Die leier van 'n politieke party het Woensdag 'n media-inligtingsessie deur die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) by die bedryfsentrum in die Wes-Kaap ontwrig en gevra dat daar weer 'n verkiesing gehou moet word.
Anwar Adams, president van die Demokratiese Onafhanklike Party, het geskree en beweringe oor korrupsie in die OVK gemaak. Adams het geëis om te weet op wie se betaalstaat die OVK in die provinsie is en gesê: "Moenie vir my sê ons gaan oor ses maande antwoorde kry nie, ons het vandag antwoorde nodig."
Hy beweer die OVK is nie eerlik met politieke partye nie. Hy het ook politici daarvan beskuldig dat hulle die gedragskode oortree het terwyl die OVK niks daaraan gedoen het nie.
Michael Hendricks, provinsiale hoof van die OVK, is gedwing om weens die ontwrigting die inligtingsessie kort te knip, maar het later teruggekeer om vrae van joernaliste te beantwoord.
















