
Maak jouself maar gereed vir die warrelwind van wasgoed wat op jou gaan wag wanneer die nuwe skooljaar aanbreek. In die chaos van jou kinders se skoolbenodigthede en besige roosters, is dit geen grap om hul skoolklere skoon te hou nie.
Gelukkig is MAQ reg om te help met 'n silwerskoon begin vir die akademiese avontuur wat voorlê - en boonop kan jy jou deel van R20 000 wen.

MAQ is bekend vir sy reeks hoë-gehalte wasprodukte wat ontwerp is om van die taaiste vlekke ontslae te raak en jou klere helder en vars te hou. Dit skrik nie vir 'n besige klaskamer of speelterrein nie.
Die handelsnaam se toewyding tot gehalte is duidelik uit sy plaaslik vervaardigde produkte. MAQ hou nie net jou klere skoon nie, dit dra ook by tot Suid-Afrika se ekonomie.
- MAQ Washing Powder: Met sy super-aktiewe formule doen hierdie poeier al die harde werk vir jou. Dis die helpende hand wat ouers nodig het om van moeilike skoolterreinvlekke soos gras, modder, kos en vuil kolle ontslae te raak. Dit werk ook wonders om hemde en sokkies witter as wit te hou.
- MAQ AUTO Washing Powder: Hierdie waspoeier is geformuleer met 'n gevorderde mengsel aktiewe bestanddele en ensieme wat doeltreffend werk in wasmasjiene. Dis 'n slim keuse om al jou wasgoedprobleme op te los.
- MAQ Silk Fabric Conditioner: Dis die perfekte finale stap vir jou wasgoed. Dit laat klere en linne sysag en glad voel, met 'n delikate geur wat lank hou.
Skryf nou in vir die opwindende terug-skool-toe kompetisie van MAQ! Met R20 000 op die spel het deelnemers die kans om hul deel te wen en al hul wasgoedprobleme op te los. Om deel te neem, SMS MAQ, jou naam, van en area na 35407. Bepalings en voorwaardes geld.

Kry jou ‘eende in 'n ry' vir die nuwe skooljaar en laat jou wasgoed in MAQ se bekwame hande. Jy kan moontlik jou deel van R20 000 wen. Dis tyd om 'n skoon bladsy om te slaan en te presteer met jou kinders se skoolklere.















