Dit woeker op Krone Fans, die amptelike Facebookblad van die Krone-konsertreeks. Daar kry jy nuus oor al die kunstenaars wat vanjaar by Krone gaan deelneem, as ook die nuutste foto's, video-uitreikings en witwarm kompetisies.

Dis ook waar die grootste Krone-aanhangers vertel van hul konsertervarings. So reg uit die perd se bek …
Rosemary Gardner skryf die eerste konsert in dié reeks wat sy bygewoon het, was Krone 5. Sy was mal oor die energie en haar stem was hees gesing aan die einde van die aand.
Spesiale geleentheid
Vir Lee-ann Nieuwenhuys was Krone 5 'n spesiale geleentheid - dit was haar man se verjaardaggeskenk aan haar. "Awesome", is hoe sy die ervaring beskryf.
Die liefde het ook by 'n Krone-konsert geblom vir Elize Smith Bosel. "Krone 5 was awesome, ek het net verloof geraak en ons het gaan saamsing. Nou is ons getroud."
Charlene du Plessis Gerber en haar man was pasgetroud toe hulle 'n Krone-konsert bygewoon het - volgens haar was dit 'n groot wittebroodsgeskenk.
Hermina Joubert skryf "musiek maak jou kop skoon, jou hart heel en lig jou gemoed". Dís hoekom sy so baie van Krone hou.
"Die adrenalien skop behoorlik in as daai eerste song begin en dit bou op tot daai laaste noot wegsterf," skryf Retha Nel. Sy is gek na die kostuums, die gees tussen die sangers en die gehoor. " 'n Mens is skoon uitasem as jy daar uitloop!"
Hermina Joubert skryf "musiek maak jou kop skoon, jou hart heel en lig jou gemoed". Dís hoekom sy so baie van Krone hou.
"Dit is ongelooflik om te sien hoe opgewonde ons Krone Fans en getroue ondersteuners is oor die sesde Krone-konsertreeks. Dit is hulle wat sorg dat die konsert elke jaar net groter en groter word. Aanhangers sal moet opwarm vir 'n moewiese saamsingjol, want dit is waaroor Krone gaan,", vertel Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Sony Select Musiek en Krone.
En by Krone 6kan mense hulle ook 'n verrassings verwag, maar vir eers wil Spangenberg nie meer hieroor sê nie . . .

Kom sing dié keer saam
Kry vandag nog jou Krone 6-konsertkaartjies om in die joligheid te deel. Vanjaar kan jy regmaak vir optredes deur kunstenaars soos Brendan Peyper, Snotkop, Andriëtte, Kurt Darren, Juanita du Plessis, Elizma Theron en Theuns Jordaan. Bespreek vinnig jou plek, want kaartjies verkoop soos soetkoek! En onthou, die lekker ding van Krone is die saamsing.
Die woorde van al die liedjies word op grootskerms vertoon sodat jy saam met die kunstenaars kan sing, dans en jol.
Hier is Krone 3 se Finale Medley:
- Die konsert op Saterdag 17 Augustus in Pretoria asook die konsert op Saterdag 3 Augustus in Kaapstad is reeds uitverkoop.
Koop kaartjies nou!
Kaartjies is nog beskikbaar vir Krone 6 op 4 Augustus om 14:00 in Kaapstad in die Grand Arena in GrandWest en vir die konserte in Pretoria, wat op Vrydag 16 Augustus om 19:00 en Sondag 18 Augustus om 14:00 in die Sun Arena in Time Square gehou word.
Kaartjiepryse wissel van R195 vir 'n staanplek teen die verhoog tot R470 vir sitplekke. Kaartjies vir vanjaar se Krone is aanlyn beskikbaar by iTickets.












