Promosie

Gautrain – jou reis begin hier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Gautrein bied veilige, hoëgehaltevervoer wat in jou alledaagse behoeftes voorsien.Foto: ISTOCK
Die Gautrein bied veilige, hoëgehaltevervoer wat in jou alledaagse behoeftes voorsien.Foto: ISTOCK

Suid-Afrika se openbare vervoerstelsel het sy uitdagings, maar is steeds 'n onontbeerlike vervoermiddel vir honderde duisende mense.

Volgens Statistiek SA se Nasionale Huishoudelike Reisopname van 2020, het die deelnemers gesamentlik 45 miljoen reise onderneem - meestal te voet - in die sewe dae voor die opname. Dit is dus duidelik hoe belangrik toegang tot veilige en betroubare openbare vervoer is, en die Gautrain doen sy uiterste bes om in hierdie behoefte te voorsien.

Die Gautrain se doelwit is om 'n omvattende openbare vervoerstelsel te bied wat die langtermyn volhoubare ekonomiese groei van Gauteng bevorder. Die idee is om mense aan te moedig om hierdie vervoermiddel te gebruik vir alles wat hulle belangrik ag.

Of jy nou van plan is om vir 'n vriend te gaan kuier, jou maandelikse kruideniersinkopies wil doen, skool toe moet gaan of uitsien na 'n aandjie uit, die Gautrain bied 'n gerieflike, veilige diens met verskeie roetes wat verskillende streke in Gauteng dek. Wat jou reis ook mag vereis, die Gautrain is 'n maklik toeganklike keuse wat ook ontwerp is om inklusief te wees. Daar is voorsiening gemaak vir mobiliteit, die treine is rolstoelvriendelik en daar is spesiale maatreëls vir passasiers wat gehoor- of gesiggestremd is. Gidshonde is welkom om gesiggestremdes op die treine te vergesel.

Die Gautrain bied 'n uitstekende diens wat voldoen aan die behoeftes van alle passasiers. Al wat jy hoef te doen, is om jou naaste stasie te vind.

Gautrain-stasies:

• Hatfield

• Pretoria

• Centurion

• Midrand

• Marlboro

• Sandton

• Rosebank

• Park

• Rhodesfield

• O.R. Tambo

Alle stasies, buiten die een by die O.R. Tambo-lughawe, beskik oor geïntegreerde parkeergeriewe en pendelbusse is ook beskikbaar.

Die Midibus-vervoerdiens is beskikbaar by die volgende stasies:

• Hatfield

• Centurion

• Malboro

Jy kan van so min as R12 van dié busdiens gebruik maak.

Hoe maak jy van Gautrain se dienste gebruik?

Die Gautrain-diens is sewe dae per week, 365 dae van die jaar tot jou beskikking. 'n Treinrooster met aankoms- en vertrektye is beskikbaar op die Gautrain-app, die webtuiste of by enige Gautrain-stasie.

In spitstye vertrek die treine elke 10 minute, en elke 20 minute wanneer dit stiller is.

Om van die Gautrain-diens gebruik te maak het passasiers 'n Gautrain-kaart met 'n minimumbedrag van R34 daarop nodig. Jy kan die kaart by enige Gautrain-stasie koop. Andersins kan jy jou kontaklose bankkaart gebruik om met Gautrain se treine en busse te reis en vir parkering by die stasies te betaal.

Vir meer inligting, besoek www.gautrain.co.za.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM