Promosie

Keer só dat belastingwolf jou buitelandse belegging insluk

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Het jy geweet buitelandse beleggings het verskeie voordele? Praat met jou finansiële adviseur om uit te vind hoe jy jou belasting doeltreffend kan benader.  Foto: VERSKAF
Het jy geweet buitelandse beleggings het verskeie voordele? Praat met jou finansiële adviseur om uit te vind hoe jy jou belasting doeltreffend kan benader. Foto: VERSKAF

Suid-Afrikaanse beleggers wat hul sake goed benader, besef dat buitelandse beleggings verreweg beter opbrengste bied as wat in die plaaslike mark beskikbaar is. Maar, soos dit die geval is met alle beleggings en geldsake, het dit belastingimplikasies en dit is belangrik om daarvan kennis te neem. Dit is ook belangrik om die kundigheid van 'n finansiële adviseur te gebruik aangesien die vereistes tussen lande verskil en dit kan, soos met alle beleggings, nogal tegnies raak.

Verskillende jurisdiksies het elk hul eie belastingregulasies en wette, en wat in een land toelaatbaar en tot beleggers se voordeel kan wees, kan in 'n ander land ondeurdag of selfs onwettig wees. Behoorlike navorsing en raad is daarom noodsaaklik wanneer dit kom by buitelandse belastingbeplanning en strategieë om bates te beskerm.

Boedelbeplanning is 'n ander belangrike kwessie wat oorweeg moet word voor 'n geskikte buitelandse beleggingsopsie gekies word.

Die buitelandse bates in 'n belegger se boedel kan onderhewig wees aan sommige of al hierdie belastings met afsterwe:

  • Plaaslike en buitelandse boedelbelasting
  • Plaaslike kapitaalwinsbelasting
  • Plaaslike en buitelandse eksekuteursfooie
  • Buitelandse seëlregte

Die soort beleggingsinstrument en die jurisdiksie sal bepaal watter van daardie belastings van toepassing is.

Benewens belasting, is buigsaamheid en skuldeiserbeskerming ander kwessies wat oorweeg moet word.

Buitelandse boedelbelasting

'n Regering kan boedelbelasting, ook bekend 'n "situs-belasting" (Latyns vir doodsbelasting), of ander belasting op finansiële bates hef, afhangende van die land waar die belegging gehou word. Wanneer die eienaar van die beleggings afsterf, word die meeste bates - aandele, eiendom en bankrekeninge - deur hierdie belasting geraak.

'n Voorbeeld van hierdie erfbelasting is die Verenigde Koninkryk se erfbelasting, waar 'n persoon wat in die VK woon se bates in 'n boedel teen 40% van die waarde van die bates belas word, hoewel die eerste £325 000 vrygestel is. In die VSA is dit ook 40% en die eerste $60 000 is vrygestel.

Beleggers kan hulself teen hierdie belastings beskerm en belastingpligtigheid bekamp deur geld in 'n uitkeerpolis te belê. Die totale belasting kan ook verminder word deur in verskillende lande te belê. Byvoorbeeld, polishouers van buitelandse uitkeerpolisse betaal 'n effektiewe kapitaalwinsbelasting van 12%, terwyl individue in SA 'n maksimum van 18% betaal.

Boedelbeplanning

Verskeie van die platforms wat Suid-Afrikaanse beleggers gebruik om in die buiteland te belê gebruik eilande soos Guernsey of Jersey. Hierdie eilande vereis 'n sogenaamde "grant" of "probate" - die verifikasie van 'n testament en soortgelyk aan 'n eksekuteursbrief in SA. Dit is 'n proses wat gebruik word om die geldigheid van 'n testament te bewys. Dit is 'n formele erkenning deur die hof dat die testament afdwingbaar is en dat die persoon of mense wat as eksekuteurs benoem is die magtiging het om die boedel te bestuur. Sou jy buitelandse bates besit, is dit dalk nodig om 'n buitelandse testament te kry.

Een manier om jou beleggings nie net teen situs-belasting en testamentverifikasie te beskerm nie maar ook om seker te maak dat jou begunstigdes nie jare wag vir die meester se kantoor in SA om die boedel af te handel nie, is om in 'n buitelandse uitkeerpolis te belê.

Eienskappe van 'n buitelandse uitkeerpolis

'n Portefeulje kan verskillende geldeenhede gebruik en kan aandele, beursverhandelde fondse, effektetrusts, of 'n kombinasie van hierdie bates insluit.

Die belegging bied aantreklike belastingvoordele met 'n vaste belastingkoers van 30% vir vaste inkomstebeleggings en 'n effektiewe kapitaalwinsbelastingkoers van 12%. Aangesien die meeste buitelandse beleggings in aandele belê word, kan kapitaalwinsbelasting uitdagings teweeg bring.

Belastingpligting word in die uitkeerpolis bestuur, wat beteken dat dit nie vir beleggers nodig is om enige persoonlike belasting aan die SA Inkomstediens (SAID) te verklaar nie.

Geen eksekuteursfooie is betaalbaar as begunstigdes aangewys is nie, en boedelbelasting is net van toepassing as die belegger deur 'n eggenoot oorleef word.

Grant of probate word nie vereis nie.

Wanneer die eienaar van die belegging afsterf, is kapitaalwinsbelasting nie van toepassing nie as die belegging na die benoemde begunstigdes oorgedra word aangesien die onderliggende koste ook aan die begunstigdes oorgedra word.

Wat veral belangrik is, is die feit dat die belegging beskerming teen doodsbelasting bied.

Tydens die beperkte termyn van vyf jaar kan beleggers tot 105% van die oorspronklike kapitaalbelegging onttrek, deur veelvuldige onttrekkings indien nodig.

Dit vereis deeglike oorweging en nakoming van regulatoriese en wetsvereistes om buitelandse fondse teen belasting te beskerm. Raadpleeg 'n gekwalifiseerde, ervare finansiële raadgewer om dit behoorlik aan te pak na gelang van jou beleggingsbehoeftes.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

Geborgde Inhoud | Maria Smit

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM