Internasionaal

Wêreldnuus | Switserland in rou gedompel

Mense omhels mekaar naby die plek van ’n brand by die Le Constellation-kroeg waar talle mense dood en ander beseer is tydens ’n Nuwejaarspartytjie by die Crans-Montana ski-oord in Switserland.
Mense omhels mekaar naby die plek van ’n brand by die Le Constellation-kroeg waar talle mense dood en ander beseer is tydens ’n Nuwejaarspartytjie by die Crans-Montana ski-oord in Switserland. (Reuters)

2025-12-31 04:06:47

Veiligheidsmagte ontplooi by hospitaal waar oudpremier sterf

Veiligheidsmagte staan ​​buite die Evercare-hospitaal in Dhaka waar Khaleda Zia, Bangladesj se voormalige premier, Dinsdag gesterf het. Foto: Reuters

LEES MEER | Oudpremier van Bangladesj sterf

Security forces stand outside of the Evercare Hospital in Dhaka Security forces stand outside of the Evercare Hospital, where Bangladesh's former Prime Minister Khaleda Zia passed away on Tuesday, in Dhaka, Bangladesh, December 31, 2025. REUTERS/Anik Rahman (Anik Rahman/REUTERS)

2025-12-31 04:17:34

Twee treine bots in Peru

'n Treindrywer is na berig word dood en tientalle mense beseer nadat twee treine Woensdag reg van voor gebots het op die spoorlyn na Machu Picchu, Peru.

Die oorsaak van die ongeluk tussen treine van Inca Rail en PeruRail is nog onduidelik en word ondersoek.

Machu Picchu is 'n gewilde bestemming en lok jaarliks ​​meer as 'n miljoen besoekers. – Reuters

Head-on train crash near Peru's Machu Picchu kills driver, injures dozens People evacuate a train carriage after two trains collided head-on on the railway leading to the Inca citadel of Machu Picchu, in the Cusco Department, Peru, December 30, 2025, in this picture obtained from social media. Obtained by Reuters/via REUTERS THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. MANDATORY CREDIT. NO RESALES. NO ARCHIVES. Verification: - Location and date verified by the original file's metadata. (OBTAINED BY REUTERS/via REUTERS)

Passasiers word uit die treinwrak verwyder. Foto: Reuters


2025-12-31 05:00:42

Kinders beseer toe hommeltuie Odesa tref

Drie kinders en 'n 42-jarige man is beseer toe Rusland oornag die Odesa-streek van Oekraïne met hommeltuie aangeval het.

Verskeie woonstelgeboue en infrastruktuur is beskadig. – Reuters


2025-12-31 05:36:03

2026 kom

'n Persoon neem 'n foto van Nuwejaars-brille by 'n stalletjie in Times Square in New York. Foto: Reuters

A person photographs novelty glasses shaped like "2026" featuring U.S. flag designs on display at a vendor stall ahead of New Year's Eve celebrations, in Times Square, New York City A person photographs novelty glasses shaped like "2026" featuring U.S. flag designs on display at a vendor stall ahead of New Year's Eve celebrations, in Times Square, New York City, U.S., December 30, 2025. REUTERS/Tyrone Siu (Tyrone Siu/REUTERS)

2025-12-31 05:41:54

Vryheid

'n Bus vervoer 18 Kambodjaanse soldate wat uit Thailand gerepatrieer is by die Prum- internasionale grenspos in die Pailin-provinsie, Kambodja, nadat hulle in Julie gevange geneem is. Hulle is vrygelaat ingevolge 'n wapenstilstand wat op 27 Desember onderteken is.  Foto: Reuters

Thailand frees 18 Cambodian soldiers as ceasefire holds A bus carries 18 Cambodian soldiers repatriated from Thailand after being captured in July, following their release under the terms of a ceasefire agreement signed on December 27, 2025, at Prum International Border Checkpoint in Pailin province, Cambodia, December 31, 2025. REUTERS/Soveit Yarn TPX IMAGES OF THE DAY (Soveit Yarn/REUTERS)

2025-12-31 05:59:33

Kanker eis Kennedy-kleinkind

Die Amerikaanse omgewingsjoernalis Tatiana Schlossberg, kleindogter van wyle pres. John F. Kennedy van Amerika, is Dinsdag in die ouderdom van 35 dood.

Akute miëloïede-leukemie is by die wetenskap-en-klimaatverslaggewer van The New York Times gediagnoseer nadat sy verlede jaar aan haar tweede kind die lewe geskenk het. – AFP

In goop Health Summit San Francisco 2019 RICHMOND, CALIFORNIA - NOVEMBER 16: Tatiana Schlossberg attends her book signing at the In goop Health Summit San Francisco 2019 at Craneway Pavilion on November 16, 2019 in Richmond, California. (Photo by Amber De Vos/Getty Images for goop) (Amber De Vos/Getty Images for goop)

Tatiana Schlossberg. Foto: Getty Images


2025-12-31 07:28:11

Mamdani neem om middernag leisels in New York

Zohran Mamdani word om middernag New York se eerste Moslem-burgemeester.

Wanneer die klok middernag slaan en derduisende mense die nuwe jaar in Times Square vier, word die 34-jarige Demokraat in 'n moltreinstasie beëdig. – AFP

Celebrity Sightings In New York - November 20, 2025 NEW YORK, NY - NOVEMBER 20: Zohran Mamdani is seen on November 20, 2025 in New York City. (Photo by BG048/Bauer-Griffin/GC Images) (BG048/Bauer-Griffin/GC Images)

2025-12-31 07:42:38

Oudpremier van Bangladesj ter ruste gelê

Bangladesj hou Woensdag 'n enorme staatsbegrafnis vir oudpremier Khaleda Zia, wat Dinsdag in die ouderdom van 80 dood is.

Landsvlae hang halfstok vir die eerste vrou wat in Bangladesj aan bewind was. Haar lyk is in 'n motor deur die hoofstad, Dhakka, geneem sodat landsburgers haar vir oulaas kan groet. – AFP

Bangladesh's former Prime Minister Khaleda Zia funeral in Dhaka People gather to attend the funeral prayers for Bangladesh's former Prime Minister Khaleda Zia in Dhaka, Bangladesh, December 31, 2025. REUTERS/Fatima Tuj Johora (Fatima Tuj Johora/REUTERS)

Honderde rouklaers woon Khaleda Zia se begrafnis by. Foto: Reuters


2025-12-31 08:16:50

Nadraai van Russe se aanval op Odesa

Brandbestryders by 'n woonstelgebou nadat Russiese hommeltuie Odesa in Oekraïne oornag aangeval het. Foto: Reuters

Aftermath of a Russian drone attack in Odesa Firefighters work at the site of an apartment building damaged during an overnight Russian drone strike, amid Russia's attack on Ukraine, in Odesa, Ukraine, December 31, 2025. Press service of the State Emergency Service of Ukraine in Odesa region/Handout via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. DO NOT OBSCURE LOGO. (STATE EMERGENCY SERVICE OF UKRAI/via REUTERS)

2025-12-31 08:29:19

Australiërs gereed om nuwe perd op te saal

Australiërs drom al vroegdag saam om 2026, die Chinese jaar van die perd, met 'n uitsig oor die Sydney Operahuis te verwelkom. Foto: Reuters

People sit at Mrs Macquaries Point overlooking the Sydney Opera House and the Sydney Harbour Bridge ahead of New Year's Eve fireworks, in Sydney People sit at Mrs Macquaries Point overlooking the Sydney Opera House and the Sydney Harbour Bridge ahead of New Year's Eve fireworks, in Sydney, Australia, December 31, 2026. REUTERS/Hollie Adams (Hollie Adams/REUTERS)

2025-12-31 09:18:36

China hef bykomende belasting op ingevoerde beesvleis

China het strenger perke ingestel oor hoeveel beesvleis hy van ander lande in 2026 sal invoer. 

Sou 'n land die beperking oorskry en meer vleis na China uitvoer, sal 'n bykomende invoerbelasting van 55% gehef word.

Die nuwe tarief geld vanaf 1 Januarie en het ten doel om China se beesboere te help wat geld verloor omdat goedkoop buitelandse beesvleis hul mark oorheers. – Reuters


2025-12-31 10:11:37

Camilla as tiener op trein aangeval

’n Man het koningin Camilla van Brittanje op ’n trein aangeval toe sy ’n tiener was.

Sy het Woensdag in ’n onderhoud met die BBC oor geslagsgeweld gepraat. Die 78-jarige koninklike sê sy het ’n boek gelees toe ’n onbekende man op haar toegesak het.

“Ek onthou hoe ek van die trein afgeklim het en my ma na my gekyk en gevra het: ‘Waarom staan ​​jou hare regop en hoekom is die knoop van jou jas af?’” herroep sy. “Ek was woedend.” – Reuters


2025-12-31 11:11:21

Kambodja verwelkom soldate ná vrylating deur Thailand

Altesaam 18 Kambodjaanse soldate is Woensdag as helde in hul vaderland verwelkom nadat Thailand hulle vrygelaat het as deel van ’n skietstilstand wat weke van dodelike gevegte aan die betwiste grens beëindig het.

Die grenskonflik, wat al dekades duur, het in Desember weer opgevlam en tot die dood van dosyne mense gelei en die ontheemding van meer as ’n miljoen.

Die soldate, wat vyf maande lank as krygsgevangenes in Thailand aangehou is, is in Pailin en later in Phnom Penh deur juigende skares begroet. Honderde mense het die strate van die hoofstad volgestaan, landsvlae rondgeswaai en die soldate en hul families verwelkom.

Die Kambodjaanse ministerie van verdediging het bevestig dat die soldate ná 155 dae veilig terug is. Thailand het hul vrylating as ’n gebaar van goeie trou beskryf. Albei lande het ingestem om landmyne by die grens te verwyder en ontheemdes huis toe te laat keer. – AFP


2025-12-31 11:16:33

Ekonomiese groei ‘bly prioriteit’ vir China

China is op koers om sy groeiteiken van sowat 5% vir die jaar te bereik en beplan om in 2026 meer proaktiewe beleide in te stel, het pres. Xi Jinping Woensdag gesê.

Xi het op ’n Nuwejaarsgeleentheid vir topamptenare van die Chinese Kommunistiese Party gesê die land se bruto binnelandse produk (BBP) is op pad om ongeveer 140 000 miljard yuan te bereik ná ’n “buitengewone” jaar, berig die staatsuitsaaier CCTV.

Hoewel Xi nie spesifieke beleidsmaatreëls genoem het nie, het sy boodskap die regering se onlangse beloftes versterk om fiskale stappe te doen wat mense se inkomste sal verhoog en verbruik en beleggings sal ondersteun.

Die Chinese regering het reeds belowe om meer stimulusmaatreëls in te stel om ekonomiese groei aan te wakker, met die fokus op die verbetering van lewenstandaarde en die bevordering van investering. – Reuters


2025-12-31 11:21:42

Sien julle volgende jaar!

Pope Leo XIV waves to pilgrims as he leaves after the weekly general audience in St.Peter's Square, at the Vatican on December 31, 2025. (Photo by Filippo MONTEFORTE / AFP) (FILIPPO MONTEFORTE/AFP)

Pous Leo XIV waai Woensdag vir die skare op die St. Petrusplein in die Vatikaanstad. Foto: AFP


2025-12-31 12:13:48

Finland verdink skip van skade aan kabel

Die Finse polisie het Woensdag aangekondig dat hulle op ’n vaartuig beslag gelê het wat vermoedelik ’n telekommunikasiekabel tussen Helsinki en Tallinn in die Golf van Finland beskadig het.

Die naam van die skip is nie bekend gemaak nie. Volgens die polisie was die skip glo verantwoordelik vir die skade aan die kabel, wat aan die Finse telekommunikasiegroep Elisa behoort en in die Estlandse eksklusiewe ekonomiese sone geleë is.

Die Golf van Finland is ’n strategiese waterweg in Noord-Europa, en die beskadiging van sulke kabels kan ernstige gevolge hê vir internet- en telefoonverbindings.

Owerhede neem sulke voorvalle ernstig op, aangesien dit nie net tegniese probleme veroorsaak nie, maar ook moontlik sekuriteitsrisiko’s inhou. – AFP


2025-12-31 12:14:54

Totsiens, 2025!

Fireworks explode over Sydney Harbour Bridge at 9 p.m. during New Year's Eve celebrations, in Sydney Fireworks explode over Sydney Harbour Bridge at 9 p.m. during New Year's Eve celebrations, in Sydney, Australia, December 31, 2025. REUTERS/Hollie Adams (Hollie Adams/REUTERS)

Vuurwerk word afgevuur bokant die brug by Sydney se hawe gedurende Nuwejaarsvieringe in Australië. Foto: Reuters


2025-12-31 12:16:02

Denemarke 1ste land wat nie meer briewe aflewer

Denemarke se posdiens het sy briefafleweringsdiens ná 401 jaar in bedryf beëindig.

PostNord sê daar was ’n “groot afname” in die versending van briewe teenoor die gebruik van elektroniese kommunikasiemiddele.

Die stap maak Denemarke die eerste land ter wêreld wat sy briefafleweringsdiens beëindig. Die aantal briewe wat in Denemarke gestuur word, het die afgelope 25 jaar met 90% gedaal. – ABC News


2025-12-31 12:59:45

Poetin wens Russiese vegters in Oekraïne voorspoedige nuwe jaar toe

Pres. Wladimir Poetin het Woensdag in sy Oujaarsaand-toespraak gesê Rusland glo hy sal in Oekraïne seëvier, waar hy reeds byna vier jaar lank ’n offensief lei.

Poetin se tradisionele toespraak is eerste in die verre oostelike Kamtsjatka-skiereiland uitgesaai, die eerste Russiese streek wat 2026 binnegaan. Hy het alle Russe aangemoedig om “ons helde” wat in Oekraïne veg, te ondersteun en gesê: “Ons glo in julle en in ons oorwinning.”

Poetin het die “vegters en bevelvoerders” in Oekraïne ’n gelukkige nuwe jaar toegewens en bygevoeg: “Miljoene mense oor Rusland heen, glo my, dink aan julle.”

Die konflik in Oekraïne het ’n groot menslike tol geëis, met sterftes aan albei kante wat na raming tienduisende of selfs honderdduisende beloop.

31 Desember is ook die 26ste herdenking van Poetin se bewind, wat op Oujaarsaand in 1999 begin het toe Boris Jeltsin bedank het.

Die toespraak, wat op staatstelevisie net voor middernag in elkeen van Rusland se 11 tydsones uitgesaai word, is ’n geliefde tradisie wat deur miljoene gesinne gekyk word. – AFP


2025-12-31 13:01:06

Blomme nie bomme

Workers tend to flowers next to a 2026 New Year banner in Hanoi on December 31, 2025. (Photo by Nhac NGUYEN / AFP) (NHAC NGUYEN/AFP)

Mense rangskik blomme by ’n 2026-Nuwejaarsbanier in Hanoi, Viëtnam. Foto: Reuters


2025-12-31 13:02:23

Bekroonde regisseur steun betogings in Iran

Jafar Panahi, bekroonde Irannese filmmaker, sê die onlangse protesoptogte wat sy land in beroering het, is daarop gemik om “geskiedenis vorentoe te dryf”.

“Wanneer daar niks meer is om te verloor nie, verdwyn vrees. Stemme verenig, die stilte word verbreek en daar is geen pad terug nie. Hierdie opstand dui op wilskrag om vorentoe te beweeg, en om die geskiedenis vorentoe te dryf”, skryf Panahi, wat bekend is om sy kritiese flieks oor die samelewing en politiek in Iran, op sosiale media.

Volgens Panahi bots hy dikwels met die owerhede en hy is selfs al verbied om flieks te maak of die land te verlaat. Die onlangse protesoptogte in Iran is deur verskeie maatskaplike en politieke kwessies aangevuur, insluitend ontevredenheid oor regeringsbeleid, ekonomiese druk en die soeke na meer vryhede. – AFP


2025-12-31 14:08:03

Sydney verwelkom 2026 met vuurwerk, huldeblyk ná tragedie

Sydney het 2026 ingelui met ’n skouspelagtige vuurwerkvertoning onder streng polisieteenwoordigheid, ná ’n skietaanval by ’n Joodse geleentheid waarin 15 mense dood is.

Die Australiese stad se wêreldbekende Nuwejaarsvieringe het 40 000 vuurwerk-items oor 7 km van die hawe, insluitend die ikoniese Harbour Bridge en Operahuis, laat skitter. Om 23:00 is ’n minuut se stilte vir die slagoffers gehou, met die brug in wit verlig en ’n menora op die pilare geprojekteer.

Burgemeester Clover Moore het gesê sy hoop die geleentheid bring hoop en eenheid ná die tragiese einde van 2025. Ongeveer 3 000 polisiemanne, sommige swaar gewapen, het toesig gehou oor die feesvieringe wat meer as ’n miljoen mense gelok het. – Reuters


2025-12-31 14:09:23

VN veroordeel Israel se verbod op hulporganisasies

Volker Türk, menseregtehoof van die Verenigde Nasies (VN), het Woensdag Israel se voorneme om 37 hulporganisasies uit die Gasastrook te verban as “skokkend” beskryf en lande versoek om Israel dringend te oorreed om van koers te verander.

Israel het aangekondig dat hierdie organisasies, insluitend Dokters Sonder Grense, Oxfam en die Noorse Vlugtelingraad, van Donderdag af nie meer in die gebied mag werk nie, tensy hulle aan nuwe vereistes oor personeeldata voldoen. Israel beweer sommige organisasies het bande met Palestynse militante groepe.

Volgens Türk sal die verbod die situasie in die Gasastrook verder vererger en hy noem dit deel van ’n patroon van onwettige beperkings op humanitêre toegang.

Hy het beklemtoon dat Israel volgens internasionale reg verplig is om noodsaaklike lewensmiddele en humanitêre hulp toe te laat en het alle lande gevra om druk op Israel te plaas om hulp vrylik toe te laat. – AFP


2025-12-31 14:10:40

’n Selfie voor Nuwejaar

SEOUL, SOUTH KOREA - DECEMBER 31: A wpman prays at Jogyesa buddhist temple during the New Year's Eve on December 31, 2025 in Seoul, South Korea. (Photo by Chung Sung-Jun/Getty Images) (Chung Sung-Jun/Getty Images)

’n Man neem foto’s by die Jogyesa-Boeddhiste-tempel tydens Nuwejaarsvieringe in Seoel, Suid-Korea. Foto: Getty Images 


2025-12-31 15:02:37

Duisende gestrand ná kragonderbreking Europese treine tot stilstand ruk

Spoorverkeer deur die tonnel by die Engelse Kanaal het Woensdag stadig hervat, ondanks verdere kansellasies en vertragings nadat ’n kragonderbreking duisende passasiers gestrand gelaat het.

Twee treine tussen Londen en Parys is gekanselleer en die meeste ritte in albei rigtings is vertraag nadat Eurostar, die operateur, gewaarsku het teen nog vertragings op Oujaarsaand. 

Reisigers moes Dinsdag skarrel om alternatiewe vervoer te vind nadat die operateur alle dienste tussen Londen, Parys, Amsterdam en Brussel uitgestel het. Volgens Eurostar het dienste Woensdag hervat “ná ’n kragprobleem in die Kanaal-tonnel en ’n paar probleme met die spoorinfrastruktuur oornag”. – AFP


2025-12-31 15:07:13

Lewenskoste-betogings: Betogers probeer regeringsgebou in Iran binnedring

Betogers het Woensdag probeer om ’n plaaslike regeringsgebou in die Fars-provinsie in die suide van Iran binne te dring te midde van ’n vierde dag van betogings oor die stygende lewenskoste.

Die onrus, wat Sondag onder winkeleienaars in Teheran begin het weens hoë inflasie en die dalende waarde van die rial, het vinnig na universiteite uitgebrei.

Veiligheidsmagte het ’n aanval op die goewerneurskantoor in Fasa afgeweer, berig staatsmedia. ’n 28-jarige vrou en nog vier ander betogers is in hegtenis geneem. Drie veiligheidsbeamptes is beseer. 

Die regering het aangekondig dat hy met protesleiers sal praat, ’n ongewone stap ná jare van streng optrede teen betogers. Iran se ekonomie is onder druk weens Amerikaanse sanksies, met inflasie wat in Desember 42,5% bereik het en die rial wat byna die helfte van sy waarde verloor het. – Reuters


2025-12-31 15:09:06

Nuwejaar-versperrings

Times Square ahead of New Year's Eve celebration in New York NYPD officers install barricades around Times Square ahead of the New Year’s Eve celebration in the Manhattan borough of New York City, U.S., December 31, 2025. REUTERS/Ryan Murphy (Ryan Murphy/REUTERS)

Polisiebeamptes installeer versperrings om Times Square voor die Nuwejaarsvieringe in die Manhattan-distrik van die stad New York. Foto: Reuters


2025-12-31 16:18:38

Frankryk beplan verbod op sosiale media vir kinders jonger as 15

Frankryk beplan om kinders beter teen oormatige skermtyd te beskerm deur sosiale media vir kinders onder 15 jaar oud te verbied. Ingevolge ’n wetsontwerp sal die verbod teen September 2026 in werking tree.

Pres. Emmanuel Macron steun die inisiatief en het aangedui dat die parlement reeds in Januarie die voorstel sal bespreek. Die regering waarsku dat onbeperkte toegang tot die internet kinders blootstel aan onvanpaste inhoud, kuberafknouery en slaapprobleme.

Die wetsontwerp sluit ook ’n verbod op selfoongebruik in sekondêre skole in. ’n Soortgelyke verbod in laer- en middelskole bestaan reeds sedert 2018, maar word selde toegepas. 

Die Franse senaat het die voorstel reeds goedgekeur, maar die nasionale vergadering moet dit nog bekragtig voordat dit wet kan word. – AFP


2025-12-31 16:24:46

Russiese bewyse van aanval op Poetin se woning lagwekkend, sê Oekraïne

Beeldmateriaal van ’n video wat Rusland as bewys voorlê van ’n beweerde Oekraïense hommeltuigaanval op pres. Wladimir Poetin se woning vroeër vandeesweek is “lagwekkend”, het ’n woordvoerder van Oekraïne se departement van buitelandse sake Woensdag gesê.

“Dis lagwekkend – die feit dat dit hulle twee dae geneem het om dit te vervaardig en dat wat hulle as bewyse aanbied, wys dat hulle nie eens ernstig daaroor is nie,” sê Heorhii Tikji. 

“Ons is absoluut seker dat geen sodanige aanval uitgevoer is nie.” 

Rusland beweer dat Oekraïne ’n hommeltuigaanval op Poetin se woning uitgevoer het, maar Oekraïne ontken dit. – Reuters


2025-12-31 16:28:58

Winkels woel in Instanbul

People walk along the main shopping and pedestrian street of Istiklal on New Year's Eve in central Istanbul People walk along the main shopping and pedestrian street of Istiklal on New Year's Eve in central Istanbul, Turkey, December 31, 2025. REUTERS/Dilara Senkaya (Dilara Senkaya/REUTERS)

Mense stap in die sakekern van Istiklal tydens Nuwejaarsvieringe in Istanbul, Turkye. Foto: Reuters


2025-12-31 17:03:05

Gasastrook: Dokters Sonder Grense vra vir voortgesette toegang

Die internasionale mediese hulporganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het Woensdag ’n dringende beroep op Israel gedoen om toe te laat dat hy sy werk in 2026 in die Gasastrook en die besette Wesoewer kan voortsit.

“Ons doen ’n beroep op die Israeliese owerhede om te verseker dat MSF en ander internasionale nie-regeringsorganisasies in Israel geregistreer bly, sodat hulle in 2026 in die Wesoewer en die Gasastrook kan werk,” lui ’n verklaring van die hulporganisasie.

Die pleidooi kom nadat Israel aangekondig het dat 37 hulporganisasies, waaronder MSF, van Donderdag verbied sal word om daar te werk, tensy hulle volledige besonderhede oor hul Palestynse personeel aan die Israeliese owerhede verskaf.

Die moontlike verbod wek kommer oor die voortgesette lewering van noodsaaklike humanitêre hulp aan die Palestynse bevolking, wat reeds onder groot druk verkeer weens die konflik en beperkte toegang tot mediese sorg. – AFP


2025-12-31 17:11:31

Thailand verwelkom 2026

BANGKOK, THAILAND - DECEMBER 31: A large crowd of people celebrates at a countdown event in downtown Bangkok on December 31, 2025 in Bangkok, Thailand. Thousands attend a countdown event in downtown as the country welcomes the new year. (Photo by Sirachai Arunrugstichai/Getty Images) (Sirachai Arunrugstichai/Getty Images)

'n Groot skare mense vier fees tydens 'n aftelgeleentheid na die nuwe jaar in die middestad van Bangkok, Thailand. Foto: Getty Images


2025-12-31 17:28:47

Skeepsbemanning aangehou oor beskadiging van Finse kabel

Die vragskip Fitburg, wat onder die vlag van St. Vincent en die Grenadines vaar, is Woensdag deur die Finse polisie in beslag geneem nadat 14 bemanningslede aangekeer is in verband met die beskadiging van ’n telekommunikasiekabel tussen Helsinki en Tallinn.

Die bemanning bestaan uit burgers van Rusland, Georgië, Azerbeidjan en Kazakstan. Die Fitburg, ’n 132 m lange skip, was onderweg van St Petersburg, Rusland, na Haifa, Israel, toe die voorval plaasgevind het.

Volgens die Finse kuswag het die skip die kabel, wat aan die Finse telekommunikasiegroep Elisa behoort en in Estland se eksklusiewe ekonomiese sone geleë is, beskadig.

Ilkka Koskimaki, nasionale polisiekommissaris van Finland, het later bevestig dat die bemanningslede ondervra word. – AFP


2025-12-31 17:59:45

Franse paspoort vir akteur wek debat oor ‘dubbele standaarde’

'n Junior lid van pres. Emmanuel Macron se regering het Woensdag kritiek uitgespreek op die toekenning van Franse paspoorte aan die Hollywood-akteur George Clooney, sy vrou Amal, en hul kinders, ondanks die feit dat Clooney se Frans gebrekkig is.

Marie-Pierre Vedrenne, adjunk-minister van binnelandse sake, sê die stap skep die indruk van “dubbele standaarde”, veral aangesien nuwe immigrasiereëls van 1 Januarie af strenger taalvereistes vir burgerskap vereis.

Clooney, wat ’n eiendom in die suide van Frankryk besit, het self erken dat sy Frans gebrekkig is.

Die Franse regering het egter die besluit verdedig en beklemtoon dat die Clooneys aan al die wetlike vereistes voldoen, insluitend sekuriteitsondersoeke. In 2024 het sowat 48 800 mense Franse burgerskap gekry. – AFP


2025-12-31 18:01:55

Laaste sonsondergang

Tourists ride one?humped camels during the last sunset of 2025 on New Year�s Eve in Al?Wakrah, on December 31, 2025. (Photo by Mahmud HAMS / AFP) (MAHMUD HAMS/AFP)

Toeriste ry met kamele tydens die laaste sonsondergang van 2025 in Al-Wakrah in Katar. Foto: AFP


2025-12-31 18:10:22

Trump-raadgewers, Zelenski bespreek vredesplan vir Oekraïne

Raadgewers van pres. Donald Trump het Woensdag gesprekke gevoer met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne en nasionale veiligheidsraadgewers van Brittanje, Frankryk en Duitsland, om die volgende stappe te bespreek om Rusland se oorlog in Oekraïne te beëindig.

Volgens die Amerikaanse spesiale gesant, Steve Witkoff, het die gesprekke gefokus op praktiese maniere om Trump se vredesproses te bevorder.

Dit sluit in die versterking van veiligheidswaarborge en die ontwikkeling van doeltreffende meganismes om konflik te voorkom en te verseker dat die oorlog nie weer opvlam nie.

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, Trump se skoonseun Jared Kushner, en Oekraïne se hoofonderhandelaar, Roestem Oemerof, het ook aan die beraad deelgeneem. – Reuters


2025-12-31 19:00:13

Trump kap na windturbines oor arende, maar plaas verkeerde foto

Pres. Donald Trump se plasing op sosiale media oor windturbines wat bydra tot die uitwissing van Amerikaanse witkoparende het Woensdag vinnig opspraak verwek.

Die foto, wat Trump by sy plasing gedeel het, is jare gelede in Israel geneem en toon nie ’n witkoparend nie, maar waarskynlik ’n valk.

Trump het op Truth Social geskryf: “Windturbines maak al ons pragtige witkoparende dood!” Die witkoparend is Amerika se nasionale voël en verskyn op die land se seël, geld en militêre kentekens. Kenners het intussen bevestig dat die voël op die foto nie ’n witkoparend is nie. – AFP


2025-12-31 19:01:12

Ontploffing van kleur in Singapoer

New Year’s Eve fireworks at Marina Bay Sands in Singapore Fireworks explode over the Marina Bay during the New Year celebrations in Singapore, December 31, 2025. REUTERS/Ore Huiying (HUIYING ORE/REUTERS)

Kleurryke vuurwerk het 2026 in Marinabaai in Singapoer ingelui. Foto: Reuters


2025-12-31 19:15:47

Regter stuit verwydering van migrante uit VSA

’n Amerikaanse regter het Woensdag die Trump-administrasie gekeer om die beskerming teen deportasie vir duisende migrante uit Honduras, Nepal en Nicaragua te beëindig.

Regter Trina Thompson van San Francisco het bevind dat die regering nie voldoende aandag gegee het aan die moeilike omstandighede in die drie lande nie.

Sy het ook verwys na uitsprake van pres. Donald Trump en sy minister van binnelandse veiligheid, Kristi Noem, wat immigrante as misdadigers en ’n las vir die samelewing uitbeeld. Die tydelike beskermingsprogram bied tydelike beskerming en werkpermitte aan mense uit lande wat deur rampe of konflikte geraak is.

Ongeveer 72 000 Hondurese, 13 000 Nepalese en 4 000 Nicaraguane word deur die program beskerm. Die hofbeslissing beteken dat hierdie migrante voorlopig in Amerika mag bly. – Reuters


2025-12-31 19:46:39

Macron roep ‘koalisie van gewilliges’ byeen oor Oekraïne

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het Woensdag aangekondig dat Europese bondgenote, bekend as die ‘koalisie van gewilliges’, op 6 Januarie in Parys sal vergader om vaste beloftes te maak oor die beskerming van Oekraïne.

Macron het in sy Oujaarsaandtoespraak benadruk dat hierdie byeenkoms deur Brittanje en Frankryk gelei word en meer as 30 lande insluit.

Die doel is om Oekraïne se veiligheid en onafhanklikheid te verseker, selfs nadat ’n formele vredesooreenkoms met Rusland bereik is. – Reuters


2025-12-31 20:03:58

Familie wag op laaste gyselaar se terugkeer ná forum se sluiting

Die Israeliese groep wat families van gyselaars in die Gasastrook verteenwoordig, het Woensdag aangekondig dat hy sy aktiwiteite beëindig, met slegs een van die oorspronklike 251 vermistes wat steeds nie opgespoor is nie.

Die forum vir families van gyselaars en vermistes, bekend vir hul "Bring hulle nou huis toe"-veldtog, het sedert die aanval op 7 Oktober 2023 ’n invloedryke rol in Israel gespeel deur gereelde betogings en druk op die regering uit te oefen.

Volgens ’n verklaring is die stryd nie verby nie aangesien die oorskot van Ran Gvili, die laaste gyselaar, nog nie terugbesorg is nie. Die familie hoop steeds op sy terugkeer. – AFP


2025-12-31 20:05:06

Nuwejaar in Amsterdam

Revellers watch a fireworks and light show for children on Museumplein as part of New Year's Eve celebrations in Amsterdam on December 31, 2025. (Photo by Remko de Waal / ANP / AFP) / Netherlands OUT / NETHERLANDS OUT / NETHERLANDS OUT (REMKO DE WAAL/AFP)

Nederlanders kyk na 'n vuurwerk-en-ligvertoning op die Museumplein as deel van die Nuwejaarsvieringe in Amsterdam. Foto: AFP


2026-01-02 03:47:23

Bolsonaro terug agter tralies

Jair Bolsonaro, oudpresident van Brasilië, is Donderdag terug tronk toe nadat die hof sy versoek vir huisarres op grond van sy gesondheid geweier het.

Die 70-jarige was meer as 'n week in die hospitaal weens 'n liesbreuk. Hy is in September verlede jaar tot 27 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy 'n staatsgreep beplan het toe hy die verkiesing in 2022 verloor het. – AFP

A Federal Police convoy escorting former Brazil's�President (2019-2023) Jair Bolsonaro leaves the DF Star Hospital, where he underwent inguinal hernia surgery and a phrenic nerve block procedure, in Brasilia on January 1, 2026. (Photo by Evaristo Sa / AFP) (EVARISTO SA/AFP)

Oudpres. Jair Bolsonaro van Brasilië word op Nuwejaarsdag terug tronk toe geneem. Foto: AP


2026-01-02 03:53:27

Kim Jong-oen begroet 2026

Kim Jong-oen, leier van Noord Korea, waai vir skoolkinders wat aan 'n Nuwejaarsopvoering in Pjongjang deelneem. Foto: Reuters

North Korean leader Kim Jong Un attends an event to celebrate the New Year, in Pyongyang North Korean leader Kim Jong Un waves to schoolchildren participating in a New Year performance, in Pyongyang, North Korea, in this picture released by North Korea's official Korean Central News Agency on January 1, 2026. KCNA via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE WAS PROVIDED BY A THIRD PARTY. REUTERS IS UNABLE TO INDEPENDENTLY VERIFY THIS IMAGE. NO THIRD PARTY SALES. SOUTH KOREA OUT. NO COMMERCIAL OR EDITORIAL SALES IN SOUTH KOREA. (KCNA/via REUTERS)

2026-01-02 05:23:29

Só lyk Epstein kort voor sy dood

'n Nuwe foto van Jeffrey Epstein kort voor sy dood is uitgereik. 

Die foto is geneem toe die Amerikaanse Federale Buro van Gevangenisse 'n moontlike selfdoodpoging op 23 Julie 2023, terwyl die veroordeelde sekspes in aanhouding in New York was, ondersoek het.

Hy is op 10 Augustus 2019 dood in sy tronksel aangetref.

Die foto is uitgereik as deel van Amerika se grootskaalse ondersoek na Epstein se seksmisdrywe. – Reuters

New Epstein images released by U.S. Justice Department Jeffrey Epstein poses in a Federal Bureau of Prisons investigative document related to a possible July 23, 2019, 'suicide attempt' at the Metropolitan Correctional Center in New York, as part of a new trove of documents from its investigations into the late financier and convicted sex offender. U.S. Justice Department/Handout via REUTERS THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. (U.S. Justice Department/via REUTERS)

2026-01-02 06:14:11

Switserse tragedie: Weke om slagoffers uit te ken - polisie

Die Switserse polisie sê dit kan dae of selfs weke neem om al die slagoffers van die Crans-Montana-kroegbrand uit te ken.

Ongeveer 40 mense is dood in 'n brand op Nuwejaarsdag by die Le Constellation-oord. Minstens 100 mense is beseer en heelparty steeds vermis.

LEES MEER | Ontploffing by luukse ski-oord in Switserse Alpe 'nie terreur'

Van die slagoffers is toeriste van onder meer Frankryk en Italië. – AFP


2026-01-02 06:59:00

Dronkbestuur? Nee, dronk vlieg!

Kanada se vervoerreguleerder het Air India gevra om ondersoek in te stel nadat 'n vlieënier onder die invloed van drank vir diens aangemeld het en twee asemtoetse by die Vancouver Internasionale Lughawe gedruip het. 

Die voorval het 'n vlug van Vancouver na Delhi op 23 Desember vertraag totdat 'n ander vlieënier kon oorneem.

Die reguleerder het Air India tot  26 Januarie gegee om die bevindinge van hul ondersoek in te dien. Intussen is die vlieënier van die lugdiens se skofrooster verwyder. – Reuters


2026-01-02 07:41:22

Is dit Noord-Korea se volgende leier?

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, se dogter, Kim Joe-Ae, het haar eerste openbare besoek aan 'n mausoleum  afgelê wat haar oupa en oupagrootjie se oorskot huisves, het staatsmedia Vrydag berig, wat haar posisie as waarskynlike opvolger verder verstewig het.

Tydens die besoek aan die Kumsusan-paleis van die Son in Pjongjang het Joe-Ae in die middel in die voorste ry gesit, wat eintlik vir haar pa bedoel is. Ontleders meen dit is moontlik dat sy  as opvolger aan die "ewige leiers" voorgestel is.

Sy is die eerste keer in 2022 in die openbaar voorgestel en word sedertdien 'n "groot persoon van leiding" genoem. – AFP

This picture taken on December 31, 2025 and released by North Korea's official Korean Central News Agency (KCNA) via KNS on January 1, 2026 shows North Korean leader Kim Jong Un watching a New Year's performance with his daughter Kim Ju Ae (L) at the May Day Stadium in Pyongyang. North Korean leader Kim Jong Un has praised his troops fighting abroad as forging an "invincible alliance" with Russia in a new year's message, state media said on January 1. (Photo by KCNA VIA KNS / AFP) / South Korea OUT / SOUTH KOREA OUT / SOUTH KOREA OUT / ---EDITORS NOTE--- RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO/KCNA VIA KNS" - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS THIS PICTURE WAS MADE AVAILABLE BY A THIRD PARTY. AFP CAN NOT INDEPENDENTLY VERIFY THE AUTHENTICITY, LOCATION, DATE AND CONTENT OF THIS IMAGE. / (STR/AFP)

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, en sy dogter, Kim Joe-Ae.  Foto: AFP


2026-01-02 08:04:42

Byna alle nuwe motors in Noorweë is elektries

95,9% van nuwe motors wat in 2025 in Noorweë geregistreer is, is ten volle elektries.

Tesla het vir die vyfde agtereenvolgende jaar die voortou met verkope hier geneem.

'n Rekordgetal van 179 549 voertuie is geregistreer, 'n styging van 40% vanaf 2024. Dit word toegeskryf aan belastingaansporings voordat nuwe heffings op 1 Januarie in werking getree het.

Noorweë se vinnige elektriese oorgang staan in skerp kontras met die Europese Unie wat verlede maand sy beplande 2035-verbod op binnebrand-enjins geskrap het weens 'n swak vraag na elektriese motors. – Reuters


2026-01-02 08:25:51

BYD verkoop dalk meer elektriese motors as Tesla in 2025

Die Chinese motorvervaardiger BYD het 'n rekord van 2,26 miljoen elektriese voertuie (EV’s)in 2025 verkoop, wat dit in staat stel om Tesla dalk vir die eerste keer in jaarlikse EV-verkope te klop.

Tesla het 1,22 miljoen verkope tot September aangekondig, met resultate vir die volle jaar wat later Vrydag verwag word. BYD het Tesla amper in 2024 verbygesteek (1,76 miljoen teenoor 1,79 miljoen verkope).

Die Shenzhen-gebaseerde maatskappy oorheers China se EV-mark en brei oorsee uit, terwyl Tesla sukkel nadat Elon Musk by die Amerikaanse politiek betrokke geraak het. – AFP

Die BYD Dolphin Surf wat onlangs bekend gestel is. BYD-motors is sedert 2023 in Suid-Afrika te koop. Foto: BYD


2026-01-02 08:37:24

Skiet op betogers en kry met Amerika te doen, waarsku Trump

Pres. Donald Trump waarsku Iran dat Amerika sal ingryp sou vreedsame betogers geskiet of doodgemaak word.

Dit volg nadat verskeie mense na berig word dood is in Iran se grootste protesoptogte  in drie jaar. Daar word sedert Sondag oor die land heen betoog oor die die Iranse geldeenheid wat skerp daal en inflasie wat die deur die dak skiet.

Betogers eis dat die regering 'n omvattende plan van aksie voorlê om die land se ekonomie van die afgrond te red.

Iran se ekonomie sukkel al jare lank om weer op die been te kom nadat Amerika in 2018 sanksies ingestel het. – Reuters


2026-01-02 09:31:46

Kinders beland in gay-kletswebwerf pleks van taaloefening

'n Sillabus vir 11- en 12-jariges in Sri Lanka het leerlinge verkeerdelik na 'n gay-kletswebwerf pleks van taaloefeninge geneem.

Sri Lanka, waar homoseksualiteit onwettig is, se departement van onderwys vermoed dit is sabotasie ten einde onderwyshervormings te vertraag.

Drie ondersoekspanne kon nog nie die wortel van die probleem vind nie. Intussen is die foutiewe skakel verwyder en het die hoof van die Nasionale Instituut vir Onderwys ook bedank. – AFP


2026-01-02 11:14:55

Suid-Korea: Hof verleng aanhouding van voormalige president

’n Hof in Suid-Korea het Vrydag ’n nuwe inhegtenisnemingsbevel uitgereik teen Yoon Suk-yeol, voormalige president van die land, wat sy aanhouding verleng terwyl hy teregstaan op aanklagte wat verband hou met sy poging in 2024 om krygswet af te kondig.

Yoon is in November aangekla op verskeie klagte van hulpverlening aan die vyand, nadat hy glo opdrag gegee het vir hommeltuigvlugte oor Noord-Korea om sy planne vir militêre beheer te versterk. Die oorspronklike inhegtenisnemingsbevel sou op 18 Januarie verval het, maar die hof het dit nou met tot ses maande verleng weens kommer dat hy moontlik bewyse kan vernietig.

Yoon is reeds maande lank in aanhouding terwyl verskeie strafregtelike verhore voortduur. Hy het op 3 Desember 2024 die burgerlike regering kortliks opgeskort, wat tot grootskaalse betogings en ’n parlementêre krisis gelei het. Hy is in April amptelik uit sy amp verwyder.

Die vervolging vra ook tronkstraf van 10 jaar weens regsverydeling, met ’n uitspraak wat op 16 Januarie verwag word. – AFP


2026-01-02 11:22:03

Indonesiese kritici geteiken met petrolbom, dreigemente

Menseregte-aktiviste in Indonesië waarsku oor toenemende bedreigings teen vryheid van spraak nadat ’n petrolbom na die huis van ’n regeringskritikus gegooi is en ander intimiderende boodskappe ontvang het.

Die voorvalle volg nadat verskeie aktiviste die regering gekritiseer het oor sy hantering van die ernstige vloede in Noord-Soematra in November, waarin meer as 1 000 mense gesterf het. In ’n gesamentlike verklaring van 91 menseregtegroepe word die intimidasie as ’n aanval op demokrasie en vryheid van uitdrukking beskryf.

Ramond Donny Adam, ’n bekende sosialemedia-persoonlikheid, sê ’n petrolbom is op 31 Desember na sy huis gegooi, maar het nie ontplof nie. Hy het ook ’n dooie hoender en dreigbriewe ontvang. Ander aktiviste is ook geteiken ná kritiek op die regering. – Reuters


2026-01-02 11:27:03

Lui nuwe jaar met straatparade in

PASADENA, CALIFORNIA - JANUARY 01: Performers take to the street in the rain during the 137th Rose Parade on January 1, 2026 in Pasadena, California. Themed "The Magic in Teamwork," this year's parade featured dozens of flower-decorated floats, equestrian units and marching bands from across the United States and around the world along the 5.5-mile route. It was the first time in two decades that the parade was held in rainy conditions, as a powerful winter storm drenched the region. (Photo by Qian Weizhong/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

Kunstenaars hou ’n straatparade in Pasadena, Kalifornië, om die nuwe jaar in te lui. Foto: Getty Images


2026-01-02 12:07:51

Pole bied hulp aan Switserse brandslagoffers

Pole het Vrydag aangekondig dat hy gespesialiseerde mediese sorg aanbied nadat Switserse brandwond-eenhede oorweldig is en slagoffers van ’n brand by ’n ski-oord na buurlande gestuur is.

“Ons is gereed, op Switserland se versoek, om gespesialiseerde mediese sorg aan 14 beseerdes in Poolse hospitale te verskaf,” het Donald Tusk, Poolse premier, op X geskryf.

“Switserland en die kanton Wallis kan op Poolse solidariteit reken,” het hy bygevoeg. Sowat 40 mense is dood en ongeveer 115 beseer in ’n brand by ’n kroeg in die luukse Switserse ski-oord Crans-Montana. Beseerdes is Donderdag van Switserland na hospitale in Duitsland, Italië en Frankryk oorgeplaas. – AFP


2026-01-02 12:14:09

Zelenski stel nuwe hoof aan ná korrupsieskandaal

Pres. Wolodimir Zelenski het Vrydag aangekondig dat die hoof van militêre intelligensie, Kirilo Boedanof, as die nuwe hoof van sy kantoor aangestel is. Dit volg nadat sy vorige topassistent in November bedank het weens ’n korrupsieskandaal.

“Ek het ’n vergadering met Kirilo Boedanof gehad en hom die pos as hoof van die presidensiële kantoor van Oekraïne aangebied,” sê Zelenski. Boedanof is bekend as die hoof van Oekraïne se militêre intelligensiediens en het ’n sleutelrol gespeel in die land se verdediging teen Rusland se inval.

Die vorige hoof van die presidensiële kantoor het in November 2023 bedank nadat bewerings van korrupsie aan die lig gekom het, wat druk op Zelenski geplaas het om sy span te hervorm en vertroue in die regering te herstel. – AFP


2026-01-02 12:15:53

Mediese personeel werskaf ná Switserse tragedie

Aftermath of New Year's Eve party fire and explosion at Crans-Montana's "Le Constellation" bar, in Sion Medical staff and airport personnel work nex to Swiss Air-Ambulance planes and an ambulance at Sion Airport, following a fire and an explosion at the "Le Constellation" bar, during a New Year's Eve party in the upscale ski resort of Crans-Montana in southwestern Switzerland, in Sion, Switzerland, January 2, 2026. REUTERS/Lisa Leutner (Lisa Leutner/REUTERS)

Mediese en lughawepersoneel by Switserse Air-Ambulance-vliegtuie en ’n ambulans by die Sion-lughawe ná ’n brand en ontploffing by die Le Constellation-kroeg gedurende ’n Nuwejaarspartytjie by die luukse ski-oord Crans-Montana in die suidweste van Switserland. Foto: Reuters


2026-01-02 13:00:10

2025: Warmste jaar nóg in Brittanje se geskiedenis

Brittanje het in 2025 sy warmste en sonnigste jaar nóg beleef, het die nasionale weerdiens Vrydag aangekondig. Die vorige rekord, wat in 2022 opgestel is, is oortref weens aanhoudende hoëdrukstelsels en buitengewoon warm seewater wat temperature laat styg het.

Volgens die weerdiens was die gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,09 °C, hoër as die 2022-gemiddeld van 10,03 °C. Dit is slegs die tweede keer sedert 1884, toe gedetailleerde rekords begin is, dat die jaarlikse gemiddelde temperatuur bo 10 °C was.

Die syfers beteken ook dat vier van die afgelope vyf jaar nou onder die vyf warmste jare sedert 1884 tel. Weerkundiges het reeds verlede maand gewaarsku dat hierdie neiging die vinnige tempo van klimaatsverandering beklemtoon. – Reuters


2026-01-02 13:01:18

Hernude spanning in Jemen ná VAE-separatiste se opmars

Saoedi-ondersteunde magte in Jemen se Hadramawt-provinsie het Vrydag ’n operasie van stapel gestuur om militêre terreine vreedsaam terug te neem, nadat separatiste onlangs groot gebiede ingeneem het.

Die offensief deur die Suidelike Oorgangsraad (STC), wat deur die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gesteun word, het reeds tot lugaanvalle deur die Saoedi-geleide koalisie gelei en spanning tussen Saoedi-Arabië en die VAE laat toeneem.

Goewerneur Salem Al-Chanbasji, wat sopas as leier van die Saoedi-ondersteunde Nasionale Skild-magte aangestel is, beklemtoon dat die operasie nie ’n oorlogsverklaring is nie, maar daarop gemik is om militêre basisse vreedsaam oor te dra. Die STC het verlede maand groot dele van Hadramawt en Mahra, naby Oman, oorgeneem.

Intussen het die STC ’n Saoedi-delegasie verhinder om by die Aden-lughawe te land, wat die spanning verder verhoog. Die situasie bedreig ook die brose vredesonderhandelinge met die Hoethi-rebellegroep. – AFP


2026-01-02 13:02:25

Nasietrots

People wave national flags during the traditional New Year's greeting ceremony by Japan's royal family at the Imperial Palace in Tokyo on January 2, 2026. (Photo by Philip FONG / AFP) (PHILIP FONG/AFP)

Mense swaai Vrydag landsvlae rond gedurende die tradisionele Nuwejaarsverwelkomingseremonie deur Japan se koninklike familie by die keiserlike paleis in Tokio. Foto: AFP


2026-01-02 14:03:18

Twee in arres weens skade aan ondersese kabel

Vordering is gemaak met die ondersoek na die skade van ’n ondersese telekommunikasiekabel wat deur die operateur Elisa besit word, sê die Finse polisie.

Die polisie het Woensdag op die vragskip Fitburg beslag gelê terwyl dit van Rusland na Israel op pad was weens die vermoedelike sabotasie van die telekommunikasiekabel in die Golf van Finland. 

Ondersoekbeamptes het Donderdag gesê hulle het twee individue in hegtenis geneem en ’n reisverbod ingestel teen twee ander van die skip se 14 bemanningslede, wat van Rusland, Georgië, Kazakstan en Azerbeidjan afomstig is. – Reuters


2026-01-02 14:04:13

Trump spog oor sy 'perfekte gesondheid', looi gerugte oor sy welstand

Hy beskik oor “perfekte gesondheid”, het pres. Donald Trump Vrydag gesê nadat ’n onderhoud gepubliseer is waarin die 79-jarige sy geskiktheid vir die amp verdedig te midde van kommer oor sy welstand.

“Die Withuis-dokters het pas bevestig ek beskik oor ‘PERFEKTE GESONDHEID’ en het my kognitiewe toets vir die derde keer agtereenvolgens met ‘VOLPUNTE’ geslaag – iets wat geen ander president of visepresident wou doen nie,” skryf Trump op sy sosialemediaplatform, Truth Social. 

In ’n Wall Street Journal-onderhoud skryf Trump, die oudste persoon tot nog toe wat die Amerikaanse presidentskap beklee, groot kneusplekke aan sy hande aan aspirien toe en ontken dat hy tydens vergaderings ’n uiltjie knip. – AFP


2026-01-02 14:05:16

Soeke na lafenis

FILE PHOTO: People enjoy hot weather in Brighton FILE PHOTO: A person jumps off the seawall into the water, watched by onlookers, during hot weather on Summer bank holiday in Brighton, Britain, August 25, 2025. REUTERS/Toby Melville/File Photo (Toby Melville/REUTERS)

’n Vrou spring vanaf ’n seewal tydens ’n warm dag in Brighton, Engeland. Foto: Reuters


2026-01-02 15:07:48

Talle buitelanders onder slagoffers van kroegbrand in Switserland

113 van die 119 mense wat in die verwoestende brand by ’n Switserse kroeg tydens Nuwejaarsvieringe beseer is, is reeds geïdentifiseer, het Switserse owerhede Vrydag gesê.

40 mense is in die brand dood en talle buitelanders is onder die slagoffers. Volgens Frédéric Gisler, polisiehoof, is daar 14 Franse, 11 Italianers en vier Serwiërs onder die beseerdes. Owerhede het verder aangekondig dat sowat 50 van die beseerdes reeds na ander Europese lande oorgeplaas is of binnekort oorgeplaas sal word vir behandeling in gespesialiseerde brandwondeenhede.

Die tragedie het plaasgevind in die luukse ski-oord Crans-Montana, waar die kroeg vol feesgangers was om die nuwe jaar in te lui. Die omvang van die ramp het plaaslike hospitale oorweldig, wat daartoe gelei het dat pasiënte na buurlande soos Duitsland, Italië, Frankryk en Pole oorgeplaas is vir verdere sorg. Die oorsaak van die brand word ondersoek. – AFP


2026-01-02 15:18:45

Vrygelate gyselaar beskryf gruwels van aanhouding in Gasastrook

Romi Gonen, voormalige Israeliese gyselaar, het in ’n TV-onderhoud onthul dat sy tydens haar 15 maande lange aanhouding in die Gasastrook deur vier Hamas-lede seksueel aangerand is.

In die onderhoud met Channel 12 sê die 25-jarige Gonen sy het verskeie vorme van seksuele aanranding ervaar sonder om die woord “verkragting” direk te gebruik.

Sy is in Januarie 2025 vrygelaat tydens ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas. Gonen beskryf hoe sy in haar kamer aangerand is en hoe ’n wag haar selfs na die toilet gevolg het om haar weer aan te rand. Sy vertel ook van die vrees en dreigemente wat sy moes verduur, soos toe ’n wag ’n geweer teen haar kop gehou het.

Hamas ontken die bewerings, maar ander vrygelate gyselaars het soortgelyke klagtes geopper. – AFP


2026-01-02 15:28:34

Die puin van 'n tragedie

Building collapses in Nairobi Rescue workers stand on the rubble where a 16-storey residential building under construction collapsed near the shopping centre in the South C neighbourhood of Nairobi, Kenya January 2, 2026. REUTERS/Monicah Mwangi (Monicah Mwangi/REUTERS)

Reddingswerkers staan tussen die puin waar ’n 16-verdieping-woongebou in aanbou naby die winkelsentrum in die South C-woonbuurt in Nairobi, Kenia, Vrydag ineengestort het. Die polisie het die voorval bevestig, maar kon nog nie die aantal sterftes vasstel nie. Foto: Reuters


2026-01-02 16:18:33

Musk-kletsbot se seksuele inhoud klaarblyklik onwettig, sê Franse ministers

Franse ministers het Vrydag aan die vervolgingsgesag verslag gedoen oor seksueel eksplisiete inhoud wat deur Elon Musk se kunsmatige-intelligensie-kletsbot, Grok, op X gegenereer is.

Die ministers beskryf die “seksuele en seksistiese” inhoud in ’n verklaring as “klaarblyklik onwettig”. Grok het vroeër erken dat tekortkominge in veiligheidsmaatreëls daartoe gelei het dat “beeldmateriaal van minderjariges in minimale kleredrag” op X verskyn het en het belowe om verbeteringe aan te bring om sulke gevalle in die toekoms te voorkom. 

Die ministers het die inhoud ook by Arcom, Franse mediatoesighouer, aangemeld om te bepaal of dit aan die Europese Unie (EU) se Wet op Digitale Dienste voldoen. – Reuters


2026-01-02 16:19:35

Aardbewing tref Mexiko; president ontruim paleis saam met joernaliste

’n Aardbewing met ’n sterkte van 6.5 het Vrydag die stad Mexiko en die suidwestelike deelstaat Guerrero geskud, wat inwoners paniekerig die strate in laat vlug het.

Luidens voorlopige verslae is geen ernstige skade aangerig nie. Pres. Claudia Sheinbaum moes die presidentspaleis saam met joernaliste ontruim tydens haar gereelde mediakonferensie. Die seismologiese diens het bevestig dat die episentrum sowat 14 km suidwes van San Marcos in die deelstaat Guerrero was, sowat 400 km van die stad Mexiko.

Owerhede het vinnig gereageer om seker te maak dat daar geen lewensverlies of groot strukturele skade is nie. 

Die aardbewing het inwoners herinner aan vorige rampe, maar dié keer het die stad en omliggende gebiede grootliks ongedeerd daarvan afgekom. – AFP


2026-01-02 16:20:40

Soektog onder die wolke

A man look for clams along Cha-Am Beach in Phetchaburi A man look for clams along Cha-Am Beach, in Phetchaburi province, Thailand, January 2, 2026. REUTERS/Chalinee Thirasupa (Chalinee Thirasupa/REUTERS)

’n Man soek na mossels langs die Tsja-am-strand in die Petsjaboeri-provinsie van Thailand. Foto: Reuters


2026-01-02 17:01:36

Venezuela wil nou dwelms saam met VSA beveg

Pres. Nicolas Maduro van Venezuela het in ’n Nuwejaarsonderhoud gesê die land is bereid om Amerikaanse beleggings in sy oliesektor te aanvaar, saam te werk teen dwelmhandel en ernstige gesprekke te voer.

“As hulle ernstig wil praat oor ’n ooreenkoms teen dwelmhandel, is ons gereed. As hulle Venezuela se olie wil hê, is ons gereed om Amerikaanse beleggings te aanvaar,” het Maduro gesê.

Hy het Amerika daarvan beskuldig dat hy druk uitoefen om Venezuela se natuurlike hulpbronne te bekom. Amerikaanse sanksies en beslaglegging op olietenkskepe het Venezuela se olie-uitvoer gehalveer, wat die land se ekonomiese krisis vererger.

Maduro sê sy land het ’n doeltreffende model om dwelmhandel te beveg. – Reuters


2026-01-02 17:03:04

VSA fnuik beweerde Isis-aanval

Die Amerikaanse departement van justisie sê ’n vermeende plan is gefnuik waarin ’n man van Noord-Carolina, Christan Sturdivant (18), ’n Isis-geïnspireerde aanval met messe en hamers tydens Nuwejaarsvieringe wou uitvoer.

Sturdivant, van Mint Hill, is aangekla van die verskaffing van materiële ondersteuning aan ’n buitelandse terreurorganisasie. Hy het nog nie op die aanklagte gepleit nie.

FBI-agente het tydens ’n klopjag op sy huis ’n handgeskrewe dokument met die titel “New Years Attack 2026” gevind, waarin planne beskryf is om tot 20 mense aan te val en polisiebeamptes wat op die toneel sou reageer, dood te maak. 

Isis, oftewel die Islamitiese Staat, is ’n internasionaal verbode terreurorganisasie wat dikwels aanhangers aanmoedig om aanvalle in Westerse lande van stapel te stuur. – Reuters


2026-01-02 17:05:13

Nie ’n pajama-parade...

Women in pyjamas remain outside after evacuating their homes during a 6.5 magnitude earthquake, in Mexico City on January 2, 2026. A 6.5-magnitude earthquake shook Mexico City and parts of southwestern Guerrero state on Friday, the national seismological service confirmed. (Photo by Alfredo ESTRELLA / AFP) (ALFREDO ESTRELLA/AFP)

Vroue in slaapklere staan buite nadat hulle hul huise ontruim het tydens 'n aardbewing in Mexikostad. Foto: AFP


2026-01-02 18:01:27

Vrou sterf in bergleeu-aanval in Colorado

‘n Staproete in Colorado was Donderdag die toneel van wat vermoedelik die eerste noodlottige bergleeu-aanval in die Amerikaanse deelstaat in meer as 25 jaar was.

Die lewelose liggaam van 'n vrou, wat vermoedelik alleen gaan stap het, is op die Crosier Mountain-roete naby Estes Park gevind, met ’n bergleeu naby haar. Ander stappers het die dier met klippe verjaag, maar ’n dokter op die toneel kon geen pols vind nie.

Lede van Colorado Parks and Wildlife het twee bergleeus in die omgewing doodgeskiet, maar dit is onseker of een of meer diere by die aanval betrokke was.

Sedert 1990 is slegs 28 mense in Colorado deur bergleeus aangeval, met die laaste noodlottige aanval in 1999. Die vrou se identiteit is nog nie bekend gemaak nie. – Reuters


2026-01-02 18:03:05

Zelenski: Vredesooreenkoms byna gereed, grondgebied steeds twispunt

Oekraïne maak gereed om Saterdag sekuriteitsadviseurs van sowat 15 bondgenote, asook verteenwoordigers van die Europese Unie (EU) en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) in Kijif te verwelkom.

’n Amerikaanse afvaardiging sal via videoverbinding by die vergadering aansluit. Die beraad, gevolg deur ’n leiersberaad van die sogenaamde “koalisie van die gewilliges” wat volgende week in Frankryk beplan word, is deel van verskeie pogings om vrede te bewerkstellig ná bykans vier jaar van oorlog teen Rusland.

Pres. Wolodimir Zelenski het in sy Nuwejaarstoespraak gesê ’n Amerikaans-bemiddelde vredesooreenkoms is “90% gereed", maar die kwessie van grondgebied bly die grootste struikelblok. – Reuters


2026-01-02 18:04:16

Maan toe en terug...

Moon rises on eve of Wolf Moon supermoon as passenger plane flies in London The moon rises on the eve of a Wolf Moon supermoon as as a British Airways passenger plane flies in London, Britain, January 2, 2026. REUTERS/Toby Melville (Toby Melville/REUTERS)

’n Britse passasiersvliegtuig styg van Londen af  op met die maan op die agtergrond. Foto: Reuters


2026-01-02 19:01:06

Man in hof ná botsing waarin 2 vriende van bokskampioen sterf

Die bestuurder van die voertuig wat in die ongeluk betrokke was waarin die Britse oud-wêreld-swaargewigkampioen Anthony Joshua beseer is en twee van sy vriende gesterf het, word aangekla van roekelose bestuur.

Die Nigeriese polisie het dit Vrydag bevestig.

Adeniyi Mobolaji Kayode (46) het in die Sagamu-landdroshof verskyn ná die ongeluk Maandag op die Lagos-Ibadan-hoofweg. Hy staan tereg op vier aanklagte, waaronder roekelose bestuur, en borgtog van 5 miljoen naira (sowat R57 000) is toegestaan. Hy sal in aanhouding bly totdat die borgtogvoorwaardes nagekom is. Die saak is uitgestel tot 20 Januarie.

Joshua (36) het ligte beserings opgedoen toe die voertuig waarin hy gery het, met ’n ander voertuig gebots het. Sy vriende, Sina Ghami en Latif Ayodele, is in die ongeluk dood. Pres. Bola Tinubu van Nigerië het sy meegevoel aan Joshua en die oorledenes se families betuig. – Reuters


2026-01-02 19:06:41

Skotte toegesneeu

BALLATER, SCOTLAND - JANUARY 02: People are seen walking in a snow shower as an 'amber' snow warning was issued on January 02, 2026 in Ballater, Scotland. Severe conditions were forecast in Scotland as winter weather swept across the UK. (Photo by Jeff J Mitchell/Getty Images) (Jeff J Mitchell/Getty Images)

Mense loop huis toe in die sneeu in Ballater, Skotland, nadat die weerdiens vroeër ’n waarskuwing oor swaar sneeuneerslae uitgereik het. Foto: Getty Images


2026-01-02 19:59:08

Brand in Switserland: Veiligheidsreëls is gevolg, sê kroeg-eienaar

Die eienaar van die Le Constellation-kroeg in die Switserse ski-oord Crans-Montana waar 40 mense in ’n verwoestende brand tydens Nuwejaarsvieringe dood en 119 ander beseer is, sê alle veiligheidsmaatreëls is nagekom.

Jacques Moretti, wat die kroeg saam met sy vrou, Jessica, bestuur, sê die plek ondergaan gereelde inspeksies en dat alles volgens regulasies gedoen is.

Ooggetuies sê die kelder, waar die brand ontstaan het, was net met ’n smal trap aan die grondvloer verbind.

Die oorsaak van die brand word ondersoek, met voorlopige aanduidings dat vonkelstokkies of Bengale-kerse aan sjampanje-bottels te naby aan die plafon gehou is. – AFP


2026-01-02 20:00:19

Appèlhof verwerp eis teen ‘Top Gun: Maverick’

’n Federale appèlhof in Amerika het Vrydag beslis dat die 2022-trefferfliek Top Gun: Maverick nie die outeursreg van die artikel wat die oorspronklike 1986-rolprent geïnspireer het, geskend het nie.

Die negende rondgaande appèlhof in Kalifornië het bevind dat Maverick nie wesenlik ooreenstem met "Top Guns", Ehud Yonay se 1983-artikel oor die Amerikaanse vloot se vegvlieënier-opleidingskool, nie.

Yonay het destyds die regte aan Paramount verkoop en is in die oorspronklike rolprent krediet gegee daarvoor. Sy weduwee en seun het nou geëis dat hulle deel van Maverick se wins verdien.

Die hof het egter bevind dat die nuwe fliek unieke elemente bevat en dat ooreenkomste te vaag is om beskerm te word. Paramount hoef Yonay nie krediet te gee in Maverick nie. Die uitspraak bevestig ’n vorige hofbeslissing in Los Angeles. – Reuters


2026-01-02 20:01:41

Voorbereiding vir ’n oorlog?

Military build up continues in Puerto Rico, amid tensions between Trump's administration and the government of Venezuelan Maduro Personnel work on U.S. Marine Corps AH-1Z Viper helicopters parked on the tarmac at the former Roosevelt Roads naval base, amid tensions between the administration of U.S. President Donald Trump and the government of Venezuelan President Nicolas Maduro, in Ceiba, Puerto Rico, January 2, 2026. REUTERS/Eva Marie Uzcategui (Eva Marie Uzcategui/REUTERS)

Personeel werk aan Amerikaanse weermaghelikopters in Ceiba, Puerto Rico, te midde van spanning tussen die administrasie van pres. Donald Trump en dié van pres. Nicolas Maduro van Venezuela. Foto: Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM