Promosie

Dís waarna vroue kan uitsien by Netwerk24 en Die Burger se Vroue-oggend!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tracey Lange is weer die programleier van Netwerk24 en Die
Tracey Lange is weer die programleier van Netwerk24 en Die

Die kaartjies vlieg vir Netwerk24 en Die Burger se jaarlikse vroueoggend op 21 Oktober!

Vanjaar se tema is "Die Krag van Vrouwees" en die geleentheid vind weer by Kronenburg-landgoed in die Paarl plaas.

Tracey Lange is weer die programleier, terwyl die televisiesjef en kookboekskrywer Marinda Engelbrecht gaste 'n ding of twee in die kombuis gaan leer.

Die bekroonde skrywer Marita van der Vyver kom gesels op die verhoog en van die akteurs wat in kykNET se Suidooster speel, kom kuier ook saam met gaste.

Nog 'n item op die program waarna gaste kan uitsien, is 'n stylpersoonlikheidsontleding deur Rozanne Serdyn, 'n gekwalifiseerde persoonlike stilis en beeldkonsultant.

Wat is 'n stylpersoonlikheid, vra jy? Dit kombineer die eienskappe van jou persoonlikheid, jou persoonlike smaak, leefstyl en veral hoe jy wil voel of wat jy wil weerspieël, wat dan deur jou klerekeuses gekommunikeer word.

Daar sal oudergewoonte 'n geskenksak propvol verrassings wees vir elke vrou, keurige eet- en drinkgoed asook stalletjies waar gesnuffel en gekoop kan word.

Die geleentheid begin om 09:00 en sal rondom 12:30 ten einde loop.

Kaartjie-inligting

Kaartjies kos R450 en is beskikbaar op Quicket.co.za.

Vir meer inligting of om as 'n borg betrokke te raak, stuur e-pos na ­carlin.daniels@media24.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM