Omgewing

Kans op reën die naweek in Wes- en Oos-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën word Saterdag oor groot dele van die Wes- en Oos-Kaap verwag.  Foto: Jaco Marais
Reën word Saterdag oor groot dele van die Wes- en Oos-Kaap verwag. Foto: Jaco Marais

Reën word Saterdag oor verskeie dele van die Wes-Kaap verwag, met donderweer wat ook oor die grootste deel van die Oos-Kaap kan voorkom.

Grootliks bewolkte en matige weer word die naweek oor albei provinsies verwag.

Saterdag is daar 'n 30%-kans op reën die middag in Kaapstad, die Paarl, Worcester, Ceres, Malmesbury, Langebaan, Redelinghuys, Clanwilliam, Vredendal, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas.

Oor die res van die Wes-Kaap word sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer verwag met maksimum temperature grootliks onder 20 °C.

Vir Kaapstad word 'n maksimum temperatuur van 17 °C voorspel, 'n noordwestewind van 20 km/h en misreën in die oggend.

Vir George word 'n maksimum temperatuur van 19 °C voorspel.

In Hermanus kan die noordwestewind 'n spoed van 30 km/h bereik en in Kaap Agulhas word 'n westewind van 30 km/h verwag.

In die Oos-Kaap is daar 'n 30%-kans op buie of reën en donderweer oor die grootste deel van die provinsie.

In Port St. Johns en Mthatha is daar tot 'n 60%-kans op reën en donderweer die middag.

Vir Gqeberha word 'n maksimum temperatuur van 20 °C voorspel en 'n suidwestewind van 30 km/h.

Teen Sondag word bewolkte tot gedeeltelik bewolkte weer oor die Suidwes-Kaap verwag, met sonnige weer op plekke in die Suid-Kaap en Karoo.

Vir Kaapstad word 'n maksimum temperatuur van 19 °C voorspel en vir George 20 °C.

In die Oos-Kaap word deels bewolkte tot bewolkte weer verwag met 'n 30%-kans op reën en donderweer in Port St. Johns.

Maksimum temperature van 20 °C en effens hoër word oor die grootste deel van die provinsie verwag.

Vir Gqeberha word 'n maksimum temperatuur van 19 °C voorspel en 'n suidoostewind van 20 km/h.

Maandag word sonnige tot deels bewolkte weer oor die Wes-Kaap verwag met maksimum temperature grootliks onder 25 °C en in die Suidwes-Kaap onder 20 °C.

In die Oos-Kaap word sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer verwag met maksimum temperature bo 20 °C en op sommige plekke bo 25 °C.

Teen Dinsdag is daar ook 'n 30%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Hermanus en Grabouw.

- malherbe.nienaber@24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM