Promosie

Deel in die gees van Kersfees

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
 Foto: VERSKAF
Foto: VERSKAF

Dit is darem maar opwindend - die gevoel en gewoel van die feestyd. Die gelag van mense op soek na geskenke en die mooi versierings orals. Kersmarkte bring 'n besonderse atmosfeer dié tyd van die jaar. Die verskeidenheid geskenke, produkte, kosstalletjies en vermaak inspireer 'n feesgevoel.

Franschhoek Village Market

Hoor jy al die Kersklokkies lui? Dit beteken dit is weer tyd vir Franschhoek Village se Kersfees-geïnspireerde mark oor drie dae in die hartjie van Franschhoek.

Markgangers kan uitsien na vele uitstekende, oorspronklike stalletjies waar jy gehalte-geskenke en pragtige Kersversierings kan uitsoek, en smaaklike lekkernye asook verfrissende plaaslik vervaardigde gesondheids- en mengeldrankies kan geniet.

Wagter en Flaffie is welkom om die feesgees saam met jou te kom geniet, solank hulle gesosialiseer en aan leibande is. Daar is ook 'n lekker groot speelplek spesiaal vir die jongspan. Opgeruimde musiek sal almal in die regte luim kry. Vertel al jou vriende en familie!

Wanneer:Vrydag 15 Desember van 09:00 tot 16:00, Saterdag 16 Desember van 09:00 tot 16:00 en Sondag 17 Desember van 10:00 tot 15:00.

Meer inligting: Kontak info@fhkvm.co.za

NG Kerk Brackenfell-Wes

Daar heers groot opgewondenheid oor die NG Kerk Brackenfell-Wes se eerste Kersmark.

Daar sal jy geskenke vir oud en jonk kry - van tuisgemaakte eetgoed, houtgoed en dra-goed tot gesig-goed en vele meer.

Die tye van die mark is weeksdae van 10:00 tot 19:00 en Saterdag van 10:00 tot 15:00. Op 6 Desember sal dit oop wees van 10:00 tot 15:00. Die mark is in Janiestraat 4, Ferndale, Brackenfell (NG Kerk Brackenfell-Wes).

Wanneer: 27 November tot 6 Desember

Meer inligting:Kontak gerus 072 1681 716 of 079 0801 111.

Son en See Feesmark

Hierdie jaar word daar uitgesien na die Son en See Feesmark in die Grobbelaarsaal, Marinerylaan, Hermanus. Die mark is belaai met geskenke, dekor, kos vir oud en jonk, mense en diere en dit is boonop 'n rolstoelvriendelike mark.

Toegang tot die mark is gratis. Daar sal kaartgeriewe beskikbaar wees sodat jy jou nie hoef te bekommer oor kontant nie.

Wanneer:11 Desember 2023 tot 6 Januarie 2024

Meer inligting: Stuur e-pos na Sonensee@ngkerkhermanus.co.za of skakel Mariet by 071 520 4012.

Kendridge Geskenkemark

(SYSTEM)

Die Kenridge Geskenkemark is 'n jaarlikse affêre wat in Kenridge, Bellville, gehou word.

Loop deur en koop by die verskeidenheid stalletjies met geskenke, dekor, kuns, lekkers, tuisgebakte koekies en beskuit, koffie, gebak, klere, babagoed, reukolies, velprodukte, sap, plante, speletjies, speelgoed en nog vele meer.

Winskopiejagters sal gek wees oor die mark se bekende Oesjaarwinkel met sy tweedehandse huisware en spesiale produkte.

Terwyl jy daar is, geniet een van die heerlike aansit-etes wat elke dag vars voorberei word, of neem 'n paar wegneem-etes om by die huis te geniet. Jy kan ook bevrore maaltye aanskaf.

Toegang en parkeerplek is gratis.

Wanneer:22 November tot 2 Desember 2023, Maandag tot Vrydag 10:00 tot 19:00 en Saterdag van 09:00 tot 15:00

Meer inligting: Kontak mark@ngkenridge.co.za.

All Star Kersmark

Die All Star Kersmark is terug in Durbanville vanaf 9 tot 23 Desember. Staan gereed om jouself te verdiep in 'n feestelike wonderland. Soos altyd, sal daar bekoorlike stalletjies wees wat 'n wye verskeidenheid sorgvuldig saamgestelde geskenke, heerlike kos en uitsonderlike koffie bied.

Hierdie jaar brei die mark uit en het hulle 'n nuwe tent. Dit sal nuwe geleenthede skep vir handwerkers om hul skeppings ten toon te stel en vir besoekers om 'n wyer reeks unieke produkte te verken.

Daar sal meer as 200 stalletjiehouers wees, dus kan jy verwag om enigiets van handgemaakte juweliersware en kunswerke tot unieke dekor vir jou huis en klere te vind.

In die aanloop tot die feestyd, is die All Star Kersmark net die plek om deurdagte geskenke vir jou geliefdes te vind. Kry bekostigbare Kersgeskenke en lekkernye terwyl jy die uitstappie geniet.

Die mark is geleë by die Meridian Independent School, Kampusweg 6, Pinehurstrylaan, Durbanville. Toegang is gratis en dit is ook oop tydens beurtkrag.

Wanneer:9 tot 23 Desember 2023, Maandag tot Vrydag vanaf 10:00 tot 19:00, Saterdag 09:00 tot 19:00 en Sondag vanaf 10:00 tot 18:00

Meer inligting: Kontak allstarchristmasmarket@gmail.com.

Paarl Feesmark

Die Paarl Feesmark word vanjaar vir die 15de jaar aangebied en is weer in die Stadsaal te vind. Sowat 170 uitstallers se produkte word hier verkoop.

Hier sal jy pragtige en bekostigbare produkte vir jou Kers-inkopielys kry. Kom kies uit klere, juweliersware, parfuum, eetgoed, tuisgemaakte kaas, speelgoed en badgoed - noem maar op.

Toegang tot die mark is gratis.

Wanneer: Vanaf 20 November tot 2 Desember

Meer inligting:Stuur e-pos na paarlfeesmark@gmail.com.

Geborgte inhoud | Mauricia Petersen

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM