
Daar bestaan geen twyfel dat The Confidence Co. se Girl-School, onder leiding van Aletté Winckler, noodsaaklik is vir jong meisies nie. Ja, hulle takel onderwerpe wat dalk vir sommige onbenullig voorkom, byvoorbeeld tafelmaniere en hoe om regop te sit. Hierdie positiewe stel vaardighede en gebare het egter 'n reuse-impak op jou selfvertroue, spesifiek wat betref selfversorging, sosiale interaksie, respek, en die vriendelike en doeltreffende hantering van onvoorsiene situasies . . . eienskappe waaraan 'n leier uitgeken word.

Wat is leierskap? Volgens John Maxwell kom leierskap neer op invloed. Om 'n leier te wees laat jou uitstaan - jy ken die verskil tussen reg en verkeerd, goed en sleg . . . Hierdie jong dames se opleiding moedig hulle aan om die regte ding te doen, selfs wanneer niemand kyk nie. Om te lei sonder posisie, guns en invloed, én sonder lof. Om hul eie grootste ondersteuners te wees, ander te help, te beskerm, op te hef en te ondersteun.
The Confidence Co. streef daarna om die nodige opleidingsinhoud te versamel om tak-eienaars en onderwysers te bemagtig om deel te word van die verskil wat hulle in ons jeug wil sien, deur een klein stel vaardighede op 'n slag oor te dra. Stephen Covey het gesê: "Doeltreffende leierskap beteken om die belangrikste dinge eerste te stel." Saam kan hulle die fondasie lê om te help vorm aan die vroulike voorlopers van die toekoms.
Die Girl-School-konsep, wat deur The Confidence Co. aangebied word, plaas klem op die ontwikkeling van leierskap en selfvertroue. Hulle kom hul verantwoordelikheid na om meisies toe te rus om leiers te word, sodat hulle op hul beurt ander meisies kan bemagtig en inspireer! Die volgende aanhaling van Clare Booth Luce demonstreer die belangrikheid van vroue in leierskapsposisies: "As ek misluk, sal niemand kan sê: ‘Sy het nie wat dit verg nie.' Hulle sal sê: ‘Vroue het nie wat dit verg nie.'"
Wanneer ons vorentoe kyk na die volgende eeu, sal leiers diegene wees wat ander bemagtig.
— Bill Gates
Girl-School, deur The Confidence Co., is meer as net 'n kursus - dit is 'n beweging!
Meer oor Girl-School
Hul doel is om jong meisies toe te rus met vaardighede en kennis om hul selfvertroue en selfbeeld 'n hupstoot te gee, om die vermoë te ontwikkel om uit te staan in 'n groep en te lei deur 'n voorbeeld te stel.
Hulle glo jy is geskep om die beste weergawe van jouself te wees.
Girl-School se Teen-kursus sal tieners help om 'n gesonde verhouding met hulself te ontwikkel, wat hulle 'n voorsprong in die lewe sal gee!
Onderwerpe wat bespreek word:
• leierskap en selfvertroue,
• kommunikasie en luistervaardighede,
• hoe om vir jouself op te staan,
• sosiale vaardighede,
• ouer-tiener-verhoudings,
• eerste indrukke,
• hoe om die beste weergawe van jouself te wees: voeding, gesonde eetgewoontes en oefening, selfbeeld, liggaamsbeeld, klerekas, grimering, velsorg, hand- en naelsorg, en nog soveel meer.

Hoe dit werk
Die Teen-kursus bestaan uit 20 sillabusse. Die klasse word deur 'n Girl-School-onderwyser aangebied in oorleg met verskeie ander kenners op die gebied. Die kursus is propvol noodsaaklike vaardighede. Ná die suksesvolle voltooiing van die kursus, sal elke student 'n sertifikaat van deelname ontvang.
In die samelewing en op die gebiede waarin hulle 'n verskil probeer maak, word die landskap al hoe meer besoedel deur 'n woke-kultuur-sindroom. Dit het weer baie opvoeders (skole/onderwysers/ouers) onder druk geplaas om alles op 'n polities korrekte manier te benader. Inhoud wat gebaseer is op ou tradisionele waardes, word onderdruk, maar individualiteit en uniekheid word aangemoedig.
Dit is wat Girl-School deur The Confidence Co. probeer doen met selfvertroue as hoeksteen. Hulle leer selfvertroue. Hulle versorg en koester selfvertroue. Dit laat leiers groei. Leiers wat, ondanks die druk van enige sosiale en/of politieke omgewing, sal uitstaan en 'n verskil maak.
Tans is daar 31 Girl-School-takke regoor Suid-Afrika. Klik hier om 'n Girl-School in jou omgewing te vind.
Volg Girl-School se sosiale media-platforms
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.













