
http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6379059748&iu=/8900
Dit is maklik om te sê dis 'n wolhaarstorie dat 'n testament die emosionele las minder kan maak as 'n mens 'n geliefde verloor, maar ware verhale bevestig hoe belangrik dié regsdokument is.
Die smart om 'n geliefde te verloor is 'n emosie waarop niemand hulle werklik kan voorberei nie. Deur testamente toegankliker te maak en dit 365 dae per jaar gratis op te stel, probeer Capital Legacy om harte wat reeds in skerwe is, nie nog verder te laat skeur deur situasies wat kan opduik omdat 'n geliefde se laaste wense nie behoorlik gedokumenteer is nie.
Hier is 'n paar staaltjies wat wys hoe belangrik 'n professioneel opgestelde testament is.
1. Tony se voortydige afspraak met die dood
Tony was 'n 25-jarige rekenaarkundige wat besig was om 'n finansiële koninkryk te bou. Sy motivering was om nooit so swaar soos sy ma te kry nie. Sy het geswoeg en gesweet om vir haar en haar drie seuntjies te sorg nadat die seuns se pa hulle verlaat het toe die seuntjies nog jonk was.
Op 'n reënerige aand het Tony beheer oor sy BMW verloor en is dood. Hy het geen testament gehad nie en die boedel van 'n paar miljoen rand moes tussen sy ma en vervreemde pa verdeel word. Sy pa het, sonder om te blik of te bloos, die helfte van Tony se geld in sy sak gesteek, al het hy in 'n ander land gebly en bitter min kontak met sy seun gehad. Om die waarheid te sê, hy het in die laaste 10 jaar van Tony se lewe hom glad nie gesien nie.
As Tony 'n testament gehad het waarin hy sy bates slegs aan sy ma bemaak het, sou dinge heeltemal anders uitgedraai het. In plaas daarvan moes Tony se ma haar seun se bates deel met die pa wat hulle verlaat het toe hy net agt jaar oud was.
Die vertelling toon duidelik hoe testamente mense bemagtig om spesifieke begunstigdes aan te wys en ook die bates waarop hulle geregtig is.
2. Die gevaar van verouderde testamente: 'n Boer se verhaal
Dié verhaal van 'n boer se verouderde testament toon die gevolge as 'n mens nie jou testament hersien namate jou omstandighede verander nie. Die boer se bedoeling was dat sy betroubare plaasbestuurder sy plaas teen 'n voorafbepaalde prys bekom wanneer hy sterf, en dat die opbrengs die boer se familie sou bevoordeel. Hy het ongelukkig in 30 jaar nie sy testament aangepas nie, en nie voorsiening gemaak vir die geweldige toename in die waarde van die grond nie. Dit het daartoe gelei dat die plaas spotgoedkoop verkoop is.
Die waarde van die grond het geweldig baie toegeneem (omtrent 100 keer), maar weens die verouderde testament het die oorlewende familie net 'n fraksie van die plaas se werklike waarde gekry. Ten spyte daarvan dat hulle hof toe gegaan het, het die verouderde testament se bepalings die botoon gevoer. Dit het tot groot finansiële verlies gely, in plaas van 'n erfenis van miljoene rande.
Die verhaal toon dat 'n mens jou testament gereeld moet bywerk en nooit uit die graf moet probeer regeer nie.
3. Beskerm familiebetrekkinge: Stephen se verhaal
Die hartseer verhaal van Stephen se familie skets 'n duidelike prentjie van hoe 'n swak voorbereide boedelplan tot familietwiste kan lei. Stephen se ma, die jongste van vyf kinders, het haar bejaarde ma alleen versorg. Ten spyte van haar sorg en toewyding, het Stephen se ouma al hoe swakker geraak en al hoe meer agteruitgegaan. Die rede was eenvoudig: ouderdom.
Op 'n dag kom Stephen se tantes, wat in ander dorpe gebly het, kuier. Aanvanklik het Stephen en sy ma gedink dat hulle kom help om sy ouma te versorg. Maar nee... Hulle het slegs van sy ouma se besittings kom merk wat hulle wou erf en so hul kleim kom afsteek vir erfstukke wat baie geld werd was. Dié erfstukke was waardevolle antiekeware soos skilderye, potte, vertoonkaste vol kristalware en silwerlepels wat dateer uit die tyd van koning George.
Stephen se ma het vir niks gevra nie en Stephen se ouma is kort daarna oorlede, met die gierige tantes wat met alles daar weg is.
Wanneer jy 'n wettige testament het, het jy 'n finale sê en kan jy seker maak dat jou waardevolle besittings en erfstukke by die bestemde erfgename uitkom. Sodoende voorkom dit familietwiste en groot hartseer.
4. Sorg vir jou kind: 'n Makelaar se verhaal
Nog 'n verhaal beklemtoon die krag van vooruitsig in 'n testament. 'n Geskeide man, wat nog vir sy finansieel afhanklike seun James gesorg het, het skielik aan 'n hartaanval gesterf. Net 'n paar maande voor dié tragiese gebeure, het hy sy testament bygewerk en geteken. Hy het ook 'n Legacy Protection PlanTM by Capital Legacy uitgeneem. Met geen uitgebreide familie wat James kon bystaan nie, en nog maar 'n student ten tyde van sy pa se afsterwe, was hy skielik in 'n posisie waar hy die huishouding se finansies moes bestuur, én deur sy eie hartseer worstel terwyl hy ook sy studies moes voltooi.
Gelukkig was Capital Legacy nie net aangewys as die eksekuteur van sy pa se boedel nie, maar is ook in die testament opdrag gegee om 'n testamentêre trust vir sy seun op te stel. Dit het beteken dat James nie nodig gehad het om die administratiewe las te dra om sy pa se boedel te administreer nie. As trustees van die trust, kon Capital Legacy hom finansiële rigting aandui en steun bied in 'n uiters moeilike tyd. James se storie kon in 'n ramp geëindig het, maar het tog 'n gelukkige einde, gegewe die hartseer omstandighede.
Dié spesifieke gebeure toon aan dat dit nie uitsluitlik oor die testament gaan nie, dit gaan oor die maatskappy wat die testament opstel, die kundige raad wat hulle gee en die vertroue wat jy in hulle plaas, indien jy te sterwe sou kom. Capital Legacy bestuur honderde testamentêre trusts namens hul kliënte.
Die les van die verhale?
'n Mens kan nie genoeg op die belang van 'n testament wys nie. Dié verhale onderstreep die impak wat 'n goed saamgestelde testament op die geliefdes wat agterbly, kan hê. Capital Legacy se toewyding aan die kundige én gratis opstelling van testamente wys hoe toegewyd hulle daaraan is om die verlies van 'n geliefde te vergemaklik, en om seker te maak dat elke persoon se laaste wens nagekom en geëer word.
Om 'n testament op te stel is nie net 'n regsformaliteit nie; dit is 'n gebaar van liefde en vooruitsig wat troos en sekuriteit kan verskaf aan diegene wat jy nalaat. Soos dié verhale toon, kan 'n professioneel opgestelde testament keer dat 'n mens se hart verder skeur as 'n geliefde sterf... Dit kan familielede bemagtig én jou erfenis bewaar vir toekomstige geslagte.
Capital Legacy het sedert 2012 reeds meer as 650 000 testamente opgestel. Juis omdat testamente so belangrik is, is besluit om die hele September Testamentemaand te maak.
Daarom sê Capital Legacy se uitvoerende hoof, Alex Simeonides, dan ook: "Moet asseblief nie uitstel met een van die belangrikste dokumente wat jy ooit sal teken nie. Om jou sake in orde te kry, gaan jou gesin en familie die onnodige spanning en komplikasies spaar wat ontstaan as jy intestaat (sonder 'n testament) sterf. September is die perfekte verskoning om jou testament op te stel; ons is hier om te help."
Om 'n gratis testamentkonsultasie te reël, kontak vandag nog Capital Legacy of jou finansiële adviseur.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















