
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het 'n geel vlak 1-waarskuwing vir Sondag uitgereik. Dit is in verband met winde wat moontlik vragmotors en ander voertuie met hoë kante op sekere paaie in die Noord-Kaap kan omwaai. Daar is ook 'n risiko van gelokaliseerde wegholveldbrande in die sentrale dele van dié provinsie.
Volgens die SAWD is daar ook 'n brandgevaar weens uiterste veldbrandtoestande in die munisipaliteite van Upington en Kareeberg in die Noord-Kaap en die Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en koel.
Die UVB-sonbrandindeks is matig.
Pretoria: 8 °C tot 18 °C
Johannesburg: 8 °C tot 19 °C
Vereeniging: 8 °C tot 19 °C
Mpumalanga:
Oggendmis oor die Hoëveld. Andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot koud.
Mbombela: 9 °C tot 18 °C
eMalahleni: 7 °C tot 18 °C
Standerton: 7 °C tot 16 °C
Skukuza: 15 °C tot 22 °C
Limpopo
Oggendmiskolle in die suide. Andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel met geïsoleerde reënbuie en reën in die noordooste.
Polokwane: 7 °C tot 19 °C
Tzaneen: 11 °C tot 18 °C
Musina: 14 °C tot 21 °C
Lephalale: 9 °C tot 21 °C
Noordwes
Winderig in die weste. Andersins gedeeltelik bewolk en koel.
Potchefstroom: 6 °C tot 18 °C
Mahikeng: 8 °C tot 20 °C
Rustenburg: 8 °C tot 19 °C
Vryburg: 6 °C tot 21 °C
Vrystaat
Oggendmiskolle in die verre ooste. Andersins bewolk en koel tot koud. Langs die grens met Lesotho sal dit koud wees. In die weste sal dit winderig wees.
Bloemfontein: 6 °C tot 19 °C
Bethlehem: 4 °C tot 16 °C

Noord-Kaap
Dit sal plek-plek in die oggend ryp. Andersins word mooiweer verwag, maar ook winderige en koel tot koue toestande. In die noorde sal dit warm wees. Langs die kusgebiede sal dit in die aand bewolk word.
Die wind langs die kus sal 'n ligte weste- tot noordwestewind wees. In die laatmiddag sal die wind lig tot matig word.
Upington: 10 °C tot 25 °C
Kimberley: 8 °C tot 22 °C
Alexanderbaai: 8 °C tot 21 °C
Sutherland: -5 °C tot 19 °C
Wes-Kaap
Dit sal ryp op plekke in die oggend. Andersins word mooiweer verwag, maar ook koel tot koue toestande. In die sentrale en oostelike dele sal dit egter warm wees.
In die aand sal dit langs die kusgebiede in die weste en die suidweste bewolk tot gedeeltelik bewolk word.
Die wind langs die kus sal lig en wisselvallig in die oggend wees. Mettertyd sal die wind langs die weskus en die suidwestelike kus 'n sterk suidweste- tot westewind wees. In die middag sal dié windtoestande ook na die suidkus versprei. Die UVB-sonbrandindeks is laag.
Kaapstad: 11 °C tot 18 °C
Vredendal: 6 °C tot 23 °C
George: 7 °C tot 24 °C
Worcester: 3 °C tot 21 °C
Beaufort-Wes: 3 °C tot 25 °C
Oos-Kaap
In die westelike helfte van die Oos-Kaap sal mooiweerstoestande heers, hoewel dit ook winderig en warm sal wees, maar koel in plekke in die noorde.
'n Ligte tot matige noordoostewind sal langs die kus waai.
In die oostelike helfte van die Oos-Kaap word oggendmiskolle in plekke oor die binneland verwag. Andersins word mooiweer verwag, hoewel dit ook winderig en koel sal wees, maar warm in plekke in die suidweste.
'n Matige tot sterk noordoostewind word langs die kus verwag.
Gqeberha: 8 °C tot 26 °C
Graaff-Reinet: -3 °C tot 25 °C
Oos-Londen: 10 °C tot 28 °C
Port St. Johns: 12 °C tot 24 °C
Mthatha: 6 °C tot 25 °C
KwaZulu-Natal
Oggendreën langs die noordkus en oggendmiskolle aanvanklik in die weste. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees, maar koud in die suidweste.
Langs die kus word 'n matige tot sterk noordoostewind verwag.
Die verwagte UVB-sonbrandindeks is hoog.
Durban: 14 °C tot 22 °C
Richardsbaai: 13 °C tot 22 °C
Pietermaritzburg: 7 °C tot 21 °C
uMnambithi (Ladysmith): 4 °C tot 20 °C















