Promosie

ALS Groep aangewys as SA Boer van die Jaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links is Pieter Bruwer, Thys Joubert, Cas Joubert, Gerrit Joubert, Arno Joubert en ???   Foto: LIEZEL SNYMAN PHOTOGRAPHY
Van links is Pieter Bruwer, Thys Joubert, Cas Joubert, Gerrit Joubert, Arno Joubert en ??? Foto: LIEZEL SNYMAN PHOTOGRAPHY

Die ALS Groep is vanjaar as Nasionale Boer van die Jaar aangewys deur die Landbouskrywers van Suid-Afrika (AWSA). Dié groep, wat in 1989 gestig is, bestaan vandag uit vier bene en boer in vier provinsies op gesamentlik 60 000 ha grond.

Die ontstaan van die naam "ALS" het 'n effens koddige oorsprong. Toe die stigters, die Joubert-broers en wyle James Honiball, 'n faktuur moes stuur aan 'n kliënt was die vereiste dat hul geregistreer moes wees. Toe Honiball Pretoria toe ry om 'n naam te registreer was al hul voorgestelde name reeds gevat en hy het net "Als" neergepen, wat natuurlik verwys na die feit dat hulle bereid was om als te doen wat nodig was om die vereistes en verpligtinge na te kom.

Die naam het gebly en alle maatskappye wat onder die groep val het ook dié voorvoegsel gekry.

Vandag staan die ALS-naam bekend vir die gehalte van hul produkte en diens.

Hoewel hulle geëerd is deur die toonaangewende titel van AWSA SA Boer van die Jaar, sê Cas Joubert, direkteur van die ALS Groep, dat dit hulle ook baie nederig maak en as groot motivering dien. "As 'n mens na die lys vorige wenners kyk, is dit 'n groot eer om deel hiervan te mag wees."

"Die sewe kernwaardes van ons groep - eerlikheid, betroubaarheid, professionaliteit, respek, dissipline, lojaliteit en veiligheid - is die belangrike fondasie waarop gebou word."

Van die 60 000 ha waarop dié groep boer, is 1 000 ha onder spilpuntbesproeiing, 3 500 ha onder droëlandverbouing en op die res loop 10 000 stuks vee en wild.

Hulle verskaf werk aan 780 huisgesinne en het 'n lone- en salaris-rekening van R15 miljoen per maand.

Die vier pilare van die ALS Groep

ALS V8

Dié boerdery is in KwaZulu-Natal en Cas se seun Arno hanteer die kontrakteurdienste by Vrede in die Vrystaat.

Die divisie word bestuur deur Cas Joubert, sy kinders Arno, Anke en Gerrit, en skoonkinders Eon, Nadine en Romé, asook sy swaer Danie Bester.

Die gediversifiseerde onderneming sluit die ALS Beefmaster-stoetery, kommersiële Beefmaster-beeste, saaiery, mieliemeule, kontrakteursdienste aan die landbou en die verhuring van grondverskuiwingsmasjinerie in.

ALS Agri Noordwes

Johan Janse van Rensburg, sy vrou Hanneli en skoonpa Nick Arnoldi in beheer, bestuur dié gediversifiseerde boerdery van 3 500 ha in Potchefstroom. ALS Agri Noordwes boer met wild, Dohne-Merino- en Meatmaster-skape, Bovelder-beeste, 40 ha pekanneute en fokus ook op eko-toerisme.

Gert Maritz fokus op eko-toerisme en jag op die plaas Rondekop in die Parys-omgewing.

ALS Boerdery

Colin Steyn, Thys junior en Tanya Joubert bedryf hierdie boerdery onder mentorskap van hul pa Thys Joubert senior. Hulle boer met wit- en geelmielies, sojabone, koring, lusern en aangeplante weiding. Hulle het hul eie silo's, droërs en siftoerusting. ALS Bovelders is die beesentiteit onder bestuur van Barry Viljoen. ALS Agri fokus op landbou-kontrakteursdienste soos die installering van ondergrondse dreinering, gelykmaak van landerye, bou van paaie, verhuring van grondverskuiwingsmasjinerie en bou van gronddamme.

ALS Agri Noord-Kaap

Dié boerdery is in Upington, onder die aanvoering van Kassie Janse van Rensburg en sy seun Harm, en sluit 'n skaap-, bees- en wildboerdery, 'n jag-onderneming, asook konstruksiewerk en die verhuring van grondverskuiwingsmasjinerie in.

Ploeg terug in die gemeenskap

Die ALS Groep is konstant besig met verskeie voedsel- en opheffingsprojekte in hul plaaslike gemeenskappe.

Hulle was ook instrumenteel in die stigting van Potchefstroom se Sakekamer en bied deur hierdie platform die geleentheid om saam met ander boere en sakemense 'n groter impak in die gemeenskap en by skole te maak.

"Die ALS Groep verskaf op 'n gereelde basis van ons trekkers met snyers om langs die paaie en in die dorp gras te sny en die plekke netjies te maak. Hierdie projekte het 'n geweldige groot impak in die dorpe waar ons betrokke is, gemaak," sê Joubert.

"Tydens die inperking het ons ook saam met plaaslike maatskappye gewerk om twee miljoen etes aan Potchefstroom se behoeftige mense te verskaf. Dit is gedoen deur mielies, wat verskeie boere en donateurs geskenk het, by 'n plaaslike onderneming te verwerk in 'n pap wat klaar gaargemaak is. So kon ons daarin slaag om 'n reuse-impak te maak onder die plaaslike inwoners. Hierdie projek gaan steeds voort en ons is besig om voedsel te versprei waar daar nood is."

Die ALS Groep hou selfs elke jaar 'n gholfdag en ander fondsinsamelingsgeleenthede waarmee daar geld ingesamel word om verligting te help bring waar daar nood is.

"Hierdie projekte sou nie een moontlik gewees het sonder die mag van spanwerk nie. Elkeen in die vier pilare van hierdie onderneming het tot die sukses van die ALS Groep bygedra. Alle dank aan ons hemelse Vader wat ons landbouers laat wees," sê Joubert.

Dié maatskappye sê geluk aan die ALS Groep:

Mascor

Die ALS Groep se visie en deursettingsvermoë tesame met 'n deurlopende positiewe gesindheid maak deel uit van hul wenresep en daarmee saam innovering en tegnologie om boerderyprosesse te verbeter. Daarom stap hulle weg as wenners! Mascor is trots daarop om 'n vennoot van die ALS Groep te wees.

Mascor voorsien nie net John Deere-landbou- en konstruksiemasjinerie van die hoogste gehalte aan hulle nie, maar ook intelligente tegnologiese oplossings. Hulle waarborg ongeëwenaarde nasorgdiens en onderdele.

Mascor sien saam met die ALS Groep uit na 2023! Besoek www.mascor.co.za vir meer inligting.

Caliber Machinery

Caliber Machinery, 'n trotse filiaal van die ALS Groep, wens dié boerdery-divisie baie geluk met die uitmuntende prestasie om as SA Boer van die Jaar gekroon te word.

Caliber Machinery is 'n trotse verskaffer van gehalte-grondsverskuiwingstoerusting, verwante onderdele en komponente. Hulle bedank ook sommer die boerderygemeenskap vir hul getroue ondersteuning deur die jare. Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar!

Kaap Agri-groep

Baie geluk met hierdie welverdiende eer wat julle te beurt geval het!

Agrimarken die Kaap Agri-groep werk trots saam met produsente wat plant en oes, droom en doen, versorg en groei. Dis Agrimark en die Kaap Agri-groep se voorreg om die landboubedryf al vir meer as 100 jaar lank te bedien en hulle ondersteun die erkenning en ontwikkeling van produsente en bedryfsleiers.

Agrimark is geleë by Anton Lubowskiweg 20 in Upington. Vir meer inligting, skakel gerus 054 338 9000 of besoek www.agrimark.co.za.

VS Agri

VS Agri wil graag die ALS Groep se Agri-afdeling hartlik gelukwens met die toekenning as AWSA se Nasionale Boer van die Jaar 2022! As landbou-insetverskaffer is VS Agri trots daarop en bevoorreg om sedert 2015 by die ALS Groep betrokke te kan wees. VS Agri is veral uniek in die opsig dat grotendeels enige soort landboubehoefte aangespreek kan word. Skakel hulle vandag nog om die verskil in jou boerdery te beleef deur die kennis en diens wat VS Agri jou kan bied.

Bell Equipment

Bell Equipment wens die landbou-afdeling van die ALS Groep geluk met die toekenning van die 2022 AWSA Nasionale Boer van die Jaar-toekenning. Hulle is trots op hul lang verbintenis en ooreenkomste met die ALS Groep.

As 'n vervaardiger en verspreider van toerusting vir mynbou, konstruksie, bosbou en landbou, waardeer Bell Equipment die wedersydse respek en ondersteuning wat hul vennootskap meebring en sien uit na nog baie vrugbare jare saam. Vir meer inligting, besoek gerus www.bellequipment.com.

FNB

In 'n bedryf met baie uitdagings en geleenthede, het die ALS Groep bewys dat hulle veerkragtig genoeg is om sulke uitdagings te oorkom en as ware entrepreneurs daardie geleenthede kan verseker. FNBis trots om met ALS geassosieer te word en sien uit daarna om die vennootskap voort te sit in die nastrewing van hul pogings en ambisies. Baie geluk aan die ALS-span met hierdie ongelooflike prestasie!

ALS Mining

ALS Mining wil graag hartlik geluk sê aan ALS Agri-boerderye met die groot eer wat hulle te beurt geval het. ALS Mining is trots om deel te wees van die ALS Groep se span in die mynbousektor. ALS Mining spesialiseer in oopgroefmynbou en is tans by verskeie steenkoolmyne betrokke. Ander kommoditeite is ook al gemyn, soos goud, diamante, chroom en dolomiet. Dit is hul trots om 'n gebied waar hul gemyn het te rehabiliteer tot 'n vlak waar dit die omgewing aanvul, sê Gert Maritz, besturende direkteur van ALS Mining.

Standard Bank

Standard Bank wil die ALS Groep hartlik gelukwens met die wen van die SA Boer van die Jaar-toekenning. Standard Bank is opgewonde om die ALS Groep se volgehoue sukses dop te hou. Dit is 'n uitmuntende prestasie vir die harde werk wat in hierdie sakeonderneming ingeploeg is. Die ALS Groep se uitstekende prestasie en deursettingsvermoë binne die boerderysektor sal voortaan steeds positief tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra. Baie geluk met 'n welverdiende toekenning!

Denny Mushrooms

Baie geluk aan die ALS Groep met hierdie uitstekende prestasie. Hulle is Denny Mushrooms se trotse verskaffer van rou materiaal. Mag julle van krag tot krag groei. Die Denny Mushrooms-span wens julle alle sterkte toe vir 2023.

ALS Plant Hire

Baie geluk aan ALS Agri met hul groot prestasie en toekening. Hulle is 'n voorbeeld vir die ALS Plant Hire-groep en wys wat moontlik is as daar goeie samewerking na en fokus op 'n gemeenskaplike doelwit is. Hul vars benadering tot en denke oor presisie-boerdery gaan hulle van krag tot krag neem.

ALS Plant Hire is een van die maatskappye wat onder die ALS Groep se sambreel funksioneer. Hulle verhuur mynbou- en konstruksietoerusting landwyd aan hul kliënte.

Die maatskappy bestaan uit 'n kundige meganiese span, wat kostedoeltreffende, betroubare masjinerie aan sy kliënte verhuur.

ALS Groep

Namens die ALS Groep is dit vir Johan Janse van Rensburg 'n voorreg om ALS Boerdery baie geluk te wens met hierdie besonderse prestasie. Hierdie vol-filiaal van die ALS Groep het oor die laaste 30 jaar 'n baie groot speler en presteerder binne die gediversifiseerde ALS Groep geword. Daar word met trots en groot dankbaarheid na Cas en Thys Joubert en hul families gekyk vir hul visie, deursettingsvermoë en dryfkrag wat hierdie boerdery geneem het na dié vlak waar dit op hierdie platform dié besondere erkenning kon kry.

Volgens Johan is hulle ook groot dank aan elke werknemer enhul families, elke verskaffer en kliënt verskuldig, want dit is netwanneer al hierdie rolspelers hul volle insette lewer dat sukses behaal kanword.

Geseënde Christusfees aan elke leser en mag 2023 'n jaar vol hoë hoogtepunte met baie vrede en geluk vir elkeen wees. ALS van die beste!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM