Promosie

Aandag alle verkopers! Só kan jy by vanjaar se Kleuterzone Kids Fest uitstal

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kids Fest 2024
Kids Fest 2024

Verlede jaar se Kleuterzone Kids Fest was 'n reusesukses, met gesinne wat ure bestee het om die vermaak, kos, pret en stalletjies op die feesterrein te geniet. Die fees is vanjaar terug, dié keer selfs groter en beter.

Dit vind plaas vanaf 31 Mei tot 2 Junie 2024 by Reddford House, The Hills in Pretoria, en sluit nuwe, bekroonde produksies in Afrikaans en Engels in, sowel as populêre kindervermaak op die buiteverhoog - wat ingesluit is in die kaartjies vir algemene toegang - sowel as 'n kuns- en leeshoekie en vele meer.

Dis 'n geleentheid wat verkopers en besighede nie sal wil misloop nie. As jy jou wonderlike produkte, kos, of handelsmerk aan 'n diverse, gesinsgeoriënteerde gehoor wil bekend stel, is dít die plek om te wees.

Of jy nou spesialiseer in opvoedkundige speelgoed, byderwetse kinderklere, of unieke kos, ons wil baie graag hê jy moet by ons aansluit en deel wees van hierdie onvergeetlike ervaring waarna almal uitsien.

Ons doel is om dié plesierige, interaktiewe geleentheid van 2023, wat kos, kreatiwiteit en gemeenskap vier, 'n gereelde instelling te maak.

As 'n verkoper sal jy:

  • 'n toegewyde area hê om jou handelsmerk bekend te stel
  • blootstelling aan die diverse Huisgenoot-, YOU- en DRUM-gehoor hê
  • 'n geleentheid kry om met ander verkopers te netwerk
  • 'n kans kry om potensiële nuwe kliënte te ontmoet en jou handelsmerk uit te brei

Ons neem die veiligheid van ons gaste ernstig op, en sal al die nodige inligting oor gesondheids- en veiligheidsreëlings verskaf om seker te maak dat almal 'n veilige en genotvolle tyd het. Moenie hierdie fantastiese geleentheid misloop om 'n deel te wees van die tweede Kleuterzone Kids Fest nie!

Om nou aansoek te doen, stuur 'n e-pos na Elodie Booyens by elodie.booyens@media24.com met die onderwerp ‘Kids Fest Verkoperaansoek' en die naam van jou produk of handelsnaam. Gee 'n kort, algemene beskrywing van wat jy aanbied, en maak seker jy sluit jou naam en van, selfoonnommer en adres in. Jy kan haar ook kontak by 011 877 6067 vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 24 April 2024, so maak seker jou aansoek is voor dan in.

Ons kan nie wag om van jou te hoor en saam 'n sukses van Kids Fest te maak nie!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM