Internasionaal

OORSIG Wêreldnuus | China bult sy spiere rondom Taiwan

'n Chinese oorlogskip neem Maandag deel aan skietoefeninge oos van Taiwan. Die foto is deur China se Volksbevrydingsleër (PLA) beskikbaar gestel.
'n Chinese oorlogskip neem Maandag deel aan skietoefeninge oos van Taiwan. Die foto is deur China se Volksbevrydingsleër (PLA) beskikbaar gestel. (PLA via Reuters)

2025-12-29 03:44:13

China bult sy militêre spiere om Taiwan

China doen Maandag militêre oefeninge om Taiwan waartydens leër-, vloot-, lugmag- en artillerie-eenhede ontplooi is.

Die oefeninge sal na verwagting 10 uur in vyf sones reg rondom Taiwan duur. Dit volg op die VSA se rekordwapenverkope van $11,1 miljard aan Taiwan.

Taiwan veroordeel die oefeninge en sy militêre magte is nou op hoë gereedheidsgrondslag. – Reuters


2025-12-29 03:44:49

Terug waar hulle begin het

Venezuelan migrants stranded in Panama following boat accident Venezuelan migrants sit on the beach a day after their boat carrying mostly Venezuelan migrants, some of whom said they were returning to Venezuela after being deported or failing to cross into the United States, sank near the coast of Colon, resulting in multiple casualties, in Miramar, Panama, December 28, 2025. REUTERS/Enea Lebrun (Enea Lebrun/REUTERS)

Venezolaanse migrante sit op die strand 'n dag nadat hul boot, wat meestal Venezolaanse migrante vervoer het, naby die kus van Colon in Miramar, Panama, gesink het. Van die migrante sê hulle keer terug na Venezuela nadat hulle gedeporteer is, of nie daarin kon slaag om Amerika binne te gaan nie. Verskeie mense is dood toe hul boot gesink het. Foto: Reuters


2025-12-29 03:56:15

Patriotisme

China’s private rocket company Landspace factory in Huzhou, Zhejiang province An engineer works on a rocket engine at the assembly hall with a national flag of China displayed in the background at China’s private rocket company LandSpace's factory in Huzhou, Zhejiang province, China, December 17, 2025. REUTERS/Maxim Shemetov (Maxim Shemetov/REUTERS)

'n Ingenieur werk aan 'n vuurpylenjin in die fabriek van China se private vuurpylmaatskappy LandSpace in Huzhou, Zhejiang-provinsie, China. Foto: Reuters


2025-12-29 04:00:23

Die 12 nagte van Kersfees

Rauhnacht run during the 'The Twelve Nights of Christmas' in Beilngries People dressed in costumes participate in the traditional Rauhnacht run during the "The Twelve Nights of Christmas" in the Bavarian town of Beilngries, north of Ingolstadt, Germany, December 28, 2025. REUTERS/Christian Mang TPX IMAGES OF THE DAY (Christian Mang/REUTERS)

'n Danser in 'n kostuum neem deel aan die tradisionele Rauhnacht-viering tydens "Die Twaalf Nagte van Kersfees" in die Beierse dorp Beilngries, noord van Ingolstadt, Duitsland. Foto: Reuters


2025-12-29 04:01:54

Oekraïne se bondgenote vergader vroeg in Januarie weer

Bondgenote van Oekraïne sal aanstaande maand in Frankryk weer koppe bymekaar sit vir 'n vredesooreenkoms tussen Oekraïne en Rusland.

"Ons sal die lande van die Koalisie van die Gewilliges vroeg in Januarie in Parys byeenroep om elkeen se vaste bydraes te finaliseer," het pres. Emmanuel Macron Maandag op X geskryf nadat hy met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne en pres. Donald Trump van Amerika gepraat het.

Trump en Zelenski het Sondag vergader om opnuut planne vir 'n vredesooreenkoms te beraam. – AFP


2025-12-29 04:16:58

So kosbaar soos goud

Climate Hungary Desertification Oszkár Nagyapáti, farmer and member of the volunteer water guardians group, holds water in his hands in Kiskunmajsa, Hungary, Tuesday, July 29, 2025. (AP Photo/Denes Erdos) (Denes Erdos/AP)

Oszkár Nagyapáti, boer en lid van die vrywillige waterbewakersgroep, hou water in sy hande in Kiskunmajsa, Hongarye. Foto: AP


2025-12-29 04:20:05

Verfrissend

Climate Hungary Desertification A stork stands behind a sprinkler on a dried-out field in Kiskunmajsa, Hungary, Tuesday, July 29, 2025. (AP Photo/Denes Erdos) (Denes Erdos/AP)

 'n Ooievaar staan agter 'n sproeier in 'n droë veld in Kiskunmajsa, Hongarye. Foto: AP


2025-12-29 04:23:19

Bewakers van water

Climate Hungary Desertification Szilárd Zerinváry member of the volunteer water guardians group walks his horse in his parched backyard in Kiskunmajsa, Hungary, Monday, July 28, 2025. (AP Photo/Denes Erdos) (Denes Erdos/AP)

Szilárd Zerinváry, lid van die vrywillige waterbewakersgroep, loop met sy perd op sy erf in Kiskunmajsa, Hongarye. Foto: AP


2025-12-29 04:26:01

Kan jy nou meer

Climate Hungary Desertification Trees are reflected in the water of an artificial lake in Kiskunmajsa, Hungary, Friday, Dec. 12, 2025. (AP Photo/Denes Erdos) (Denes Erdos/AP)

Bome word in die water van 'n kunsmatige meer in Kiskunmajsa, Hongarye, weerspieël. Foto: AP


2025-12-29 04:27:17

Bondi-aanval: Families vra vir koninklike kommissie van ondersoek

Sewentien families van slagoffers wat op 14 Desember in 'n skietery op Bondi-strand in Australië dood is, eis 'n nasionale ondersoek na antisemitisme en beweerde intelligensie-mislukkings in die land.

'n Pa en seun, Sajid en Naveed Akram, het glo 'n Hanukkah-viering geteiken, 15 mense doodgemaak en tientalle gewond. Owerhede beskou dit as 'n terreuraanval.

Die families vra premier Anthony Albanese om spoedig 'n koninklike kommissie van ondersoek te stig. – AFP


2025-12-29 05:25:32

Gooi weg!

Annual 'Good Riddance' to the year in Times Square in New York A person trashes her 2025 good riddance memories during the annual 'Good Riddance' to the year in Times Square, New York City, U.S., December 28, 2025. REUTERS/Eduardo Munoz (Eduardo Munoz/REUTERS)

'n Vrou raak simbolies van haar slegte herinneringe ontslae tydens die jaarlikse "Good Riddance"-geleentheid vir die jaar in Times Square, New York. Foto: Reuters


2025-12-29 05:29:08

Om afskeid te neem

South Korea marks the first anniversary of the deadly Jeju Air crash in Muan A bereaved family member holds a message card for victims, in the shape of an airplane ticket, after a memorial ceremony marking the first anniversary of the Jeju Air crash, which claimed 179 lives, at Muan International Airport in Muan, South Korea, December 29, 2025. REUTERS/Kim Soo-hyeon (Soo-hyeon Kim/REUTERS)

'n Bedroefde familielid hou 'n boodskapkaart vir slagoffers vas, in die vorm van 'n vliegtuigkaartjie, ná 'n gedenkseremonie wat die eerste herdenking van die Jeju Air-ramp, wat 179 lewens geëis het, herdenk, by die Muan Internasionale Lughawe in Muan, Suid-Korea. Foto: Reuters


2025-12-29 05:36:50

Tot siens!

Annual 'Good Riddance' to the year in Times Square in New York 2025 good riddance memories are seen on a trash bin during the annual 'Good Riddance' to the year in Times Square, New York City, U.S., December 28, 2025. REUTERS/Eduardo Munoz (Eduardo Munoz/REUTERS)

2025-slegte herinneringe word op 'n vullisblik gesien tydens die jaarlikse "Good Riddance"-geleentheid vir die jaar in Times Square, New York. Foto: Reuters


2025-12-29 06:15:58

16 bejaardes sterf in vlammehel

Sestien mense is dood en drie beseer in 'n brand by 'n ouetehuis in Manado, Indonesië.

Brandbestryders is Sondag om 20:31 na die tehuis ontbied waar die meeste van die slagoffers nog in hul kamers was. Nooddienste het 12 mense na 'n plaaslike hospitaal geneem.

Die jongste voorval kom kort nadat 22 mense vandeesmaand in 'n brand by kantore in Djakarta omgekom het. – AFP


2025-12-29 06:33:53

Voormalige eerstevrou van S-Korea vas vir omkopery

Politici en sakelui het na bewering die eggenoot van die voormalige Suid-Koreaanse president met $263 000 (nagenoeg R4,4 miljoen), Chanel-handsakke, juweliersware en kunswerke omgekoop om by regeringsake in te meng.

Kim Keon Hee, vrou van die gevalle oudpres. Joen Soek-jeol, ontken dat sy "geskenke" van onder meer 'n kerk ontvang en ook in verkiesings geknoei het.

Die staat het die hof 'n vonnis van 15 jaar tronkstraf en 'n boete van $1,4 miljoen (R23 miljoen) gevra. – AFP


2025-12-29 06:51:54

Deur die mis

India Fog Commuters drive through a dense fog on a cold morning in Jammu, India, Monday, Dec. 29, 2025. (AP Photo/Channi Anand) (Channi Anand/AP)

Pendelaars ry deur 'n digte mis op 'n koue oggend in Jammu, Indië. Foto: AP


2025-12-29 06:57:04

Netanyahu en Trump vergader binnekort

Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, sal na verwagting Maandagmiddag met pres. Donald Trump by sy Mar-a-Lago-landgoed in die Amerikaanse deelstaat Florida vergader.

Amerika druk Israel om die tweede fase van die wapenstilstand in Gasa uit te voer en meen daar word gesloer.

Trump wil na berig word 'n Palestynse tegnokratiese regering tot stand bring en 'n internasionale stabiliseringsmag ontplooi. Netanyahu wil glo eerder die fokus na Iran se kernprogram verskuif.

'n Tegnokratiese regering bestaan uit leiers wat op grond van hul tegniese kundigheid en professionele kwalifikasies eerder as deur tradisionele politieke prosesse in hul amp aangestel is.

Die tweede fase van die wapenstilstand vereis dat Israeliese magte uit Gasa onttrek en Hamas ontwapen word. – AFP


2025-12-29 07:01:21

In die sneeu

Wild Roe Deer Run On Snowfield In Arxan ARXAN, CHINA - DECEMBER 28: In an aerial view, wild roe deer run on the snowfield in winter on December 28, 2025 in Arxan, Hinggan League, Inner Mongolia Autonomous Region of China. (Photo by Wang Zheng/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

Wilde rooibokke hardloop oor die sneeuveld in die winter in Arxan in China. Foto: Getty Images


2025-12-29 07:29:22

Sumatra-ramp: Jakarta en Bali verbied vuurwerke

Indonesië se regering steun stappe om vuurwerk op Nuwejaarsdag te verbied in solidariteit met slagoffers van vloede op een van sy grootste eilande, Sumatra.

Djakarta en Bali het reeds vuurwerkvertonings verbied uit respek vir diegene wat deur verlede maand se vloede en grondstortings geraak word. Meer as 1 100 mense is dood en 400 000 ontheem.

 Pres. Prabowo Subianto meen die verbod toon “empatie en solidariteit as ’n nasie”.

Minstens 20 dorpe het heeltemal verspoel en noodtoestande geld in heelwat streke. – Reuters


2025-12-29 07:42:38

'I'll be Bach'

Robot Conductor Presents Audiovisual Feast At 2026 Jiangxi New Year Concert NANCHANG, CHINA - DECEMBER 28: AI robot works as a music conductor during 2026 Jiangxi new year concert on December 28, 2025 in Nanchang, Jiangxi Province of China. (Photo by Liu Zhankun/China News Service/VCG via Getty Images) (China News Service/China News Service via Getty Ima)

'n KI-robot werk as ’n dirigent tydens die 2026-Jiangxi-Nuwejaarskonsert op 28 Desember 2025 in Nanchang, Jiangxi-provinsie, China. Foto: Getty Images


2025-12-29 08:26:06

Duitsers verwag meer werkverliese in 2026

Heelparty Duitse sakekamers verwag dat werkverliese in 2026 te midde van die land se ekonomiese krisis sal voortduur, dui 'n opname van die Duitse Ekonomiese Instituut.

Uit 46 sakekamers wat aan 'n peiling deelgeneem het, verwag 22 dat poste verder besnoei gaan word, en slegs nege meer aanstellings.

Produksiedalings staar veral die motor-, papier- en tekstielbedryf in die gesig weens onder meer swak uitvoer en stygende koste. – Reuters


2025-12-29 09:28:48

Bangladesj se 'Gen Z-party' vat hande met Islamitiese groep

'n Ooreenkoms met die Islamitiese groep Jamaat-e-Islami kan Bangladesj se Nasionale Burgerparty (NCP) sink, waarsku ontleders.

Jong aktiviste het die NCP-party verlede jaar gestig nadat die premier, sjeik Hasina, uit die kussings gelig is. 

Die Gen Z-gedrewe party hoop die vennootskap sal "groter eenheid" bring teen magte wat die verkiesing van Februarie 2026 probeer ontspoor.

Minstens 30 senior NCP-partylede is teen die ooreenkoms gekant en verskeie het sedertdien bedank. – Reuters


2025-12-29 09:33:05

Kwaai krater

Italy Etna Volcano Explosive activity concentrates at the north-east crater of the Mount Etna, as an eruption started on Dec. 24 continues, in Sicily, Italy, Monday Dec. 29, 2025. (AP Photo/Salvatore Allegra) (Salvatore Allegra/AP)

Lawa vloei uit die noordoostelike krater van die Etna-berg, terwyl die uitbarsting wat op 24 Desember begin het, voortduur, in Sisilië, Italië. Foto: AP


2025-12-29 09:37:21

2026 se beste sokkerspelers word in Dubai aangewys

Die internasionale sokkerbeheerliggaam Fifa hou volgende jaar sy toekenningseremonie in Dubai.

Ondersteuners, kapteins, afrigters en die media stem vir die wêreld se top-mans- en -vrouespelers, -afrigters en -spanne.

Vanjaar se toekenningseremonie is op 16 Desember in Doha, Katar, gehou. Die Franse voorspeler Ousmane Dembélé is as die beste manspeler aangewys, en Aitana Bonmati van Spanje as beste vrouespeler. – Reuters


2025-12-29 09:54:48

Verkiesingsvreugde

Kosovo holds a snap parliamentary election A person holds an Albanian flag from a car while supporters of Levizja Vetevendosje (Movement for Self-Determination) party celebrate, as the party won more than half of the votes in a snap parliamentary election, nearly a year after a political deadlock that prevented the formation of a new government, in Pristina, Kosovo, December 28, 2025. REUTERS/Florion Goga (Florion Goga/REUTERS)

'n Persoon hou 'n Albaniese vlag uit 'n motor terwyl ondersteuners van die Levizja Vetevendosje (Beweging vir Selfbeskikking)-party in Pristina, Kosowo, feesvier, aangesien die party meer as die helfte van die stemme gekry het in 'n voortydige parlementêre verkiesing, byna 'n jaar ná 'n politieke dooiepunt wat die vorming van 'n nuwe regering verhinder het. Foto: Reuters


2025-12-29 10:10:58

Minder migrante sterf op pad na Spanje

Altesaam 3 090 migrante het vanjaar op pad na Spanje gesterf, sê die Spaanse regtegroep Caminando Fronteras.

Hoewel dit steeds 'n yslike sterftesyfer is, is dit aansienlik minder as die 10 457 mense wat in 2024 dood is. Die meeste lewens is vanjaar op die Atlantiese roete na die Kanariese Eilande kortgeknip.

Altesaam 35 935 migrante het teen 15 Desember vanjaar in Spanje aangekom, 'n afname van 40% teenoor verlede jaar. – AFP


2025-12-29 10:20:27

Moeder Rusland

People walk near the Kremlin wall in central Moscow People walk near the Kremlin wall in central Moscow, Russia, December 29, 2025. REUTERS/Ramil Sitdikov (Ramil Sitdikov/REUTERS)

Mense stap naby die Kremlin-muur in Moskou, Rusland. Foto: Reuters


2025-12-29 10:26:42

Dis 'n patroon

Giant "Snow Aircraft Carrier" Created In Chinese University HARBIN, CHINA - DECEMBER 28: Aerial view of giant aircraft carrier pattern on a snow-covered sports ground of Harbin Engineering University on December 28, 2025 in Harbin, Heilongjiang Province of China. Braving minus 10 degrees Celsius, over 1,200 students and faculty from Harbin Engineering University created the Fujian aircraft carrier with three fighter jets in formation on a giant snowy sports ground. (Photo by VCG/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

'n Lugfoto van 'n reuse-vliegtuigdraerpatroon op 'n sneeubedekte sportterrein van die Harbin-ingenieursuniversiteit in Harbin, Heilongjiang-provinsie, China. Ondanks temperature van minus 10 grade Celsius, het meer as 1 200 studente en fakulteitslede die Fujian-vliegtuigdraer met drie vegvliegtuie in formasie op 'n reuse-sneeusportterrein geskep. Foto: Getty Images


2025-12-29 10:46:08

In Moskou

The Kremlin reflected in the Moskva River in central Moscow The Kremlin reflected in the Moskva River in central Moscow, Russia, December 29, 2025. REUTERS/Ramil Sitdikov (Ramil Sitdikov/REUTERS)

Die Kremlin word in die Moskwa-rivier in Moskou, Rusland, weerspieël. Foto: Reuters


2025-12-29 10:55:10

3 polisiebeamptes, 6 lede van Isis in Turkye dood

Drie Turkse polisiebeamptes is Maandag dood en nege ander gewond tydens 'n teen-Isis-operasie in Yalova in die noordweste van die land. Dit volg nadat 'n wenk oor beplande aanvalle ontvang is.

Ses lede van die Isis is ook dood. Die operasie was deel van 'n rits klopjagte wat in 15 provinsies uitgevoer is. 

Vyf vroue en ses kinders is veilig verwyder. – AFP


2025-12-29 11:13:29

Aktivis vra om verskoning vir plasings op sosiale media

Die Brits-Egiptiese aktivis Alaa Abdel Fattah het Maandag om verskoning gevra vir ou sosialemedia-plasings uit 2010 waarin hy geweld teen Sioniste en die polisie aangemoedig het.

Die plasings het na vore gekom kort ná sy terugkeer na Brittanje, wat gevolg het op jare se diplomatieke pogings om sy vrylating uit Egiptiese aanhouding te verseker.

Abdel Fattah, ’n prominente figuur in Egipte se 2011- Arabiese Lente, is in 2019 in hegtenis geneem en in 2021 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van die verspreiding van vals nuus.

Hy is in September 2025 deur pres. Abdel-Fattah el-Sisi begenadig en het verlede Vrydag in Brittanje aangekom.

Sy ou plasings is deur die Britse departement van buitelandse sake as “afstootlik” beskryf, terwyl opposisiepartye, insluitend die Konserwatiewes en Reform UK, gevra het dat sy Britse burgerskap herroep en hy gedeporteer word.

Abdel Fattah sê sommige plasings is verkeerd geïnterpreteer en het onvoorwaardelik om verskoning gevra.

Die aktivis, wat in 2021 Britse burgerskap deur sy Britse ma verkry het, is met sy 14-jarige seun in Brighton herenig. – AFP

Britain Egypt Activist FILE - Pro-democracy activist Alaa Abd el-Fattah, who was in prison for almost all of the past 12 years, speaks to his friends at his home after he got a presidential pardon, in Cairo, Tuesday, Sept. 23, 2025. (AP Photo/Khaled Elfiqi, File) (Khaled Elfiqi/AP)

2025-12-29 11:14:48

Kremlin eis onttrekking van Oekraïense soldate uit Donbas

Die Kremlin sê Oekraïne moet sy troepe uit die dele van die Donbas-streek, wat hy nog beheer, onttrek indien hy vrede wil hê.

Indien die land nie ’n ooreenkoms bereik nie, sal Oekraïne verdere grondgebied verloor, waarsku Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder. Pres. Wladimir Poetin en pres. Donald Trump het Sondag gesels voor Trump se vergadering met die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, in Florida.

Nog ’n oproep tussen Poetin en Trump word binnekort verwag. Peskof het geweier om kommentaar te lewer oor ’n moontlike vrye ekonomiese sone in die Donbas of die toekoms van die Zaporizjzjia-kernkragstasie, tans onder Russiese beheer.

Hy het beklemtoon dat Oekraïne sy magte uit die Donbas moet onttrek, maar wou nie verdere besonderhede oor Zaporizjzjia bespreek nie. Rusland beheer tans sowat ’n vyfde van Oekraïne, insluitend die Krim, en beskou die Donbas, Zaporizjzjia en Cherson as deel van Rusland. – Reuters


2025-12-29 11:21:04

Oekraïne soek internasionale troepe as waarborg teen Rusland

Pres. Wolodimir Zelenski het Maandag gesê dat hy die teenwoordigheid van buitelandse troepe in Oekraïne as ’n noodsaaklike deel van sekuriteitswaarborge vir sy land beskou, as deel van enige ooreenkoms om die oorlog met Rusland te beëindig.

“Ek glo dat die teenwoordigheid van internasionale troepe ’n werklike sekuriteitswaarborg is; dit versterk die sekuriteitswaarborge wat ons vennote reeds aan ons bied,” het Zelenski aan joernaliste gesê.

Sedert Rusland se inval in Oekraïne in Februarie 2022, het die Oekraïense regering herhaaldelik gevra vir internasionale steun en sekuriteitswaarborge teen verdere Russiese aggressie. Westerse lande het reeds militêre en humanitêre hulp aan Oekraïne verskaf, maar die teenwoordigheid van buitelandse troepe op Oekraïense grondgebied is ’n omstrede onderwerp.

Zelenski se voorstel dui op ’n soeke na sterker, meer tasbare beskerming as deel van enige toekomstige vredesooreenkoms met Rusland. – AFP


2025-12-29 11:28:21

Dit sit die ‘bak’ in baklei

APTOPIX Spain Festival Revellers take part in the Els Enfarinats festival, a battle using flour, eggs and firecrackers, in the town of Ibi near Alicante, Spain, Sunday Dec. 28, 2025. (AP Photo/Alberto Saiz) (Alberto Saíz/AP)

Feesgangers neem deel aan die Els Enfarinats-fees, ’n geveg met meel, eiers en klappers, in die dorp Ibi naby Alicante, Spanje. Foto: AP


2025-12-29 12:02:10

Landmyne bedreig vrede tussen Thailand en Kambodja

Thailand en Kambodja het ooreengekom om wedersydse vertroue te herstel en ’n skietstilstand te konsolideer ná weke van grensgevegte wat minstens 101 lewens geëis en meer as ’n halfmiljoen mense ontwortel het.

Die ooreenkoms volg op gesprekke in China, waar die Chinese minister van buitelandse sake, Wang Yi, die lande aangemoedig het om nie die vrede te laat ontspoor nie.

Albei lande het ingestem om stap vir stap politieke vertroue te bou en die vrylating van 18 soldate te oorweeg ná ’n 72-uur-waarnemingsperiode.

Intussen het die Thaise weermag ’n landmynvoorval in Sisaket aangemeld, wat die broosheid van die skietstilstand beklemtoon. China het aangebied om te help om myne te verwyder. – Reuters


2025-12-29 12:03:54

Verbrandingsritueel

A monk throws charms and amulets onto a fire in appreciation for the granting of worshippers' wishes during a year-end "otakiage" ritual at Naritasan Shinshoji Temple in Narita in Chiba Prefecture, eastern Japan, on Dec. 28, 2025. (Photo by Kyodo News via Getty Images) (Kyodo News/Kyodo News via Getty Images)

’n Monnik gooi gelukbringers en ander talismans op ’n vuur as deel van ’n Nuwejaar-ritueel by die Naritasan Sjinsjodji-tempel in Narita in die Tsjiba-prefektuur in die ooste van Japan. Foto: Getty Images


2025-12-29 12:23:23

Chinese militêre oefeninge ontwrig vlugte na en van Taiwan

Taiwan se burgerlugvaartadministrasie het aangekondig dat meer as 100 000 lugpassasiers geraak sal word deur militêre oefeninge met wapentuig waarmee China Maandag rondom die eiland begin het.

“Geskeduleerde vlugte, insluitend sowat 296 internasionale vlugte wat vertrek, ongeveer 265 internasionale aankomste en sowat 296 transito-vlugte word geraak,” sê die administrasie. Die ontwrigting sal na verwagting die reisplanne van “meer as 100 000 passasiers” beïnvloed.

China voer gereeld militêre oefeninge rondom Taiwan uit as deel van sy druk om die selfregerende eiland as deel van sy grondgebied te beskou.

Sulke oefeninge lei dikwels tot lugvaart- en seeverkeer-ontwrigting, aangesien die lugruim en seeroetes tydelik gesluit word vir veiligheid. Taiwan, wat homself as ’n onafhanklike land beskou, word deur China as ’n afvallige provinsie gesien. Die jongste oefeninge kom te midde van verhoogde spanning in die streek. – AFP


2025-12-29 13:01:06

Komaan, julle twee, maak nou vrede!

This handout photo taken and released by Agence Kampuchea Press (AKP) on December 29, 2025 shows China's Foreign Minister Wang Yi (C), Cambodia's Deputy Prime Minister Prak Sokhonn (L), who is also the country's Foreign Minister, and Thailand's Foreign Minister Sihasak Phuangketkeow (R) linking arms during a meeting in China's Yunnan province. Thailand and Cambodia agreed to an "immediate" ceasefire on December 27, the two countries said in a joint statement, pledging to end border clashes that killed dozens of people. (Photo by Handout / Agence Kampuchea Press (AKP) / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / AGENCE KAMPUCHEA PRESS (AKP) " - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (HANDOUT/AFP)

Wang Yi, Chinese minister van buitelandse sake, staan by Prak Sokhonn (links), adjunkpremier van Kambodja, en Sihasak Phoeangketkeow, Thailand se minister van buitelandse sake, ná ’n vredesvergadering in die Yunna-provinsie in China. Thailand en Kambodja het die naweek tot ’n “onmiddellike” skietstilstand ingestem. Foto: Agence Kampuchea Presse via AFP


2025-12-29 13:10:27

Israel hou voet by stuk oor Gasa-ooreenkoms

Pres. Donald Trump vergader Maandag met Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, om vordering te probeer maak met die skietstilstand in die Gasastrook.

Die gesprekke by Trump se Mar-a-Lago-landgoed sal ook Israel se bekommernisse oor Hezbollah in Libanon en Iran insluit.

Die VSA druk vir ’n oorgangsregering en internasionale veiligheidsmag in die Gasastrook, maar Israel huiwer om vorentoe te beweeg. Die eerste fase van die skietstilstand behels ’n gedeeltelike onttrekking, meer hulp en die uitruil van gyselaars. Netanyahu dring aan dat Hamas eers die oorskot van die laaste Israeliese gyselaar moet teruggee voordat verdere stappe gedoen word.

Gevegte het intussen in die Gasastrook en in Libanon opgevlam. Israel waarsku dat hy militêre optrede sal hervat indien Hamas nie ontwapen nie. Trump wil ook Iran se aktiwiteite met Netanyahu bespreek. – Reuters


2025-12-29 13:21:06

Brigitte Bardot kry rusplek in Saint-Tropez

Die Franse flieklegende Brigitte Bardot sal in ’n begraafplaas by die see in die dorpie Saint-Tropez aan die Franse Riviera begrawe word, het die owerhede Maandag bevestig, sonder om ’n datum bekend te maak.

Bardot is Sondag in die ouderdom van 91 jaar oorlede. Die aktrise was ’n bekende diereregteaktivis nadat sy die rolprentbedryf die rug toegekeer het. Sy het vroeër aangedui dat sy liewer in haar tuin, met ’n eenvoudige houtkruis as grafsteen begrawe wil word.

Bardot was een van Frankryk se grootste filmsterre in die 50’s en 60’s en bekend om haar rolle in flieks soos And God Created Woman. Sy het internasionale roem verwerf as ’n simbool van Franse styl en vryheid.

 Saint-Tropez, waar sy haar laaste jare deurgebring het, is sinoniem met haar nalatenskap en haar liefde vir die see en die natuur. – AFP

395783 06: Animal rights activist Brigitte Bardot visits her dog refuge "The Nice Dogs" of Carnoules on October 7, 2001 in Paris, France. (Photo by Charly Hel/Prestige/Getty Images) (Charly Hel/Prestige/Getty Images)

’n Argieffoto van 2001 wys Brigitte Bardot, voormalige aktrise en aktivis vir diereregte, tydens haar besoek aan ’n hondeskuiling in Parys, Frankryk. Foto: Getty Images


2025-12-29 14:09:29

Surinaamse polisie vind moordverdagte dood in sel

’n Man wat daarvan verdink is dat hy nege mense, onder wie vyf kinders, in Paramaribo, die hoofstad van Suriname, doodgesteek het, het homself Maandagoggend in ’n polisiesel opgehang.

Suriname is ’n klein land aan die noordoostelike kus van Suid-Amerika, met Paramaribo as sy grootste stad en administratiewe sentrum. Die 43-jarige, slegs bekend as D.A., het glo aan geestesgesondheidsprobleme gely. Vier van sy eie kinders, tussen vyf en 15 jaar oud, is tydens die aanval in en om sy huis vermoor.

Volgens die polisiehoof, Melvin Pinas, het die aanval begin ná ’n telefoniese rusie met sy vrou, waarna hy sy 11-jarige dogter 44 keer in die kombuis gesteek het.

Die man is tydens sy inhegtenisneming in die bene geskiet, gehospitaliseer en Sondagaand na die sel oorgeplaas.

Die ander slagoffers in die buurt was tussen sewe en 80 jaar oud. – AFP


2025-12-29 14:14:32

Poetin gee Rusland reg om buitelandse hofuitsprake te ignoreer

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Maandag ’n nuwe wet onderteken wat bepaal dat Rusland nie meer vonnisse in strafregtelike sake van buitelandse en internasionale howe hoef te aanvaar nie.

Hierdie stap kom terwyl pres. Donald Trump probeer om vrede in Oekraïne te bewerkstellig. Die nuwe wet is waarskynlik ’n reaksie op pogings van Oekraïne en Europa om Russiese amptenare en soldate te straf weens beweerde oorlogsmisdade in Oekraïne – iets wat Rusland ontken. Die Internasionale Strafhof in Den Haag het reeds lasbriewe vir Poetin en vyf ander Russe uitgereik, omdat hulle glo honderde Oekraïense kinders onwettig gedeporteer het. 

Die Kremlin sê hy het die kinders net uit die konflikgebied gehaal vir hul eie veiligheid.

 Ingevolge die nuwe wet kan Rusland enige buitelandse hofbeslissing wat nie deur ’n ooreenkoms of die Verenigde Nasies goedgekeur is nie, eenvoudig ignoreer. – Reuters


2025-12-29 15:31:56

Oekraïne beskuldig van aanval op Poetin se woning

Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, het Maandag gesê Oekraïne het probeer om die woning van pres. Wladimir Poetin in die Nowgorod-streek aan te val.

Volgens Lawrof sal Moskou se onderhandelingstandpunt weens die aanval verander. Lawrof sê Oekraïne het op 28 en 29 Desember die Russiese president se staatswoning in die Nowgorod-streek met 91 langafstand-hommeltuie aangeval.

“Sulke roekelose optrede sal nie sonder 'n reaksie bly nie,” sê hy.

Dit is nie duidelik of Poetin ten tyde van die aanval in die woning was nie.

Oekraïne het nog nie kommentaar gelewer nie. – Reuters


2025-12-29 15:38:12

Anthony Joshua oorleef ongeluk wat 2 eis in Nigerië

Anthony Joshua, Britse voormalige wêreldswaargewigbokskampioen, was betrokke in ’n motorongeluk in die deelstaat Ogun in Nigerië waarin twee mense dood is.

Volgens die polisie het die 36-jarige Joshua ligte beserings opgedoen toe sy voertuig teen ’n ander voertuig gebots het. Hy is hospitaal toe geneem en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die Nigeriese padveiligheidsagentskap sê vyf mans was betrokke in die ongeluk op die Lagos-Ibadan-hoofweg. Twee mense is ongedeerd.

Volgens die voorlopige bevindings het Joshua se voertuig waarskynlik te vinnig gery. Die voertuig het teen ’n stilstaande voertuig gebots.

Joshua, wat van Brits-Nigeriese afkoms is, het as kind in Ikenne, Nigerië, skoolgegaan.

Die ongeluk het net meer as ’n week ná sy oorwinning oor Jake Paul in Miami in die VSA plaasgevind. – Reuters


2025-12-29 15:46:11

Biddend vir vrede

Cambodian Buddhist monks participate in a prayer for peace at Win-Win memorial in Phnom Penh on December 29, 2025, after Thailand and Cambodia agreed to an "immediate" ceasefire on December 27 following renewed border clashes that killed dozens of people and displaced more than a million this month. Thailand's army on December 29 accused Cambodia of violating a newly signed ceasefire agreement, reached after weeks of deadly border clashes, by flying more than 250 drones over its territory. (Photo by TANG CHHIN SOTHY / AFP) (TANG CHHIN SOTHY/AFP)

Kambodjaanse Boeddhistiese monnike neem deel aan 'n gebed vir vrede by die Win-Win-gedenkteken in Phnom Penh nadat Thailand en Kambodja ingestem het tot 'n "onmiddellike" skietstilstand ná hernieude grensgevegte. Dosyne mense is vandeesmaand dood en meer as 'n miljoen verplaas. Foto: AFP


2025-12-29 16:10:38

Hamas weier om wapens neer te lê

Hamas se gewapende vleuel het Maandag herhaal dat sy vegters nie hul wapens sal neerlê nie – ’n kernkwessie wat later die dag op gesprekke tussen pres. Donald Trump en Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, bespreek sal word.

“Ons mense verdedig hulself en sal nie hul wapens prysgee solank die besetting voortduur nie,” het die nuwe woordvoerder van die Ezzedine al-Qassam-brigades, wat die naam van sy oorlede voorganger Aboe Obeida aangeneem het, in ’n videoboodskap gesê.

Die Ezzedine al-Qassam-brigades is die militêre vleuel van Hamas, die Palestynse organisasie wat die Gasastrook beheer. Die kwessie van ontwapening is ’n groot struikelblok in vredesonderhandelinge tussen Israel en Hamas aangesien Israel eis dat Hamas sy wapens neerlê as deel van enige ooreenkoms. – AFP


2025-12-29 16:20:02

Oekraïne: Rusland lieg oor aanval op Poetin se woning

Oekraïne het Maandag Russiese bewerings dat dié land pres. Wladimir Poetin se woning in die noorde van Rusland met 91 langafstand-hommeltuie aangeval het, as ’n leuen afgemaak.

Pres. Wolodimir Zelenski sê Rusland probeer hiermee voorberei om self staatsgeboue in Kijif aan te val en die vredesonderhandelinge te ondermyn.

Volgens Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, is al die hommeltuie deur Russiese lugverdediging vernietig en niemand is beseer nie.

Hy het gewaarsku dat Rusland reeds teikens vir vergeldingsaanvalle geïdentifiseer het en dat “sulke roekelose optrede nie sonder reaksie sal bly nie”. Lawrof het bygevoeg dat Rusland nie die onderhandelinge gaan verlaat nie, maar sy standpunt sal hersien. – Reuters


2025-12-29 16:25:28

Tussen niks en nêrens

A displaced Palestinian girl looks on as she stands amid tents and makeshift shelters in the Bureij refugee camp in the central Gaza Strip as the region experiences cold winter conditions on December 29, 2025. Beginning in October, a fragile ceasefire has so far halted two years of war between Israel and Hamas in the Gaza Strip despite both sides trading accusations of truce violations. (Photo by Eyad Baba / AFP) (EYAD BABA/AFP)

’n Ontheemde Palestynse meisie staan tussen tente en tydelike skuilings in die Boereij-vlugtelingkamp in die Gasastrook. Foto: AFP


2025-12-29 17:14:20

Skandaal tref Duitse elite-eenheid: Ondersoek na wangedrag

Duitsland se ministerie van verdediging het Maandag “onaanvaarbare” misdrywe in ’n elite-valskermregiment veroordeel, te midde van ondersoeke na beweerde seksuele wangedrag en regse ekstremisme.

Die ondersoek na die eenheid in Zweibrücken het begin nadat twee vroulike soldate in Junie klagtes ingedien het. Volgens die Duitse media word verskeie soldate ondersoek weens seksuele aanranding, regse en antisemitiese insidente, gewelddadige rituele en die gebruik van dwelmmiddels.

Disiplinêre stappe is reeds teen verskeie lede gedoen, waaronder afdanking en die vervanging van die bevelvoerder. Volgens ’n weermagwoordvoerder is 55 verdagtes ondersoek, met afdankingsprosedures teen 19, van wie drie reeds die diens verlaat het.

Sestien sake is aan die staatsaanklaer oorhandig. Die ministerie het benadruk dat regse ekstremisme en seksuele wangedrag nie in die Duitse weermag geduld sal word nie. – AFP


2025-12-29 17:25:51

Poetin dreig om vredesposisie te hersien ná beweerde aanval

Pres. Wladimir Poetin het Maandag aan pres. Donald Trump gesê dat Rusland sy standpunt in die vredesonderhandelinge gaan herevalueer ná wat Rusland as ’n Oekraïense hommeltuigaanval op ’n Russiese presidentswoning beskryf.

Oekraïne het dié bewering, dat 91 hommeltuie Poetin se woning in die noorde van Rusland aangeval het, as ’n leuen afgemaak en die Kremlin daarvan beskuldig dat hy die vredesgesprekke probeer ondermyn.

Joeri Oesjakof, Kremlin-adviseur, het gesê Poetin en Trump het Maandag telefonies gesels, en dat Trump en sy span Poetin ingelig het oor Amerika se onderhandelinge met Oekraïne.

Volgens Oesjakof het die Amerikaners daarop aangedring dat Oekraïne werklike stappe doen om die konflik finaal te besleg, eerder as om op ’n tydelike skietstilstand te fokus.

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het die Russiese bewerings as “ ’n totale verdigsel” bestempel. – Reuters


2025-12-29 17:34:27

Bibberweer kniehalter nie swemmers

SHENYANG, CHINA - DECEMBER 29: A winter swimming enthusiast warms up on December 29, 2025 in Shenyang, Liaoning Province of China. (Photo by VCG/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

Swemmers warm op om die ysige waters in Shenyang in die Liaoning-provinsie in China te trotseer. Foto: Getty Images


2025-12-29 18:03:33

VN-hoof se uitdaging aan wêreldleiers: Kies mense en planeet bo oorlog

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het wêreldleiers Maandag in sy Nuwejaarsboodskap versoek om hul fokus op mense en die planeet te plaas te midde van wêreldwye chaos.

“Terwyl ons die nuwe jaar binnegaan, staan die wêreld by ’n kruispad. Chaos en onsekerheid omring ons. Verdeeldheid. Geweld. Klimaatskrisis. En stelselmatige oortredings van die internasionale reg,” het Guterres in ’n videoboodskap gesê.

Hy het leiers in 2026, terwyl oorloë in Oekraïne en elders voortwoed, uitgedaag om saam te werk om menslike lyding te verlig en klimaatsverandering te beveg. Guterres het ook die wêreldwye wanbalans tussen militêre besteding en hulp aan arm lande gekritiseer.

Militêre uitgawes het vanjaar met byna 10% gestyg tot $2 700 miljard – 13 keer meer as wêreldwye ontwikkelingshulp. “Vrede moet seëvier,” het Guterres gesê. – AFP


2025-12-29 18:04:54

Trump se uitlating oor aanval in Venezuela laat vrae ontstaan

Amptenare in Washington en Caracas het Maandag geswyg oor pres. Donald Trump se vae opmerkings oor ’n Amerikaanse aanval op ’n “groot aanleg” in Venezuela.

Trump het verlede Vrydag op die WABC-radiostasie in New York gesê: “Hulle het ’n groot aanleg waar die skepe vandaan kom getref. Twee nagte gelede het ons dit vernietig.”

Hy het nie gespesifiseer watter aanleg geteiken is of watter tak van die Amerikaanse regering betrokke was nie. Die CIA, die Withuis en die Pentagon het geweier om kommentaar te lewer, en die Venezolaanse regering het ook nie gereageer nie.

Trump se uitlating volg op Amerika se "veldtog teen dwelmhandel" in die Karibiese gebied, wat reeds tot meer as 20 aanvalle en meer as 100 sterftes gelei het. Die gebrek aan inligting wek vermoedens dat die operasie dalk geheimsinnig uitgevoer is, terwyl druk op pres. Nicolás Maduro se regering toeneem. – Reuters


2025-12-29 18:06:31

Steeds op patrollie...

A member of the U.S. National Guard patrols the Lincoln Memorial, with the Washington Monument in the background, in Washington, D.C. A member of the U.S. National Guard patrols the Lincoln Memorial, with the Washington Monument in the background, in Washington, D.C., U.S., December 28, 2025. REUTERS/Tyrone Siu TPX IMAGES OF THE DAY (Tyrone Siu/REUTERS)

’n Lid van die Amerikaanse Nasionale Garde patrolleer Washington DC. Op die agtergrond is die Lincoln-gedenkteken en die Washington-monument. Foto: Reuters


2025-12-29 19:01:42

Trump 'baie kwaad' oor aanval op Poetin se woning: 'Dis nie regte tyd daarvoor'

Pres. Donald Trump het Maandag die beweerde Oekraïense hommeltuigaanval op die woning van pres. Wladimir Poetin gekritiseer te midde van vredesonderhandelinge om Rusland se inval te beëindig. 

Oekraïne ontken egter enige betrokkenheid by die aanval.

“Weet julle wie my daarvan vertel het? Pres. Poetin, vroegoggend. Hy sê hy is aangeval. Dis nie goed nie,” het Trump aan joernaliste by sy Mar-a-Lago-woning in die Amerikaanse deelstaat Florida gesê. 

Hy voeg by dat hy “baie kwaad” daaroor is. “Dis ’n delikate tyd. Dis nie die regte tyd nie.” – AFP


2025-12-29 19:07:52

VSA slaan glo toe op bote waarop dwelms gelaai word in Venezuela

Amerikaanse magte het ’n gebied in Venezuela getref waar dwelms op bote gelaai word, het pres. Donald Trump Maandag bevestig.

Dis glo die eerste keer dat Amerika ’n operasie op Venezolaanse grond uitvoer sedert die drukveldtog teen pres. Nicolás Maduro begin het.

“Daar was ’n groot ontploffing in die dokke waar hulle dwelms op bote laai. Ons het al die bote getref en die gebied self,” het Trump aan joernaliste gesê.

Dis steeds onduidelik watter deel van die Amerikaanse regering betrokke was of presies watter teiken getref is. Die Venezolaanse regering het nog nie op Trump se opmerkings gereageer nie. 

Amerika het reeds verskeie aanvalle op beweerde dwelmvaartuie in die Karibiese gebied uitgevoer, maar die jongste aanval dui op ’n moontlike verskerping van optrede teen Maduro se regering. – Reuters


2025-12-29 19:15:38

Gretig om te praat

Israeli PM Benjamin Netanyahu visits US President Donald Trump (R) and Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu (L) walk inside after Netanyahu arrived at Trump�s Mar-a-Lago residence in Palm Beach, Florida, on December 29, 2025. (Photo by Jim WATSON / AFP) (JIM WATSON/AFP)

Pres. Donald Trump (regs) lei Benjamin Netanyahu, premier van Israel, na die binnekant van sy Mar-a-Lago-woning in Palm Beach, Florida, vir samesprekings oor onder meer die skietstilstand in die Gasastrook. Foto: AFP


2025-12-29 19:57:47

Hamas moet ontwapen vir vrede in Gasastrook, sê Trump

Pres. Donald Trump het Maandag weer ’n beroep op Hamas gedoen om te ontwapen op ’n vergadering met Benjamin Netanyahu, premier van Israel.

Dit volg nadat Hamas se gewapende vleuel belowe het om sy wapens te behou. “Hamas moet ontwapen word,” het Trump by sy Mar-a-Lago-landgoed in Florida gesê voor ’n vergadering met Netanyahu oor die tweede fase van ’n vredesooreenkoms.

Israel en Amerika beskou Hamas as ’n terreurgroep en eis dat sy vegters hul wapens neerlê as deel van ’n vredesooreenkoms. Hamas weier egter om te ontwapen en sê hy het wapens nodig vir selfverdediging teen Israeliese optrede. Die kwessie van ontwapening is een van die grootste struikelblokke in die vredesproses tussen Israel en Hamas. – AFP


2025-12-29 19:59:44

Hollywood-ster George Clooney en gesin nou amptelik Franse burgers

Die Hollywood-ster George Clooney, sy vrou, Amal, en hul twee kinders is nou amptelik Franse burgers ingevolge ’n regeringsbesluit wat die media Maandag onder oë gehad het.

George het vroeër sy bewondering vir Frankryk se privaatheidswette uitgespreek wat sy gesin teen die paparazzi beskerm.

“Ek is mal oor die Franse kultuur en taal, al is ek ná 400 dae se klasse nog nie goed daarmee nie,” het die 64-jarige akteur aan RTL-radio gesê. 

George, wat nou dubbele burgerskap het, het reeds lank ’n verbintenis met Europa. Hy besit eiendomme in Italië, Engeland en sedert 2021 ook die Domaine du Canadel in die suide van Frankryk. – AFP


2025-12-29 20:01:37

Soek die vliegtuig . . .

An aircraft flies above the birds in the sky during the evening in Ahmedabad on December 28, 2025. (Photo by Shammi MEHRA / AFP) (SHAMMI MEHRA/AFP)

’n Vliegtuig vlieg bo ’n swerm voëls in die lug in Ahmedabad, Indië. Foto: AFP

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM