Munisipaliteite

Munisipaliteit koop kuns vir versameling

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Earth Circuitry in Flight deur Bretten-Anne Moolman.      Foto's: Willemien Green
Earth Circuitry in Flight deur Bretten-Anne Moolman. Foto's: Willemien Green

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit (NMM) het die name van die kunstenaars wie se werk vir die stad se kunsversameling aangekoop sal word, aangekondig.

Die munisipaliteit het in 2020 in samewerking met die Rooi Lokasie-kunsgalery en die Nelson Mandela-kunsmuseum (NMM-kunsmuseum) 'n beroep op Oos-Kaapse kunstenaars wat in die provinsie woon of werk (of voorheen hier gewoon of gewerk het) gedoen om kunswerke in te dien.

Untitled 1 deur Zolani Siphungela.
Untitled 1 deur Zolani Siphungela.

Verskeie werke sou dan gekies word vir 'n uitstalling wat by die NMM-kunsmuseum aangebied sou word.

Uit die groep van 64 kunstenaars wat hul werk ingeskryf het, is 28 kunstenaars se werk vir die Celebrating Eastern Cape Art-kunsuitstalling gekies.

Die 16 kunstenaars wie se werk nou aangekoop sal word, is op Dinsdag 21 September tydens 'n spesiale geleentheid by die NMM-kunsmuseum in Gqeberha bekend gemaak.

Bounty of the Bay 2 deur Billie McNaughton.
Bounty of the Bay 2 deur Billie McNaughton.

Die kunstenaars, wat in verskillende mediums gewerk het, is Billie McNaughton (Bounty of the Bay 2), Bretten-Anne Moolman (Earth Circuitry in Flight), Christine Dixie (The Interior (with fish)), Jonathan van der Walt (In the Pipeline), Kader Abdulla (Turning Circles), Khaya Ngcangca (uKamvalethu/Our Future), Michael Barry (Fragments of the Rainbow Nation), Mxolisi Dolla Sapeta (Bhabha Black Sheep), Natasha Bezuidenhout (Om brood te breek), Sakumzi Nyendwana (Cradock Four), Shamin Chibba (Limbo), Sonwabiso Ngcai (Liyahamba Isiko?), Tim Hopwood (Three Men Descending from an Aircraft), Wezile Mgibe (The Interrogator), Wezile Mgibe (Wamkelekile) en Zolani Siphungela (Untitled 1).

Die uitstalling kan tot 16 Oktober by die NMM-kunsmuseum besigtig word.

Belangstellendes kan ook 'n virtuele toer van die uitstalling op die kunsmuseum se webtuiste by www.artmuseum.­co.za onderneem.

Skakel 041 506 2000 vir meer inligting.

Willemien Green

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM