Die feesseisoen is om die draai. Dus is nou die ideale tyd - voor die gewoel van die somervakansie begin - om jou geskenke te begin koop, veral as jy meer as net 'n paar mense op jou lysie het. Vind inspirasie in dié idees:
1. Watchily Smartlady
Die Watchily Smartlady is 'n slimhorlosie vir vroue wat al die funksionaliteit van 'n slimfoon bied, soos oproepe maak en teksboodskappe stuur en ontvang. Dit monitor ook jou fiksheid, help jou om fiks te word en om jou algehele welstand te verbeter. Die horlosie se slimfunksies maak dit die ideale gesondheids- en fiksheidsmetgesel. Dan wys dit natuurlik ook die tyd aan, soos dit 'n goeie horlosie betaam.
Funksies: oproepe, teksboodskappe en kennisgewings, vrouegesondheid, oefeninge, monitor jou gesondheid, battery hou 10 dae, waterbestand, meer as 100 ontwerpe om van te kies. Kry 15%-afslag op jou bestelling as jy die kode NETWERK15 gebruik.
2. sak.sak
Die handelsmerk sak.sak se handgemaakte kant.sak is die ideale metgesel vir elke dag. Die slanke ontwerp hou jou foon, beursie, sleutels en meer gemaklik bymekaar. Dra dit oor jou lyf of gebruik die ekstra band om dit in 'n rugsak te omskep vir meer veelsydigheid. Dit is gemaak van duursame, liggewig-materiale om by jou besige lewe in te pas.
- Plaaslik gemaak met aandag aan detail;
- Kan wissel tussen 'n skouersak en 'n rugsak; en
- Is liggewig, maar duursaam vir daaglikse gebruik.
3. Pouch World
Ervaar die skerp, sappige geur van GOAT se nikotiensakkies in wildekersie-geur. Dit het 'n soet-suurderige kersiesmaak en die sakkies lewer 'n verfrissende nikotienskop - net die ding vir diegene wat na 'n geurige, bevredigende ervaring op soek is.
Nikotiensakkies bied 'n rookvrye, tabakvrye en gesonder manier om nikotien in te neem en kan met gerief saamgedra word. Ervaar die wildekersiegeur deur Pouch World en voel die verskil.
4. Wanderer Handcrafted Leather
Wanderer maak 'n juweliersware-organiseerder wat die ideale geskenk is vir iemand wat gereeld reis. Dit is gemaak van prima-leer en bied 'n stylvolle manier om jou juweliersware te beskerm en organiseer. Die kompakte ontwerp het verskeie kompartement sodat jou kosbaarhede veilig en netjies geberg word. Die fluweelvoering sorg dat juweliersware nie beskadig word nie.
Dit is die ideale geskenk vir enigeen wat gereeld op reis is en dit voeg 'n tikkie luuksheid toe tot elke avontuur.
Volg Wanderer Handcrafted Leather op Facebook vir nog inspirerende idees.
5. Funky Ouma Sout Afrika-geskenkpakkie
Funky Ouma se produkte kom in die mooiste verpakking wat deur SA se natuurskoon geïnspireer is. Boonop maak die geure die kookproses 'n droom. Die mooi verpakking is gevul met wonderlike bestanddele - dus mooi van buite en binne! Dié Sout Afrika-geskenkpak is 'n uitstekende geskenk vir enige huiskok of bobaas-braaier, en Funky Ouma is 'n vertroude plaaslike handelsmerk.
Klik gerus hier om terugvoering oor hul diens te gee - hulle verwelkom dit.
6. Manna Health
Is jy op soek na die ideale Kersgeskenk vir jou geliefdes? Gee die geskenk van gesondheid met Manna Blood Sugar Support! Dit is geskik vir diegene wat hul bloedsuikervlakke wil beheer. Dié natuurlike aanvulling reguleer glukose, demp eetlus en verskaf energie - dus broodnodig om die effek van die feestyd teen te werk. Of dit nou vir iemand met diabetes is of net vir algemene gesondheid, Manna Blood Sugar Support is 'n deernisvolle en praktiese geskenk wat wys jy gee om. Bestel nou vir 'n gesonde, gelukkige Kersseisoen.
7. Terre Paisible
Geniet luuksheid en ontdek die perfekte geskenk met Terre Paisible se beste ekstrasuiwer-olyfolies van Franschhoek - die ideale pasmaat vir menige maaltyd.
Hulle bekroonde olies, wat met die hand gepluk en koudgepers is, se besonderse geure verhef bykans enige gereg. Hierdie natuurlike veganistiese olies is verpak in pasgemaakte, ontwerpers bottels en is ryk aan antioksidante. Dit is ook glutenvry en GMO-vry.
Gee hierdie seisoen die geskenk van gesondheid met Terre Paisible-geskenkpak se volronde olyfolies.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.















