Ons eerste KuierKaraoke kompetisie in samewerking met Afrikaans.com en Suidooster was een virdie boeke - 'n teken van die top talent in ons lesergemeenskap!
Deelnemers het sover as Alexanderbaai in die Noord-Kaap die pad aangevat om by die Bokeh KaraokeLounge & Bar in Seepunt in die Kaap hul sangtalent te kom wys op die KuierKaraoke-verhoog.
Daar is lekkerintiem saam gekuier, na lekker sangvermaak geluister en lekker uitgehang metdie celebrity judges, Irvine van der Merwe en Natasha van der Merwe, oftewelNazeem en Susan van die gewilde sepie Suidooster. Susan het selfs die eventgeopen deur op die verhoog te klim en mikrofoon in die hand, modieuse sonbrilop die oë, met Amy Winehouse se hit "Valerie" los te trek! HaarSuidooster-medester Dean Smith en sy skreeusnaakse alter ego Aunty Bettie hetdie finaliste en gaste laat skater met hul pittige sêgoed, maar dit was die agtfinaliste (twee kon dit nie maak nie), wat uiteindelik geskitter het op diegroot dag en met twee songs gewys het wat in hul steek. Selfs dié wat net inhul huis sing het gewys hulle is reg vir die Kuier-verhoog!

Shaundray van derHorst van Malmes bury en Lauren Fortuin van Elsiesrivier het uiteindelik saammet Willem Joseph - die enigste haan onder die henne - die top 3 gehaal. Hullemoes toe gaste vermaak met 'n "mystery song" wat hulle op die spot gekry het omop te karaoke. En dit was Willem, wat vir 10 ure al die pad van Alexanderbaaiin die Noord-Kaap die pad aangepak het Kaap toe vir die karaoke kompetisie, wattops uitgekom het. En hy was so gewild dat hy ná hy as wenner aangewys is almoes regstaan met fans vir foto's. Kort na hy as wenner aangewys is het hy weerdie pad aangepak Noord-Kaap toe. Nee kyk, dit wil gedoen wees! Willem sal nouas deel van sy wenprys by 'n Kuier event optree.
Lees meer inKuier oor ons Karaoke koning - ons sien nog 'n groot toekoms vir hom!















