Promosie

Die SAID is wêreldklas, maar waar loop dinge skeef?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die SAID word as een van die beste belastinginvorderaars ter wêreld gereken, maar daar is talle uitdagings in Suid-Afrika se samelewing en ekonomie wat nie geïgnoreer kan word nie.Foto: ISTOCK
Die SAID word as een van die beste belastinginvorderaars ter wêreld gereken, maar daar is talle uitdagings in Suid-Afrika se samelewing en ekonomie wat nie geïgnoreer kan word nie.Foto: ISTOCK

http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6559148819&iu=/8900

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het oor die jare 'n reputasie opgebou vir sy doeltreffendheid en is eens as 'n wêreldklas-organisasie beskou. Die sukses daarvan is grootliks toe te skryf aan die oordeelkundige heffing van verskillende soorte belasting om 'n inkomste vir die regering te genereer. Die soorte belasting wat die SAID hef, sluit in persoonlike inkomstebelasting, korporatiewe inkomstebelasting en belasting op toegevoegde waarde (BTW).

Belasting en ongelykheid

Die verspreiding van inkomste in 'n samelewing hang grootliks af van die belastingstelsel. Die SAID het 'n progressiewe belastingstelsel in plek gestel wat ten doel het om die welgesteldes in die samelewing swaarder te belas. Dit word gedoen deur die instelling van hoër koerse op persoonlike inkomste en die uitsluiting van die armstes, asook laer belastingkoerse vir die top-10% van die inkomsteverspreiding.

Die struktuur en implementering van belasting het 'n direkte uitwerking op die graad van ongelykheid in 'n samelewing. 'n Progressiewe stelsel soos die SAID s'n het ten doel om ongelykheid teen te werk deur die rykes in die samelewing swaarder te belas.

Waar loop dinge skeef?

Ondanks die SAID se suksesse met belastinginvordering, is daar tog aspekte waar dinge ontspoor. Een van die kritieke areas is die besteding van staatsfondse. Gegewe dat die regering se bestedingsbegroting vir die 2023-'24-boekjaar R2 243 miljard beloop, is die manier waarop hierdie geld bestee word problematies.

'n Land se bruto binnelandse produk (BBP) is die som van verskeie kritieke faktore wat die land se ekonomiese aktiwiteit weerspieël. Dié faktore sluit in verbruikersbesteding, beleggings, staatsaankope en netto uitvoere. Verbruikersbesteding is die bedrae wat individue aan goedere en dienste bestee, terwyl beleggings ook kapitaalbesteding deur ondernemings behels.

Staatsaankope verwys na die bedrae wat die regering aan openbare dienste en infrastruktuur bestee, terwyl netto uitvoere die verskil in hoeveelhede tussen die land se in- en uitvoere is.

Die moderne era van die media en tegnologie beïnvloed regstreeks die internasionale persepsie van Suid-Afrika. Kennis oor elke gebeurtenis, groot of klein, word gou en wyd oorsee versprei. Dié deursigtigheid het 'n domino-effek tot gevolg. 'n Verandering in beleggersentiment, veral weens politieke onstabiliteit, kan lei tot 'n afname in buitelandse beleggings. Dié afname het 'n direkte impak op die land se kapitaalinvloei.

'n Tekort aan kapitaal kan weer op sy beurt 'n negatiewe uitwerking hê op 'n land se vermoë om onafhanklik te groei en sy eie produkte te lewer. Die situasie dra verder by tot 'n wanbalans in die handel en kan uiteindelik ook verbruikerskoste opstoot, wat 'n komplekse reeks ekonomiese gevolge in werking stel.

Suid-Afrika se kabinet met sy 30 ministers en 36 adjunkministers is veel groter as dié van die meeste van die groot wêreldekonomieë. Byvoorbeeld, die VSA se ekonomie is 60 keer groter as Suid-Afrika s'n en sy jaarlikse ekonomiese groei is ses keer groter.

Staat wil nog meer belasting invorder

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vroeër aangekondig dat 'n bykomende R15 miljard van belastingbetalers benodig word. Die sluit in die moontlikheid van 'n toename in persoonlike inkomstebelasting vir die hoër inkomstegroepe, asook 'n moontlikheid van 'n toename in BTW. Maar dit kan verdere druk op die skouers van Suid-Afrika se belastingbetalers plaas.

Ondanks die staat se chroniese tekort aan kapitaal, ontvang sowat 18 miljoen mense staatstoelaes. 'n Verdere 10 miljoen mense ontvang ook steeds die R350-noodtoelae, wat 'n geweldige homp van die begroting is.

R253 miljard is vir die 2023-'24-boekjaar vir staatstoelaes begroot, terwyl 'n bykomende R34 miljard toegewys is om die noodtoelaag met nog 'n jaar te verleng. Sowat 11% van die nasionale begroting gaan tans aan die besteding aan staatstoelaes.

Uitdagings moet die hoof gebied word

Hoewel die SAID as een van die beste belastinginvorderaars ter wêreld gereken word, is daar talle uitdagings in Suid-Afrika se samelewing en ekonomie wat nie geïgnoreer kan word nie. Hieronder is die doeltreffende besteding van staatsgeld, die impak van politieke onstabiliteit op buitelandse beleggers, en die oordeelkundige implementering van toenames in belasting ten einde die land se ekonomiese welstand te verseker.

Om volhoubare ekonomiese groei te verseker, moet die SAID en die regering voortdurend streef na 'n balans tussen belasting en die doeltreffende bestuur van die nasionale begroting.

Hierdie inligting is verskaf deur Everest Wealth.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM