Onderwys

Gauteng kry 18 nuwe skole

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Altesaam 786 mobiele klaskamers is vanjaar by 223 skole in al 15 distrikte opgerig.
Altesaam 786 mobiele klaskamers is vanjaar by 223 skole in al 15 distrikte opgerig. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse onderwysdepartement het Vrydag vier sleutelplanne onthul wat meer plek vir leerling in skole sal ontsluit.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in die provinsie, het die planne op ’n mediakonferensie by die Edenglen Primary School in Edenvale, Johannesburg, onthul.

Selfgeboude klaskamers

Altesaam 2 054 bykomende selfgeboude klaskamers is tussen 2020 en 2023 by Gautengse skole aangebring. ’n Verdere 1 745 word tans opgerig en behoort binne die volgende twee jaar gereed te wees.

“Selfgeboude klaskamers” verwys na die fasiliteite wat skole self oprig, maar wat deur die departement gefinansier word.

Satellietskole

Daar is 24 bykomende sogenaamde satellietskole sedert 2023 weens ’n oorweldigende vraag gestig.

Satellietskole is tydelike of nuwe skoolfasiliteite, dikwels in bestaande of tydelike geboue, om die druk op oorvol skole te verlig terwyl daar aan permanente oplossings gewerk word.

Mobiele klaskamers

Altesaam 786 mobiele klaskamers is vanjaar by 223 skole in al 15 distrikte opgerig.

Mobiele klaskamers is ’n voorafvervaardigde struktuur wat vriendeliker op die beursie is en ook vinniger op ’n skoolterrein aangebring kan word as baksteengeboue.

Nuwe skole

18 nuwe skole word in die provinsie gebou. Tien daarvan is splinternuwe skole en agt sal bestaande skole vervang.

Konstruksiewerk vir 12 van die 18 skole het reeds begin en sal na verwagting volgende jaar voltooi wees. Daar word nog aan die ander ses skole beplan.

Die 10 splinternuwe skole is:

• Birch Acres Primary School (Ekurhuleni-noord-distrik);

• Mayfield Primary School (Ekurhuleni-noord-distrik);

• Mayberry Primary School (Ekurhuleni-suid-distrik);

• The Reeds Secondary School (Tshwane-suid-distrik);

• Soshanguve A Secondary School (Tshwane-wes-distrik);

• Olievenhoutbosch 2 Primary School (Tshwane-suid-distrik);

• Soshanguve South Ext. 7 Secondary School (Tshwane-wes-distrik);

• Savanna City Primary School (Sedibeng-oos-distrik);

• Evaton West Secondary School (Gauteng-wes-distrik); en

• Randfontein Secondary School (Gauteng-wes-distrik).

Die 8 plaasvervangers

• Eden Ridge Secondary School (Ekurhuleni-suid-distrik);

• Cosmo City Primary School (Johannesburg-noord-distrik);

• Dulcie September Primary School (Johannesburg-oos-distrik);

• Lufhereng Secondary School (Johannesburg-wes-distrik);

• Tshepo Ya Rona Secondary School (Johannesburg-suid-distrik);

• Doornpoort Primary School (Tshwane-noord);

• Mpumelelo Secondary School (Gauteng-noord-distrik); en

• Toekomsrus Primary School (Gauteng-wes-distrik).

– quinton.lourens@media24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM