Promosie

3 splinternuwe boekies met koderaaisels, woordsoekraaisels en sudoku’s!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

As jy wonder wat jy gaan doen terwyl jy voor die kaggel sit en koffie drink, het ons vir jou 'n heerlike plan! Huisgenoot het drie nuwe boekies op die rak, en dis elke raaiselliefhebber se droom.

Moet ook nie verder jou kop breek oor wat jy vir verjaarsdaggeskenke gaan gee of wat jy vir jou ouma kan saamneem wanneer jy volgende naweek vir haar gaan kuier nie; hierdie klein boekies is die perfekte geskenk!

Huisgenoot Sudoku Mini

Of jy nou jonk of oud is of van syfers of woorde hou, enigeen kan hierdie logikaspeletjie speel en geniet!

Ons het van die heel lekkerste sudokusoorte gekies om jou besig te hou en 'n allemintige 136 in hierdie sakpasgrootte boekie ingepas.

Daar is grotes, kleintjies, sudoku's met baie leidrade, sudoku's met min leidrade, sudoku's wat soos legkaarte inmekaarpas, sudoku's wat oorvleuel . . . en 48 klassieke sudoku's vir dié wat van die bekende hou.

Huisgenoot Koderaaisels Mini 2

As jy eers één van hierdie woordraaisels voltooi het, sal jy nie sommer kan ophou nie! Dis absoluut heerlik en verslawend!

Die woorde in koderaaisels neem stadig maar seker vorm aan namate jy uitwerk watter alfabetletter by watter syfer hoort.

Maak gereed vir 'n heerlike woordavontuur, want dié klein boekie bevat 76 koderaaisels - genoeg om jou ure lank heerlik besig te hou!

Huisgenoot Woordsoek Mini 2

Hierdie boekie is pret gewaarborg! Dit is propvol heerlike Afrikaanse woorde en opwindende temas, spesiaal uitgesoek vir jou.

Van die interessante onderwerpe waarna jy kan uitsien, is: vlindername, nasionale bome, bekende dansers, gesigsuitdrukkings, verhoogname, bekende silwerskerm-honde, sepie-akteurs, ouerskap, kriptogeld, die aandelemark, vreemde eetgoed en nog baie meer.

Terwyl jy die woorde soek, hou jy nie net jou oë skerp nie, maar ook jou algemene kennis, en die kinders sal dit ook geniet.

Koop joune vandag nog!

Die raaiselboekies is nou in die winkels, maar jy kan dit ook bestel. Bel 021-406-4962, stuur 'n epos met jou bestelling na koop@huisgenoot.com of gaan na Huisgenoot winkel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM