," het Kallas gesê ná ’n vergadering van ministers van buitelandse sake van die EU-lidlande. – AFP


2025-10-20 19:36:26

Brasilië gee groen lig vir olie-ontginning in Amasone-gebied

Brasilië se omgewingsagentskap het Petrobras, staatsbeheerde oliemaatskappy, die magtiging gegee om naby die mond van die Amasonerivier vir olie te boor, het dié maatskappy Maandag gesê.

Dié stap sal Brasilië se gasheerstatus vir die Verenigde Nasies se COP30-klimaatberaad volgende maand ondermyn, meen woedende omgewingsgroepe.

Pres. Luiz Inacio Lula da Silva ondersteun die planne om olie-ontginning in Brasilië, die agtste grootste olieprodusent ter wêreld, uit te brei. Hy hou vol die olie-inkomste sal help om die land se klimaatoorgang te finansier. – AFP


2025-10-20 19:51:24

Trump kan Nasionale Garde-troepe na Portland stuur, beslis appèlhof

Die Amerikaanse appèlhof het Maandag beslis dat pres. Donald Trump Nasionale Garde-troepe na Portland, Oregon, kan stuur, ondanks besware deur die leiers van die stad en die deelstaat.

Dit word gesien as ’n belangrike regsoorwinning vir die Republikeinse president terwyl hy militêre magte ontplooi na ’n groeiende aantal Demokraties-geleide gebiede. – Reuters


2025-10-20 20:01:00

Hou, maagspiere, hou!

2025 World Artistic Gymnastics Championships Artistic Gymnastics - 2025 World Artistic Gymnastics Championships - Women's Artistic Gymnastics - Qualifications - Indonesia Arena, Jakarta, Indonesia - October 20, 2025 Uzbekistan's Shakhinabonu Yusufova in action during her balance beam exercise REUTERS/Ajeng Dinar Ulfiana TPX IMAGES OF THE DAY (Ajeng Dinar Ulfiana/REUTERS)

Shakhinabonu Yusufova van Oezbekistan Maandag in aksie op die balanseerbalk in die kwalifiserende ronde van vanjaar se Wêreld- artistieke gimnastiekkampioenskapbyeenkoms in Djakarta, Indonesië. Foto: Reuters


2025-10-20 20:07:52

Stel Lissabon-kabeltrems uit diens ná ongeluk wat 16 se lewe eis – verslag

’n Amptelike ondersoek het Maandag aanbeveel dat al Lissabon se kabeltrems uit diens gestel word vir dringende aanpassings ná ’n noodlottige ongeluk in September wat toegeskryf word aan ’n foutiewe kabel.

Die ongeluk op 3 September, toe ’n kabeltrem ontspoor en teen ’n gebou gebots het, het 16 mense se lewe geëis.

Die kabeltrems mag nie weer in bedryf gestel word totdat die remstelsel, wat in staat moet wees om die trems tot stilstand te laat kom in die geval van ’n kabelbreuk, gewaarborg is nie. – AFP


2025-10-20 20:34:39

EU-lande wil Russiese gasinvoere teen einde 2027 uitfaseer

Lidlande van die Europse Unie (EU) het Maandag ooreengekom om hul oorblywende gasinvoere van Rusland teen einde 2027 uit te faseer.

Energieministers het op ’n vergadering in Luxemburg ’n plan van die Europese Kommissie goedgekeur om die invoer van pypleiding-gas en vloeibare aardgas (LNG) van Rusland uit te faseer, onderhewig aan goedkeuring deur die EU-parlement.

Die EU noem dit ’n "kritieke" stap om Europa energie-onafhanklik te maak. – AFP


2025-10-21 03:37:34

Amazon se wolkdiens terug ná onderbreking

Amazon.com se wolkdiens, AWS, het Maandagmiddag na normaal teruggekeer ná ’n onderbreking wat die wêreldwye ontwrigting van duisende webwerwe veroorsaak het.

AWS ondersteun apps en rekenaarprosesse vir maatskappye oor die wêreld heen en die ontwrigting het werkers van Londen tot Tokio geraak.

Ander is verhinder om normale daaglikse take uit te voer soos om haarkappers te betaal of hul vliegtuigkaartjies te verander. – Reuters


2025-10-21 04:01:41

Sarkozy begin Dinsdag met vonnis van 5 jaar, sal ‘kop hoog hou’

Nicolas Sarkozy, voormalige president van Frankryk, sal Dinsdag met sy vonnis van vyf jaar begin.

Hy is skuldig bevind aan sameswering in ’n saak wat verband hou met miljoene euro’s wat hy in sy presidentsveldtog van die oorlede Libiese leier kol. Moeammar Ghaddafi gekry het.

“Ek is nie bang vir die tronk nie. Ek sal my kop hoog hou, ook by die tronkhekke,” het Sarkozy aan die koerant La Tribune Dimanche gesê. – Reuters

FRANCE-POLITICS-JUSTICE-SARKOZY-LIBYA-TRIAL Nicolas Sarkozy, former French president, leaves the courtroom after hearing his sentence, at the hearing for the reading of the verdict in the Sarkozy-Kadhafi trial at the Batignolles courthouse. The former French president was found guilty of criminal conspiracy in the Libyan financing case and sentenced to five years in prison with a deferred committal order, with mandatory incarceration despite the appeal, in Paris, FRANCE, 25 September 2025. Nicolas Sarkozy, ancien president francais, sort de la salle a l issue de la seance apres avoir entendu sa sentence, lors l audience de la lecture pour rendre le verdict du proces Sarkozy Kadhafide, au tribunal de Paris. L ancien president francais est reconnu coupable d association de malfaiteurs dans l affaire du financement libyen et condamne a cinq ans de prison avec mandat de depot a effet differe, avec obligation d incarceration malgre l appel, a Paris, FRANCE, le 25 septembre 2025. (Photo by Xose Bouzas / Hans Lucas via AFP) (XOSE BOUZAS/Hans Lucas via AFP)

Oudpres. Nicolas Sarkozy Foto: AFP


2025-10-21 04:08:40

Dogs wait for the mailman in Calfiornia Dogs Buddy, Penny and Honey wait for the mailman from windows cut through a fence at their owners home in Encinitas, California, U.S. October 20, 2025. REUTERS/Mike Blake TPX IMAGES OF THE DAY (Mike Blake/REUTERS)

Buddy, Penny en Honey wag Maandag vir die posman by vensters wat in ’n heining by hul eienaars se huis in Encinitas in Kalifornië, Amerika, uitgesny is. Foto: Reuters


2025-10-21 04:16:02

Belize stem in om asielsoekers te huisves

Die Sentraal-Amerikaanse land Belize het ingestem om migrante te huisves terwyl hulle om asiel in Amerika aansoek doen.

Belize se regering het ’n ooreenkoms met Amerika bereik ingevolge waarvan mense wat om asiel in Amerika aansoek doen, tydelik na Belize gestuur kan word terwyl hul aansoeke oorweeg word.

Die ooreenkoms moet deur Belize se senaat goedgekeur word.

’n Afdeling van die Amerikaanse departement van buitelandse sake het die ooreenkoms beskryf as ’n “belangrike mylpaal in die beëindiging van onwettige immigrasie en die afskaffing van die misbruik van ons land se asielstelsel...” – AFP


2025-10-21 04:29:17

1 dood, 4 ernstig beseer weens tornado naby Parys

Een persoon is dood en vier kritiek beseer nadat ’n tornado Maandag distrikte noord van Parys, Frankryk, getref het en hyskrane laat omval het.

Die dorp Ermont, ongeveer 20 km noordoos van Parys, is die ergste getref deur die onverwagse tornado wat skade in ongeveer 10 distrikte veroorsaak het.

Guirec le Bras, ’n regeringsamptenaar, sê ’n 23-jarige konstruksiewerker is op ’n bouperseel dood en 10 mense is beseer, van wie vier in ’n kritieke toestand is. – AFP

This handout photograph taken and released on October 20, 2025 by the Syndicat Alliance Police Nationale (National Police Alliance Union) shows a collapsed crane which fell during high winds in Ermont, Val-d'Oise, on October 20, 2025. One person was killed and four others were seriously injured on October 20, 2025 during a violent wind event in Ermont, Val-d'Oise, the prefecture told AFP, without specifying the circumstances of the deaths. "One person has died, four are in critical condition, and five are in relative condition," the prefecture said during which "cranes fell and roofs were torn off." Eighty firefighters, 50 police officers, and 20 members of the SAMU (emergency medical service) were mobilized to the scene, according to the same source. (Photo by Handout / Syndicat Alliance Police Nationale / AFP) (HANDOUT/AFP)

’n Hyskraan wat omgeval het weens ’n tornado in Ermont, Val-d’Oise, in die noorde van Frankryk. Foto: AFP


2025-10-21 05:13:40

Japan stel 1ste vrouepremier aan

Japan het Dinsdag sy eerste vrouepremier aangestel nadat Sanae Takaitsji op die nippertjie ’n koalisie-ooreenkoms gesmee het.

Japan se vyfde premier in soveel jare sal ’n minderheidsregering lei.

Die parlement het Takaitsji Dinsdag as premier aangestel nadat sy onverwags ’n meerderheid in ’n eerste ronde van stemme gewen het.

Sy sal formeel die amp beklee nadat sy die keiser later vandag ontmoet het. – AFP

Japan's LDP's New President Holds Press Conference TOKYO, JAPAN - OCTOBER 4: Sanae Takaichi, the newly-elected leader of Japan's ruling party, the Liberal Democratic Party (LDP), attends a press conference after the LDP presidential election on October 4, 2025 in Tokyo, Japan. Conservative Sanae Takaichi hailed a "new era" on October 4 after winning the leadership of Japan's ruling party, putting her on course to become the country's first woman prime minister. (Photo by Yuichi Yamazaki - Pool/Getty Images) (Pool/Getty Images)

Sanae Takaitsji Foto: Getty Images/Pool


2025-10-21 05:29:19

Oorlede gyselaar geïdentifiseer

Israel sê die oorskot van ’n gyselaar wat in die Gasastrook gehou is en Maandag deur Hamas terugbesorg is, is geïdentifiseer as dié van Tal Chaimi (41), ’n offisier wat op 7 Oktober 2023 dood is.

Chaimi se familie is in kennis gestel. Chaimi, bevelvoerder van die Nir Yitzhak-kibboets-verdedigingsmilisie, is op die eerste dag van die oorlog dood toe Hamas Israel aangeval het.

Sy lyk is toe na die Gasastrook geneem. – AFP


2025-10-21 05:35:56

2 Britse burgers in Indonesië gerepatrieer

Indonesië sal Dinsdag ’n ooreenkoms onderteken om twee Britse burgers, van wie een in die dodeselle vir dwelmverwante misdade is, te repatrieer, het ’n Indonesiese regeringsbron aan AFP gesê.

Lindsay Sandiford (68), ’n ouma, is in 2013 op die eiland Bali ter dood veroordeel nadat sy skuldig bevind is aan dwelmsmokkelary.

Doeanebeamptes het kokaïen ter waarde van ongeveer $2,14 miljoen in ’n vals bodem in haar tas gevind toe sy in 2012 op ’n vlug vanaf Thailand in Bali aangekom het.

Shahab Shahabadi (35) is in 2014 op dwelmklagte in hegtenis geneem en dien tans ’n lewenslange vonnis uit. – AFP


2025-10-21 05:44:17

Hommeltuigaanval naby Khartoem-lughawe voor heropening

’n Hommeltuigaanval het Dinsdag vroeg in die omgewing van die Khartoem Internasionale Lughawe plaasgevind.

Dit kom een dag voordat die Soedannese owerhede die lughawe vir die eerste keer in meer as twee jaar vir binnelandse vlugte sou heropen.

Ooggetuies het aan AFP gesê dat hulle die geluide van hommeltuie en verskeie ontploffings in die omgewing van die lughawe gehoor het.

Die lughawe is gesluit sedert gevegte in April 2023 tussen die Soedannese leër en die paramilitêre Blitsondersteuningsmag (RSF) uitgebreek het. – AFP


2025-10-21 06:26:07

Bekende grootmeester van skaak sterf op 29

Die skaakwêreld is in rou gedompel ná die skielike dood van die prominente Amerikaanse grootmeester Daniel Naroditsky op 29-jarige ouderdom.

Die Internasionale Skaakfederasie onthou Naroditsky as iemand “wie se invloed veel verder as die skaakbord gestrek het”.

Die Charlotte Chess Center het Maandag Naroditsky se dood aangekondig.

Die sentrum sê hy is “bewonder en gerespekteer deur aanhangers en spelers oor die wêreld heen”.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie. – AFP


2025-10-21 06:31:38

Sloping begin by Withuis vir Trump se balsaal

Spanne was Maandag besig om ’n deel van die Withuis se historiese Oosvleuel af te breek om te begin met die bou van pres. Donald Trump se balsaal.

Trump sê die projek sal nie met die bestaande gebou inmeng nie.

Groot konstruksietoerusting is gesien wat die fasade van die gebou afbreek.

Die projek sal na verwagting meer as $250 miljoen kos, wat Trump in Julie gesê het deur homself en skenkers betaal sal word. – Reuters


2025-10-21 06:55:13

8 vas in Pole weens ‘sabotasie-komplot'

Pole se veiligheidsdienste het agt mense in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle voorbereidings getref het vir dade van sabotasie in verskeie streke, het premier Donald Tusk Dinsdag gesê.

Amptenare sê Pole is geteiken met taktieke soos brandstigting en kuberaanvalle in ’n “hibriede oorlog” wat deur Rusland gevoer word om lande wat Oekraïne in sy oorlog teen Rusland ondersteun, te destabiliseer.

Rusland ontken die bewerings. – Reuters


2025-10-21 07:36:13

Sarkozy verlaat huis om by tronk aan te meld

France's former president Nicolas Sarkozy (C), with his wife Carla Bruni-Sarkozy, leaves his residence to present himself to La Sante Prison for incarceration on a five-year prison sentence after being convicted of criminal conspiracy over a plan for late Libyan dictator Moamer Kadhafi to fund his 2007 electoral campaign, in Paris, on October 21, 2025. Nicolas Sarkozy, who has faced a flurry of legal woes since losing re-election in 2012, is to be jailed on October 21, 2025, over a scheme to acquire Libyan funding for his successful 2007 presidential run, becoming the first former head of a European Union country to serve time behind bars. The former French right-wing leader has appealed the verdict and denounced an "injustice". (Photo by JULIEN DE ROSA / AFP) (JULIEN DE ROSA/AFP)

Oudpres. Nicolas Sarkozy van Frankryk stap Dinsdag hand aan hand met sy vrou, Carla Bruni, nadat hy sy huis verlaat het om sy vyf jaar tronkstraf te begin uitdien. Hy het in ’n motor vertrek wat deur polisiebeamptes op motorfietse begelei is. Sarkozy is vroeër skuldig bevind aan sameswering in ’n saak wat verband hou met miljoene euro’s wat hy in sy presidentsveldtog van kol. Moeammar Ghaddafi, die ontslape Libiese leier, gekry het. Foto: AFP


2025-10-21 07:45:58

China hoop om bande met Japan te verstewig ná nuwe premier verkies is

Beijing hoop om bande met Tokio te “verstewig” nadat Sanae Takaitsji as Japan se eerste vroulike premier aangestel is.

Guo Jiakun, woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake, sê dat China “kennis geneem het van die verkiesingsuitslag” en het dit as “Japan se interne aangeleentheid” beskryf.

Hy het Tokio versoek om “sy politieke verbintenisse oor belangrike kwessies, insluitend die geskiedenis en Taiwan, na te kom”. – AFP


2025-10-21 07:53:26

Man wat Slowakye se premier 4 keer skiet, kry 21 jaar tronkstraf

’n Hof in Slowakye het Dinsdag die man wat verlede jaar Robert Fico,  premier, geskiet en gewond het, aan terrorisme-aanklagte skuldig bevind.

Juraj Cintula (72) is 21 jaar tronkstraf opgelê.

Hy het vyf skote op Fico afgevuur toe die premier in Mei 2024 mense in die sentrale dorp Handlova gegroet het. Fico is vier keer getref.

Die uitspraak sluit ’n verhoor af wat in Julie begin het en waarvan die hoofvraag was of Cintula, wat erken het dat hy Fico geskiet het, skuldig was aan terrorisme. – Reuters


2025-10-21 08:01:17

Australiese deeltydse werker kan permanent van huis af werk

’n Deeltydse werknemer van ’n Australiese kleinhandelbank is toestemming gegee om permanent van die huis af te werk.

Die Fair Work Commission het ten gunste van Karlene Chandler beslis in 'n geskil met haar werkgewer Westpac, wat gesê het dat sy twee dae per week vanaf ’n korporatiewe kantoor moet werk.

Westpac sê dat sy beleid oor werkers se terugkeer na die kantoor buigsaamheid bied om van die huis af te werk.

Chandler het aangevoer dat sy buite Sydney woon en dat die reis na ’n Westpac-kantoor amper twee uur sal neem. – Reuters


2025-10-21 08:17:52

Honderdduisende sonder krag weens Russiese aanvalle op Oekraïne

Russiese bomaanvalle op energie-infrastruktuur het Dinsdag die krag na honderdduisende mense in die Tsjernihif-streek in die noorde van Oekraïne onderbreek.

Herstelwerk kon nie begin nie weens die voortdurende bedreiging van hommeltuigaanvalle, het Oekraïne se ministerie van energie gesê.

Die kragtoevoer na die streekhoofstad, wat voor die oorlog ’n bevolking van ongeveer 280 000 gehad het, en die noordelike deel van die streek is heeltemal afgesny. – Reuters


2025-10-21 08:24:01

‘Moenie KI-kletsbotte raad oor verkiesings vra’

Kletsbotte wat deur kunsmatige intelligensie bedryf word, is “onbetroubaar en duidelik bevooroordeeld” wanneer hulle raad oor verkiesings gee, het die Nederlandse Databeskermingsowerheid (AP) Dinsdag gewaarsku.

'n Nasionale verkiesings vind op 29 Oktober hier plaas.

Die vier kletsbotte wat deur die AP getoets is, het geneig om mense aan te raai om óf vir die verregses óf vir ’n linkse party te stem. 

Die masjiene “beland dikwels by dieselfde twee partye, ongeag die gebruiker se vraag of opdrag”, het die AP gesê. – AFP


2025-10-21 09:01:35

Vance Dinsdag in Israel verwag te midde van wankele skietstilstand

JD Vance, visepresident van Amerika, sal na verwagting Dinsdag in Israel aankom terwyl Washington probeer om die eerste, onstabiele fase van die skietstilstand in die Gasastrook te stabiliseer.

Hamas en Israel het mekaar beskuldig van herhaalde oortredings van die skietstilstand sedert die ooreenkoms agt dae gelede aangegaan is.

Pres. Donald Trump se 20-punt-plan vereis egter baie moeiliker stappe waartoe die partye nog nie ten volle verbind is nie.

Dit sluit in die ontwapening van Hamas. – Reuters


2025-10-21 09:14:17

Voorraad na Gasastrook ver onder teiken, sê WFP

Die Wêreldvoedselprogram (WFP) sê dat die vloei van voorraad na die Gasastrook toeneem, maar steeds ver onder die daaglikse teiken van 2 000 ton is omdat slegs twee deurgange na die Gasastrook oop is.

“Om hierdie skaal te kan bereik, moet ons nou elke grensdeurgang gebruik,” sê Abeer Etefa, woordvoerder van die WFP.

Sy het bygevoeg dat slegs twee deurgange, Kerem Shalom en Kissufim, operasioneel is en dat geen deurgang in die noorde van die Gasastrook oop is nie. – Reuters


2025-10-21 10:01:12

Chinese vrou vas oor diefstal by Franse museum in September

’n Chinese vrou is in hegtenis geneem en aangekla vir die diefstal van goud uit die Natuurhistoriese Museum in Parys.

Die diefstal het op 16 September plaasgevind, net meer as een maand voor ’n gewaagde juweliersrooftog Sondag by die wêreldbekende Louvre-museum.

’n 24-jarige Chinese vrou is op 30 September in Barcelona in hegtenis geneem en op 13 Oktober aan die Franse owerhede oorhandig.

Sy bly in aanhouding. – AFP


2025-10-21 10:38:06

Nog geen datums vir beraad tussen Trump, Poetin

Die Kremlin sê dit is onduidelik wanneer ’n moontlike beraad tussen pres. Wladimir Poetin en pres. Donald Trump gaan plaasvind. 

Dit volg op gerugte dat ’n beplande vergadering om vir die beraad voor te berei, tussen Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, en Sergei Lavrov, Rubio se Russiese eweknie, uitgestel is.

“Ons kan nie iets uitstel wat nie gefinaliseer is nie,” sê Dmitri Peskof, woordvoerder van die Kremlin.

“Nóg president Trump nóg president Poetin het presiese datums gegee. Voorbereiding is nodig – ernstige voorbereiding.” – Reuters


2025-10-21 11:13:38

Oekraïne se gevegsfront moet beginpunt wees vir gesprekke, sê Europa

Europese leiers sê dat die huidige gevegsfront in Oekraïne die beginpunt vir enige vredesgesprekke moet wees.

Dit volg nadat pres. Donald Trump, wat verlede week telefonies met pres. Wladimir Poetin gepraat het en met pres. Wolodimir Zelenski in persoon ontmoet het, gesê het hy beoog om binne twee weke ’n spitsberaad met die Russiese leier in die Hongaarse hoofstad, Boedapest, te hou in ’n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Oekraïne se Europese bondgenote is bekommerd dat Trump en Poetin ’n tweede keer vergader sonder dat Trump ernstige toegewings van die Russiese leier kry.

Poetin het Trump se oproep om ’n skietstilstand van die hand gewys toe die twee leiers in Augustus in Alaska byeen was. – Reuters


2025-10-21 11:20:45

Talle dood, beseer in treinongeluk in Ethiopië

Minstens 14 mense is dood en 29 beseer in 'n treinongeluk in die ooste van Ethiopië.

Die ongeluk het volgens plaaslike amptenare Dinsdag omstreeks 02:00 gebeur terwyl die passasierstrein die 200 km van die dorp Dewele, naby Djiboeti se grens, na Dire Dawa afgelê het.

Treinongelukke is relatief seldsaam in Ethiopië, die land met die tweede grootste bevolking in Afrika, sowat 130 miljoen inwoners.

Meer as 400 mense is in 1985 dood en 500 ander beseer toe 'n trein wat van Djiboeti na die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, gereis het, in ’n kloof afgestort het. – AFP


2025-10-21 11:24:30

Werkloosheid neem toe in Finland

Finland se maandelikse werkloosheidskoers het in Augustus tot 10% gestyg, die hoogste vlak in ten minste 15 jaar.

Die data van Statistiek Finland toon dat die Nordiese land sukkel om volgehoue ekonomiese stagnasie af te weer.

In die tweede kwartaal van die jaar was slegs Spanje se kwartaallikse werkloosheidskoers, teen 10,29%, hoër onder eurosone-lidlande as dié van Finland teen 10,2%.

Finland se ekonomie is swaar getref deur wêreldwye ekonomiese onrus en onsekerheid wat spruit uit die oorlog in Oekraïne, met handel met die naburige Rusland wat opdroog en uitvoermaatskappye wat swaar leef weens die gevolglike energiekrisis wat kostes verder opstoot. – Reuters


2025-10-21 11:32:29

Michael Jackson se fedora onder die hamer

A member of staff adjusts a white fedora hat worn by Michael Jackson in the 1988 smooth criminal music video, estimated to sell for 40,000-80,000 GBP (46,000-92,000 Euro, 53,600-107,200 USD) and pictured next to an autographed photo of Michael Jackson, estimated to sell for between 1000-2000 GBP (1,1510-2,303 Euro, 1,338-2,676 USD) during a Propstore auction preview in central London on October 21, 2025. Propstore, a leading entertainment memoribila aution house, has announced it will auction over 550 lots of rare memorabilia from legendary artists, valued at more than 3 million GBP on October 23-24. (Photo by Justin TALLIS / AFP) (JUSTIN TALLIS/AFP)

’n Personeellid verstel ’n wit fedorahoed wat deur die oorlede Amerikaanse popster Michael Jackson in ’n musiekvideo in 1988 gedra is. Die hoed is deel van seldsame memorabilia van legendariese kunstenaars wat in Londen opgeveil word. Foto: AFP


2025-10-21 12:08:59

Vance in Israel om skietstilstand te stabiliseer

Visepres. JD Vance van Amerika het Dinsdag samesprekings in Israel gevoer in ’n poging om die eerste, onstabiele fase van die skietstilstand in die Gasastrook te red.

Israel en Hamas beskuldig mekaar van herhaalde oortredings van die skietstilstand sedert dit agt dae gelede van krag geword het.

Geweld en beskuldigings oor die terugbesorging van die lyke van gyselaars, die inbring van hulp en die opening van grense is van die kwessies wat bespreek word.

Pres. Donald Trump se 20-punt-skietstilstandplan sal egter baie moeiliker stappe vereis waartoe die twee kante nog nie ten volle verbind is nie, insluitend die ontwapening van Hamas en stappe tot ’n Palestynse staat. – Reuters


2025-10-21 12:21:35

Rooi Kruis: Israel stuur 15 Palestynse lyke terug

Die Rooi Kruis sê hy het Dinsdag die oordrag van 15 Palestynse lyke van Israel na die Gasastrook gefasiliteer as deel van ’n skietstilstand wat deur Amerika bemiddel is.

Die oordrag het die oorskot wat oorhandig is op 165 te staan gebring. Ingevolge die skietstilstand moes Israel die lyke van 15 Palestyne oorhandig vir elke oorlede Israeli wat terugbesorg word. Israel het bevestig dat Hamas Maandag die lyk van ’n 13de gyselaar oorhandig het.

Hassan Rasjad, hoof van die Egiptiese intelligensiediens, het met Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, in Jerusalem vergader in ’n poging om die brose skietstilstand te versterk. – AFP


2025-10-21 12:31:09

M23-rebelle plunder glo goudmyn

Vegters van die M23-rebellegroep, wat ’n goudmyn van die maatskappy Twangiza Mining in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) oorgeneem het, het sedert Mei minstens 500 kg goudstawe geplunder.

Die maatskappy beskuldig van sy eie werknemers ook daarvan dat hulle met die diefstal gehelp het. Teen die huidige pryse is die geplunderde goud sowat $70 miljoen (sowat R1,2 miljard) werd.

Die myn is in die Suid-Kivu-provinsie, waar die Rwandees gesteunde M23-rebelle vanjaar ’n blitsaanval van stapel gestuur het wat hulle in staat gestel het om meer grondgebied as ooit vantevore in te neem. – Reuters


2025-10-21 12:37:50

Sarkozy se nuwe tuiste...

PARIS, FRANCE - OCTOBER 21: Police secure the exterior of La Sante Prison ahead of the arrival of Former French President Nicolas Sarkozy to start a five year prison sentence for criminal conspiracy on October 21, 2025 in Paris, France. The former French president (2007 and 2012) will serve five years for criminal conspiracy over a scheme to obtain election campaign funds from the regime of the late Libyan dictator Colonel Gaddafi. Sarkozy is the first former head of an EU country to serve time in prison, and the first French postwar leader to be jailed. (Photo by Kiran Ridley/Getty Images) (Kiran Ridley/Getty Images)

’n Polisieman staan wag buite die La Sante-gevangenis in Parys waar Nicolas Sarkozy, president van Frankryk van 2007 tot 2012, sy tronkstraf van vyf jaar sal uitdien weens sameswering oor finansiering vir sy destydse verkiesingsveldtog. Foto: Getty Images


2025-10-21 13:11:22

Kragtoevoer na Zaporizhzhia-aanleg teen Saterdag herstel

Die eksterne kragtoevoer na die stilstaande Zaporizhzhia-kernkragaanleg in die suidooste van Oekraïne behoort teen Saterdag herstel te wees, sê die Russies-aangestelde bestuur.

Die aanleg, Europa se grootste met ses reaktors, wek sedert September 2022 nie elektrisiteit op nie, maar is afhanklik van eksterne krag om kernmateriaal af te koel en ’n ramp te voorkom.

Die aanleg werk al byna ’n maand op nooddieselenjins nadat kragverskaffing deur gevegte afgesny is. Internasionale atoominspekteurs hou toesig oor die herstelwerk aan die Dneprovskaya-lyn wat sedert 18 Oktober aan die gang is. Die situasie is onder beheer, sê die bestuur. – Reuters


2025-10-21 13:19:44

Menseregte by VN in gedrang

Menseregtewerk by die Verenigde Nasies (VN) word geteiken vir besnoeiings te midde van ’n befondsingskrisis wat ’n "eksistensiële bedreiging" vir noodsaaklike ondersoeke en verantwoording inhou, lui ’n verslag oor menseregte wat Dinsdag bekendgestel is.

Amerika se versuim om VN-lidmaatskapfooie te betaal en die gebrek van ondersteuning vir menseregte van lande soos China en Rusland ry die VN se stryd teen die skending van menseregte in die wiele.

"In ’n tyd van omvattende hervorming en finansiële krisis, hou hierdie pogings ’n eksistensiële bedreiging vir die VN se menseregtestelsel in," sê die Internasionale Diens vir Menseregte (ISHR) wat die verslag saamgestel het. – AFP


2025-10-21 13:28:56

Trump sê Hamas moet 'doen wat reg is'

Verskeie Amerikaanse bondgenote sê hulle sal die geleentheid verwelkom om die Gasastrook binne te gaan en Hamas met "geweldige mag" tot orde te bring, maar dit is nog nie nodig nie, sê pres. Donald Trump.

"Ek het vir hierdie lande, en vir Israel, gesê: ‘NOG NIE!’ Daar is steeds hoop dat Hamas die regte ding sal doen. As hulle dit nie doen nie, sal daar ’n vinnige, woedende en brutale einde aan Hamas kom! Ek wil al die lande bedank wat aangebied het om te help," skryf Trump op sy Truth Social-platform. – Reuters


2025-10-21 14:00:23

Dalk nog druk op prins Andrew

Copies of "Nobody's Girl: A Memoir of Surviving Abuse and Fighting for Justice", the posthumously published memoir by Virginia Giuffre, are displayed at a Foyles bookshop in London A shop assistant places copies of "Nobody's Girl: A Memoir of Surviving Abuse and Fighting for Justice", the posthumously published memoir by Virginia Giuffre, a prominent accuser of convicted sex offender Jeffrey Epstein, on a shelf at a Foyles bookshop in London, Britain, October 21, 2025. REUTERS/Isabel Infantes TPX IMAGES OF THE DAY (Isabel Infantes/REUTERS)

’n Winkelassistent plaas Dinsdag kopieë van Nobody’s Girl: A Memoir of Surviving Abuse and Fighting for Justice, die postume memoires van Virginia Giuffre, ’n vrou sentraal in die Jeffrey Epstein-skandaal, op ’n rak in ’n boekwinkel in Londen.

In die boek, wat Dinsdag die eerste keer te koop aangebied is, skryf Giuffre onder meer sy het seks met prins Andrew gehad op drie verskillende geleenthede, insluitend toe sy jonger as 18 was.

Prins Andrew het Vrydag sy titel as hertog van York prysgegee ná jare van kritiek oor sy gedrag en nadat hy al hoe meer by skandale betrek is weens sy bande met Epstein. Foto: Reuters


2025-10-21 14:22:36

VSA-verkragter gevonnis wat dood veins en na Skotland vlug

’n Amerikaner wat sy eie dood geveins en na Skotland gevlug het om geregtigheid te ontduik, is in Salt Lake City in die deelstaat Utah tot vyf jaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy eksmeisie 17 jaar gelede.

Utah se wetgewing laat toe dat vir ’n tydspeling in gevangenisstraf voorsiening gemaak word in plaas van ’n spesifieke tydperk. ’n Paroolraad sal bepaal of en wanneer hy vrygelaat word.

Nicholas Rossi (38) het ná die verkragting in 2008 groot moeite gedoen om sy identiteit te verberg, onder meer deur die gebruik van 12 skuilname, het owerhede gesê.

Hy is in 2021 in ’n Skotse hospitaal in hegtenis geneem en in 2024 aan Amerika uitgelewer. Rossi sal in November vir ’n tweede verkragtingsveroordeling gevonnis word. – AFP


2025-10-21 14:38:04

Net Zelenski kan oor Oekraïense grondgebied onderhandel – Macron

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het Dinsdag gesê enige onderhandelinge oor Oekraïne se grondgebied moet slegs deur pres. Wolodimir Zelenski hanteer word.

“Niemand anders kan dit doen nie. Daarom moet Oekraïne self besluit oor sy grondgebied,” het Macron aan verslaggewers gesê toe hy gevra is oor ’n beplande vergadering tussen die press. Donald Trump en Wladimir Poetin om ’n einde aan die oorlog in Oekraïne te bespreek. – AFP


2025-10-21 15:01:49

Brandwag langs die heining

An Israeli army tank moves along the border fence between Israel and the Gaza Strip on October 21, 2025. Israel said on October 20 it had received the remains of another missing hostage from Gaza as part of a US-brokered ceasefire deal that came into effect on 10 October. (Photo by Jack GUEZ / AFP) (JACK GUEZ/AFP)

’n Israeliese tenk beweeg Dinsdag langs die grensheining tussen Israel en die Gasastrook. Foto: AFP


2025-10-21 15:11:04

Nigeriese hof beveel TikTokkers om te trou ná soene

’n Hof in Kano, die grootste stad in die sosiaal konserwatiewe, oorwegend Moslemstate in die noorde van Nigerië, het twee TikTokkers beveel om te trou nadat hulle video’s geplaas het waarin hulle mekaar vurig soen en druk.

Die hof het Maandag Kano se sjaria-polisie, bekend as die Hisbah, aangesê om binne 60 dae die huwelik tussen die twee beïnvloeders, wat “onwelvoeglike” inhoud geplaas het, te formaliseer.

“Die landdroshof het die opdrag gegee dat die Hisbah die man en vrou in die huwelik moet verbind aangesien hulle so diep verlief is dat hulle romantiese vertonings op TikTok maak,” het Baba-Jibo Ibrahim, die staat Kano se geregtelike woordvoerder, gesê. – AFP


2025-10-21 15:36:26

Italië se geboortesyfer op historiese laagtepunt

Die getal geboortes in Italië het weer in 2024 gedaal, met die vrugbaarheidskoers wat tot ’n rekordlaagtepunt van 1,18 kinders per vrou gedaal het, het die nasionale statistieke-agentskap Dinsdag bekend gemaak.

In 2024 was daar 2,6% minder geboortes as in 2023, en dit wil voorkom asof dié tendens in 2025 gaan voortduur, het die agentskap in ’n verklaring gesê.

Italië het lank reeds ’n lae geboortesyfer en ’n verouderende bevolking. Die gemiddelde ouderdom op 1 Januarie 2025 was 46,8 jaar, teenoor 46,6 ’n jaar tevore.

Individue ouer as 65 maak nou 24,7% van die bevolking uit, vergeleke met 24,3% ’n jaar tevore, terwyl diegene ouer as 85 altesaam 4,1% uitmaak. – AFP


2025-10-21 16:06:22

Geen swak skakel

Employees manufacture anchor chains on the production line at Zhongyun Marine Equipment in Suqian, in eastern China's Jiangsu province on October 21, 2025. (Photo by -STR / AFP) / China OUT / CHINA OUT / CHINA OUT (-STR/AFP)

Werknemers Dinsdag besig om ankerkettings te vervaardig op die produksielyn by die Zhongyun-marinetoerustingsaanleg in Suqian in die Jiangsu-provinsie in oostelike China. Foto: STR/AFP


2025-10-21 16:18:57

Vance optimisties dat Gasa-skietstilstand sal hou

JD Vance, Amerikaanse visepresident, het Dinsdag "groot optimisme" uitgespreek oor die Amerikaans bemiddelde skietstilstand tussen Israel en Hamas.

"Ons vaar baie goed. Ons is op ’n baie goeie plek. Ons sal moet aanhou werk daaraan," het Vance gesê op ’n mediakonferensie in Kiryat Gat in suidelike Israel.

"Ek dink almal moet trots wees op waar ons vandag is. Dit gaan ’n voortdurende poging verg. Dit gaan voortdurende monitering en toesig verg." – AFP


2025-10-21 16:33:35

Europa, Oekraïne glo besig met plan om oorlog te beëindig

Europese lande werk saam met Oekraïne aan ’n 12-punt-voorstel om Rusland se oorlog langs huidige gevegslyne te beëindig, het Bloomberg News Dinsdag berig.

’n Vredesraad, onder voorsitterskap van pres. Donald Trump, sal toesig hou oor die inwerkingstelling van die voorgestelde plan, lui die berig, wat bronne aanhaal wat vertroud is met die saak.

In terme van die voorstel sal Oekraïne onder meer veiligheidswaarborge ontvang, geld om oorlogskade te herstel en ’n vinnige pad om by die Europese Unie aan te sluit. – Reuters


2025-10-21 16:49:10

VSA sal geen troepe na Gasastrook stuur, sê Vance

Amerika sal nie troepe na die Gasastrook stuur nie, het visepres. JD Vance Dinsdag gesê.

“Geen Amerikaanse troepe gaan op die grond in die Gasastrook wees nie. Die president het dít baie duidelik gestel. Ons militêre leiers het dit almal baie duidelik gestel,” het Vance op ’n mediakonferensie in Kiryat Gat in die suide van Israel gesê.

Volgens Vance sal Amerika homself beperk tot die verskaffing van “nuttige koördinasie”.

Hy sê verder Amerika het nie ’n sperdatum gestel vir die ontwapening van Hamas, soos uiteengesit in die skietstilstandooreenkoms, nie. – AFP


2025-10-21 17:15:37

‘Geen beraad tussen Trump, Poetin tans beplan’

Geen onmiddellike vergadering is tussen press. Donald Trump en Wladimir Poetin gereël nie, het ’n Amerikaanse staatsamptenaar Dinsdag bevestig.

Dit volg kort nadat Trump self aangekondig het hy sou binne twee weke met Poetin in Boedapest vergader.

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Maandag met Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, vergader om logistiek vir ’n moontlike beraad te bespreek, maar die Withuis sê verdere samesprekings oor ’n beraad tussen die twee leiers word nie beplan nie.

Die Kremlin het ook bevestig geen vaste datum vir so ’n beraad is vasgestel nie. Trump sê steeds hy kan die oorlog in Oekraïne gou beëindig, maar sy verhouding met Poetin is deesdae meer gespanne. – AFP

ANCHORAGE, ALASKA - AUGUST 15: (RUSSIA OUT) U.S. President Donald Trump and Russian President Vladimir Putin meet for their summit on the war in Ukraine, at U.S. Air Base on August 15, 2025, in Anchorage, Alaska, United States. Putin is having a one-day trip to Alaska. (Photo by Contributor/Getty Images) (Contributor/Getty Images)

Press. Donald Trump en Wladimir Poetin groet mekaar in Anchorage, Alaska, op 15 Augustus. Dit was die laaste vergadering tussen dié twee leiers.  Foto: Getty Images


2025-10-21 17:25:42

Geen Tomahawks maak Rusland minder gretig vir diplomasie, sê Zelenski

Rusland stel “byna outomaties minder in diplomasie belang” nadat Amerika die oorhandiging van Tomahawk-missiele aan sy land uitgestel het, sê pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne.

Zelenski en pres. Donald Trump stem saam dat vredesgesprekke moet begin waar die twee kante op die slagveld nou staan, het hy in sy aandtoespraak Dinsdag gesê. “Tog probeer Rusland nou alles om diplomasie te laat vaar.”

Zelenski glo Russiese belangstelling in diplomasie neem toe namate Oekraïne se vermoë verbeter om teikens op lang afstand te bereik. Hy noem die Tomahawk-missiele “ ’n sterk belegging in diplomasie” en sê Oekraïne sal verdere gesprekke met sy bondgenote oor sulke wapens voer. – Reuters


2025-10-21 17:33:11

Konstruksiewerk begin by Withuis vir Trump se balsaal

Sloopspanne het Maandag begin om ’n deel van die Withuis se bekende Oosvleuel af te breek om te begin met die bou van pres. Donald Trump se balsaal, ’n projek wat hy gesê het nie by die bestaande geskiedkundige gebou sou inmeng nie.

Konstruksiewerk word gedoen aan ’n deel van die Withuis-kompleks wat die presidentsvrou se kantore, ’n teater en ’n besoekersingang gehuisves het wat buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs verwelkom.

Die balsaalprojek sal na verwagting meer as $250 miljoen (sowat R4,4 miljard) kos, wat Trump in Julie gesê het deur homself en skenkers betaal sou word. “Dit gaan pragtig wees,” het Trump toe gesê. – Reuters

’n Deel van die Withuis se bekende Oosvleuel word gesloop. Foto: Getty Images


2025-10-21 18:08:19

Brittanje stuur militêre beplanners na Israel

’n Klein kontingent Britse militêre beplanners is na Israel gestuur om hulle aan te sluit by ’n taakmag onder leiding van die VSA wat sal help om die situasie in Gasa te stabiliseer, sê die Britse ministerie van verdediging.

Die VSA, Egipte en Katar het vandeesweek hul pogings verskerp om die vroeë stadiums van die skietstilstand tussen Israel en Hamas te stabiliseer en om pres. Donald Trump se 20-punt-skietstilstandsplan te bevorder.

’n Amerikaans gesteunde stabiliseringsmag, bekend as die Siviele-Militêre Koördineringsentrum, of CMCC, is bedoel om veiligheid in die Gasastrook te verseker.

Oor die samestelling, rol, bevelsketting, regstatus en ander kwessies moet nog ooreengekom word. Die VSA het ingestem om tot 200 troepe vir die mag te verskaf. Die soldate sal nie in die Gasastrook self ontplooi word nie. – Reuters


2025-10-21 18:15:32

Trump vra glo Zelenski om grondgebied prys te gee

Pres. Donald Trump van die VSA het druk op sy Oekraïense eweknie, pres. Wolodimir Zelenski, geplaas om die oostelike Donbas-streek prys te gee in ruil vir vrede tydens “gespanne” gesprekke verlede Vrydag in Washington, het ’n senior Oekraïense staatsamptenaar Maandag gesê.

Die bron het bygevoeg dat die gesprekke met Trump “nie maklik” was nie, en dat diplomatieke pogings om die oorlog te beëindig “in sirkels gaan”. Trump kon tot dusver nie ’n spoedige einde aan Rusland se drie en ’n half jaar lange inval bewerkstellig sedert hy in Januarie na die Withuis teruggekeer het nie. – AFP


2025-10-21 18:24:04

Wat steek hy weg?

WINDSOR, ENGLAND - OCTOBER 21: Activists from the anti-monarchy group Republic, stage a protest at the entrance to Windsor Great Park and Royal Lodge where Prince Andrew lives on October 21, 2025 in Windsor, England. In a statement Prince Andrew confirmed that he will no longer use his royal titles or honours following continued accusations relating to his links to Jeffrey Epstein. (Photo by Peter Nicholls/Getty Images) (Peter Nicholls/Getty Images)

Aktiviste van die teenmonargiegroep Republic betoog buite die ingang na die Windsor Great Park en Royal Lodge, waar prins Andrew woon, in Windsor, Engeland. Andrew het in ’n verklaring bevestig dat hy nie meer sy koninklike titels of eerbewyse sal gebruik nie na aanleiding van volgehoue beskuldigings rakende sy bande met die seksoortreder Jeffrey Epstein. Foto: Getty Images


2025-10-21 19:00:55

Meer as R1,7 mjd. se juwele in Louvre gesteel – aanklaer

Die buit wat in dié naweek se diefstal uit die Louvre-museum in Parys gesteel is, word op meer as R1,7 miljard gewaardeer, het ’n Franse aanklaer Dinsdag gesê.

Diewe het Sondag in ’n gewaagde daglig-aanval wat net sewe minute geduur het, kosbare koninklike juwele uit die Louvre-museum gesteel.

“Die Louvre-kurator het die skade op meer as R1,7 miljard geraam,” het die Paryse aanklaershoof, Laure Beccuau, gesê en dit ’n “buitengewone” bedrag genoem.

Sy het egter bygevoeg dat die groter verlies aan Frankryk se historiese erfenis is. – AFP


2025-10-21 19:23:16

WWE in Pakistan

Traditional wrestlers from Sindh province compete during a match also known as "Malakhra" in Karachi Traditional wrestlers from Sindh province compete during a match also known as "Malakhra" in Karachi, Pakistan October 21, 2025. REUTERS/Akhtar Soomro TPX IMAGES OF THE DAY (Akhtar Soomro/REUTERS)

Tradisionele stoeiers van die Sindh-provinsie ding Dinsdag mee in ’n geveg, bekend as “Malakhra”, in Karatsji, Pakistan. Foto: Reuters


2025-10-21 19:41:28

OpenAI stel webblaaier bekend wat Google uitdaag

OpenAI, die ontwikkelaar van ChatGPT, het Dinsdag sy "Atlas"-webblaaier aangekondig, wat met sy KI-funksionaliteit direk met Google Chrome sal meeding.

“Dit is ’n KI-aangedrewe webblaaier gebou rondom ChatGPT,” het Sam Altman, hoof van OpenAI, in ’n aanbieding gesê.

Google het die laaste ruk op OpenAI se toenemend sterker mededinging gereageer deur vinnig meer KI-vermoëns in sy soekfunksies en oor sy platform in te bou. – AFP


2025-10-21 20:01:21

Minstens 35 sterf toe brandstoftenkwa in Nigerië ontplof

’n Brandstoftenkwa het Dinsdag in Nigerië se noordwestelike Niger-deelstaat die lewe van minstens 35 mense geëis toe dit omgeslaan en ontplof het, het die Federale Padveiligheidskorps (FRSC) gesê.

Die tenkwa het van die pad gegly en petrol gemors, wat toe vlamgevat het, het die FRSC gesê.

Sulke voorvalle is algemeen in Afrika se mees bevolkte land, waar petroleumprodukte per pad vervoer word weens beperkte pypleidinginfrastruktuur.

Swak onderhoude paaie vol slaggate dra by tot gereelde ongelukke wat jaarliks tientalle lewens eis. – Reuters


2025-10-21 20:23:10

Polisie, betogers bots buite asielsoeker-hotel in Dublin

Die polisie het Dinsdag met minstens 500 betogers buite ’n asielsoeker-hotel in Dublin, Ierland, gebots ná bewerings dat ’n 10-jarige plaaslike meisie seksueel aangerand is.

Plaaslike media het berig dat die 26-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy die meisie aangerand het, ’n asielsoeker is en dat die voorval plaasgevind het op die terrein van die hotel wat asielsoekers huisves.

Betogers het bottels na polisiebeamptes gegooi, ’n polisievangwa is aan die brand gesteek en die polisie het pepersproei gebruik om betogers van die hotelkompleks af weg te hou. – AFP


2025-10-21 20:29:36

Onderstebo gimnastiek

2025 World Artistic Gymnastics Championships Artistic Gymnastics - 2025 World Artistic Gymnastics Championships - Women's Artistic Gymnastics - Qualifications - Indonesia Arena, Jakarta, Indonesia - October 21, 2025 Italy's Chiara Barzasi in action during her uneven bars exercise REUTERS/Issei Kato TPX IMAGES OF THE DAY (Issei Kato/REUTERS)

Italië se Chiara Barzasi Dinsdag in aksie op vanjaar se Wêreld- artistieke-gimnastiek-kampioenskapsbyeenkoms in Djakarta, Indonesië. Foto: Reuters


2025-10-22 03:31:03

Peru kondig noodtoestand aan

Pres. José Jeri van Peru het Dinsdag ’n noodtoestand van 30 dae in Lima, die hoofstad, en die naburige provinsie Callao afgekondig om toenemende misdaad te bekamp.

Die aankondiging volg op betogings verlede week waarin een persoon dood en meer as 100 beseer is.

Jeri sê die maatreël magtig die ontplooiing van die weermag saam met die polisie om openbare orde te handhaaf. Hy het nie verdere besonderhede verskaf nie. – Reuters


2025-10-22 03:38:01

Trump se opmerking oor Aussie-ambassadeur ‘lighartig’

Anthony Albanese, premier van Australië, sê Kevin Rudd, die land se ambassadeur in Washington DC, doen “fantastiese werk” en beskryf pres. Donald Trump se kommentaar dat hy nie van Rudd hou nie, as “lighartig”.

Sussan Ley, Australië se leier van die opposisie, het gevra dat Rudd afgedank word nadat Trump Maandag die opmerkings op ’n mediakonferensie in Washington gemaak het.

“Ek hou ook nie van jou nie en ek sal waarskynlik nooit,” het Trump gesê.

Albanese sê Trump het later vir Rudd gesê “alles is vergewe”.

“Dit was nogal lighartig, dit was wat dit was,” sê Albanese. – Reuters


2025-10-22 04:00:18

Verkiesingsuitslae laat spanning in Kameroen styg

Kameroen se veiligheidsmagte het Dinsdag traangas afgevuur om ondersteuners van die opposisie wat in die hoofstad, Yaoundé, en die stad Garoua betoog het, uiteen te jaag.

Dit kom namate spanning verhoog oor die uitslag van die presidentsverkiesing op 12 Oktober. 'n Voorlopige uitslag dui daarop dat die 92-jarige pres. Paul Biya vir 'n agste termyn in die amp sal dien.

Die hoofopposisiekandidaat, Issa Tchiroma, het egter verlede week ook aanspraak op 'n oorwinning gemaak en gewaarsku dat enige ander uitkoms die land in onrus kan dompel. – Reuters


2025-10-22 04:06:09

VSA-aanvalle in internasionale waters ‘buitegeregtelike teregstellings’

Amerikaanse aanvalle op Venezuela in internasionale waters kom neer op “buitegeregtelike teregstellings”, het ’n groep onafhanklike kundiges van die Verenigde Nasies Dinsdag gesê.

Pres. Donald Trump het in onlangse maande aanvalle op minstens ses vermeende dwelmskepe in die Karibiese Eilande gelas, wat ten minste 27 mense dood gelaat het. Die aanvalle is deel van Trump se voortgesette veldtog teen dwelms.

“Die gebruik van dodelike geweld in internasionale waters sonder ’n behoorlike regsgrondslag skend die internasionale seereg en kom neer op buitegeregtelike teregstellings.” – Reuters


2025-10-22 04:20:51

Noord-Korea vuur ballistiese missiele af

Noord-Korea het Woensdag verskeie kortafstand- ballistiese missiele afgevuur, sê die Suid-Koreaanse weermag.

Dit is Noord-Korea, wat ’n internasionale verbod op die ontwikkeling van sulke wapens verontagsaam het, se eerste lansering van ballistiese missiele sedert Mei.

Suid-Korea het verskeie projektiele bespeur wat vermoedelik kortafstand- ballistiese missiele is wat vanuit ’n gebied naby die Noord-Koreaanse hoofstad, Pyongyang, afgevuur is.

Pres. Lee Jae Myung van Suid-Korea en pres. Donald Trump van Amerika sal na verwagting volgende week in Suid-Korea vergader op ’n spitsberaad van die Asië-Stille Oseaan- Ekonomiese Samewerkingsforum (Apec). – Reuters

North Korea fires ballistic missiles People watch a TV broadcasting a news report on North Korea firing short-range ballistic missiles, at a railway station in Seoul, South Korea, October 22, 2025. REUTERS/Kim Hong-Ji TPX IMAGES OF THE DAY REFILE - REMOVING REFERENCE TO MISSILE BEING FIRED TOWARDS THE SEA OFF ITS EAST COAST AND CORRECTING "MISSILE" TO "MISSILES". (Kim Hong-Ji/REUTERS)

Mense kyk Woensdagoggend na ’n televisie-uitsending by ’n treinstasie in Seoel, Suid-Korea, van Noord-Korea wat kortafstand- ballistiese missiele afvuur. Foto: Reuters/Kim Hong-Ji


2025-10-22 05:03:44

Nog 2 oorlede gyselaars se oorskot van kibboets geïdentifiseer

Die Israeliese weermag sê die oorskot van nog twee gyselaars wat Dinsdag uit die Gasastrook terugbesorg is, is geïdentifiseer.

Aryeh Zalmanovich, wat 85 was ten tyde van sy dood, is op 17 November 2023 uit sy huis in die kibboets Nir Oz ontvoer en vermoor terwyl hy as gyselaar aangehou is.

Meestersersant Tamir Adar, wat 38 was toe hy gesterf het, is op 7 Oktober 2023 dood terwyl hy geveg het om Nir Oz te verdedig en sy lyk is geneem. – AFP


2025-10-22 05:05:46

2 dood in aanvalle op Oekraïne

Minstens twee mense is oornag in Russiese aanvalle in Kijif, Oekraïne, dood.

Switlana Grintsjoek, Oekraïne se minister van energie, sê Rusland het die land se energie-infrastruktuur oornag in ’n “yslike” aanval geteiken.

Vitali Klitschko, burgemeester van Kijif, sê ’n hommeltuigaanval het die hoofstad vroegoggend getref, wat beserings veroorsaak het en woongeboue beskadig het. – AFP


2025-10-22 05:49:10

Minstens 63 dood in trompop botsing in Uganda

Minstens 63 mense is Woensdag net ná middernag in ’n padongeluk dood waarby twee busse betrokke was op een van Uganda se besigste snelweë.

Die trompop botsing het op die snelweg tussen die hoofstad, Kampala, en die stad Gulu plaasgevind.

Aanvanklike ondersoeke dui daarop dat dit veroorsaak is deur twee busse wat uit teenoorgestelde rigtings gery het en probeer het om ander voertuie, ’n vragmotor en ’n sportnutsvoertuig verby te steek.

Die polisie sê die twee busse het reg van voor gebots. – Reuters


2025-10-22 06:31:35

Aanvalle op Oekraïne: Dodetal styg tot 6

Die dodetal weens Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle oornag op Oekraïne het tot ses gestyg, onder wie twee kinders.

Vroeër is berig Switlana Grintsjoek, Oekraïne se minister van energie, het gesê Rusland het die land se energie-infrastruktuur oornag in ’n “yslike” aanval geteiken.

Die puin van wapens wat afgeskiet is, lê oor Kijif gestrooi en het brande in die helfte van sy distrikte veroorsaak.

Twee mense is in die aanval in Kijif dood, terwyl vier later in die nasleep van die aanvalle op die omliggende streek dood is. – Reuters

Aftermath of a Russian drone strike in Zaporizhzhia Residents clean the balcony of their flat in their apartment building damaged by a Russian drone strike, amid Russia's attack on Ukraine, in Zaporizhzhia, Ukraine October 22, 2025. REUTERS/Stringer TPX IMAGES OF THE DAY (Stringer/REUTERS)

Inwoners maak die balkon van hul woonstel skoon in hul woongebou wat beskadig is deur ’n Russiese hommeltuigaanval in Zaporizjzjia, Oekraïne. Foto: Reuters


2025-10-22 06:35:08

Lughawe in Khartoem weer geteiken

Hommeltuie het Woensdag vir die tweede dag agtereenvolgens die Khartoem Internasionale Lughawe geteiken, het ’n Soedannese militêre bron aan AFP gesê.

Die bron, wat anoniem gepraat het omdat hy nie gemagtig is om met die media te praat nie, sê die weermag se lugverdediging het hommeltuie onderskep wat deur ’n “terroriste-milisie”, ’n verwysing na die Blitsondersteuningsmag (RSF), gelanseer is.

Die lughawe sou Woensdag vir die eerste keer in meer as twee jaar vir binnelandse vlugte heropen. – AFP


2025-10-22 07:18:53

Louvre-museum heropen ná rooftog

Die Louvre-museum in Parys het Woensdag heropen drie dae nadat diewe juwelierstukke ter waarde van ’n geraamde €88 miljoen gebuit het.

Regstreekse beelde op Reuters TV het besoekers gewys wat vir die eerste keer sedert die rooftog, wat wêreldwyd hoofopskrifte gehaal het, deur die museum se toegangshekke stap.

Die gemaskerde diewe het nege juwelierstukke uit die 19de eeu gesteel, waarvan een – die kroon van die keiserin Eugénie  – geval het en beskadig is terwyl hulle gevlug het. – Reuters


2025-10-22 07:58:28

Uganda-ongeluk: Dodetal nou 46

Die polisie in Uganda het die dodetal weens ’n trompop botsing afwaarts aangepas tot 46 ná hersiening.

“Ná die ongeluk is verskeie slagoffers bewusteloos gevind en sommige is moontlik verkeerdelik in die aanvanklike sterftesyfer ingesluit,” lui ’n verklaring deur die polisie.

Twee busse het op ’n hoofweg in Uganda gebots.

Vroeër is berig aanvanklike ondersoeke dui daarop dat dit veroorsaak is deur twee busse wat in teenoorgestelde rigtings gery het en probeer het om ander voertuie verby te steek.

Een van die bestuurders het uitgeswaai om ’n botsing te vermy, maar het eerder “ ’n kettingreaksie” veroorsaak wat daartoe gelei het dat die bestuurders van minstens vier ander voertuie “beheer verloor en die voertuie toe verskeie kere gerol het”. – AFP


2025-10-22 08:32:03

Omstrede prins Andrew betaal geen huur sedert 2003

Prins Andrew van Brittanje het twee dekades lank geen huur betaal nie vir die Royal Lodge in Windsor waar hy saam met sy eksvrou, Sarah Ferguson, woon. Die Royal Lodge bestaan uit 30 vertrekke.

Dit spruit uit ’n ooreenkoms in 2003 vir die herehuis, wat besit word deur Crown Estate, ’n onafhanklike kommersiële sakeonderneming wat die eiendomsportefeulje van die monargie bestuur.

In ruil daarvoor dat hy £8,5 miljoen vooraf aan ’n huurkontrak en opknappings bestee het, was Andrew nie verplig om jaarlikse huur te betaal nie en hy kan tot 2078 daar bly. – AFP


2025-10-22 08:39:33

Musk kap Nasa oor tenders vir maansending

Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, het Nasa se waarnemende administrateur Dinsdag gekritiseer nadat hy ander maatskappye genooi het om aan die wedloop deel te neem om mense terug op die maan te kry.

“Sean Dummy probeer Nasa doodmaak!” het Musk gesê met verwysing na Sean Duffy, wat ook as die Amerikaanse minister van vervoer dien.

Duffy het aangekondig dat Nasa nuwe tenders verlang om hul sending te ondersteun om mense terug na die maan te neem, met verwysing na vertragings in die ontwikkeling van SpaceX se Starship-vuurpyl. – AFP


2025-10-22 08:47:04

Politikus in Sri Lanka in sy kantoor doodgeskiet

’n Opposisiepolitikus in Sri Lanka is Woensdag in sy kantoor doodgeskiet, het die polisie gesê.

Lasantha Wickramasekara (38), die raadsvoorsitter van die kusstad Weligama, was besig om met kiesers te vergader toe ’n gewapende man by die kantoor ingebars en verskeie skote met ’n rewolwer afgevuur het.

Niemand anders is gewond nie en die gewapende man het van die toneel gevlug.

Dit is die jongste voorval in ’n reeks sluipmoorde en die eerste waarin ’n politieke figuur geteiken is. – AFP


2025-10-22 09:01:42

Twee lyfwagte bewaak Sarkozy in tronk

Oudpres. Nicolas Sarkozy van Frankryk sal deur twee veiligheidswagte beskerm word terwyl hy tronkstraf uitdien, het Laurent Nuñez, Frankryk se minister van binnelandse sake, Woensdag bevestig.

Die oudstaatshoof geniet “beskerming op grond van sy status en die dreigemente teen hom”, ’n reëling wat “inderdaad in aanhouding gehandhaaf word”.

Twee veiligheidsbeamptes is in ’n aangrensende sel gestasioneer in die La Santé-gevangenis in Parys waar Sarkozy aangehou word.

Sarkozy is daaraan skuldig bevind dat hy probeer het om destyds finansiering by Moeammar Ghaddafi, voormalige leier van Libië, te kry vir sy verkiesingsveldtog. – AFP

Nicolas Sarkozy Begins Prison Sentence For Criminal Conspiracy Over Libyan Funding France's former president Nicolas Sarkozy waves to his supporters as he leaves his residence to present himself to La Sante Prison for incarceration on a five-year prison sentence after being convicted of criminal conspiracy over a plan for late Libyan dictator Moamer Kadhafi to fund his 2007 electoral campaign, in Paris, France, on October 21, 2025. Nicolas Sarkozy, who faces a flurry of legal woes since losing re-election in 2012, is jailed on October 21, 2025, over a scheme to acquire Libyan funding for his successful 2007 presidential run, becoming the first former head of a European Union country to serve time behind bars. The former French right-wing leader appeals the verdict and denounces an ''injustice''. (Photo by Jerome Gilles/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Oudpres. Nicolas Sarkozy waai Dinsdag vir sy ondersteuners nadat hy sy huis in Parys, Frankryk, verlaat het om by die gevangenis aan te meld. Foto: Getty Images/NurPhoto


2025-10-22 09:32:43

Datum vir beraad tussen Trump, Poetin nog nie vasgestel, sê Kremlin

Die Kremlin sê die datums van ’n spitsberaad tussen pres. Wladimir Poetin en pres. Donald Trump moet nog vasgestel word.

“Dit verg deeglike voorbereiding. Dit neem tyd,” het Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, gesê.

Toe hy gevra is oor Trump se opmerkings oor die feit dat hy nie tyd wil mors nie, het Peskof gesê: “Niemand wil tyd mors nie, nóg president Trump nóg president Poetin.”

Hy het bygevoeg dat daar baie waninligting, skinderstories en gerugte oor die beraad is wat meestal onwaar is. – Reuters


2025-10-22 09:37:33

People mourn Israeli soldier Staff Sergeant Itay Yavetz, who was killed in the southern Gaza Strip, at his funeral in Modiin Army members attend the funeral of Israeli soldier Staff Sergeant Itay Yavetz, who was killed in the southern Gaza Strip, amid an Israel-Hamas ceasefire, in Modiin, Israel, October 20, 2025. REUTERS/Hannah McKay TPX IMAGES OF THE DAY (Hannah McKay/REUTERS)

Lede van die Israeliese weermag Woensdag op die begrafnis van hul medesoldaat stafsers. Itay Yavetz in Modiin, Israel. Yavetz is Maandag in die suide van die Gasastrook dood te midde van ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas. Foto: Reuters


2025-10-22 09:44:30

Kubaanse man in Eswatini-tronk op eetstaking

’n Kubaanse man wat deur Amerika na Eswatini gedeporteer is, het met ’n eetstaking begin, het sy prokureur Woensdag gesê.

Roberto Mosquera del Peral was onder vyf mans wat in Julie na die koninkryk gestuur is.

Gedeporteerdes word sonder enige aanklag in ’n maksimumsekuriteitgevangenis aangehou, sonder toegang tot regsadvies, volgens ’n ondersoek deur AFP.

Del Peral is sedert 15 Oktober op ’n hongerstaking.

“My kliënt word arbitrêr aangehou, en nou is sy lewe op die spel,” het Alma David, sy Amerikaanse prokureur, gesê. – AFP


2025-10-22 09:49:04

Charles, Camilla vertrek na Vatikaanstad

Koning Charles vertrek Woensdag op ’n staatsbesoek na die Vatikaan, waar hy pous Leo XIV sal ontmoet.

Charles sal Donderdag geskiedenis maak as die eerste hoof van die Anglikaanse Kerk wat in die openbaar saam met die pous bid sedert die skeuring tussen die kerke 500 jaar gelede.

Charles en koningin Camilla sal Leo vir die eerste keer ontmoet sedert hy wyle pous Franciskus in Mei opgevolg het. – AFP


2025-10-22 10:01:35

Moeilike uitdagings lê voor, sê Vance oor Gasastrook

JD Vance, Amerikaanse visepresident, het Woensdag gewaarsku dat daar uitdagings voorlê, nie net wat die ontwapening van Hamas betref nie, maar ook die heropbou van die Gasastrook. 

Dit is deel van ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas.

“Ons het ’n baie, baie moeilike taak voor ons – benewens om Hamas te ontwapen – om die Gasastrook te herbou, om die lewe vir die mense van die Gasastrook beter te maak.

“Maar ons moet ook verseker dat Hamas nie meer ’n bedreiging vir ons vriende in Israel is nie.” – AFP

US Vice President JD Vance (L) meets with Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu at the prime minister's office in Jerusalem on October 22, 2025. Vance on October 22 cautioned there were challenges ahead both in terms of disarming Hamas and rebuild Gaza as part of a US-brokered ceasefire between Israel and the Palestinian militant movement. (Photo by Nathan HOWARD / POOL / AFP) (NATHAN HOWARD/AFP)

JD Vance, Amerikaanse visepresident, Woensdag saam met Benjamin Netanyahu, Israel se premier, in die premierskantoor in Jerusalem. Foto: AFP/Pool


2025-10-22 10:14:21

Indië wil streng reëls instel vir KI-inhoud

Die Indiese regering wil hê kunsmatige-intelligensie (KI)- en sosialemediamaatskappye moet KI-gegenereerde inhoud duidelik aandui om die verspreiding van diepvervalsings en waninligting te bekamp.

Die nuwe reëls vereis dat platforms KI-gegenereerde inhoud moet aandui met merkers wat minstens 10% van die oppervlakte van ’n visuele vertoning bedek, of die eerste 10% van die duur van ’n klankgreep dek.

Indië het byna 1 miljard internetgebruikers met baie etniese en godsdienstige gemeenskappe waar fopnuus tot dodelike twiste kan lei. – Reuters


2025-10-22 11:08:19

Israel lugtig vir aanwesigheid van Turkye in Gasastrook

Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, het Woensdag daarop gesinspeel dat hy gekant is teen enige rol vir Turkse veiligheidsmagte in die Gasastrook as deel van ’n sending om ’n Amerikaans gesteunde skietstilstand met die Palestynse militante groep Hamas te monitor.

Volgens Netanyahu het hy “baie sterk menings” oor die aanwesigheid van Turkse veiligheidsmagte in die Gasastrook. Visepres. JD Vance van Amerika het egter gesê daar sal ’n “konstruktiewe rol” vir Turkye wees om te speel namate die skietstilstand na die volgende fase beweeg.

Die eens warm betrekkinge tussen Turkye en Israel het ’n nuwe laagtepunt bereik tydens die oorlog, met die Turkse president, Tayyip Erdogan, wat Israel se aanvalle op die enklawe en elders in die Midde-Ooste skerp gekritiseer het. – Reuters


2025-10-22 11:13:49

Tropiese storm Melissa ontwikkel dalk in orkaan

Die tropiese storm Melissa in die Karibiese Eilande kan in ’n orkaan ontwikkel en die eilandnasie Haïti bedreig, sê die Amerikaanse nasionale orkaansentrum (NHC).

“Melissa sal na verwagting tot en met hierdie naweek swaar reënval oor dele van die Dominikaanse Republiek, Haïti en Jamaika veroorsaak. Dit beteken ’n beduidende risiko vir kitsvloede en grondverskuiwings,” waarsku die sentrum.

Die storm sal na verwagting in die komende dae versterk, “en Melissa kan Donderdag ’n orkaan word”, het die NHC bygevoeg.

Swaar reën in die Dominikaanse Republiek, wat aan Haïti grens, het reeds Woensdag verkeer ontwrig en gelei tot die kansellasie van sportgeleenthede. – AFP


2025-10-22 11:19:48

Bedrogstorm om Thaise adjunkminister laat hom bedank

Worapak Tanjawhong, Thailand se adjunkminister van finansies, het Woensdag gesê hy sal bedank ná bewerings wat hom met ’n internasionale bedrogspul verbind.

Grensgebiede tussen Thailand, Mianmar, Laos en Kambodja het sedert die Covid-19-pandemie spilpunte vir aanlyn bedrog geword, en die Verenigde Nasies (VN) sê miljarde dollar is verdien uit die handel in honderdduisende mense wat gedwing is om vir die bedrogsindikaat te werk.

Die opposisie in Thailand beweer dat die 61-jarige Tanjawhong onder ’n paar politici is wat betrokke is by ’n misdaadnetwerk wat van geldwassery beskuldig word.

Worapak ontken die bewerings en sê dat hy uit die kabinet sal bedank om die regering teen verkeerde afleidings te beskerm. – Reuters


2025-10-22 11:24:52

Vlieërs net waar jy kyk

TOPSHOT - Israelis practice kitesurfing during sunset off the coast of Tel Aviv, on October 21, 2025. (Photo by JACK GUEZ / AFP) (Photo by JACK GUEZ/AFP via Getty Images) (JACK GUEZ/AFP via Getty Images)

Israeli’s vlieg vlieërs teen die sonsondergang aan die kus van Tel Aviv in Israel. Foto: Getty Images


2025-10-22 12:02:00

Zelenski begin met Europese toer

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het Noorweë Woensdag besoek op die eerste deel van ’n Europese toer wat daarop gemik is om steun vir Oekraïne te versterk te midde van ’n reeks dodelike Russiese aanvalle.

Sewe mense is dood in die aanvalle wat tot in die oggendure geduur en grootskaalse kragonderbrekings oor Oekraïne heen veroorsaak het.

Zelenski het vroeër Woensdag Oslo besoek vir gesprekke met die Noorse premier, Jonas Gahr Store, en sal later na Swede, België en Brittanje reis. – AFP


2025-10-22 12:17:56

Poetin hou toets van kernkrag dop

Pres. Wladimir Poetin het Woensdag toesig gehou oor ’n toets van Rusland se kernmagte op land, see en in die lug om hul gereedheid en bevelstruktuur te oefen.

Die toets het die lansering van ’n landgebaseerde Jars- interkontinentale ballistiese missiel, die lansering van ’n Sinewa- ballistiese missiel vanaf ’n kernduikboot in die Barentszsee, en die lansering van kruismissiele met nukleêre slaankrag vanaf strategiese bomwerpers ingesluit.

Rusland voer gereeld oefeninge van sy kernmagte uit om teenstanders daaraan te herinner dat die land oor die wêreld se grootste kernarsenaal beskik te midde van toenemende spanning tussen Westerse en Oosterse lande. – Reuters

Russia's President Putin oversees readiness test of nuclear forces Russian President Vladimir Putin inspects a military exercise of the country's nuclear forces on land, sea and air to test their readiness and command structure, via a video link from Moscow, Russia, October 22, 2025. Sputnik/Alexander Kazakov/Pool via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE WAS PROVIDED BY A THIRD PARTY. (Alexander Kazakov/via REUTERS)

Pres. Wladimir Poetin monitor ’n militêre oefening van die land se kernmagte op land, see en in die lug om hul gereedheid en bevelstruktuur te toets via ’n videoskakel vanaf Moskou, Rusland. Foto: Reuters


2025-10-22 12:26:32

Al hoe meer Oekraïense jong mans vlug na Duitsland

Duitsland ondervind ’n toestroming van jong Oekraïense mans ná die Oekraïense regering se besluit om hulle toe te laat om hul land te verlaat, sê die Duitse ministerie van binnelandse sake.

Die getal mans tussen 18 en 22 jaar oud wat skuiling in Duitsland soek, het sedert 26 Augustus toegeneem nadat die reëls verslap is.

Weeklikse aankomste in Duitsland van 8 September het gemiddeld meer as 1 000 beloop en tot 1 796 toegeneem in die week wat op 6 Oktober begin het, teenoor 138 in die week van 25 Augustus.

Diegene tussen 18 en 22 jaar oud is nie onderhewig aan diensplig nie nadat die minimum ouderdom in April 2024 tot 25 jaar oud verlaag is.

Maatreëls om vrywillige diensplig te bevorder is nie so suksesvol soos die Oekraïense owerhede gehoop het dit sou wees nie. – AFP


2025-10-22 12:35:26

Ys, ys, baby

MELBOURNE, AUSTRALIA - OCTOBER 22: Anastasia Golubeva and Hektor Giotopoulos Moore participate in a Pair Figure Skating competition simulation during an Australia Milano Cortina 2026 Ice Skating Media Opportunity at O'Brien Ice House on October 22, 2025 in Melbourne, Australia. (Photo by Morgan Hancock/Getty Images for the AOC) (Morgan Hancock/Getty Images for the AOC)

Deelnemers toon hul vaardighede in ’n plaaslike ysskaatskompetisie in Melbourne, Australië. Foto: Getty Images


2025-10-22 13:06:44

Aardverwarming dryf planeet tot op randjie, sê VN

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), waarsku dat aardverwarming die planeet tot op die rand van die afgrond stoot. Hy het lande aangespoor om rampwaarskuwingstelsels te implementeer om mense teen uiterste weer te beskerm.

“Elk van die afgelope 10 jaar was die warmste in die geskiedenis. Die temperatuur van oseane breek rekords terwyl dit ekosisteme vernietig. En geen land is veilig teen brande, vloede, storms en hittegolwe nie,” het Guterres Woensdag aan afgevaardigdes op die VN se Wêreldmeteorologiese Organisasie se buitengewone konferensie in Genève gesê om sy 75ste bestaansjaar te vier.

Guterres het lande aangespoor om finansiering te gebruik om wêreldwye stelsels van toesig, bekend as vroeë waarskuwingstelsels, moontlik te maak om mense teen uiterste weer te beskerm. – Reuters

ORISTANO, SARDINIA, ITALY - 2024/05/18: Dried-out ground with cracks on the banks of the Stagno Sale 'e Porcus salt lake. (Photo by Frank Bienewald/LightRocket via Getty Images) (Frank Bienewald/LightRocket via Getty Images)

Kurkdroë grond aan die oewer van die Stagno Sale ’e Porcus-soutmeer in Sardinië, Italië. Foto: Getty Images


2025-10-22 13:13:01

Litaue dreig om grens met Belarus te sluit oor ballonne

Inga Ruginiene, premier van Litaue, het Woensdag gewaarsku dat die land sy grens met Belarus sal sluit as ballonne met onwettige goedere weer die grens oorsteek.

Dit kom nadat die Vilnius-lughawe Woensdag sy vlugte kon hervat nadat dit oornag moes sluit toe ballonne, gevul met onwettige sigarette, uit Belarus die stad se lugruimte binnegedring het.

Ruginiene sê geen toegewings sal aan Belarus gemaak word nie, en dat die grens onmiddellik gesluit sal word as nog ballonne oorgestuur word. Owerhede het sowat 12 ballonne op die grond gevind en vier mense in hegtenis geneem. Dit het ongeveer 30 vlugte vertraag en meer as 4 000 passasiers geraak. – Reuters


2025-10-22 13:22:13

VN: Tariewe, skuld en onsekerheid knou wêreldhandel

Die internasionale handelstelsel is in die gedrang, waarsku António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN). Hy het Woensdag gepraat tydens die VN se konferensie oor handel en ontwikkeling.

Volgens Guterres is wêreldskuld besig om te styg, terwyl armoede en hongersnood toeneem. “Die internasionale finansiële stelsel bied nie ’n behoorlike vangnet vir ontwikkelende lande nie.”

Guterres sê baie opkomende lande worstel met stygende skuldvlakke en finansiële onsekerheid, vererger deur hoë invoertariewe en beperkte toegang tot internasionale markte. Dit is faktore wat hul ekonomiese groei en ontwikkeling kan strem. – AFP


2025-10-22 13:29:03

Akwatiese boerdery

RONGCHENG, CHINA - OCTOBER 22: In an aerial view, workers plant kelp seedlings at Ailun Bay Marine Ranch on October 22, 2025 in Rongcheng, Shandong Province of China. (Photo by Yang Zhili/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

Kelp-saailinge word in Rongcheng in die Shandong-provinsie in China geplant. Foto: Getty Images


2025-10-22 14:00:37

Israel-parlement gee eerste groen lig vir Wesoewer-anneksasie

’n Wetsontwerp wat Israeliese wetgewing op die besette Wesoewer toepas en wat neerkom op die anneksasie van grond wat Palestyne vir ’n eie staat wil hê, het Woensdag voorlopige goedkeuring van Israel se parlement ontvang.

Die stemming was die eerste van vier wat nodig is vir die wetsontwerp om deurgevoer te word.

Die stemming het saamgeval met die besoek aan Israel deur JD Vance, Amerika se visepresident, ’n maand nadat pres. Donald Trump gesê het dat hy nie sal toelaat dat Israel die Wesoewer annekseer nie. – Reuters


2025-10-22 14:31:02

Israel moet in basiese behoeftes in Gasastrook voorsien – hof

Die Verenigde Nasies (VN) se hoogste regsliggaam, die Internasionale Geregshof, het Woensdag gesê Israel het ’n verpligting om te verseker dat in die basiese behoeftes van die burgerlike bevolking in die Gasastrook voorsien word.

Die paneel van 11 regters het bygevoeg Israel moet die noodlenigingspogings van die VN en sy entiteite, insluitend die VN se agentskap vir Palestynse vlugtelinge (UNRWA), ondersteun.

Die hof het ook gesê Israel mag nie hongersnood as oorlogswapen in die Gasastrook gebruik nie.

Die hof se “raadgewende mening” is nie wetlik bindend nie, maar die hof glo dat dit “groot regs- en morele gesag” dra. – Reuters, AFP


2025-10-22 14:43:28

Onwillige geseënde

Pope Leo XIV blesses a child during the weekly general audience at St Peter's Square in The Vatican on October 22, 2025. (Photo by Tiziana FABI / AFP) (TIZIANA FABI/AFP)

Pous Leo seën Woensdag ’n kind tydens sy weeklikse algemene oudiënsie op die St. Petrusplein in die Vatikaanstad. Foto: AFP


2025-10-22 15:10:17

Wêreldhof se mening ‘skandelik’ – Israel

“Israel verwerp die Internasionale Geregshof se ‘raadgewende mening’ uitdruklik… Dit is nóg ’n politieke poging om politieke maatreëls teen Israel af te dwing onder die dekmantel van ‘internasionale reg’.”

So het die woordvoerder van die Israeliese ministerie van buitelandse sake Woensdag op X gesê in reaksie op dié hof wat onder meer gesê het Israel moet die Verenigde Nasies (VN) se agentskap vir Palestynse vlugtelinge (UNRWA) se hulppogings ondersteun.

Op sy beurt het Danny Danon, Israel se ambassadeur by die VN, gesê die hof se mening oor die UNRWA is “skandelik”.

“Hulle blameer Israel omdat ons nie met VN-organisasies saamwerk nie… Hulle moet hulself blameer. Daardie organisasies het broeiplekke vir terroriste geword. Die UNRWA… is ’n organisasie wat Hamas jare lank ondersteun het,” het Danon gesê. – Reuters


2025-10-22 15:24:39

40 Afrika-migrante sterf toe boot by Tunisië sink

Veertig migrante van Afrika suid van die Sahara is Woensdag dood gevind nadat ’n boot by Tunisië gesink het en 30 mense gered is.

"Aanvanklike ondersoeke dui daarop dat daar 70 mense aan boord van die vaartuig was," het Walid Chtabri, woordvoerder van die openbare aanklaer se kantoor in Mahdia, Tunisië, gesê.

"Veertig lyke, insluitend dié van babas, is herwin, en 30 mense is gered," het Chtabri bygevoeg. "Hulle was almal van lande in Afrika suid van die Sahara." – AFP


2025-10-22 15:37:31

Sweef soos ’n arend

2025 World Artistic Gymnastics Championships Artistic Gymnastics - 2025 World Artistic Gymnastics Championships - Women's Artistic Gymnastics - Qualifications - Indonesia Arena, Jakarta, Indonesia - October 21, 2025 Brazil's Flavia Saraiva in action during her floor exercise REUTERS/Issei Kato TPX IMAGES OF THE DAY (Issei Kato/REUTERS)

Flavia Saraiva van Brasilië Woensdag in aksie in die kwalifiseringsrondes van vanjaar se Wêreld-artistieke-gimnastiek-kampioenskapsbyeenkoms in Djakarta, Indonesië. Foto: Reuters


2025-10-22 16:01:45

Rubio besoek Israel van Donderdag af; ontmoet Netanyahu

Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, sal Donderdag in Israel aankom, het ’n Israeliese staatswoordvoerder gesê.

Dit is die derde besoek deur ’n senior Amerikaanse amptenaar hierdie week. JD Vance, die Amerikaanse visepresident, en die spesiale gesant Steve Witkoff is reeds in die land om die plan vir die beëindiging van die oorlog in Gasa te bevorder.

Rubio sal Vrydag met Benjamin Netanyahu, die Israeliese premier, vergader op sy derde besoek aan Israel sedert middel September. – AFP


2025-10-22 16:23:00

Geen kerngesprekke solank VSA 'onredelike eise' stel – Iran

Irak sal nie terugkeer na onderhandelinge met Amerika solank hy “onredelike eise” stel nie, het die Irannese minister van buitelandse sake Woensdag gesê.

“Gesprekke wat aan die gang was met Amerika… is opgeskort en het nie voortgegaan nie weens Amerika se onredelike eise,” het Abbas Aragtsji volgens die Islamitiese Republiek se nuusdiens Tasnim gesê. – Reuters


2025-10-22 16:49:12

Rys-aalmoese

Hindu devotees collect rice offerings distributed on the occasion of 'Annakut' or 'Govardhan Puja' festival at the Madan Mohan temple in Kolkata on October 22, 2025. (Photo by DIBYANGSHU SARKAR / AFP) (DIBYANGSHU SARKAR/AFP)

Hindoe-aanbidders versamel Woensdag rysoffers wat uitgedeel word op die Annakut- of Govardhan Puja-fees by die Madan Mohan-tempel in Kolkata, Indië. Foto: AFP


2025-10-22 17:20:51

Amerikaanse sendeling glo in Niger ontvoer

’n Amerikaanse sendeling is in Niamey, hoofstad van Niger, ontvoer, sê drie bronne.

Die sendeling, ’n vlieënier van die evangeliese sendingagentskap Serving in Mission, is Dinsdagaand deur drie mans ontvoer toe hy op pad was na die lughawe in Niger se Plateau-woonbuurt, sê ’n diplomaat.

Die ontvoerders het die sendeling geneem na die westelike Tillaberi-streek, waar militante Islamitiese groepe bedrywig is, voeg die diplomaat by.

Twee ander bronne het die ontvoering bevestig, maar kon nie bykomende inligting verskaf nie. – Reuters


2025-10-22 17:27:19

Louvre-kroon wat deur diewe beskadig is, kan herstel word

’n Diamant-en-smaragkroon wat dié naweek deur diewe laat val is terwyl hulle met juweliersware uit die Louvre-museum in Parys, Frankryk, gevlug het, kan herstel word.

Die 19de-eeuse kroon wat eens aan keiserin Eugenie, vrou van Napoleon III, behoort het, is bedek met 1 354 diamante en 56 smaragde.

"Aanvanklike assesserings dui daarop dat ’n delikate restourasie moontlik is," sê Laurence des Cars, direkteur van die museum.

Sy sê dis waarskynlik nie deur die val beskadig nie, maar deur die diewe wat probeer het om dit deur ’n te klein opening in die uitstalkas te forseer. – AFP


2025-10-22 17:35:26

Rusland bult sy kernspiere

Russiese magte het Woensdag, ’n dag nadat Amerika ’n vertraging in planne vir ’n tweede beraad tussen press. Donald Trump en Wladimir Poetin oor die oorlog in Oekraïne aangekondig het, kernwapens getoets.

Die Kremlin het ’n video uitgereik wat wys hoe genl. Waleri Gerasimof, stafhoof van die weermag, aan Poetin verslag doen oor die kernoefeninge. Missiele, waaronder interkontinentale ballistiese missiele wat Amerika kan tref, is vanaf die grond, duikbote en vliegtuie gelanseer.

Sedert sy terugkeer na die Withuis het Trump aangedring op ’n einde aan die oorlog tussen Oekraïne en Rusland, die dodelikste in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog. – Reuters


2025-10-22 17:47:44

Herfskleurig

Autumn in the forest 19 October 2025, Brandenburg, Treplin: Colorful trees in the Brandenburg Forest (aerial view with drone). Photo: Patrick Pleul/dpa (Photo by PATRICK PLEUL / dpa Picture-Alliance via AFP) (PATRICK PLEUL/dpa Picture-Alliance via AFP)

’n Lugfoto van bome in verskillende kleurskakerings in Brandenburg, Duitsland. Foto: AFP


2025-10-22 18:02:40

Spanning tussen China, Nederland kan VW-motorproduksie negatief raak

Die Duitse motorvervaardiger Volkswagen het Woensdag gewaarsku dat sy motorproduksie deur ’n tekort aan Nexperia-skyfies geraak kan word te midde van toenemende spanning tussen China en Nederland oor die halfgeleiervervaardiger.

Nederlandse owerhede het verlede maand ’n Koue Oorlog-wet toegepas om in die belang van staatsveiligheid beheer oor die Nederlands gebaseerde Chinese maatskappy Nexperia oor te neem.

China het die maatskappy daarna verbied om sekere produkte vanuit China in te voer. Dis ’n reuseprobleem, aangesien Nexperia-skyfies wyd in voertuie se elektroniese beheereenhede gebruik word.

Volkswagen bevestig sommige Nexperia-komponente word in sy voertuie gebruik, maar sê produksie word tans nie geraak nie. Die motorvervaardiger sê egter die situasie kan vinnig verander en ’n impak op produksie kan nie uitgesluit word nie. – AFP


2025-10-22 18:11:55

Twee sterf toe VSA weer op ‘dwelmboot’ toeslaan

Twee mense is dood nadat Amerikaanse magte ’n beweerde dwelmboot op die Stille Oseaan aangeval het, sê Pete Hegseth, Amerikaanse minister van oorlog.

Hy beweer die mense aan boord was lede van ’n dwelmkartel. Die aanval is Dinsdag uitgevoer en bring die dodetal op 34 te staan ná agt soortgelyke aanvalle.

Pres. Donald Trump se administrasie sê hy bevind hom nou in ’n “gewapende konflik” met dwelmkartelle, hoewel nog geen bewyse tot dusver gelewer is dat die bote wat aangeval is, inderdaad dwelmsmokkelaars vervoer het nie. – AFP


2025-10-22 18:21:49

Slegs Trump kan vrede tussen Oekraïne, Rusland bewerkstellig, sê Navo-hoof

Mark Rutte, sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), het Woensdag sy skouers opgehaal oor kommer dat daar spanning is tussen pres. Donald Trump en pres. Wolodimir Zelenski.

Rutte, wat Amerika besoek, het sy oortuiging herhaal dat "slegs" Trump vrede tussen Rusland en Oekraïne kan bewerkstellig.

Hy beskryf ook verlede week se vergadering  tussen Trump en Zelenski as “suksesvol”. Volgens Rutte is Trump se “leierskap van kardinale belang. Hy (Trump) moet met al die leiers gesprek voer. Hy moet met Poetin en Zelenski praat.” – AFP


2025-10-22 18:32:29

Spoor van verwoesting

APTOPIX Israel Palestinians Gaza Tents for displaced Palestinians stand amid the destruction caused by the Israeli air and ground offensive in Sheikh Radwan neighborhood in Gaza City, Wednesday, Oct. 22, 2025. (AP Photo/Abdel Kareem Hana) (Abdel Kareem Hana/AP)

Tente vir ontheemde Palestyne staan tussen die verwoesting wat veroorsaak is deur die Israeliese lug- en grondoffensief in die Sjeik Radwan-woonbuurt in die stad Gasa. Foto: AP


2025-10-22 19:08:16

Pakistanse vloot lê beslag op ‘dwelms van R17 mjd.’

Die Pakistanse vloot het Woensdag gesê hy het op dwelms van nagenoeg R17 miljard in die Noord-Arabiese See beslag gelê in ’n operasie saam met ’n Saoedi-geleide taakmag. – Reuters


2025-10-22 19:24:45

Koppe rol ná verslag oor Lissabon se kabeltrem-ramp

Die hoof van Lissabon se munisipale vervoeroperateur en die hele raad het Woensdag bedank, twee dae nadat ’n ondersoek na die dodelike kabeltremongeluk verlede maand ’n foutiewe kabelmeganisme uitgewys het.

Pedro Bogas en die raad het hul amp neergelê, het die stadsraad in ’n verklaring gesê.

Die ongeluk, waarin ’n kabeltrem in ’n gebou ingeploeg het nadat dit van sy spore afgegly het, het die lewe van 16 mense geëis en kommer oor die veiligheid van die gewilde maar verouderde toeristeaantreklikheid in Portugal blootgelê. – AFP


2025-10-22 19:35:12

Israel deporteer buitelanders wat Palestynse help olywe oes

Yariv Levin, adjunkpremier van Israel, het Woensdag gesê hy het beveel dat 32 buitelandse aktiviste gedeporteer word wat Palestyne gehelp het om olywe in die besette Wesoewer te oes, op grond daarvan dat hulle ’n militêre bevel oortree het.

Levin het gesê die deportasiebevel volg op ’n klag deur die Noordelike Wesoewer-nedersettingsraad wat gesê het die aktiviste is “anargiste wat provokasies in die Samaria-gebied uitgevoer het”. – AFP


2025-10-22 19:47:20

Nie juis strandweer nie

Waves hit the port of Plobannalec-Lesconil, western France, on October 22, 2025 as strong winds hit the coast during the passage of storm Benjamin. (Photo by Fred TANNEAU / AFP) (FRED TANNEAU/AFP)

Golwe slaan Dinsdag teen die hawemuur in Plobannalec-Lesconil in die weste van Frankryk. Foto: AFP


2025-10-22 20:05:48

EU, Amerika kondig nuwe sanksies teen Rusland aan

Die Europese Unie (EU) het Woensdag ingestem om nuwe sanksies teen Rusland in te stel, met die doel om Rusland se inkomste uit olie en gas te beperk.

Die sanskiepakket – die 19de van die EU sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022 – sluit in ’n verbod op die invoer van vloeibare aardgas uit Rusland teen 2027 en reisbeperkings op Russiese diplomate in Europa.

Scott Bessent, Amerika se minister van finansies, het op sy beurt gesê Amerika sal nuwe sanksies teen Rusland onthul, ’n dag nadat pres. Donald Trump samesprekings met Rusland oor die oorlog in Oekraïne gestaak het. – AFP


2025-10-22 20:28:14

‘Poetin was nie eerlik en opreg’ met Trump – Bessent

Amerika gaan van sy sterkste sanksies tot nog toe teen Rusland instel omdat pres. Wladimir Poetin nie “eerlik” was in gesprekke met pres. Donald Trump nie, het Scott Bessent, Amerika se minister van finansies, Woensdag gesê.

“Pres. Poetin het nie op ’n eerlike en opregte manier na die tafel gekom soos ons gehoop het nie,” het Bessent aan Fox Business gesê en bygevoeg dat Trump “teleurgesteld is oor waar ons in hierdie gesprekke staan”. – AFP


2025-10-22 20:35:40

‘Alles is oukei, julle is nou veilig’

Aftermath of a Russian drone attack in Kharkiv Rescuers evacuate children from the kindergarten hit by Russian drone strike, amid Russia's attack on Ukraine, in Kharkiv, Ukraine October 22, 2025. Press service of the State Emergency Service of Ukraine/Handout via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. MUST NOT OBSCURE LOGO. TPX IMAGES OF THE DAY (State Emergency Service of Ukrai/via REUTERS)

Reddingswerkers bring Woensdag kinders na veiligheid nadat ’n kleuterskool in Charkif, Oekraïne, in ’n Russiese hommeltuigaanval getref is. Foto: Reuters


2025-10-23 03:25:43

Noord-Korea toets nuwe wapenstelsel met hipersoniese projektiele

Noord-Korea sê dat hy Woensdag suksesvol ’n “nuwe, gevorderde wapenstelsel” met hipersoniese projektiele getoets het as deel van ’n verdedigingsprogram om as ’n verbeterde strategiese afskrikmiddel teen vyande te dien.

Twee hipersoniese projektiele is vanuit ʼn streek naby die hoofstad, Pjongjang, gelanseer en het ʼn teiken in die binneland in die land se noordooste getref, het die staatsnuusagentskap KCNA Donderdag berig.

Suid-Korea se weermag het Woensdag gesê dat Noord-Korea verskeie kortafstand- ballistiese missiele afgevuur het. – Reuters


2025-10-23 03:32:31

Nieu-Seeland se weeragentskap reik waarskuwing oor storm uit

Nieu-Seeland se weeragentskap het ’n seldsame rooi waarskuwing oor sterk wind uitgereik.

Amptenare het ʼn noodtoestand in die Canterbury-streek verklaar nadat ʼn kragtige lentestorm Donderdag verwoestende winde en swaar reën na die Suid-eiland en laer Noord-eiland gebring het.

Vlugte na en uit Wellington en Christchurch in Canterbury is almal gekanselleer, sommige treindienste is opgeskort en verskeie regeringsgeboue en biblioteke is gesluit.

Verskeie paaie is gesluit en daar was beduidende kragonderbrekings. – Reuters


2025-10-23 03:39:50

Hele oostelike vleuel van Withuis gesloop vir Trump se balsaal

Die hele oostelike vleuel van die Withuis sal afgebreek word om plek te maak vir pres. Donald Trump se nuwe balsaal.

Dit is teenstrydig met Trump se belofte dat die projek nie met die bestaande Amerikaanse baken sal inmeng nie.

Werk het Maandag begin om die gedeelte van die Withuis af te breek wat kantore vir die presidentsvrou en personeel huisves.

“Om dit behoorlik te doen, moes ons die bestaande struktuur afbreek,” het Trump Woensdag aan verslaggewers gesê. – Reuters

White House East Room Demolition Begins For Trump Ballroom Construction WASHINGTON, DC - OCTOBER 20: Workers demolish the facade of the East Wing of the White House on October 20, 2025 in Washington, DC. The demolition is part of U.S. President Donald Trump's plan to build a ballroom reportedly costing $250 million on the eastern side of the White House. (Photo by Kevin Dietsch/Getty Images) (Kevin Dietsch/Getty Images)

Werkers sloop Maandag die fasade van die oostelike vleuel van die Withuis in Washington DC. Foto: Getty Images


2025-10-23 04:05:26

WGO verwyder pasiënte uit Gasastrook

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die mediese ontruiming van 41 kritieke pasiënte en 145 metgeselle uit die Gasastrook gelei.

Ongeveer 15 000 pasiënte in die Gasastrook wag om na veiligheid geneem te word.

“Ons doen steeds ʼn beroep op lande om hul solidariteit te toon en dat alle roetes oopgemaak word om die mediese ontruiming te bespoedig,” het Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, gesê.

Gedurende die oorlog is meer as 7 000 pasiënte uit die Gasastrook verwyder, met Egipte wat meer as die helfte van hulle geneem het. – Reuters


2025-10-23 04:06:27

Trump kanselleer beraad met Poetin weens ‘gebrek aan vordering’

Pres. Donald Trump het Woensdag gesê hy het ʼn beplande beraad met pres. Wladimir Poetin gekanselleer, met verwysing na ʼn gebrek aan vordering in diplomatieke pogings en ʼn gevoel dat die tydsberekening verkeerd was.

“Dit het net nie vir my reg gevoel nie,” het Trump aan verslaggewers gesê.

“Dit het nie gevoel asof ons by die plek sou kom waar ons moet kom nie, maar ons sal dit in die toekoms doen.”

Trump het ook sy frustrasie uitgespreek oor die gebrek aan vordering wat onderhandelinge betref. – Reuters


2025-10-23 04:14:41

'Gebrekkige' kringtelevisiekameras rede vir diefstal by Louvre

Die Louvre-museum se kringtelevisiekameras het nie daarin geslaag om inbrekers betyds te bespeur nie, het Laurence des Cars, direkteur van die museum, Woensdag gesê.

“Ons het nie die diewe se aankoms vroeg genoeg bespeur nie.”

Sy het dit geblameer op die feit dat daar nie genoeg kameras buite was wat die omtrek van die Louvre gemonitor het nie.

Die diewe het Sondag by die wêreldbekende museum in Parys, Frankryk, ingebreek en juwele ter waarde van ongeveer €88 miljoen gesteel. – Reuters


2025-10-23 05:05:38

Meer as 100 000 werkers staak in Nieu-Seeland

Meer as 100 000 onderwysers, verpleegsters, dokters, brandbestryders en ondersteuningspersoneel in Nieu-Seeland het Donderdag gestaak en meer geld en hulpbronne vir die openbare sektor geëis.

Staatsamptenare het met plakkate en baniere in dorpe oor Nieu-Seeland heen opgeruk, gesing en na toesprake geluister.

Betogings in Wellington en Christchurch moes weens gevaarlike weerstoestande gekanselleer word. – Reuters


2025-10-23 05:06:38

600 vlug uit 'swendelarysentrum' in Mianmar weens klopjag

Meer as 600 mense het uit een van Mianmar se berugste swendelarysentrums gevlug en die grens na Thailand oorgesteek ná ʼn militêre klopjag op die kompleks.

Uitgestrekte komplekse waar internet-bedrieërs mense deur ’n romanse- of sakebedrogspul teiken, floreer langs Mianmar se grens gedurende die burgeroorlog, wat deur ʼn staatsgreep in 2021 veroorsaak is.

Sowat 7 000 werkers is egter sedert Februarie na Thailand gerepatrieer. – AFP


2025-10-23 05:07:57

5 Franse liefdadigheidswerkers in ongeluk in Togo dood

Vyf Franse burgers is dood nadat hul bus van ʼn brug in Togo afgestort het, het verskeie bronne Woensdag aan AFP gesê.

Hulle het liefdadigheidswerk hier gedoen.

Die Togolese regering het Dinsdag se padongeluk bevestig sonder om die nasionaliteite van die slagoffers aan te dui.

Agt mense is ook beseer.

Volgens die regering het die bestuurder van die minibus beheer verloor nadat een van die voorbande gebars het. – AFP


2025-10-23 06:05:04

Rubio sê Colombiaanse president is ‘waansinnig’

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Woensdag pres. Gustavo Petro van Colombia as “waansinnig” bestempel.

Rubio se kommentaar het gekom ná spanning met Petro oor ʼn dodelike Amerikaanse aanval op ʼn boot wat na bewering dwelms gesmokkel het.

“Ek dink die Colombiaanse owerhede is steeds baie pro-Amerikaans wanneer dit by die weermag en die polisie kom.

“Die enigste probleem in Colombia is ʼn waansinnige president,” het Rubio aan verslaggewers gesê.

“Die ou is waansinnig en hy is nie gesond nie.” – AFP


2025-10-23 06:46:49

27 loodswalvisse vrek ná stranding in Nieu-Seeland

Altesaam 27  loodswalvisse het gevrek nadat hulle op ʼn afgeleë strand in Nieu-Seeland gestrand geraak het.

ʼn Groep van 29 walvisse is Maandag by Twilight Beach, of Paenga Rehia, naby die noordelike punt van die land se Noord-eiland, ontdek.

Die departement van bewaring het besluit teen ʼn reddingsoperasie weens die afgeleë ligging van die stranding, die toestand van die diere en faktore wat met die gety te doen het.

Altesaam 27 van die walvisse het sedertdien gevrek. – Reuters


2025-10-23 07:25:59

Venezuela het 5 000 draagbare missiele om ‘vrede te verseker’

Pres. Nicolás Maduro het Woensdag gesê Venezuela het 5 000 Russiese draagbare grond-tot-lug-missiele om Amerikaanse magte wat in die Karibiese Eilande ontplooi is, teen te werk.

Washington het oorlogsvliegtuie en vlootskepe in die Karibiese Eilande ontplooi as deel van pogings teen dwelmsmokkelary.

Venezuela het die ontplooiing veroordeel as voorbereiding vir ʼn operasie om Maduro uit te dryf.

Maduro het gesê Venezuela het nie minder nie as 5 000 Igla-S-missiele “om vrede te verseker”. – AFP


2025-10-23 07:36:16

Werkers staan in toue vir kos weens VSA se regeringsluiting

Amerikaanse federale werkers staan in toue vir kos terwyl die regeringsluiting sy vierde week ingaan.

Die oorgrote meerderheid federale werknemers is sedert 1 Oktober op gedwonge verlof geplaas en sit sonder inkomste weens ’n geskil oor die begroting tussen die Republikeine en Demokrate.

Altesaam 600 000 federale werkers word deur die sluiting geraak.

Die regering van Kalifornië gaan troepe van die Nasionale Garde ontplooi om voedsel te versprei aan Amerikaners wat weens die regeringsluiting sukkel. – AFP

People line up to receive food for furloughed federal workers at No Limits Outreach Ministries oln October 21, 2025 in Hyattsville, Maryland. The US government shutdown dragged into a third week, with Congress gridlocked in a clash over spending and no resolution in sight to a crisis that has already cost thousands of jobs. (Photo by Brendan Smialowski / AFP) (BRENDAN SMIALOWSKI/AFP)

Federale werkers staan Dinsdag in toue vir kos in Hyattsville, Maryland. Foto: AFP


2025-10-23 07:53:21

Reddingswerker dood, 5 beseer in Russiese aanvalle op Oekraïne

Een reddingswerker is Donderdag in die vroeë oggendure in Russiese aanvalle op Oekraïne dood. Treindienste is ook ontwrig en ʼn sinagoge is beskadig, het Oekraïense amptenare gesê.

AFP-joernaliste in Kijif het deurnag lugaanvalsirenes en ontploffings gehoor, terwyl Rusland 130 hommeltuie gelanseer het, volgens die Oekraïense lugmag.

Benewens die reddingswerker is vyf mense ook beseer terwyl hulle ʼn brand geblus het ten tyde van ʼn Russiese aanval op die dorp Zelenji Gai in die ooste van die Charkif-streek. – AFP

Ukrainian law enforcement officers work inside a damaged building following an airstrike in Kyiv on October 23, 2025, amid the Russian invasion of Ukraine. (Photo by Andrew Kravchenko / AFP) (ANDREW KRAVCHENKO/AFP)

Oekraïense wetstoepassers werk Donderdag in ʼn beskadigde gebou ná ʼn lugaanval op Kijif, Oekraïne. Foto: AFP


2025-10-23 08:37:25

6 vermoor deur gewapende mans in Pakistan

Ses mans is dood toe gewapende mans op ʼn voertuig in Pakistan losgebrand het, het ’n amptenaar gesê.

Een van die oorledenes is ’n pro-regeringsmilisie-leier.

Die aanval het Woensdag in die Khyber Pakhtunkhwa-provinsie plaasgevind, waar geweld toegeneem het sedert die Taliban in 2021 weer  in die naburige Afganistan aan die bewind gekom het.

Die gewapende mans het op die slagoffers geskiet, brandstof op hul voertuig gegooi en dit aan die brand gesteek.

Die slagoffers se lyke het heeltemal verkool. – AFP


2025-10-23 09:18:59

Rusland vaar uit oor Amerikaanse sanksies

Rusland sê nuwe Amerikaanse sanksies teen sy oliebedryf skep die risiko dat diplomatieke pogings om die oorlog in Oekraïne te beëindig benadeel word.

Pres. Donald Trump het Woensdag nuwe sanksies teen Rusland se twee grootste oliemaatskappye aangekondig.

“Ons beskou hierdie stap as heeltemal teenproduktief, ook ten opsigte daarvan dat betekenisvolle onderhandelde oplossings vir die konflik in Oekraïne bereik moet word,” het Maria Zacharowa, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake, gesê.

“Ons land het ʼn sterk immuniteit teen Westerse beperkings ontwikkel ...” – AFP


2025-10-23 09:26:40

Man verdrink tydens storm in Australië – saam met vriend wat hom probeer red

ʼn Britse man het verdrink terwyl hy by ʼn strand in Melbourne branderplank gery het toe sterk winde tydens stormweer sy branderplank gebreek het.

Sy vriend wat hom probeer red het, het ook verdrink.

Nooddienste is Woensdagaand na Frankston-strand in die suidooste van Melbourne ontbied ná gerugte van twee mans wat in die moeilikheid in die water is.

Hulle is met ’n polisiehelikopter na droë land geneem, maar nie een kon bygebring word nie. – Reuters


2025-10-23 09:48:21

Hommeltuig ontplof in weste van Kazakstan

Kazakstan se ministerie van verdediging sê hy verskerp beheer oor die land se lugruim nadat ʼn hommeltuig van “onbekende oorsprong” in die weste van die land, naby die grens met Rusland, ontplof het.

Volgens die ministerie het die ontploffing plaasgevind in ʼn afgeleë gebied sowat 180 km wes van die Russiese stad Orenboerg, wat verlede week deur Oekraïense hommeltuie getref is.

Die ministerie het geen aanduiding gegee van die hommeltuig se oorsprong nie, maar gesê: “Konsultasies is ook aan die gang met buitelandse vennote wat moontlik hierdie toestelle besit.” – Reuters


2025-10-23 10:06:28

Rusland beloof ‘pynlike reaksie’ op batebeslagleggings

Rusland beloof ʼn “pynlike reaksie” op enige stap deur die Europese Unie om sy bevriesde bates te konfiskeer.

Die waarskuwing kom terwyl EU-leiers in Brussel vergader om ʼn plan te bespreek om die bates as basis te gebruik vir ʼn lening aan Oekraïne.

“Enige stappe met Russiese bates sonder Rusland se toestemming is nietig vanuit die oogpunt van internasionale en kontraktereg,” sê Maria Zacharowa, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake.

“Enige sulke pogings van Brussel sal onvermydelik tot ʼn pynlike reaksie lei.” – Reuters


2025-10-23 10:15:16

Charles, Camilla ontmoet pous in die Vatikaan

Koning Charles van Brittanje het pous Leo XIV Donderdag op ʼn staatsbesoek aan die Vatikaan ontmoet.

Charles sal geskiedenis maak as die eerste hoof van die Anglikaanse Kerk in 500 jaar wat in die openbaar saam met ʼn pous bid.

Charles het Woensdagaand saam met sy vrou, koningin Camilla, na Rome gevlieg.

Die Buckingham-paleis het dit as ʼn “historiese” reis bestempel. – AFP

This photo taken and handout on October 23, 2025 by The Vatican Media shows Pope Leo XIV during a meeting with Britain's King Charles III and Britain's Queen Camilla in The Vatican. (Photo by Handout / VATICAN MEDIA / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / VATICAN MEDIA" - NO MARKETING - NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (HANDOUT/AFP)

Koning Charles, pous Leo XIV en koningin Camilla Donderdag in die Vatikaan. Foto: AFP/Verskaf/Vatikaan Media


2025-10-23 11:12:12

Israel stuur vegvliegtuie na Libanon

Israel het Donderdag die bergagtige gebiede in die ooste van Libanon aangeval.

Volgens Libanon se nasionale nuusagentskap het Israeliese vegvliegtuie aanvalle op die bergreeks in die Bekaa-streek naby die grens met Sirië uitgevoer.

Die Israeliese weermag het intussen gesê dat hy Hezbollah-terreine in oostelike en noordelike dele van Libanon geteiken het, waaronder ’n “militêre kamp en ’n terrein vir die vervaardiging van presisiemissiele” in die Bekaa. – AFP


2025-10-23 11:18:26

‘Rusland moet boet’: Oorlog in Oekraïne bedreig klimaat

Die oorlog in Oekraïne het enorme hoeveelhede uitlaatgasse veroorsaak wat die planeet verhit, lui ’n nuwe studie waarin gesê word Rusland moet betaal vir die skade aan die wêreld se klimaat.

Die eerste drie jaar van die oorlog het byna 237 miljoen metrieke ton kweekhuisgasse (KHG) gegenereer, gelykstaande aan die lewering van 120 miljoen fossielbrandstofmotors op die pad, of die gekombineerde jaarlikse uitlaatgasse van België, Oostenryk en Ierland.

“Dit stoot ons in die verkeerde rigting op ’n tydstip wanneer ons uitlaatgasse drasties moet verminder,” sê Lennard de Klerk, navorser en hoofskrywer van die verslag wat vandeesmaand gepubliseer is.

Die koste van die klimaatskade wat aan die oorlog toegeskryf kan word, oorskry reeds $43 miljard, sê De Klerk.

“Rusland moet vergoeding vir hierdie skade betaal as deel van wyer oorlogsvergoeding,” sê hy. – Reuters


2025-10-23 11:25:36

Kinderoord vergoed slagoffers ná bewerings oor stigter

Die liefdadigheidsorganisasie SOS Kinderoord het agt mense vergoed ná bewerings dat die Oostenryker Hermann Gmeiner, die oorlede stigter, hulle seksueel misbruik en mishandel het.

Die organisasie, wat deesdae erg gekritiseer word weens nuwe bewerings van kindermishandeling by hul Oostenrykse geriewe, het Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin ’n “vars begin” beloof word en gesê dat “historiese voorvalle” nou aandag kry.

Die klagtes spruit uit voorvalle tussen die 1950’s en 1980’s by vier verskillende kinderhuise. Die slagoffers het tussen 2013 en 2023 vergoeding en terapie ontvang, volgens die organisasie.

Die Oostenrykse media berig die slagoffers is almal seuns en het tot €25 000 kompensasie ontvang. SOS Kinderoord is in 1949 gestig om weeskinders te ondersteun. – AFP


2025-10-23 11:31:43

Berg Foedji in sneeukombers toegedraai

Tourists view the snow-capped Mt. Fuji for the first time this season on Oct. 23, 2025, from the town of Fujikawaguchiko in Yamanashi Prefecture, central Japan. (Photo by Kyodo News via Getty Images) (Kyodo News/Kyodo News via Getty Images)

Toeriste besigtig die sneeubedekte berg Foedji in Japan. Foto: Getty Images


2025-10-23 12:00:57

3 in Londen vas wat glo vir Rusland spioeneer

Die Britse polisie sê drie mans is in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle 'n buitelandse intelligensiediens bygestaan het. Hul beweerde oortredings hou verband met spioenasiewerk vir Rusland.

Die mans is 48, 45 en 44 jaar oud en by hul onderskeie huise in die westelike en sentrale deel van Londen in hegtenis geneem.

"Ons sien 'n toenemende aantal persone wat deur buitelandse intelligensiedienste gewerf word,“ sê Dominic Murphy, hoof van teen-terreur-polisiëring in Londen.

Die Kremlin ontken dat die mans vir Rusland spioeneer en sê die Britse regering pak herhaaldelik die skuld op Rusland vir enigiets "slegs" wat in Brittanje gebeur. – Reuters


2025-10-23 12:08:31

'n Geveg om geleerdheid

Students attend class in a damaged school, in Idlib countryside Teacher Mohamed Khattab teaches a lesson to students inside a damaged classroom at a school in Idlib countryside, Syria, October 9, 2025. REUTERS/Karam al-Masri (KARAM ALMASRI/REUTERS)

‘n Onderwyser by 'n skool in die Idlib-platteland in Sirië gee 'n les aan leerlinge in 'n klaskamer wat  deur skermutselings beskadig is. Foto: Reuters


2025-10-23 12:14:22

Zelenski vra EU om met langafstandwapens te help

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het Donderdag Europese lande versoek om langafstandwapens aan Oekraïne te verskaf. Dit volg nadat Amerika besluit het om nie sy kragtige Tomahawk-missiele te verskaf nie.

Zelenski het by leiers van die Europese Unie (EU) in Brussel gepleit dat hulle vinnig ’n plan aanvaar om bevriesde Russiese bates te benut. Oekraïne beplan om ’n groot deel van hierdie geld aan Europese wapenaankope te bestee.

“Langafstandwapens sal die Poetin-regime werklik laat voel wat oorlog beteken. Help Oekraïne. Dit kan die verloop van die oorlog verander,” pleit Zelenski. – Reuters


2025-10-23 12:24:23

Iran waarsku teen nuwe aanvalle

Iran het Donderdag teen nuwe aanvalle gewaarsku nadat Rafael Grossi, hoof van die Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA), sy vrees vir moontlike hernude geweld uitgespreek het.

Israel het Iran in Junie aangeval wat tot ’n kort oorlog gelei het. Amerika het later ook by Israel aangesluit met aanvalle op Iran se kernaanlegte.

Abbas Araghtsji, Iran se minister van buitelandse sake, het Donderdag gewaarsku dat dreigemente van geweld teen Iran slegs “weer mislukking sal bring”.

Iran het ná die oorlog inspeksies deur die IAEA beperk uit vrees vir veiligheid. Volgens die IAEA is Iran die enigste land sonder kernwapens wat uraan tot byna bomgehalte verryk. – AFP


2025-10-23 13:11:03

Nigeriese weermag sê 50 jihadiste dood in aanvalle

Die Nigeriese weermag het Donderdag aangekondig dat hy 50 jihadiste met behulp van hommeltuie doodgeskiet het nadat die ekstremiste verskeie aanvalle op weermagbasisse in die noordooste van die land geloods het.

Nigerië, Afrika se mees bevolkte land, bestry al 16 jaar lank die radikale Boko Haram-groep en die Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP), wat probeer om ’n kalifaat in die noorde te vestig.

Volgens ’n weermagwoordvoerder het die aanvalle in die vroeë oggendure in die dorpe Dikwa, Mafa en Gajibo in die Borno-staat, asook Katarko in naburige Yobe, plaasgevind. Hoewel die weermag nie aangedui het watter groep verantwoordelik was nie, sê intelligensiebronne dat ISWAP-vegters agter die aanvalle sit. – AFP


2025-10-23 13:12:32

Hof bevind Britse soldaat onskuldig aan ‘Bloedige Sondag-moorde’

'n Hof in Belfast het Donderdag 'n Britse soldaat onskuldig bevind aan moord in die enigste verhoor van 'n lid van die Britse gewapende magte oor die 1972 "Bloedige Sondag"-moorde op 13 ongewapende Katolieke burgerregte-optoggangers in Noord-Ierland.

Die Britse regering het in 2010 om verskoning gevra vir die "ongeregverdigde" moorde, toe Britse soldate op die hoofsaaklik Ierse nasionalistiese stad Londonderry losgebrand het in een van die bepalende oomblikke in Noord-Ierland se geskiedenis.

Die soldaat, wat nie wettiglik geïdentifiseer kan word nie en bekend staan as Soldaat F, is onskuldig bevind aan die moord op twee mans en vyf aanklagte van poging tot moord. – Reuters


2025-10-23 13:18:43

2 sterf in Israeliese lugaanvalle in Libanon

Twee mense is Donderdag dood in Israeliese lugaanvalle op bergagtige gebiede in die ooste van Libanon, het die Libanese gesondheidsdepartement bevestig.

Die aanvalle het volgens die owerhede op die oostelike en westelike bergreekse in die Bekaa-streek, sowel as die Hermel-gebied naby die Siriese grens, plaasgevind. Volgens Israel het sy oorlogsvliegtuie “verskeie terroriste-teikens” getref, ondanks ’n skietstilstand wat in November ingestel is ná maande van vyandelikhede met Hezbollah.

Die Libanese regering is besig om, onder internasionale druk, pogings aan te wend om Hezbollah te ontwapen. Dit is ’n plan wat deur die militante groep en hul bondgenote teengestaan word. – AFP


2025-10-23 13:30:29

Koninklike besoek...

King and Queen state visit to the Holy See King Charles III and Queen Camilla visit the Papal Basilica and Abbey of St Paul's Outside the Walls, in recognition of the King becoming 'Royal Confrater' of the Abbey in Rome, Italy, during the state visit to the Holy See. Picture date: Thursday October 23, 2025. Aaron Chown/Pool via REUTERS TPX IMAGES OF THE DAY (Aaron Chown/via REUTERS)

Koning Charles III en koningin Camilla van Brittanje besoek die imposante Basiliek van St. Paulus Buite die Mure in Rome, Italië. Foto: Reuters


2025-10-23 13:59:22

Minstens $7 mjd. nodig om Gasa-gesondheidstelsel te herbou – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag gesê hy verwag dat minstens $7 miljard nodig sal wees net om die gebroke gesondheidstelsel in Gasa te herbou.

"Daar is geen ten volle funksionerende hospitale in Gasa nie, en slegs 14 uit 36 funksioneer enigsins. Daar is kritieke tekorte aan noodsaaklike medisyne, toerusting en gesondheidswerkers," het Tedros Adhanom Ghebreyesus, die WGO-hoof, aan verslaggewers gesê.

"Die totale koste om Gasa se gesondheidstelsel te herbou, sal minstens $7 miljard beloop," het hy bygevoeg. – AFP

Umm Jameela Abdul-Razzaq, a displaced Palestinian woman, looks at a portrait of her father as she sits amid debris upon returning to her home, which was heavily damaged by Israeli bombardments in the Bureij refugee camp, in the central Gaza Strip, on October 23, 2025. Abdul-Razzaq began clearing the debris with the help of her grandsons, Mahmud and Abdul-Salam, trying to salvage what remained of her memories. (Photo by Eyad BABA / AFP) (EYAD BABA/AFP)

Umm Jameela Abdul-Razzaq, ’n verplaaste Palestynse vrou, kyk Donderdag na ’n portret van haar pa terwyl sy in die puin sit nadat sy teruggekeer het na haar huis, wat erg beskadig is deur Israeliese bomaanvalle in die Bureij-vlugtelingskamp in die sentrale Gasastrook. Foto: AFP


2025-10-23 14:32:47

Israel sal nie Wesoewer annekseer – Vance

Visepres. JD Vance van Amerika het Donderdag gesê Israel sal nie die Wesoewer annekseer nie, ’n dag nadat Israeliese wetgewers gestem het om twee wetsontwerpe goed te keur wat die weg baan vir die anneksasie van die gebied.

“As dit ’n politieke foefie was, was dit ’n baie dom politieke foefie, en ek neem persoonlik aanstoot daaroor,” het Vance gesê toe hy sy besoek aan Israel afsluit.

“Die Wesoewer gaan nie deur Israel geannekseer word nie. Die beleid van die Trump-administrasie is dat die Wesoewer nie deur Israel geannekseer gaan word nie, en dit sal ons beleid bly,” het hy bygevoeg. – AFP


2025-10-23 14:47:13

Alamapstix!

The recently released book �Asterix in Lusitania� by Fabcaro and illustrated by Didier Conrad, is pictured at Bertrand bookshop in Chiado, Lisbon on October 23, 2025. (Photo by PATRICIA DE MELO MOREIRA / AFP) (PATRICIA DE MELO MOREIRA/AFP)

Eksemplare van die jongste Asterix-avontuur, Asterix in Lusitania, in die Bertrand-boekwinkel in Lissabon.

Dié 41ste aflewering in die Franse strokiesprentreeks is Donderdag uitgereik, 66 jaar nadat dit geskep is deur René Goscinny en Albert Uderzo.

In dié jongste avontuur maak die hardekwas Galliër ’n draai in Portugal.

Dit is die tweede avontuur wat deur Fabrice Caro (ook bekend as Fabcaro) geskryf is, en die sewende ekskursie vir die spotprenttekenaar Didier Conrad. Foto: AFP


2025-10-23 15:05:28

40% van wêreld se gewapende konflikte in Afrika – Rooi Kruis

Byna 40% van die wêreld se gewapende konflikte kom in Afrika voor, met sowat 50 konflikte tans oor die vasteland heen, het die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (IKRK) Donderdag gesê.

“Daar is tans meer as 50 aktiewe gewapende konflikte in Afrika,” het Gilles Carbonnier, die IKRK se visepresident, gesê.

Dit verteenwoordig ’n toename van 45% sedert 2020, het hy gesê, “en maak sowat 40% van die totale konflikte in die wêreld” uit.

“Sowat 35 miljoen mense is weens hierdie konflikte verplaas, byna die helfte van verplaastes ter wêreld,” het Carbonnier gesê. – AFP


2025-10-23 15:36:27

VSA sal steun onttrek as Israel Wesoewer annekseer – Trump

Israel sal sy kritieke ondersteuning van Amerika verloor as dit die besette Wesoewer annekseer, het pres. Donald Trump gesê in ’n onderhoud met  die tydskrif Time wat Donderdag gepubliseer is.

Trump se opmerkings is gepubliseer terwyl beide JD Vance, sy visepresident, en Marco Rubio, minister van buitelandse sake, gewaarsku het teen enige anneksasie.

"Dit sal nie gebeur nie. Dit sal nie gebeur nie, want ek het my woord aan die Arabiese lande gegee. En jy kan dit nou nie doen nie … ," het Trump gesê.

"Israel sal al sy steun van Amerika verloor as dit gebeur." – AFP


2025-10-23 15:51:48

Saggies praat is duiwelsraad …

European Union leaders' summit in Brussels European Council President Antonio Costa and European Commission President Ursula von der Leyen interact as they attend the European Union leaders' summit in Brussels, Belgium, October 23, 2025. REUTERS/Yves Herman TPX IMAGES OF THE DAY (Yves Herman/REUTERS)

Antonio Costa, president van die Europese Raad, en Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, wissel Donderdag ’n paar woorde by die Europese Unie se leiersberaad in Brussel, België. Foto: Reuters


2025-10-23 16:01:57

Geen afname in Gasa-honger ná skietstilstand – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag gesê daar is min verbetering in die hoeveelheid hulp wat na Gasa gaan sedert ’n skietstilstand in werking getree het – en geen waarneembare afname in honger nie.

"Die situasie is steeds katastrofies omdat die hulp wat inkom nie genoeg is nie," het Tedros Adhanom Ghebreyesus, WGO-hoof, aan verslaggewers gesê. – AFP


2025-10-23 16:32:20

Rusland sal nooit voor Amerikaanse druk swig – Poetin

Rusland sal nooit voor druk van Amerika of enige ander land swig nie.

Pres. Wladimir Poetin het Donderdag gesê Amerikaanse sanksies is ’n “onvriendelike” daad en “sal sekere gevolge hê, maar hulle sal nie ons ekonomiese welstand noemenswaardig beïnvloed nie”.

“Dit is natuurlik ’n poging om druk op Rusland uit te oefen,” sê Poetin.

“Maar geen selfrespekterende land en geen selfrespekterende volk besluit ooit enigiets onder druk nie.”

Oor berigte dat beperkinge op Oekraïne se gebruik van sekere Westerse langafstandmissiele opgehef is, sê Poetin dit is ’n “poging tot eskalasie”.

“Maar as sulke wapens gebruik word om Russiese grondgebied aan te val, sal die reaksie baie ernstig wees, indien nie oorweldigend nie. Laat hulle daaroor dink.” – Reuters


2025-10-23 16:45:40

Moet net nie nou val nie . . .

2025 World Artistic Gymnastics Championships Artistic Gymnastics - 2025 World Artistic Gymnastics Championships - Women's Artistic Gymnastics - All-Around Final - Indonesia Arena, Jakarta, Indonesia - October 23, 2025 Switzerland's Lena Bickel in action during her balance beam exercise REUTERS/Ajeng Dinar Ulfiana TPX IMAGES OF THE DAY (Ajeng Dinar Ulfiana/REUTERS)

Lena Bickel van Switserland Donderdag in aksie op die balk in die eindronde van die algehele individuele kompetisie van vanjaar se Wêreldkampioenskapsbyeenkoms vir artistieke gimnastiek in Djakarta, Indonesië. Foto: Reuters


2025-10-23 17:22:11

Trump kanselleer ontplooiing van nasionale wag na San Francisco

Pres. Donald Trump gaan nie troepe van die nasionale wag na San Francisco stuur nie, het die burgemeester van dié Kaliforniese stad Donderdag gesê en verwys na ’n oproep met die Republikeinse leier.

Daniel Lurie, burgemeester van San Francisco, sê Trump het hom Woensdagaand gebel om hom in te lig dat hy enige planne vir ’n federale ontplooiing opskort. Volgens Lurie sal San Francisco nie baat vind by die teenwoordigheid van die weermag nie. “Ons waardeer dat die president verstaan ons is die tegnologiese spilpunt van die wêreld, en wanneer San Francisco sterk is, is ons land ook sterker.”

Trump het vroeër aangedui dat San Francisco die volgende stad sou wees waarheen hy troepe van die nasionale wag sou stuur nadat hy dit reeds gedoen het in verskeie ander Amerikaanse stede wat deur Demokrate regeer word. – Reuters

Members of the Texas National Guard assemble in Elwood, Illinois, at the Army Reserve Training Center in the southwest suburb of Chicago, on Oct. 7. 2025. (Brian Cassella/Chicago Tribune/Tribune News Service via Getty Images) (Chicago Tribune/TNS)

Lede van die nasionale wag tydens ’n ontplooiing in Chicago. Foto: Getty Images


2025-10-23 17:34:31

Kommer oor chaos by lughawens in Amerika weens regeringsluiting

Republikeine het Donderdag gewaarsku dat groot ontwrigting Amerikaanse lughawens in die gesig staar weens die voortslepende regeringsluiting, wat nou al in sy vierde week is. Die sluiting het meer as 60 000 lugverkeerbeheerders en vervoerveiligheidsbeamptes reeds gedwing om sonder betaling te werk.

Volgens Mike Johnson, speaker van die huis van verteenwoordigers, is die feestyd op hande en duisende Amerikaners se planne kan skade ly “as dit só aangaan”. Naweekvlugte toon reeds meer as 19 000 vertragings en werkers doen bykomende werk om hul gesinne te onderhou. Die lang duur van die sluiting stel die veiligheid van Amerikaners in gevaar, waarsku Johnson.

Republikeine en Demokrate kon nie ooreenkom om ’n wetsontwerp goed te keur wat regeringsdienste ná 1 Oktober, toe die federale begroting verstryk het, te finansier nie. – AFP


2025-10-23 17:42:49

Russiese vliegtuie skend Litaue se lugruim

Twee Russiese militêre vliegtuie het Donderdag die lugruim van Litaue, lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), sowat 18 sekondes lank binnegedring.

Die twee vliegtuie, ’n Su-30 en ’n Il-78, het moontlik aan ’n oefening deelgeneem toe hulle die grens oorgesteek en die land vanuit die Kaliningrad-streek binnegevlieg het, sê Litaue se weermag.

Spaanse vegvliegtuie van Navo se Baltiese lugpatrolliediens is in reaksie ontplooi en patrolleer die gebied. Litaue is ’n voormalige Sowjet-republiek. – Reuters


2025-10-23 18:00:41

Nie die Wilde Weste...

Kayseris Hormetci Plains Host Wild Horses A horseman rides through shallow water on the Hurmetci plains near Kayseri, Turkey, on September 27, 2025. The steppe at the foot of Mount Erciyes is home to herds of free-roaming wild horses and has become a popular destination for wedding and travel photographers. (Photo by Damoun Pournemati / Middle East Images via AFP) (DAMOUN POURNEMATI/Middle East Images via AFP)

’n Ruiter ry soos ’n wafferse Cowboy met ’n perd deur vlak water op die Hurmetci-vlaktes naby Kayseri in Turkye. Foto: AFP


2025-10-23 18:13:43

Louvre-diefstal: Frankryk ondersoek DNS-monsters

Franse ondersoekers ontleed tans DNS-monsters en vingerafdrukke ná Sondag se gewaagde diefstal van juwele by die Louvre-museum in Parys. Volgens Laure Beccuau, aanklaer, word “meer as 150 DNS-monsters, vingerafdrukke en ander leidrade” ontleed.

Die diewe het Sondag by die museum se eerste verdieping ingebreek en snygereedskap gebruik om agt stukke juweliersware ter waarde van sowat $102 miljoen te buit. Die diewe het tydens die voorval ook ’n kroon laat val wat met diamante en smaragte versier is.

Volgens die museum het die diewe voordeel getrek uit ’n blinde kol in sy sekuriteitstelsel. Ander kameras het egter gehelp om hul roete in en om Parys vas te vang. – AFP


2025-10-23 18:23:53

Trump-, Poetin-vergadering 'kan nog gebeur'

'n Vergadering tussen pres. Donald Trump van Amerika en sy Russiese ampsgenoot, pres. Wladimir Poetin, is nie heeltemal van die baan af nie, sê Karoline Leavitt, Withuis-woordvoerder.

"Ek dink die president en die hele administrasie hoop dat dit eendag weer kan gebeur, maar ons wil seker maak dat daar 'n tasbare positiewe uitkoms uit daardie vergadering is," het sy Donderdag op 'n nuuskonferensie gesê.

Trump het Woensdag gesê hy het ’n beplande vergadering met Poetin afgestel weens ’n gebrek aan vordering in diplomatieke pogings om die oorlog in Oekraïne te beëindig. – Reuters

WASHINGTON, DC - SEPTEMBER 09: White House Press Secretary Karoline Leavitt speaks during a daily press briefing in the Brady Press Briefing Room at the White House on September 9, 2025 in Washington, DC. Leavitt discussed a range of topics during the briefing including recent immigration enforcement actions by the Trump administration and the release of new documents related to the Jeffrey Epstein investigation by a Congressional committee yesterday. (Photo by Win McNamee/Getty Images) (Win McNamee/Getty Images)

Karoline Leavitt, Withuis-woordvoerder. Foto: Getty Images


2025-10-23 18:32:58

Leo kap ‘onmenslike’ behandeling van immigrante

Pous Leo XIV het Donderdag sy kritiek herhaal oor “toenemend onmenslike” maatreëls wat gebruik word om onwettige immigrante te stop.

“Met die misbruik van kwesbare migrante sien ons nie die wettige uitoefening van nasionale soewereiniteit nie, maar eerder ernstige misdade wat deur die staat gepleeg of geduld word,” het Leo gesê, luidens die Vatikaan se publikasie van sy toespraak.

“Al hoe meer onmenslike maatreëls word toegepas – selfs polities gevier – wat hierdie ‘ongewenstes’ behandel asof hulle vullis is en nie mense nie.” – AFP


2025-10-23 19:00:27

'Gooi nog water, asseblief'

Protest against the arrival of federal agents at the Coast Guard base in Alameda A demonstrator's face is splashed after he was hit with a projectile during a protest against the arrival of federal agents at the Coast Guard base in Alameda, California, U.S, October 23, 2025. REUTERS/Manuel Orbegozo TPX IMAGES OF THE DAY (Manuel Orbegozo/REUTERS)

’n Betoger se gesig word Donderdag met water bespat nadat hy in ’n betoging teen die aankoms van federale agente by die kuswagbasis in Alameda, Kalifornië, deur ’n projektiel getref is. Foto: Reuters


2025-10-23 19:10:53

Trump en Xi vergader volgende week in Suid-Korea – Withuis

Pres. Donald Trump sal sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, volgende Donderdag in Suid-Korea vergader, het die Withuis aangekondig.

“Volgende Donderdagoggend... sal pres. Trump deelneem aan ’n bilaterale vergadering met pres. Xi van die Volksrepubliek van China,” het Karoline Leavitt, die Withuis-woordvoerder, aan joernaliste gesê. – AFP


2025-10-23 19:33:18

Rio-goewerneur veto bonusse vir polisie wat ‘misdadigers’ doodmaak

Claudio Castro, goewerneur van die Brasiliaanse deelstaat Rio de Janeiro, het Donderdag ’n maatreël geveto wat aan polisiebeamptes bonusse sou gee vir die doodmaak van “misdadigers”.

Staatswetgewers het in September die bonus van tot 150% van die polisiebeamptes se maandelikse salaris goedgekeur.

Dit het alarm veroorsaak in ’n streek waar polisiewreedheid reeds ’n bekommernis is, veral in arm gebiede wat deur bendes oorheers word.

Die maatreël is die “Wilde Weste-bonus” genoem – na ’n soortgelyke inisiatief in die 1990’s wat afgeskaf is weens ’n skerp toename in sterftes. – AFP


2025-10-23 20:00:58

‘Dis vir eers al, mense’

US Secretary of State Marco Rubio (L) and Israel's Prime Minister Benjamin Netanyahu leave after speaking to the media following their meeting at the Prime Minister's office in Jerusalem on October 23, 2025. Rubio voiced confidence on October 23 in maintaining and expanding a Gaza truce deal as he met Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu. (Photo by Ronen Zvulun / POOL / AFP) (RONEN ZVULUN/AFP)

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, en Benjamin Netanyahu, premier van Israel, ná ’n perskonferensie Donderdag by Netanyahu se kantoor in Jerusalem. Rubio het onder meer sy vertroue uitgespreek in die behoud en uitbreiding van die skietstilstandooreenkoms in die Gasastrook. Foto: AFP


2025-10-23 20:09:38

TotalEnergies skuldig aan misleidende klimaat-aansprake

’n Franse hof het Donderdag beslis dat die olie-en-gasreus TotalEnergies hom skuldig gemaak het aan “misleidende kommersiële praktyke” deur sy klimaat-aansprake te oorskat. Die hof het die maatskappy beveel om sekere advertensies te verwyder.

Die uitspraak kan help om ’n wetlike presedent te skep vir korporatiewe omgewingsadvertensies.

In Europa het howe al teen die Nederlandse lugdiens KLM (in 2024) en Duitsland se Lufthansa-lugdiens (in Maart vanjaar) beslis weens misleidende aansprake oor hul pogings om die omgewingsimpak van lugvervoer te verminder. – AFP


2025-10-23 20:45:25

Oorlogsverklaring teen dwelmkartelle nie nodig – Trump

Pres. Donald Trump het Donderdag gesê sy administrasie beplan om die Amerikaanse kongres oor operasies teen dwelmkartelle in Venezuela in te lig, maar dat ’n oorlogsverklaring nie nodig is nie.

“Wel, ek dink nie ons gaan noodwendig vir ’n oorlogsverklaring vra nie. Ek dink ons gaan net mense doodmaak wat dwelms na ons land bring. Oukei? Ons gaan hulle doodmaak,” het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê.

Hy het ook daarop gesinspeel dat Amerikaanse magte binnekort dwelmkartelle in Venezuela op land sal aanvat. – Reuters


2025-10-24 03:24:40

Los Angeles-brand: Man ontken skuld

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy doelbewus die brand gestig het wat ontwikkel het in een van die mees verwoestende veldbrande in Los Angeles se geskiedenis, het Donderdag skuld ontken.

Minstens 12 mense is dood en duisende huise is vernietig.

Jonathan Rinderknecht (29) het skuld ontken op drie aanklagte van brandstigting.

Hy word daarvan aangekla dat hy op 1 Januarie ’n brand “kwaadwillig” gestig het wat vinnig geblus is, maar steeds onder digte plantegroei naby Pacific Palisades gesmeul het voordat dit ’n week later te midde van hewige winde weer opgevlam het. – Reuters


2025-10-24 03:33:11

Brittanje vra vir meer maatreëls teen Rusland

Brittanje het Vrydag ’n oproep gedoen vir ’n reeks maatreëls teen Rusland om Oekraïne se hand te sterk voor enige toekomstige vredesgesprekke.

Die kantoor van premier Keir Starmer sê hy sal druk uitoefen op ’n vergadering van die “Koalisie van die Gewilliges”. Dit is lande wat belowe het om steun vir Oekraïne te versterk.

“Keer op keer bied ons aan (pres. Wladimir) Poetin die kans om sy onnodige inval te beëindig, die moorde te staak en sy troepe te onttrek, maar hy verwerp herhaaldelik daardie voorstelle en enige kans op vrede,” het Starmer in ’n verklaring gesê. – Reuters


2025-10-24 03:41:16

EU beloof meer steun aan Oekraïne, maar keur nie gebruik van Russiese bates goed

Die leiers van die Europese Unie (EU) het Donderdag ooreengekom om in Oekraïne se “dringende finansiële behoeftes” vir die volgende twee jaar te voorsien.

Die EU het egter nie ’n plan goedgekeur om bevriesde Russiese bates te gebruik om ’n lening aan Kijif te finansier nie, weens kommer wat deur België geopper is.

België se standpunt is van kardinale belang, omdat ’n Belgiese finansiële instelling, Euroclear, die bates hou wat gebruik sou word om ’n lening van €140 miljard te finansier. – Reuters


2025-10-24 03:50:03

La Libertad Avanza party closing rally ahead of the October 26 midterm elections, in Rosario Argentina's President Javier Milei reacts during a La Libertad Avanza party closing rally ahead of the October 26 midterm elections, that could strip the libertarian leader of crucial congressional support for his reform agenda, in Rosario, Santa Fe, Argentina October 23, 2025. REUTERS/Cristina Sille TPX IMAGES OF THE DAY (Cristina Sille/REUTERS)

Pres. Javier Milei van Argentinië op ’n afsluitingsbyeenkoms van die La Libertad Avanza-party in Rosario, Santa Fe, voor die middeltermyn-verkiesing Sondag wat dié leier van belangrike steun in die kongres vir sy hervormingsagenda kan stroop. Foto: Reuters


2025-10-24 04:06:28

‘Geen gek oorlog,’ sê Maduro vir Trump

Pres. Nicolas Maduro van Venezuela het Donderdag ’n pleidooi in Engels gerig terwyl spanning tussen Washington en Caracas toeneem: “Geen gek oorlog nie, asseblief!”

Maduro se kommentaar het gekom nadat pres. Donald Trump gesê het dat hy geheime optrede teen die Suid-Amerikaanse nasie gemagtig het.

Dit kom ook te midde van ’n Amerikaanse militêre veldtog teen vermeende dwelmsmokkelaars in die Karibiese Eilande en Stille Oseaan.

“Ja, vrede, ja, vrede vir ewig, vrede vir ewig. Geen gek oorlog nie, asseblief!” het Maduro gesê. – AFP

Supporters Of Nicolas Maduro Commemorate 'Indigenous Resistance Day' In Caracas CARACAS, VENEZUELA - OCTOBER 12: President Nicolás Maduro of Venezuela greets his supporters during a rally to commemorate Indigenous Resistance Day on October 12, 2025 in Caracas, Venezuela. (Photo by Jesus Vargas/Getty Images) (Jesus Vargas/Getty Images)

Pres. Nicolas Maduro van Venezuela op ’n saamtrek in Caracas, Venezuela, op 12 Oktober. Foto: Getty Images


2025-10-24 04:17:45

Noord-Korea bou gedenkteken vir soldate wat in Oekraïne-oorlog sterf

Noord-Korea het begin met die bou van ’n gedenkteken vir soldate wat gesterf het in Rusland se oorlog met Oekraïne, het die staatsmedia Vrydag berig.

Die sogenaamde Gedenkmuseum van Gevegsprestasies sal in die hoofstad, Pjongjang, gebou word.

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en Rusland se ambassadeur in Noord-Korea het Donderdag ’n grondleggingsplegtigheid bygewoon vir die gedenkteken.

Kim het op die geleentheid gesê die museum “is ’n heiligdom gewy aan die onsterflikheid van ware patriotte”. – AFP

This picture taken on October 23, 2025 and released by North Korea's official Korean Central News Agency (KCNA) via KNS on October 24, 2025 shows North Korean leader Kim Jong Un (C) encouraging soldiers of the Overseas Military Operations Forces at the groundbreaking ceremony for building the Memorial Museum of Combat Feats at the Overseas Military Operations in Pyongyang. North Korea has begun constructing a memorial for its soldiers killed fighting in Russia's war with Ukraine, state media reported on October 23, as leader Kim Jong Un hailed a "historic peak" in ties with Moscow. (Photo by KCNA VIA KNS / AFP) / South Korea OUT / SOUTH KOREA OUT / SOUTH KOREA OUT / ---EDITORS NOTE--- RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO/KCNA VIA KNS" - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS THIS PICTURE WAS MADE AVAILABLE BY A THIRD PARTY. AFP CAN NOT INDEPENDENTLY VERIFY THE AUTHENTICITY, LOCATION, DATE AND CONTENT OF THIS IMAGE. / (STR/AFP)

Kim Jong-oen moedig Donderdag soldate aan op die grondleggingsplegtigheid vir die bou van ’n gedenkteken in Pjongjang. Foto: AFP/KCNA via KNS


2025-10-24 04:26:29

Minstens 48 sakke met menslike oorskot in Mexiko gevind

Die Mexikaanse owerhede het Donderdag gesê soveel as 48 sakke met menslike oorskot is ontdek in ’n bedekte graf naby Guadalajara.

Guadalajara is die hoofstad van die staat Jalisco, waar een van Mexiko se gewelddadigste en magtigste dwelmkartelle bedrywig is en waar duisende mense as vermis aangemeld is.

Die sakke met die oorskot is vier weke gelede deur ’n soekgeselskap op ’n leë erf in Zapopan, ’n groot, afgeleë munisipaliteit, gevind.

Amptenare probeer steeds die getal slagoffers vasstel van wie oorskot in die sakke gevind is. – AFP


2025-10-24 05:09:43

Trump beëindig alle gesprekke oor handel met Kanada

Pres. Donald Trump het onmiddellik alle gesprekke oor handel met Kanada beëindig en die land daarvan beskuldig dat hy oudpres. Ronald Reagan verkeerd aangehaal het in ’n advertensieveldtog teen tariewe.

“Gegrond op hul skandelike gedrag, word alle onderhandelinge oor handel met Kanada hiermee beëindig,” het Trump op sy Truth Social-platform gesê.

Die advertensie wys Reagan, ’n Republikein, wat tariewe op buitelandse goedere kritiseer en sê dat dit werkverliese en handelsoorloë veroorsaak. – AFP, Reuters


2025-10-24 05:12:20

Minstens 20 dood in ongeluk in Indië

Minstens 20 mense is in Indië dood weens ’n brand wat veroorsaak is deur ’n brandstoflekkasie nadat ’n bus en ’n motorfiets gebots het.

Die voorval het op die roete tussen die stede Bengaluru en Hyderabad plaasgevind, het die plaaslike media Vrydag berig.

“Van die 41 passasiers is 21 gered,” het ’n amptenaar gesê.

Die lyke van 11 mense is tot dusver geïdentifiseer. – Reuters


2025-10-24 05:14:23

Meer as 21 miljoen benodig hulp in ‘vergete’ krisis in DRK

Meer as 21 miljoen mense benodig humanitêre hulp in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), het die organisasie Oxfam France Donderdag gesê.

Die DRK beleef “een van die ernstigste, vergete humanitêre krisisse ter wêreld” en dit “bly vererger”.

Die krisis is veral ernstig in die ooste van die land wat al drie dekades lank deur konflik geteister word.

Geweld het vroeg vanjaar toegeneem toe die gewapende groep M23 die groot stede Goma en Bukavu in die ooste ingeneem het. – AFP

M23 Rebellion In Eastern Congo Displaces Nearly One Million GOMA, DEMOCRATIC REPUBLIC OF CONGO (DRC) - MARCH 25, 2024: Kanyaruchinya Internally displaced people camp on the outskirts of Goma. Community workers dig fresh graves for the many people who are dying at the camps from diseases, accidents, and malnutrition. According to the camp secretary, since Jan.1st 1,145 people have died in the camp. March 25, 2024 in Goma DRC. The plot that they gave us (for burial) is almost full. So we are wondering, once that is full, where will be bury our dead. Sometimes we bury them without a coffin or even a body bag. The conflict and violence in the Eastern Democratic republic of Congo led by M23 rebels has displaced nearly one million people since the start of the year, with most arriving to IDP camps in the outskirts of Goma; this has led to food shortages and a conflict-driven hunger crisis. As violence in the eastern provinces surges, it is forcing families to flee again and causing mass displacement while more and more people arrive in already overcrowded camps. At the heart of a deepening hunger crisis lies a catastrophic situation for women and girls, particularly those living in IDP camps. Women and girls face a constant threat of sexual violence, particularly when they go searching for firewood to sell to buy food for their families, resulting in horrifying rates of rape and gender-based violence. (Photo by Jonathan Torgovnik/Getty Images) (Jonathan Torgovnik/Getty Images)

Gemeenskapswerkers in ’n kamp vir ontheemde mense in Goma in die DRK grawe grafte op 25 Maart 2024 vir die talle mense wat gesterf het weens siektes, ongelukke en wanvoeding. Foto: Getty Images


2025-10-24 06:28:22

Man met mes by Amerikaanse ambassade in Tokio vasgetrek

’n Man met ’n mes is naby die Amerikaanse ambassade in Tokio, Japan, in hegtenis geneem, het TBS-nuus Vrydag berig.

’n Polisiebeampte is beseer, maar die omvang van sy beserings is onbekend.

Die motief vir die voorval was nie onmiddellik bekend nie.

Die aanval kom dae voor pres. Donald Trump se beplande reis na Tokio.

Die Tokio- metropolitaanse polisiedepartement het tot 18 000 bykomende lede gemobiliseer om sekuriteit vir die besoek te verskerp. – Reuters


2025-10-24 07:15:41

5 beseer in Oekraïense aanval op Moskou

Vyf mense is oornag beseer in ’n Oekraïense hommeltuigaanval in ’n voorstad van Moskou.

Die hommeltuig het ’n woonstel op die 14de verdieping van ’n woongebou in Krasnogorsk, ongeveer 20 km vanaf die sentrum van Moskou, getref.

Rusland se ministerie van verdediging het intussen gesê hulle het 111 Oekraïense hommeltuie neergeskiet.

Rusland het ook sy swaar aanvalle op Oekraïne voortgesit. – AFP

Aftermath of a drone attack in Krasnogorsk An apartment destroyed during what local authorities called a Ukrainian drone attack in the course of the Russia-Ukraine conflict, in Krasnogorsk outside Moscow, Russia, October 24, 2025. Governor of Moscow Region Andrei Vorobyov via Telegram/Handout via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. NO RESALES. NO ARCHIVES. MANDATORY CREDIT. (Governor of Moscow Region Andrei/via REUTERS)

’n Beskadigde woongebou in Krasnogorsk, ongeveer 20 km vanaf die sentrum van Moskou. Foto: Goewerneur van die Moskou-streek via Telegram/Verskaf/Reuters


2025-10-24 08:19:44

Vroue begin groepsgeding weens ‘wydverspreide seksuele geweld’

Vroue in Australië se weermag het Vrydag ’n groepsgeding aanhangig gemaak waarin bewerings van wydverspreide en sistematiese seksuele geweld, teistering en diskriminasie gemaak word.

Die saak is teen die Australiese regering ingedien namens vroue wat tussen November 2003 en Mei 2025 aan mishandeling onderwerp is.

Die saak dek alle vroue wat in daardie tyd in die weermag gedien het, tensy hulle verklaar dat hulle nie slagoffers van die beweerde mishandeling was nie.

Duisende vroue sal na verwagting by die groepsgeding aansluit. – AFP


2025-10-24 08:29:06

‘Lande moet meer doen oor Israel se skending van skietstilstand'

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye sê Amerika en ander lande moet meer doen om Israel te druk om op te hou om die skietstilstand in die Gasastrook te skend.

Volgens hom sluit dit in die moontlike gebruik van sanksies of die staking van wapenverkope.

Erdogan sê Hamas hou by die ooreenkoms.

Hy het bygevoeg dat Turkye steeds gereed is om die beplande taakmag vir die Gasastrook op enige nodige manier te ondersteun. – Reuters


2025-10-24 08:49:46

7 migrante naby Turkye dood toe opblaasboot omslaan

Sewe mense is dood toe ’n opblaasboot met migrante in die Egeïese See naby die Turkse oord Bodrum omgeslaan het, het Turkse media Vrydag berig.

Twee mense het oorleef, van wie een na droë land geswem het terwyl ’n soektog na die tweede oorlewende van stapel gestuur is.

Bodrum is naby Griekse eilande soos Kos, wat gewild is onder migrante wat hoop om Europese lande te bereik. – AFP


2025-10-24 09:31:40

Starmer se Arbeidersparty ly erge nederlaag in Wallis

Brittanje se regerende Arbeidersparty het Vrydag ’n setel in die streeksparlement in sy tradisionele vesting Wallis verloor.

Dit is ’n onheilspellende teken vir die beleërde premier Keir Starmer voor die plaaslikeregeringsverkiesing volgende jaar.

Die Arbeidersparty, wat die grootste party in die Walliese parlement is sedert sy stigting in 1999, het die derde plek behaal in die tussenverkiesing in Caerphilly, Suid-Wallis, waar hy nog nooit tevore verloor het nie. – AFP


2025-10-24 09:39:27

Tatta, Trump!

Pro-Palestinian protesters rally against Trump's visit to Malaysia Pro-Palestinian demonstrators hold cutouts depicting U.S. President Donald Trump’s face as they march towards the U.S. Embassy to protest the president's visit to Malaysia for the Association of Southeast Asian Nations (ASEAN) Summit on Sunday, at Kuala Lumpur, Malaysia October 24, 2025. REUTERS/Hasnoor Hussain TPX IMAGES OF THE DAY (Hasnoor Hussain/REUTERS)

Pro-Palestynse betogers hou uitknipsels vas wat die gesig van pres. Donald Trump uitbeeld terwyl hulle na die Amerikaanse ambassade in Kuala Lumpur loop. Hulle betoog teen Trump se besoek Sondag aan Maleisië vir die beraad van die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Lande (ASEAN). Foto: Reuters


2025-10-24 09:47:48

Kommer oor verspreiding van voëlgriep in Europa

Die vinnige verspreiding van voëlgriep in Europa wek kommer dat vorige krisisse herhaal gaan word, dat tien miljoene voëls van kant gemaak gaan word en dit tot hoër voedselpryse gaan lei.

Voëlgriep kan groot verwoesting aan kuddes veroorsaak. Dit kan handelsbeperkings en ’n risiko van ’n nuwe pandemie meebring.

Die siekte het 56 uitbrekings in 10 lande van die Europese Unie en Brittanje vanaf Augustus tot middel Oktober veroorsaak.

Dit is die eerste keer in minstens ’n dekade dat dit so vroeg in die seisoen na 10 lande versprei het. – Reuters


2025-10-24 09:53:08

EU beweer Meta, TikTok oortree reëls oor digitale inhoud

Die Europese Unie (EU) beskuldig Meta en TikTok daarvan dat hulle die blok se digitale-inhoudreëls oortree.

Die Europese Kommissie het in sy voorlopige hersiening gesê dat albei maatskappye versuim om navorsers “voldoende toegang tot openbare data” te gee, in stryd met die EU se Wet op Digitale Dienste.

Dit het ook Meta se platforms, Facebook en Instagram, daarvan beskuldig dat hulle nie gebruikersvriendelike meganismes bied om onwettige inhoud aan te meld nie. – AFP


2025-10-24 10:07:54

1 dood, 4 beseer in jongste beeraanvalle in Japan

Minstens een persoon is Vrydag dood en vier beseer in afsonderlike beeraanvalle in Japan.

Voor Vrydag se aanvalle het bere vanjaar ’n rekordgetal van nege mense doodgemaak.

Een persoon is dood en drie beseer in ’n bergagtige dorpie in die streek Akita in die noorde van die land.

’n Plaaslike jagter het na bewering ’n beer doodgemaak.

’n Vrou is in ’n afsonderlike beeraanval in die sentrale streek Toyama beseer. – AFP


2025-10-24 10:34:31

Man vas in Duitsland wat glo met windbuks op motors skiet

’n Vermeende ondersteuner van die terreurgroep Isis is in Duitsland in hegtenis geneem weens die beweerde poging om noodlottige ongelukke op ’n snelweg te veroorsaak deur met ’n windbuks op motors te skiet.

Die verdagte (21), ’n Turkse burger, “het ten doel gehad om ‘ongelowiges’ deur die reeks aanvalle dood te maak”, het die kantoor van die staatsaanklaer in die stad München gesê.

Die owerhede glo die man het van 9 tot 11 September op altesaam 22 voertuie geskiet.

Hy staan tereg op 22 aanklagte van poging tot moord.

Niemand is beseer nie en geen ongelukke het plaasgevind nie. – AFP


2025-10-24 10:42:26

Zelenski besoek koning Charles voor vergadering met Europese leiers

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het koning Charles van Brittanje Vrydag by die Windsor-kasteel ontmoet voor ’n vergadering van die “Koalisie van die Gewilliges”.

Dit is lande wat belowe het om steun vir Oekraïne te versterk.

Die koning spreek gereeld sy steun vir Oekraïne uit en het Zelenski by sy woning ontvang kort ná die Oekraïense leier se stormagtige ontmoeting met pres. Donald Trump in die Withuis in Februarie.

Dit is Zelenski se derde besoek aan die koning vanjaar. – Reuters, AFP

Ukraine's President Volodymyr Zelensky stands alongside Britain's King Charles III after inspecting a Guard of Honour at Windsor Castle, on October 24, 2025, ahead of a Coalition of the Willing meeting. (Photo by Aaron Chown / POOL / AFP) (AARON CHOWN/AFP)

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne Vrydag saam met koning Charles by die Windsor-kasteel. Foto: AFP


2025-10-24 11:11:38

Israel wil veiligheidsmag hê waarmee hy gemaklik is, sê Rubio

’n Internasionale veiligheidsmag wat in die Gasastrook tot stan gebring moet word ingevolge ’n skietstilstand, sal uit lande moet bestaan waarmee Israel “tevrede is”, sê Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake.

Rubio is op besoek aan Israel. Hy het bygevoeg dat die toekoms van bestuur in die Gasastrook nog tussen Israel en sy vennote uitgewerk moet word, maar dat Hamas nie ingesluit kan word nie.

Enige potensiële rol vir die Palestynse Owerheid moet ook nog bepaal word. Die moontlikheid van ’n internasionale mag om veiligheid en orde in die Gasastrook te verseker word tans wyd bespreek. – Reuters


2025-10-24 11:22:47

4 sterf in ontploffing by treinstasie in Oekraïne

Vier mense is Vrydag by ’n treinstasie in die noorde van Oekraïne dood en nog 12 ander beseer toe ’n 23-jarige man ’n ploftoestel laat afgaan het.

Volgens die polisie was grenswagte besig om die dokumente van passasiers op ’n trein na te gaan. “Op daardie oomblik het een van die grenswagte ’n ploftoestel op die platform uitgehaal, wat toe ontplof het,” sê die polisie in ‘n verklaring.

Die oortreder is onder diegene wat gesterf het. Die Oekraïense media berig dat die toestel ’n granaat was.  – AFP


2025-10-24 11:39:50

China beoog ontwikkeling van hoëtegnologiesektor in volgende dekade

China sal sy hoëtegnologiesektor op ’n massiewe skaal in die volgende dekade ontwikkel, het regeringsamptenare Vrydag belowe, ’n dag nadat vergaderings oor die land se toekomstige beleidsprioriteite in Beijing afgesluit is.

Die vier dae van geslote besprekings het Maandag begin en het hooggeplaaste regeringsamptenare betrek wat langtermynstrategieë vir China uiteengesit het.

Die land het reeds steun en beleggings in die ontwikkeling van sy wetenskap- en tegnologiesektor gestort wat deel uitmaak van sy voortgesette pogings om homself as ’n wêreldleier op daardie gebiede te vestig. – AFP


2025-10-24 11:51:51

Gemoedelike omhelsing...

Ukrainian President Zelenskiy meets British PM Starmer on the day of a Coalition of the Willing meeting, in London British Prime Minister Keir Starmer hugs Ukrainian President Volodymyr Zelenskiy, on the day of a Coalition of the Willing meeting, at 10 Downing street in London, Britain, October 24, 2025. REUTERS/Jaimi Joy (Jaimi Joy/REUTERS)

Premier Keir Starmer van Brittanje groet pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne tydens sy besoek aan 10 Downing Street in Londen, Brittanje. Foto: Reuters


2025-10-24 12:08:16

Man, 3 vroue sterf in ontploffing by Oekraïense treinstasie

’n 23-jarige man en drie vroue is Vrydag dood toe ’n ploftoestel by ’n treinstasie in die noorde van Oekraïne ontplof het. 12 ander mense is in die voorval beseer, sê die polisie.

Die ontploffing was by ’n treinstasie in Owroetsj, naby die grens met Belarus. Grenswagte het dokumente nagegaan toe die toestel afgaan.

Die man wat die ploftoestel laat ontplof het, was ’n inwoner van Charkif in die noordooste van Oekraïne wat onlangs aangehou is omdat hy probeer het om die grens oor te steek, sê die polisie. Daar is nie melding gemaak van enige verband tussen die ontploffing en Rusland se oorlog in Oekraïne nie.

Die ouderdomme van die ander slagoffers, onder wie ’n grenswag, is 29, 58 en 82. – Reuters


2025-10-24 12:14:01

Duitse, Switserse polisie ontmasker komplot om vervalste kunswerke te verkoop

Duitse en Switserse polisie het ’n komplot oopgevlek om vermoedelik vervalste skilderye deur kunstenaars soos Rembrandt, Pablo Picasso en Joan Miro vir groot bedrae te verkoop.

Die hoofverdagte, ’n 77-jarige Duitse man, het glo probeer om 20 vervalste skilderye te verkoop, wat ook glo werke deur Rubens, Frida Kahlo en Amedeo Modigliani insluit.

Hy is glo deur 10 medepligtiges bygestaan. Die skilderye is vir tussen € 400 000 en € 14 miljoen ($465 000 en $16,2 miljoen) aangebied, sê die polisie in Duitsland se Beiere-staat.

Die polisie het verlede week klopjagte in verskeie stede in die suide van Duitsland sowel as in Berlyn, verskeie dele van Switserland en Liechtenstein uitgevoer wat hulle na die hoofverdagte gelei het. – AFP


2025-10-24 12:19:16

Vermiste Picasso-skildery in Madrid gevind weke ná dit verdwyn

Die Spaanse polisie sê ’n Pablo Picasso-skildery uit 1919 is teruggevind wat vroeër vandeesmaand vermis geraak het voor ’n uitstalling in die suide van Spanje.

Die klein geraamde “Still Life with Guitar” was deel van ’n groter besending kunswerke wat van Madrid na Granada verskuif is. Die organiseerders van die uitstalling het op 10 Oktober ’n klag by die polisie ingedien nadat hulle opgemerk het dat die Picasso-skildery vermis word nadat die kratte uitgepak is.

Volgens die polisie is die skildery moontlik nie op die vragmotor gelaai voordat die besending Madrid verlaat het nie. Dit is nie bekend of die polisie met hul ondersoek na die voorval voortgaan nie. – Reuters


2025-10-24 12:24:28

Terug van ’n sending...

Russian strategic bombers fly over the Sea of Japan A ground crew marshaller guides a Russian Tu-95MS nuclear-capable strategic bomber performing a flight over neutral waters in the Sea of Japan, in this still image taken from a video released on October 24, 2025. Russian Defence Ministry/Handout via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. NO RESALES. NO ARCHIVES. MANDATORY CREDIT. (Russian Defence Ministry/via REUTERS)

’n Grondbemanningsbeampte lei ’n Russiese Tu-95MS-bomwerper op ’n aanloopbaan nadat dit Vrydag oor neutrale waters in die See van Japan gevlieg het. Foto: Russiese ministerie van verdediging via Reuters


2025-10-24 13:20:56

Geallieerdes moet Oekraïne se ‘langtermynvermoë’ versterk – Starmer

Keir Starmer, Britse premier, het Vrydag aan die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, gesê Brittanje se bondgenote moet verder gaan met die verskaffing van langafstandwapens.

Starmer en Zelenski het in 10 Downing Street in Londen vergader.

“Ek dink daar is nog meer wat ons kan doen met betrekking tot vermoë, veral langafstandvermoë,” het Starmer gesê.

Hy het bygevoeg dat die “belangrike werk” van die verskaffing van toekomstige “veiligheidswaarborge” later Vrydag op ’n vergadering van die sogenaamde koalisie van die gewilliges, bestaande uit Europese leiers wat Oekraïne ondersteun, bespreek sal word. – AFP


2025-10-24 13:27:27

Kim, Trump moet dapper wees en vergader, sê S-Koreaanse minister

Chung Dong-young, Suid-Korea se minister van eenwording, het Vrydag pres. Donald Trump versoek om met Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, op sy komende besoek aan Asië te vergader.

Hy het die twee leiers aangespoor om ’n seldsame kans vir vrede aan te gryp, berig die Yonhap-nuusagentskap.

Chung, Suid-Korea se topbeleidmaker oor bande tussen die verdeelde Koreas, het gesê Trump se reis na Suid-Korea is ’n “geleentheid uit die hemel” wat Noord-Korea se internasionale aansien en sy ekonomie kan versterk.

“Die leiers van Noord-Korea en die VSA moenie hierdie kans verspil nie,” het Chung gesê. “Hulle moet 'n dapper besluit neem.”

Trump verlaat Washington Vrydagaand vir ’n vyfdaagse reis na Maleisië, Japan en Suid-Korea. – Reuters


2025-10-24 13:31:46

Kroasië wil militêre diens weer verpligtend maak

Kroasië se wetgewers het Vrydag gestem om verpligte militêre diens weer in te stel om die Balkan-nasie se verdediging te versterk te midde van onrus oor die wêreld oor, wat Rusland se oorlog in Oekraïne insluit.

Die land  het militêre diensplig in 2008 afgeskaf, ’n jaar voor sy aansluiting by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), in ’n poging om sy weermag te professionaliseer.

Topamptenare het sedertdien aangevoer dat internasionale spanning die herstel van basiese militêre opleiding vereis om Kroasië se verdedigingsmagte te versterk. – AFP


2025-10-24 13:37:35

Alle Iere moet kan stem...

Voting underway in Ireland’s Presidential election, at Donegal airport An Army pilot loads a ballot box on an Irish Air Corps helicopter at Donegal airport to be transported for the few people living off the coast of Donegal on the island of Inishbofin to vote in Ireland’s Presidential election, in Donegal, Ireland, October 24, 2025. REUTERS/Clodagh Kilcoyne (Clodagh Kilcoyne/REUTERS)

’n Weermagvlieënier laai ’n stembus op ’n helikopter van die Ierse Lugkorps by die Donegal-lughawe. Dit moet na die eiland Inishbofin aan die kus van Donegal vervoer word sodat die paar bewoners ook in Ierland se presidentsverkiesing kan stem. Foto: Reuters


2025-10-24 14:03:34

Colombiër kry 42 jaar ná moord, verminking van Britse paar

’n Colombiese man wat twee mans in Londen vermoor en dele van hul verminkte lyke in tasse na Suidwes-Engeland vervoer het, is Vrydag tot 42 jaar tronkstraf gevonnis.

Yostin Andres Mosquera (35) is in Julie skuldig bevind aan die moorde op Albert Alfonso (62) en Paul Longworth (71) in hul woonstel in Julie 2024.

Aanklaers het gesê Mosquera het Longworth met ’n hamer doodgeslaan en Alfonso doodgesteek nadat die twee seks gehad het.

Hy het toe albei slagoffers onthoof en vermink, dele van hul lyke in tasse geplaas en na Bristol gereis, waar hy die bagasie op ’n hangbrug gelaat het. – Reuters


2025-10-24 14:23:39

6 sterf in VSA-aanval op ‘dwelmsmokkelskip’ – Pentagon

Ses mense is dood in ’n oornagaanval deur Amerika op ’n vermeende dwelmsmokkelskip in die Karibiese See wat deur ’n Venezolaanse bende bedryf word, het Pete Hegseth, die Amerikaanse minister van verdediging, Vrydag gesê.

“Ses manlike ‘narco’-terroriste was aan boord van die vaartuig gedurende die aanval, wat in internasionale waters uitgevoer is … Al ses terroriste is gedood,” het Hegseth in ’n plasing op X gesê.

Saam met die mees onlangse aanval het Amerika 10 aanvalle op vermeende dwelmvaartuie in die Karibiese See en die Stille Oseaan uitgevoer waarin nagenoeg 40 mense dood is. – AFP


2025-10-24 14:46:33

Blok aan die been

A drone view shows an installation representing U.S. President Donald Trump thinking about a depiction of Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu with the word "liability", on the beach near the U.S Consulate in Tel Aviv A drone view shows an installation representing U.S. President Donald Trump thinking about a depiction of Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu with the word "liability", on the beach near the U.S Consulate in Tel Aviv, Israel, October 24, 2025. REUTERS/Aviv Atlas TPX IMAGES OF THE DAY (Aviv Atlas/REUTERS)

’n Lugfoto van ’n voorstelling op die strand naby die Amerikaanse konsulaat in Tel Aviv, Israel, van pres. Donald Trump wat dink aan Benjamin Netanyahu, Israeliese premier. Foto: Reuters


2025-10-24 15:02:05

Kanada reg om weer oor handel met VSA te praat

Mark Carney, Kanadese premier, het Vrydag verklaar dat sy land gereed is om handelsgesprekke met Amerika voort te sit wanneer Amerika gereed is.

Pres. Donald Trump het Donderdagaand op Truth Social gesê handelsgesprekke met Kanada is verby, ná ’n politieke advertensie in Ontario, Kanada, waarin die Republikeinse ikoon Ronald Reagan aangehaal word oor hoe tariewe handelsoorloë en ekonomiese rampe veroorsaak. – Reuters


2025-10-24 15:34:45

Trump ‘gefrustreerd’ met Kanada oor handel

Pres. Donald Trump is gefrustreerd met Kanada en handelsgesprekke verloop nie goed nie, het Kevin Hassett, ’n Withuis-raadgewer, Vrydag gesê nadat Trump onderhandelinge tussen die twee lande beëindig het.

"Die feit is dat die onderhandelinge met die Kanadese nie baie kollegiaal was nie," het Hassett, direkteur van die Nasionale Ekonomiese Raad, in ’n onderhoud met Fox News gesê.

"Dit verloop nie goed nie. Ek dink die president is baie gefrustreerd. Hy wil ’n goeie ooreenkoms met Kanada hê, net soos hy ’n goeie ooreenkoms met Mexiko wil hê." – Reuters


2025-10-24 15:46:58

2 jaar 'n gyselaar - en nou eindelik tuis!

Former Israeli hostage Alon Ohel returns home, in Lavon Former hostage Alon Ohel is welcomed home, as he arrives in a vehicle, after he was discharged from the hospital following his release from captivity in Gaza, where he was held after being kidnapped during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, in Lavon, Israel October 24, 2025. REUTERS/Shir Torem REFILE - QUALITY REPEAT TPX IMAGES OF THE DAY (Shir Torem/REUTERS)

Die voormalige gyselaar Alon Ohel word Vrydag tuis in Lavon, Israel, verwelkom nadat hy uit die hospitaal ontslaan is. Hy is op 7 Oktober 2023 deur Hamas as gysleaar geneem. Foto: Reuters


2025-10-24 16:03:47

Zelenski vra Europa vir meer langafstandwapens

Pres. Wolodimir Zelenski het Vrydag Oekraïne se bondgenote in die “Koalisie van die Gewilliges” versoek om Oekraïne se langafstandwapenvermoë te versterk om druk op Rusland uit te oefen om oor die oorlog te onderhandel.

Oekraïne gebruik sy eie wapens om energie- en militêre terreine diep in Rusland te tref en het langafstand Tomahawk-missiele van Amerika aangevra om die druk op Rusland te verhoog, hoewel dit nog nie bekom is nie.

"Toe (Russiese president Wladimir) Poetin druk begin voel oor die moontlikheid van Tomahawks in Oekraïne, het hy onmiddellik sy bereidwilligheid verklaar om gesprekke te hervat," het Zelenski in Londen gesê. – Reuters

Ukraine's President Volodymyr Zelensky (L) speaks during a 'Coalition of the Willing' meeting of international partners on Ukraine at the Foreign, Commonwealth, and Development Office (FCDO) hosted by Britain's Prime Minister Keir Starmer (R) in central London on October 24, 2025. British Prime Minister Keir Starmer told Ukraine's President Volodymyr Zelensky during a meeting in London on Friday that there was more that Western allies could do to bolster Kyiv's long-range missile capability. (Photo by HENRY NICHOLLS / POOL / AFP) (HENRY NICHOLLS/AFP)

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne (links) spreek Vrydag ’n “Koalisie van die Gewilliges”-vergadering in Londen toe. Keir Starmer, Britse premier (regs), wat die vergadering aangebied het, sê ook daar is meer wat Westerse bondgenote kan doen om Oekraïne se langafstandmissielvermoë te versterk. Foto: AFP


2025-10-24 16:28:51

Vrou wat Trump aankla, ontken skuld op bedrogklagte

Letitia James, prokureur-generaal van New York wat pres. Donald Trump suksesvol vervolg het, het Vrydag skuld ontken op aanklagte wat verband hou met leuens op verbanddokumente.

James is een van drie kritici van die Trump-administrasie wat die afgelope maand strafregtelik aangekla is. Die ander twee is James Comey, voormalige FBI-direkteur, en John Bolton, voormalige nasionale veiligheidsraadgewer.

Die saak teen James is tot 26 Januarie uitgestel.

James het buite die hof aan ondersteuners gesê die regstelsel word as " ’n instrument van wraak" gebruik en ’n "wapen" teen dié wat vir geregtigheid opstaan. – Reuters


2025-10-24 17:01:10

Picasso-skildery in private besit verkoop vir sowat R540 m. op veiling

’n Skildery deur die Spaanse kunstenaar Pablo Picasso wat vermoedelik sy muse en lewensmaat Dora Maar uitbeeld, is Vrydag vir sowat R540 miljoen op ’n veiling in Parys verkoop.

Die werk, getiteld Borsbeeld van ’n vrou met ’n geblomde hoed (Dora Maar) 1943, is in 1944 deur ’n Franse familie bekom en was in hul private besit totdat die erfgename besluit het om dit te verkoop. – Reuters

Newly resurfaced Picasso painting to go up for auction in Paris An employee looks at the painting "Bust of a Woman with a Flowered Hat (Dora Maar), 1943" (Buste de femme au chapeau a fleurs (Dora Maar), 1943) by Spanish artist Pablo Picasso (1881-1973) on display before its auction at Drouot auction house in Paris, France, September 16, 2025. REUTERS/Benoit Tessier ATTENTION EDITORS, THIS PHOTO CAN ONLY BE USED IN THE CONTEXT OF THE AUCTION AND FOR EDITORIAL USE, WITH THE COPYRIGHT "Succession Picasso 2025", AND UP TO ONE MONTH AFTER THE AUCTION, UNTIL NOVEMBER 23, 2025. NO RESALES. NO ARCHIVES . NOT FOR SALE FOR MARKETING OR ADVERTISING CAMPAIGNS OR ANY OTHER COMMERCIAL PURPOSE (Benoit Tessier/REUTERS)

’n Werknemer van die Drouot-veilinghuis kyk voor Vrydag se veiling na die skildery 'Borsbeeld van ’n vrou met ’n geblomde hoed (Dora Maar) 1943'. Foto: Reuters


2025-10-24 17:33:51

VSA gaan vliegdekskip teen dwelmsmokkelaars ontplooi, sê Pentagon

Amerika gaan ’n vliegdekskip en begeleidende skepe ontplooi om dwelmsmokkelorganisasies in Latyns-Amerika teen te werk, het die Pentagon Vrydag gesê.

Die ontplooiing van die USS Gerald R. Ford-vliegdekskip is "ter ondersteuning van die president se opdrag om transnasionale misdaadorganisasies op te breek en narko-terreur teen te werk ter verdediging van die vaderland," sê Sean Parnell, Pentagon-woordvoerder, in ’n plasing op X.

Hy het nie gespesifiseer wanneer die vliegdekskip na die streek ontplooi gaan word nie. – AFP


2025-10-24 18:01:53

Dit ruik sommer soos huis

Colombian nationals previously detained in Venezuela arrive in Cucuta, Colombia, on October 24, 2025, after being released from prison. Venezuelan authorities released 17 Colombians who were imprisoned in various jails across the country, the Colombian Foreign Ministry reported on Friday. (Photo by Schneyder Mendoza / AFP) (SCHNEYDER MENDOZA/AFP)

Colombiane wat voorheen in Venezuela aangehou is, kom Vrydag in Cúcuta, Colombia, aan ná hul vrylating uit die tronk. Die Venezolaanse owerheid het 17 Colombiane vrygelaat wat in verskeie tronke oor die land heen aangehou is, het die Colombiaanse ministerie van buitelandse sake Vrydag gesê. Foto: AFP


2025-10-24 18:15:28

Oasis-kitaar verkoop vir R8,8 m. op veiling

’n Elektriese kitaar wat deur Noel Gallagher van die Britse rockgroep Oasis gebruik is, is in Londen vir sowat R8,8 miljoen verkoop, het die veilinghuis Propstore Vrydag gesê. Die kersierooi Gibson ES-355-kitaar is bekend as die kitaar wat Noel se broer Liam beskadig het die aand toe die groep op die hoogtepunt van hul roem in 2009 uitmekaar is.

Volgens Propstore was die verkoopprys heelwat laer as die verwagte R11,5 miljoen. ’n Paar sonbrille wat deur Elvis Presley gedra is, is vir sowat R1,7 miljoen verkoop, en Michael Jackson se wit Fedora-hoed, wat hy in die "Smooth Criminal"-musiekvideo gedra is, is vir sowat R1,2 miljoen verkoop. – AFP

Oasis band member Noel Gallagher's destroyed Gibson ES-355 guitar to be auctioned in Paris The Oasis band member Noel Gallagher's Gibson ES-355 guitar, destroyed during an argument with his brother at Paris' Rock en Seine festival in 2009, is displayed during a media preview at Hotel Drouot ahead of the auction in Paris, France, May 13, 2022. REUTERS/Benoit Tessier (BENOIT TESSIER/REUTERS)

Die Oasis-kitaar wat op die veiling vir R8,8 m verkoop is. Foto: Reuters


2025-10-24 18:19:18

Vroulike moordenaar van Paryse skoolmeisie lewenslank tronk toe

’n Franse hof het Vrydag ’n Algerynse vrou wat die skoolmeisie Lola Daviet (12) in 2022 in Parys verkrag, gemartel en vermoor het, gevonnis tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van vroeë vrylating.

Dit maak van haar die eerste vrou wat hierdie maksimum straf  ontvang. Dahbia Benkired (27) is in hegtenis geneem nadat Daviet se lyk in ’n kis gevind is in die voorportaal van die gebou waar haar pa en ma as opsigters gewerk het. – AFP


2025-10-24 19:03:02

Ysballerina

Italy�s Lucrezia Beccari and Matteo Guarise compete in the pairs short program skating during the ISU Figure Skating Grand Prix Cup of China 2025 in Chongqing, in southwest China on October 24, 2025. (Photo by WANG Zhao / AFP) (WANG ZHAO/AFP)

Lucrezia Beccari en Matteo Guarise van Italië neem Vrydag deel aan die kortprogram vir pare tydens die Internasionale Skaatsunie se Grand Prix-beker vir figuurskaats in Chongqing, China. Foto: AFP


2025-10-24 19:10:58

Pous betreur ‘groot probleme’ tussen VSA en Kanada

Pous Leo het dit Vrydag betreur dat Amerika en Kanada "groot probleme" in hul betrekkinge ervaar, ’n waarskynlike verwysing na pres. Donald Trump se besluit om handelsonderhandelinge tussen Amerika en Kanada te beëindig.

"Kanada en Amerika ... soos ons hier sit, ervaar groot probleme," het Leo, die eerste Amerikaanse pous, by ’n vergadering in die Vatikaan gesê.

"Twee lande wat eens as nabye bondgenote beskou is, het van mekaar vervreem geraak," het hy gesê.

Dit is ongewoon vir die leier van die Katolieke Kerk om kommentaar te lewer oor internasionale handel of politiek in enige land. – Reuters


2025-10-24 19:34:04

Brittanje: Asielsoeker wat 2 seksueel aanrand, per abuis vrygelaat

’n Ethiopiese asielsoeker wat ’n 14-jarige meisie en ’n ander vrou seksueel aangerand het, is per ongeluk uit die tronk vrygelaat, het die Britse regering Vrydag gesê.

Hadush Gerberslasie Kebatu (38) is in September tot ’n jaar tronkstraf gevonnis. Sy inhegtenisneming in Julie het woedende betogings buite die immigrantehotel waar hy gebly het in Epping, noord van Londen, ontlok.

Kebatu sou na ’n immigrasie-aanhoudingsentrum gestuur word om gedeporteer te word, maar is per abuis vrygelaat.

David Lammy, Brittanje se minister van justisie, het ’n dringende ondersoek gelas. – Reuters


2025-10-24 20:01:34

Toeriste op kamele teen sononder

Tourists ride camels across a sand dune during sunset at Sealine Desert in Al-Wakrah, south of Doha, on October 25, 2025. (Photo by Mahmud HAMS / AFP) (MAHMUD HAMS/AFP)

Toeriste ry Vrydag teen sononder op kamele oor ’n sandduin in die Sealine-woestyn in Al-Wakrah, suid van Doha, Katar. Foto: AFP


2025-10-24 20:11:06

VSA stel sanksies in teen Colombia se president

Amerika het Vrydag sanksies aangekondig teen Colombia se pres. Gustavo Petro, sy vrou en seun.

Amerika beskuldig Petro daarvan dat hy versuim het om onwettige dwelmhandel te bekamp.

"Pres. Petro het toegelaat dat dwelmkartelle floreer en geweier om dit stop te sit," het Scott Bessent, Amerika se minister van finansies, in ’n verklaring gesê.

"Pres. (Donald) Trump … maak dit duidelik dat ons nie die smokkel van dwelms na ons land sal verdra nie."

In reaksie het Petro op sosiale media gesê: "Nie een tree terug en nooit op my knieë nie." – AFP


2025-10-24 20:27:19

Nigerië ontslaan topsoldate ná ‘staatsgreepkomplot’

Die Nigeriese regering het Vrydag ’n groot herskikking van sy top- militêre bevelvoerders aangekondig en die stafhoof van verdediging, asook dié van die weermag, vloot en lugmag, vervang.

Dié stap kom minder as ’n week nadat die Nigeriese media berig het dat ’n staatsgreepkomplot gefnuik is, hoewel die regering en weermag die bewerings ontken het. – AFP

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM