Promosie

Finbond maak verskil in SA

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Buiten boeke wat Finbond gratis by al hul takke landwyd aan kliënte verskaf om hulle te help begroot, ontwikkel hulle tans ook ’n nuwe boekie wat oumas en oupas vir hul kleinkinders kan lees om hulle van kleins af te leer om finansieel verantwoordeli

https://finbondgroup.com/

Finbond Groep Beperk is 'n internasionale finansiëlediensteverskaffer, met bedrywighede in Suid-Afrika, Noord-Amerika en Latyns-Amerika. Die groep spesialiseer in die ontwikkeling en aanbieding van unieke krediet- en beleggingsprodukte gebaseer op die behoeftes van kliënte, eerder as algemene beleide en praktyke.

Finbond is 'n kredietverskaffer met aanlyn sowel as tradisionele bedrywighede. Finbond bestuur sy sakeonderneming deur administratiewe kantore in Chicago, La Quinta, Phoenix, CutOff, Merrillville, Memphis, Toronto, Sliema, Pretoria, Somerset-Wes en 'n totaal van 598 takke - 392 in Suid-Afrika en 206 in Noord-Amerika.

In Noord-Amerika word Finbond se filiale verteenwoordig in 16 Amerikaanse state, asook in een provinsie van Kanada. Hierdie filiale sluit bekende name in soos Americash Loans, Cashback Loans en Credit Box.

Finbond se twee grootste filiale in Suid-Afrika is Finbond Mutual Bank en Supreme Finance. Finbond Mutual Bank maak gebruik van sy 178 takke landwyd om lenings en verwante produkte aan sy kliënte te bied. Vanuit die hoofkantoor in Pretoria, bied Finbond Mutual Bank ook 'n verskeidenheid beleggingsprodukte aan met mededingende rentekoerse, asook tradisionele bankprodukte soos oortrokke rekeninge en sakelenings. Supreme Finance bied lenings en verwante produkte aan kliënte vanuit sy 214 takke wat deur die land versprei is.

Finbond ondersteun verskeie kinderhuise en aftreeoorde in Suid-Afrika, waarvan SAVF Margaretha Ackerman Tehuis een is. Vanjaar het Finbond mussies en pantoffels vir die winter aan die inwoners van hierdie tehuis geskenk. Hier is inwoners van die tehuis, van links, Johan van Staden en Hellen van der Westhuizen saam met Ina Wilken-Jonker, direkteur van Finbond Group, en Andre Prinsloo.

As deel van Finbond se maatskaplike verantwoordelikheid, ondersteun die groep al vir baie jare verskeie kinderhuise en aftreeoorde regoor Suid-Afrika. Finbond het 'n kunssentrum oopgemaak vir die jeug in Clanwilliam waar 'n verskeidenheid kunsklasse gratis aangebied word aan kinders en waar hulle werke dan uitgestal word.

Finbond verskaf gratis boekies aan kliënte wat hulle help om te begroot en die boekies is beskikbaar in al Finbond se takke oor die land. Finbond is ook besig om 'n nuwe boekie te ontwikkel wat grootouers vir hul kleinkinders kan lees om hulle van kleins af te leer om finansieel verantwoordelik te wees.

Oor die jare het Finbond al verskeie pryse gewen en in Julie 2022 is Finbond se uitvoerende hoof, dr. Willem van Aardt, ingesluit in die jaarlikse uitgawe van CEO Today se Africa Awards as een van die mees voortreflike sakemense in Afrika. In 2018 is Finbond Mutual Bank as die tweede beste bank in Suid-Afrika en as die 11de beste bank ter wêreld aangewys deur die internasionale organisasie Lafferty Group.

Besoek gerus hul webwerf om te sien hoe hulle jou kan help.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM