
Enigiemand wat 'n motor besit, weet hoe aaklig die rompslomp van hernuwings van motorlisensies kan wees. Dis in 'n tou staan, by die werk afvat en vorms invul.
Dís waarom motoreienaars van Disky moet weet. Hulle bedryf 'n aanlyndiens vir die hernuwing van motorlisensies wat die gerief van WhatsApp en die internet gebruik. Jy hoef nie eers 'n profiel te skep nie (nóg 'n hoofpyn - al daardie wagwoorde wat 'n mens moet onthou!). Met WhatsApp in die hand kan jy net 'n foto van jou lisensieskyfie neem, 'n tarief betaal deur 'n veilige betaling en Disky doen die res.
Daar is baie mededinging in hierdie dienstesektor, maar Disky is kostedoeltreffend en gee dubbel die waarde deur die gerieflike gebruik van WhatsApp sowel asook hul gespesialiseerde kennis en vinnige terugvoertyd. Hul span hanteer navrae effektief met 'n 24 uur-reaksie- en oplossingstyd en lisensieskywe word binne 5 tot 10 werksdae afgelewer.
Moenie wag nie. Doen dit nou en jy hoef nooit weer laat te wees met jou hernuwing, of dit as 'n las in jou agterkop te dra nie.
Gebruik die skakel hieronder of skandeer die QR-kode om toegang te kry tot die Disky "chat". Druk dan die stuur knoppie en volg die instruksies.
WhatsApp nou: Klik hier
Jy kan ook inskryf of meer lees op hul webblad.















