Dankie tog vir maklike haarsorg met Just For Kids se relaxer-pak vir kinders
Die daaglikse haardrama met kinders kan so uitputtend wees, met die styl en kam wat dikwels die kleingoed in trane het. Just For Kids se reeks relaxers behandel jou kind se hare en maak dit glad en sag, wat die kam en stylproses baie makliker en sagter op hulle maak.
Just For Kids is Suid-Afrika se nommer een etniese haarsorghandelsnaam vir kinders (Nielsen, Value & Volume Market Share, 12MM Desember 2022).
Hulle bied 'n sagter produkreeks wat die kopvel bevog en opknap, wat die gejeuk en gekrap ook minder maak. Die hare word sagter, gladder en makliker om te beheer - met minder trane as gevolg.
Die reeks bied 'n klomp relaxers, sjampoe's, detanglers, bevogters en haarvoeding om te sorg vir jou kind se hare. Dit sluit 'n irritasie-vrye ervaring in met 'n delikate formule wat gepas is vir sensitiewe kopvelle sowel as normale tot baie dik, growwe hare.
Het jy al gehoor van Just For Kids se Relaxer-pakke?
https://www.youtube.com/watch?v=gtU2KeSPumM
Die sisteem is 'n klapperolie sorg-formule, wat verseker die relax-proses is veilig en sag. Dis 'n stap-vir-stap proses om jou kind se hare te relax met 'n maklike mengsisteem. Dis gepas vir volle aanwending of net vir opknapping.
Een van die moet-hê produkte in die relaxer-pak is 'n gratis neutraliserende sjampoe. Die Just For Kids Neutralising Shampoo word gebruik om jou kind se hare te neutraliseer tot by die perfekte ph balans, en dit sluit 'n spesiale kleurindikator in.
Terwyl jy was, wys die kleurindikator of daar nog relaxer in die hare is - as die skuim pienk is, beteken dit alles is nog nie uitgewas nie. Dis ‘n baie handige manier om te verseker alles word goed uitgewas. As al die relaxer uit is, word die skuim wit en die water helder. Só weet jy die hare is nou die perfekte ph.
Daar is ook 'n opknapper in wat die hare sterker maak om te keer dat dit breek (Anti-Breakage Conditioner) wat verryk is met Vitamien E, Keratien, en aminosure.
Die relaxer is beskikbaar in twee sterktes vir dun hare en normale haartipes. Dis perfek vir gebruik by die huis, sodat jy meer tyd met jou kind kan spandeer - eerder as ure in die salon!
Volg Just For Kids op Instagram en Facebook vir nog styl idees.
















