As jy nog nie planne vir die komende Desembervakansie het nie, nog jou wynrak moet volmaak of 'n plek soek vir 'n lekker naweekwegbreek of selfs net vir 'n dag, is hierdie artikel vir jou.
Blue Crane Farm Lodge, Botrivier
Geleë teen die hange van die Houwhoekberge, op die pragtige Van der Stel-pas, sowat 6,4 km van Botrivier af, is Blue Crane net die plek vir 'n rustige kuier en heerlike plaasatmosfeer.
Hulle bied drie moderne selfsorgkothuise wat elkeen slaapplek vir vier gaste het. Die kothuise het elk twee slaapkamers, een badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke leefarea bied toegang tot die stoep met 'n houtvuur-warmbad en braaigeriewe.

Vars brood en plaasmelk word soggens deur 'n dienluik langs die kombuisdeur bedien. Daar word tee, koffie, botter, beskuit en ses eiers met gaste se aankoms voorsien. Hout, vuuraanstekers, 'n braairooster en die nodige braaigeriewe word ook voorsien.
Daar is 'n groot getal besienswaardighede in en om die omgewing wat voetslaanpaaie, bergfietsry, kunsvlieghengel, walvis kyk en 'n verskeidenheid wynplase insluit.
- Jou kontak: 076 138 4999 of jy kan hul webtuiste besoek by www.bluecranefarmlodge.co.za.
Buffelsdrift Wildreservaat, Oudtshoorn
In die hartjie van die Klein-Karoo, wat deel is van die Tuinroete, kan jy 'n lekker wegbreek by die Buffelsdrift Wildreservaat gaan geniet.
Hulle is 6,5 km buite Oudtshoorn, die volstruishoofstad van die wêreld. En die lodge is slegs 300 m vanaf die teerpad wat na die Kangogrotte lei.

Die hooflodge is reg langs 'n watergat van 5 ha, gevul met groot visse, skilpaaie en seekoeie. Vanaf die houtdek wat die lodge-omgewing omring, kan jy olifante sien stap, die seekoeie en visse in die water besigtig, asook ander wild wat op die oorkantste wal wei. As jy gelukkig is, sal jy selfs sien hoe die visarend sy daaglikse maaltyd vang.
By die lodge is aktiwiteite soos bossafari's, nagritte, 'n meerkat-safari, 'n leeu-ervaring, 'n ervaring met vrylopende cheetahs en die voer, borsel en loop van olifante.
- Jou kontak: 044 272 0000 of info@buffelsdrift.com
Deetlefs, Breedekloof
Hier is 'n lekker verskeidenheid wyne van Deetlefs, die tweede oudste wynlandgoed in Suid-Afrika onder eienaarskap van dieselfde familie, vir die ideale vakansiebederf.
Bestel betyds jou wyne om gereed vir die rustige dae te wees. Bederf jouself en jou vriende met 12 bottels van Deetlefs se gewilde Stonecross-reeks teen slegs R650 (aflewering ingesluit), wat spesiaal uitgesoek is vir elke moontlike geleentheid en verskillende weersomstandighede.

Die boks sluit in: 2 x Chenin Blanc 2020, 2 x Sauvignon Blanc 2020, 2 x Pinotage Rosé 2019, 1 x Chardonnay 2020, 1 x Shiraz 2017, 1 x Pinotage 2018, 1 x Merlot Pinotage 2017, 1 x Malbec 2019, en 1 x Cabernet Sauvignon 2017.
Plaas jou bestelling aanlyn by wineshop.deetlefs.com of kontak hulle. Hierdie aanbod is geldig tot 30 November, of solank voorraad hou.
- Jou kontak: 023 349 1260 of info@deetlefs.com.
Domaine Brahms, Paarl
Wanneer laas was jy by Toeka? Dit is dan tyd om 'n draai te gaan maak en te kyk na die nuwe stoor.
Toeka se Stoor by Domaine Brahms spog nou met 'n nuwe en groter versameling veteraantrekkers en -motors, en hul antieke meubels, kombuisgoed, huisgoed en versamelgoed is 'n unieke ervaring. Om nie eens te praat van die ou speelgoed, trourokke, naaimasjiene en porselein nie.

'n Besoek sal jou vul met nostalgie en herinnerings aan gister se dae. Eet iets lekker uit die plaaskombuis en proe hul eie olyfolie en bekroonde wyne. En vat dit saam huis toe!
As jy op soek is na die ideale lokaal vir jou troue of spesiale geleentheid, is dit net die plek met 'n nuut opgeknapte trou-saal, klein kapel onder die olienhoutbome, mooi binnehof en besonderse tuine. Die opsies is baie - met die mooiste uitsig oor 'n dam en die boorde.
- Jou kontak: 021 869 8555/076 914 5714; venue@brahms.co.za of besoek www.brahms.co.za.
Greyton Kunsnaweek
Pak in jou stapskoene en gaan verken Greyton aan die einde van die maand te voet vir 'n lekker kuns-staptog.
Van 20 tot 22 November vind die Greyton Art Walk (GAW) plaas.
GAW 2020 beloof om weer groot te wees, met meer as 800 oorspronklike werke deur verskeie kunstenaars, waaronder 33 uitstallers in die Art Centre, in die NG Kerk-saal en 25 huisgalerye, waar kunstenaars hul huise oopstel. Dan is daar ook nog verskeie uitstallings van werke deur onder meer Portchie, Willie Jacobs en David Kuijers.

Langs die strate en in restaurante sal jy ook uitstallings vind waar kunstenaars sal skilder en hul tegnieke deel.
Toegang na alle kunsroetes en uitstallings is gratis. In die Explorer, die kleurvolle roetekaart na al die galerye, is ook portefeuljes en profiele van die verskeie kunstenaars.
Greyton beskik oor talle akkomodasie geriewe, skakel gerus hul plaasliketoerisme kantoor en bespreek vir dié kunstenaweek.
- Jou kontak: Vir enige navrae, besoek Greyton Tourism of Love Overberg se webwerwe of kontak greytonartwalk@gmail.com.
Le Pommier, Stellenbosch
As jy nog nie by Le Pommier was nie, sal jy met die eerste oogopslag verlief raak op die pragtige uitsigte wat die plaas bied.
Die plaas het verskeie aktiwiteite om na uit te sien en sluit in 'n restaurant, wynproelokaal, wyn-en-kos-pasmaats, akkommodasie, piekniek en 'n nuut geboude geleentheidslokaal. Dié bestemming is kindervriendelik en het 'n speelarea buite en grasperk wat die kinders vir ure besig sal hou. Dit terwyl die ouers 'n heerlike pizza en glasie wyn geniet in die koeltes van die mooi ou eikebome.

Die wynplaas word erken deur Stellenbosch Ready, 'n waarborg aan besoekers dat hulle 'n veilige omgewing binnegaan gedurende die Covid-19-pandemie.
Besoek hul Twitter, Facebook of Instagram vir meer inligting.
- Jou kontak: 021 885 1269 of gm@lepommier.co.za, of besoek www.lepommier.co.za.
Perdeberg, Paarl
Bederf die hele familie met 'n wynlandgoed-ervaring en ontdek Perdeberg Kelder.
Geleë aan die voetheuwels van die Paardeberg, bied Perdeberg 'n reeks van wynproe-opsies en kos-en-wyn-proeë aan wat jou sal motiveer om wonderlike wyne te koop.

Geniet 'n lekker ontbyt, middagete of selfs 'n braai-piekniek wat deur die restaurant, Eat@Perdeberg, voorberei is terwyl die kinders op die grasperk en klimraam en swaai speel. Met die prentjiemooi uitsig as agtergrond, skep Perdeberg die ideale geleentheid vir 'n familiedag in die wynland.
- Jou kontak: 021 869 8244, info@perdeberg.co.za of besoek www.perdeberg.co.za.
Rhebokskloof, Paarl
Gaan geniet 'n dag in die sonnige Paarl by Rhebokskloof vir uitsonderlike wyne en heerlike kos terwyl jy deur die natuur omring en in ware gasvryheid omhul word.

Rhebokskloof bied 'n lekker reeks wynplaas-aktiwiteite. Dit sluit in 'n al fresco-restaurant, pizzeria, Rhebokskloof-koffie, asook groot grasperke vir pieknieks en gesinspret.
Gaan en geniet ook die opwindende buitelugavonture, soos bergfietsroetes, staproetes, drafroetes, perdry en vierwielry.
Jy kan ook een van hul lokale gebruik vir 'n troue in die Wynland, 'n partytjie of geleentheid en sal so spesiale herinneringe skep.
- 021 869 8386; 066 242 2170 (WhatsApp) of info@rhebokskloof.co.za.
- Hierdie plasings is promosie deur die betrokke kliënte. Versnit sal elke week hierdie tipe opsies vir jou somervakansie deel. Stuur 'n e-pos aan sblom@dieburger.com om jou aanbiedinge te adverteer.
Promosies












