Promosie

AVBOB is hier vir jou

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
AVBOB bied polishouers ondersteuning, voordele en verskeie begrafnisopsies wat sal verseker dat jou geliefdes mooi afskeid van jou kan neem. Foto: ISTOCK
AVBOB bied polishouers ondersteuning, voordele en verskeie begrafnisopsies wat sal verseker dat jou geliefdes mooi afskeid van jou kan neem. Foto: ISTOCK

Om 'n geliefde aan die dood af te staan, is 'n traumatiese ervaring. Niks of niemand kan die pyn en smart wegneem nie. AVBOB, Afrika se grootste onderlinge versekeringsgenootskap, verstaan dit.

Juis daarom is hulle reeds meer as honderd jaar lank daartoe verbind om polishouers se las van onsekerheid en die gevoel van hulpeloosheid te help verlig, en hulle doen dit met hul produkte en dienste.

Pieter van der Westhuizen is hoofbestuurder van die begrafnisdiens by AVBOB.
Pieter van der Westhuizen is hoofbestuurder van die begrafnisdiens by AVBOB. (SYSTEM)

Begrafniskoste kan wissel van R13 000 tot soveel as wat die familie wil bestee, na gelang van die familie se behoeftes. Pieter van der Westhuizen, hoofbestuurder van die begrafnisdiens by AVBOB, sê dit is die rede waarom omvattende dekking van deurslaggewende belang is.

"Voldoende versekeringsdekking of genoegsame kontant is noodsaaklik om vir uitgawes met betrekking tot 'n begrafnis voorsiening te maak."

Praktiese bystand, emosionele steun

Van der Westhuizen wys daarop dat begrafnisdekking nie net praktiese voordele inhou nie, maar dat dit kliënte ook emosioneel ondersteun. "Die regte dekking gee polishouers gemoedsrus en 'n gevoel van beheer oor die beplanningsaspek van 'n begrafnis," verduidelik hy. "Die wete dat die finansiële sy van sake onder beheer is, stel families in staat om op die rouproses, 'n waardige vaarwel vir hul geliefde en die emosionele genesing daarna te fokus."

'n AVBOB-polis kan op verskeie maniere bekom word soos deur hul webblad te besoek, om hul bystandsentrum te skakel of om met een van hul adviseurs kontak te maak.

Meer as 100 jaar se bystand

AVBOB bied aan alle kliënte 'n volledige begrafnispakket wat insluit uitstekende diens gebied deur bekwame personeel, sowel as gehalteprodukte, by hul meer as 210 begrafnisondernemertakke landwyd. Hul bystandsentrum is 24/7 by 0861 28 26 21 beskikbaar om kliënte van hulp te wees wanneer 'n geliefde te sterwe kom.

'n Groen alternatief

AVBOB is eweneens 'n verantwoordelike korporatiewe landsburger en sensitief teenoor die omgewing, daarom was hulle in 2019 die eerste begrafnisondernemer in Afrika wat waterverassing (aquamation) as 'n omgewingsvriendelike alternatief tot tradisionele vlamverassing bekendgestel het.

"Waterverassing verminder nie net die koolstofvoetspoor nie, dit elimineer ook die direkte vrystelling van kweekhuisgasse en kwik in die omgewing. Sodoende verseker die proses 'n energiebesparing van 90% in vergelyking met vlamgebaseerde verassing."

—  Adriaan Bester, AVBOB se hoofbestuurder van korporatiewe aangeleenthede

AVBOB se waterverassingdiens is tans beskikbaar by hul Maitland-tak in Kaapstad en hul tak in Pretoria-Wes. Oor die volgende paar jaar sal die diens na nog agt AVBOB-takke landwyd uitgebrei word.

Die oorlede aartsbiskop en die waterkeuse

In Januarie 2022 het AVBOB se Maitland-tak wêreldwyd aandag getrek met die wye mediadekking van aartsbiskop Desmond Tutu se afsterwe en die feit dat hy waterverassing as 'n omgewingsvriendelike opsie gekies het.

Die prys van gemoedsrus: Gratis

Buiten 'n verskeidenheid uitstekende gehalteprodukte en uitsonderlike diens, bly AVBOB getrou aan hul slagspreuk - "Ons is hier vir jou" - deur die verskaffing van gratis begrafnisvoordele* ter waarde van tot R21 500 vir polishouers. Lees gerus hieronder wat dié aanbieding alles behels.

Gratis begrafnisvoordele

Die volgende gratis AVBOB-ledevoordele, wat bo en behalwe die polis se waarde gegee word, is beskikbaar vir alle versekerde persone wat 24 maande of langer deur hul polis gedek is en die begrafnis deur AVBOB laat hanteer:

• Gratis begrafnisreëlingdienste,

• 'n Spesifieke doodskis en lykswa,

• 'n Onmiddellike kontantbetaling van R3 000,

• R3 000 afslag op 'n grafsteen (geldig vir 18 maande ná die begrafnis) of R3 000 afslag op die verassingskoste (waterverassing ingesluit),

• Gratis vervoer van die oorledene binne die grense van Suid-Afrika.*

Polishouers waar die versekerde lewe vir minder as twee jaar verseker is, kwalifiseer ook vir verminderde gratis ledevoordele. Skakel jou naaste AVBOB-tak vir meer inligting.

* Bepalings en voorwaardes geld.

Hier om geliefdes huis toe te bring

Die vervoer en repatriasie van stoflike oorskot is 'n duur proses en naasbestaandes word dikwels onkant gevang deur die verreikende finansiële en administratiewe implikasies daarvan. As 'n begrafnishandelsmerk wat gebou is op familiewaardes, was repatriasie nog altyd 'n integrale deel van AVBOB se diensaanbod met vervoer van die oorledene binne die grense van Suid-Afrika as 'n gratis begrafnisvoordeel vir polishouers, maar AVBOB bied ook repatriasie na enige bestemming in die wêreld vir enige kliënt, nie net polishouers nie. Die diens is beskikbaar by enige AVBOB-tak.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM