Afrikaans.com seuitgebreide leerhulp is van onskatbare waarde vir jonk en oud, leerders énonderwysers.
By Afrikaans.comsien hulle uit na 'n nuwe jaar vol belofte en kan hulle nie wag om ook in 2025die storie van Afrikaans saam met ons lesers te skryf nie. Daarom nooi hulleelke leser uit om www.afrikaans.com te besoek, rustig deur die aanbod te blaaien die Afrikaanse leefwêreld saam met hulle te geniet.
Hulle is veraltrots op die uitgebreide Leerhulp-aanbod wat ontwikkel word om leerders, ouersen onderwysers by te staan. Hier kry jy alles en nog wat van voorskool tothoërskool en kan jy kies uit lesplanne, werkkaarte en memorandums, vorigevraestelle vir hersiening, 'n matriekklaskamer, ouerhulp, leergerigte artikelsen meer.
AfrikaansHuistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) was nog nooit so maklik ombaas te raak nie!
'n Paar hoogtepunte op die leerhulpblad:
1. Voorskool
Dit is baie belangrik dat ons kinders reeds van kleins af gestimuleer, ontwikkel en opgevoed word deur middel van vroeëkinderontwikkelingsprogramme. Hul voorskoolafdeling spog met 'n kleuterkurrikulum met gratis lesplanne vir onderskeidelik peuters 2 tot 4 en graad pre-R en R. Hierdie lesplanne stel opvoeders in staat om konkrete en moeilike konsepte op prettige wyse oor te dra. Verder bied hierdie afdeling ook lekker leeshulpmiddels, luisterstories, videoreekse en aflaaibare aktiwiteite.
2. Skoolgereedheid
Die sprong na graad 1! Vir hierdie oorgang is dit belangrik dat leerders oor die nodige vaardighede beskik. Afrikaans.com se skoolgereedheidsprogram, in samewerking met Oasis Club Learning, help ouers om probleemareas te identifiseer en die nodige stappe te neem indien hulle vermoed hul kinders is nie skoolgereed nie. Ingesluit by hierdie program is 'n volledige lys van verwagte uitkomste vir graad R-kinders, 'n dokument met praktiese take waarmee die bostaande uitkomste gemeet kan word en 'n lys van lesse en aktiwiteite wat aangebied kan word indien 'n kind met spesifieke uitkomste sukkel.
3. Laerskool
Hierdie afdeling bied plakkate, studiegidse, klasgidsartikels, luistertoetse, PowerPoint-aanbiedings en volledige klasgidse, soos verskaf deur Lapa Uitgewers. Leerders sal beslis baat vind by die werkkaarte vir Afrikaans Huistaal en EAT soos verskaf deur CuraParent. Loer gerus na die grondslagfase-leerhulp vir graad 1 tot 3 asook graadspesifieke leerhulp vir graad 4, 5, 6 en 7.
4. Hoërskool
Kurrikulumgebaseerde hulpbronne vir graad 8- tot graad 12-leerders wat strek van werkkaarte en memorandums, PowerPoint-aanbiedings, matriekvraestelle, klasgidse tot plakkate. Graad 10- tot graad 12-leerders sal baat vind by die CuraParent-matriekklaskamer met PowerPoint-aanbiedings met oudio vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
5. Moedertaalonderrig
Kom meer te wete oor die belangrikheid van moedertaalonderrig en hoekom dit die bousteen vir toekomstige sukses is.
6. Die Onderwysmarkplein
Lees oor van die ander uitmuntende organisasies wat ons aanbeveel en wat deel uitmaak van die Afrikaanse onderriglandskap.
Jy worduitgenooi
Besoek vandag nogwww.afrikaans.com enreis saam deur die Afrikaanse landskap. En as jy hou van wat jy sien, gaan kuiergereeld! Alle inhoud is gratis en aflaaibaar. Dalk is jy meer gemaklik opsosiale media? Word dan deel van die Afrikaans.com-familie en gesels saam op hulsosialemediaplatforms: op Facebook, Instagram en TikTok.















