Promosie

Hersien, hersien, herstel

Met die ingang van 2020, en as't ware 'n nuwe dekade, was ons vol hoop en gereed om die nuwe jaar aan te pak, of so het ons gedink. Min het ons geweet dat ons moontlik een van die uitdagendste jare in moderne tye sou beleef, en nou is ons ook weer spoedig op pad na die einde van hierdie baie stormagtige jaar wat onthou sal word as die jaar van Covid-19.

Die Wêreldbank het reeds in Junie vanjaar die ekonomiese gevolge van Covid-19 vergelyk met die ekonomiese toestand gedurende die Tweede Wêreldoorlog en beskryf as die Black Swan van die dekade. Die Suid-Afrikaanse ekonomie was egter reeds voor die aanvang van Covid-19 aan flarde met Tito Mboweni wat 'n wipplank-plan voorgelê het om ons van skuld, korrupsie en algehele wanbestuur te red. Kort na hierdie voorlegging het die Suid-Afrikaanse ekonomie egter onder die norm van aanvaarbare buitelandse beleggingstatus verval en het Moody's die ekonomie tot rommelstatus verklaar.

Kort na Februarie 2020 val die JSE na 37 000 punte. Dit is punte wat ons laas in 2012 gesien het, wat effektiewelik beteken dat ons agt jaar se opbrengste of dan 35% binne 'n kwessie van etlike dae verloor het. Bowendien het die rand verswak tot R19,00 teen die Amerikaanse dollar in April 2020.

Die Wêreldbank het ook in Junie vanjaar verklaar dat 'n wêreldresessie voorsien word. In Augustus, in die wedloop tot die entstof teen Covid-19, verklaar Rusland dat hul Spoetnik-V die eerste geregistreerde entstof is. In September is die wêreld se fokus weer op Amerika gevestig vanweë rekordhoogtes op die Nasdaq en S&P 500 ten aansien van tegnologie-aandele, ten spyte van die heersende omstandighede in die land as gevolg van die pandemie.

In Oktober was die wêreld se oë weer op Amerika, en almal hou hulle asems op om te sien wie die 46ste president van Amerika gaan wees en wat dit sal beteken vir Suid-Afrikaners en ons ekonomie se herstelpad. In November verklaar Pfizer dat hulle entstof met 'n 95%-sukseskoers ontwikkel het, wat tot gevolg het dat plaaslike en internasionale markte positief reageer, met die JSE wat herstel na 57 000 punte in etlike dae.

Alhoewel ons almal 2020 bitter graag wil vergeet, is die nagevolge van die pandemie dreigend. Sonder daadwerklike ingryping deur die Suid-Afrikaanse Regering kan ons staatskuld teen 2024 tot 95% van die bruto binnelandse produk styg.

Suid-Afrikaners sal ander beleggings moet oorweeg aangesien ons plaaslike markte vir die laaste 36 maande basies stagnant was, met 'n skamele groei van ongeveer 5% per jaar. Die tyd het aangebreek vir tradisionele beleggers om internasionale bateruilfondse te oorweeg. Dit behels beleggings in rand waar die voordeel van buitelandse aandeleportefeuljes geput kan word.

Internasionale bateruilfondse het meer as 100% groei oor die laaste vyf jaar op die Amerikaanse Nasdaq en S&P 500 getoon. Beleggers wat egter verkies om plaaslik te belê, sal hulle portefeuljes moet hersien en herbalanseer, kommoditeite en selfs privaat ekwiteit moet oorweeg. Beleggers wat inkomste trek vanuit hulle beleggings gaan vir die volgende vyf jaar die meeste geaffekteer word en 'n kundige adviseur gaan dus van uiterse belang wees.

Hersien, hersien, herstel gaan 2021 se mantra wees, en met kundige advies en kennis kan Suid-Afrikaanse beleggers steeds seëvier.

Besoek www.everestwealth.co.za om meer uit te vind door Everest Wealth Management-produkte.

Carel Venter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM