Promosie

Die taaiste vroue op TV

Die Monterey-vyf (plus een), Big Little Lies

Die Monterey-vyf (Reese Witherspoon, Nicole Kidman,Zoe Kravitz, Laura Dern en Shailene Woodley) het op Maandag 10 Junie na Showmaxteruggekeer vir die tweede seisoen van Big Little Lies, 'n Emmy-bekroonde reeksvol geheime.

In die tweede seisoen lyk dit of hulle dalk nié metmoord gaan wegkom nie, want 'n onwrikbare en bedroefde ma verskyn op die toneelop soek na die waarheid. Meryl Streep sluit in seisoen twee aan by Big LittleLies as Mary Louise Wright, Celeste se skoonma. Sy soek antwoorde na die doodvan haar seun, Perry Wright. Onthou jy hom? Die aantreklike, dominerende enbesitlike karakter is perfek uitgebeeld deur Alexander Skarsgard.

Streep is al vir meer Oscars benoem as enige anderakteur in die geskiedenis. Sy het 21 benoemings agter die rug en drie Oscars ophaar kaggelrak. Die vervaardigers van Big Little Lies het omtrent 'n slaggeslaan om haar in 'n TV-reeks te kry. Sy is wel in goeie geselskap: NicoleKidman en Reese Witherspoon het albei al 'n Oscar gewen vir beste aktrise,onderskeidelik vir The Hours en Walk the Line. Die res van die hoofrolspelers,met die uitsondering van Zoe Kravitz, is ook al almal benoem vir Golden Globesen Emmy-toekennings.

Big Little Lies S2 het dalk nie al die kinkels van'n raaiselagtige moord soos in die eerste seisoen nie, maar Celeste en haarspan het genoeg geheime en leuens om almal om hulle saam die afgrond in tetrek. En hoe wonderlik om 'n aktrise soos Streep te hê om te help om daardiegeheime op te diep!

Elisabeth Moss, The Handmaid's Tale

The Handmaid's Tale is so donker soos 'n drama kanwees wat handel oor patriargale onderdrukking - wreed en traumaties metoomblikke van vlietende hoop. Elisabeth Moss, wat die rol vertolk van JuneOsborne/Offred, verklap egter dat sake gaan verander in seisoen drie en dat dittog moontlik is om te ontsnap.

As jy een van die kykers was wat gefrons het omdatJune 'n kans om te ontsnap in die laaste episode van die tweede seisoen deurhaar vingers laat glip het, troos jou daaraan dat die weerstand besig is om opte bou teen die regering van Gilead.

The Handmaid's Tail S3, episode 1 en 2 het eersteop Showmax gewys op Maandag 10 Junie, met nuwe episodes wat elke Maandag daarnavertoon word.

Kristin Kreuk, Burden of Truth

Kristin Kreuk is lankal nie meer Clark Kent semeisie nie en sy het Smallville afgeskud. Sy het ontpop as 'n sterk,onafhanklike prokureur, vasberade om reg en geregtigheid te laat geskied. Kreukvertolk die rol van Joanna Hanley, wat as prokureur in 'n groot stad suksesbehaal het. Sy keer terug na haar tuisdorp om 'n farmaseutiese maatskappy in 'nhofsaak te verteenwoordig. Iewers langs die pad ontwikkel sy 'n gewete enbesluit dan om eerder die slagoffers te verteenwoordig. Terwyl sy die waarheidontbloot, word sy ook gekonfronteer met familiegeheime.

Sommige kritici vergelyk Burden of Truth met SharpObjects, nog 'n Showmax-juweeltjie, waarin Amy Adams te sien is. Burden ofThruth, S1 en 2 is eerste op Showmax te sien.

Issa Rae, Insecure

Issa Rae se besige program beteken dat aanhangerstot 2020 moet wag vir die vierde seisoen van Insecure, maar ons kan solank diederde seisoen geniet, wat nou op Showmax wys. In die tweede seisoen was die hooffokus die morsige beëindiging van Issaen Lawrence se verhouding … en die geflankeerdery tussendeur. In die derdeseisoen spring Issa en haar beste vriendin, Molly, vars weg: geen Lawrence engeen Daniel nie.

Issa trek in 'n nuwe woonstel in. Sy kry selfs 'nekstra inkomste as 'n Lyft-bestuurder en ontmoet ook so 'n nuwe liefde. Sy hetnog 'n paar probleme om uit te stryk, maar sonder ingewikkelde verhoudings isIssa se lewe stiller en dalk selfs dieper. Insecure 3 is (amper) perfek, maardie een ding wat ons nie gaan vergewe nie, is dat hulle nuwe lewe geblaas hetin #LawrenceHive, daardie toksiese aanlyngemeenskap wat Issa se ambisielose eksop sosiale media ondersteun.

Hoe om Showmax te kry

As jy nog nie ingeteken het nie, kan jy aanteken vir 'n gratis proeftyd van 14 dae. Daarna betaal jy slegs R99 per maand vir toegang tot 'n wavrag plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre programme. As jy 'n DStv Premium-intekenaar is, is Showmax ingesluit in jou intekening. Besoek die webwerf om aan te teken.

DStv Compact- en Compact Plus-intekenare kan Showmax by hul intekening voeg vir net R49 per maand.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM