Omgewing

WEERKAART | Die weer in jou streek Vrydag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
19 September se weerkaart
19 September se weerkaart (Grafika24)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen hewige reën Vrydag wat moontlik tot oorstromings in die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal kan lei.

’n Waarskuwing is ook uitgereik aangaande toestande wat tot wegholveldbrande kan lei in die Noord-Kaap, asook in die westelike dele van Noordwes en die Vrystaat.

Gauteng

Sonnig.

• Pretoria: 10 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 8 °C tot 28 °C

• Vereeniging: 5 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot warm. Gedeeltelik bewolk in die Laeveld en die platorand, waar motreën verwag word.

• Mbombela: 14 °C tot 27 °C

• eMalahleni: 7 °C tot 27 °C

• Standerton: 2 °C tot 25 °C

• Skukuza: 16 °C tot 30 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk in die weste met motreën in die Laeveld en die platorand, andersins sonnig en warm.

Baie warm in die westelike Bosveld.

• Polokwane: 12 °C tot 26 °C

• Tzaneen: 11 °C tot 28 °C

• Musina: 17 °C tot 31 °C

• Lephalale: 14 °C tot 34 °C

• Mokopane: 13 °C tot 32 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderstorms in die verre weste.

• Potchefstroom: 7 °C tot 31 °C

• Mahikeng: 12 °C tot 32 °C

• Rustenburg: 12 °C tot 32 °C

• Vryburg: 6 °C tot 32 °C

Vrystaat

Miskolle in die oggend in die verre weste, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die weste met enkele donderstorms in die noordweste.

• Bloemfontein: 1 °C tot 29 °C

• Bethlehem: 0 °C tot 25 °C

• Kroonstad: 6 °C tot 29 °C

• Ficksburg: -1 °C tot 26 °C

Noord-Kaap

Mistig in die oggend in die suidweste, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die verre ooste met enkele donderstorms in die verre noordooste.

• Upington: 9 °C tot 35 °C

• Kimberley: 5 °C tot 32 °C

• Alexanderbaai: 8 °C tot 23 °C

• Sutherland: -1 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel tot warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.

• Kaapstad: 11 °C tot 24 °C

• Vredendal: 7 °C tot 30 °C

• George: 9 °C tot 20 °C

• Worcester: 7 °C tot 24 °C

• Beaufort-Wes: 5 °C tot 26 °C

Oos-Kaap

Mistig in die oggend met miskolle in die weste, veral in die binneland, andersins sonnig en koel.

Gedeeltelik bewolk en koel in die ooste met enkele reënneerslae in die Wildekus en aangrensende binneland.

Sonnig noord van die platorand.

• Gqeberha: 13 °C tot 19 °C

• Graaff-Reinet: 3 °C tot 24 °C

• Oos-Londen: 13 °C tot 20 °C

• Port St. Johns: 11 °C tot 19 °C

• Mthatha: 6 °C tot 20 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk met enkele reënneerslae, wat meer verspreid in die noordooste sal voorkom.

• Durban: 17 °C tot 21 °C

• Richardsbaai: 16 °C tot 22 °C

• Pietermaritzburg: 11 °C tot 20 °C

• uMnambithi (Ladysmith): 12 °C tot 25 °C

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM