Die kykNET-Buite-Ekspo Wes-Kaap word weer die naweek van 7 tot 9 Maart op die plaas Môreson net buite Malmesbury gehou. Hierdie gewilde konsep, wat jaarliks meer as 21 000 besoekers lok, word vir die 14de jaar met groot sukses aangebied.
Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte aanbied wat tans in die buitelewe-, kampeer- en 4x4-mark beskikbaar is. Onthou, die geleentheid word in 'n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle produkte word uitgestal soos wat die koper dit in die praktyk sou gebruik.
Ná die dawerende sukses daarvan vroeër by die Sondela- en Hartenbos-buite-ekspo's, word die kykNET-Buite-Ekspo Wes-Kaap vanjaar vir die eerste keer uitgebrei met 'n ekstra Agrimark/PlusNet Agripark-uitstalgebied. Die sinergie tussen buitelewe en landbou spreek vanself, vandaar dié konsep se ontstaan.
Daar word ook vanjaar weer verskeie aktiwiteite as deel van die ekspo aangebied. Dit sluit in Maniac 4x4-ritte (waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry) en natuurlik André de Villiers se kykNET-hindernisbaan waar jy kan ervaar waartoe van die voertuie werklik in staat is.
Kaartjies
Vrydag 7 Maart 12:00 tot 21:00
Volwassenes: R60
Pensioenarisse: R30
Skoliere: R30
Saterdag 8 Maart 09:00 tot 21:00
Volwassenes: R110
Pensioenarisse: R60
Skoliere: R60
Sondag 9 Maart 09:00 tot 15:00
Volwassenes: R80
Pensioenarisse: R40
Skoliere: R40
Naweekpakket
Volwassenes: R170
Pensioenarisse: R90
Skoliere: R90
Bespreek vir kampering: admin@moresonmalmesbury.co.za of admin@you2camp.com.
Dagbesoekerkaartjies en naweekpakkette:Open Tickets

Kom beleef ook die gewilde helikopterritte en bekyk die Swartland uit die lug saam met Mosselbaai Helikopters. Daar sal weer 'n unieke braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy's Sauces, kykNET-akteurs en Kokkedore. Moet ook nie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie - Rooiwyn Profeet met sy orkes, Blackie Swart, David Fourie, Rooies, Desmond Wells, Viljoen Retief met sy orkes, Dewald Dippenaar, Nic Stevens, Nadia Louw, Johan Liebenberg, Die Broers en Posduif. Drie van Bok Radio se omroepers, Heinrich du Plooy (HHH), Doccie Shields en Ziaan Siems, sal oor die naweek as seremoniemeesters optree.
Oudergewoonte sal daar ook 'n groot verskeidenheid en genoeg "vloeibare verversings" uit die boonste rakke wees - enigiets van 'n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelder-wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas) tot bier bedien by die Castle Light-biertuin asook jou gunstelingdrankies. Daar sal ook 'n groot verskeidenheid kosverskaffers wees - wie kan nou nee sê vir lekker feeskos?
Vir die vroue sal daar weer 'n kunsmark wees met 'n groot verskeidenheid produkte van goeie gehalte.
Organiseerders het ook nie vergeet van die kinders nie en daar is weer 'n lekker groot Henties Vrugtesappe-pretpark. Hierdie keer kom verras Liewe Heksie almal die Sondagoggend met een van haar treffervertonings.
Onthou, hoewel baie aktiwiteite aangebied word, bly die fokus natuurlik op die top- buitelewe-, 4x4- en kampeerprodukuitstallings.
Kampering op die terrein kan direk by Môreson bespreek word deur e-pos te stuur na admin@moresonmalmesbury.co.za en vir toegeruste glampeertente by admin@you2camp.com. Spring gou, want hierdie geleenthede verkoop baie vinnig uit.
Dagbesoekerkaartjies is beskikbaar deur Open Tickets, www.ekspo.co.za en ook by die hekke tydens die ekspo. Probeer asseblief jou kaartjies aanlyn koop deur Open Tickets. Dit vergemaklik dinge by die hekke vir almal. Die dagbesoekerpryse is baie mededingend en wissel van R30 vir kinders tot R110 vir volwassenes, afhangend van die dag. Naweekpakette is ook beskikbaar.
Alle uitstallersnavrae kan gerig word aan Tersia Schneider byaccounts@ekspo.co.za. Navrae oor borgskappe, media en bemarking kan gestuur word aan Marius Opperman by marius@ekspo.co.za.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.





















