Verkiesing 2021

DA wil Kaapse gholfbane gebruik vir behuising

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
John Steenhuisen Foto: City Press
John Steenhuisen Foto: City Press

Gholfbane in Kaapstad word geoormerk vir moontlike behuisingsontwikkelings.

In 'n onderhoud op Newzroom Afrika het die DA-leier, John Steenhuisen, gesê hy het die Kaapstad-metroraad versoek om gholfbane vir behuising beskikbaar te stel.

"Ons kyk na die benutting van gholfbane in woongebiede. Daar is plekke met 'n oorvloed van gholfbane," het Steenhuisen gesê.

"Ons het die stad versoek om te kyk na maniere hoe daardie goed geleë stukke grond vrygestel kan word vir ontwikkeling van gemengde gebruik waar mense kan woon, werk en speel binne die grense van woongebiede."

Hy het bygevoeg dat dit inwoners toegang sal gee tot bestaande dienste soos skole, gesondheidsdienste, en ekonomiese geleenthede.

Marvin Charles, News24

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM