Soos sake nou staan, dui alles daarop dat die ANC in die plaaslike verkiesings vir die eerste keer minder as 50% van die stemme landwyd op hom sal verenig.
So het die situasie om 07:30 in die land se 8 metrogebiede gelyk
- Tshwane: DA (35,07%), ANC (32,44%), EFF (10,24%), VF Plus (8,18%) en ActionSA (7,65%). Sowat 29,18% van die stemme is reeds getel.
- Johannesburg: ANC (34,68%), DA (25,5%) ActionSA (16,61%) en EFF (11,77%). Sowat 44,06% van die stemme is reeds getel.
- Ekurhuleni: ANC (38,18%), DA (28,74%), EFF (13,8%) en ActionSA (6,3%). In dié metro is sowat 71,07% van die stemme getel.
- Kaapstad: DA (61,87%), ANC (13,25%), Good (4,44%) en die Cape Coloured Congess (4,11%). Sowat 47,69% van die stemme is klaar getel.
- Mangaung: ANC (44,9%) DA (31,27%), EFF (9,37%) en die VF Plus (5,46%). Sowat 32,97% van die stemme is klaar getel.
- eThekwini: ANC (40,18%), DA (30,1%) EFF (9,21%) en die IVP (6,66%). Sowat 33,6% van die stemme is klaar getel.
- Buffalo City: ANC (61,54%), DA (17,48%), EFF (12%) en PAC (1,04%). Sowat 76,07% van die stemme is klaar getel.
- Nelson Mandelabaai: ANC (40,81%), DA (38,93%,) EFF (7,29%) en die NA (1,8%). Sowat 54,86% van die stemme is klaar getel.
LEES OOK: Laagste opkoms nóg kan ANC tot onder 50% afdruk

Nasionale prentjie
Teen 06:45 het die ANC volgens die elektroniese bord by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria sowat 1 690 setels landwyd gewen en 46,42% van die steun gehad.
In die tweede plek is die DA met 612 setels en 22,25% van die steun, gevolg deur die EFF wat 203 setels en 10,09% van die stemme het.
Met 82 setels en 4,5% van die steun is die IVP in die vierde plek.
In die vyfde plek is die VF Plus nadat hy 76 setels en 2,72% van die steun gekry het.
Die PA het 26 setels en 1,06% van die steun gekry. Teen 06:00 het die elektroniese bord by die uitslagsentrum van die Verkiesingskommissie (OVK) aangedui dat die stemtellery by 58% van die kiesafdelings voltooi is.
Klik hier op Netwerk24 se interaktiewe kaart om te sien hoe die uitslae in jou wyk lyk.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/verkiesings/kaart/lge
LEES OOK: ANC sy meerderheid kwyt in Wes-Rand, Lesediuitslagsentrum, OVK














