
Die 2024-'25 Ask Afrika Orange Index® is 'n voorste, onafhanklike maatstaf-peiling van verbruikerservaring. Vanjaar het dié peiling, wat meer as 46 000 verbruikers oor hul werklike ervarings en verwagtinge uitgevra het, vasgestel https://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6790913679&iu=/8900/24.comDiscovery Bankse verbruikerservaring was die beste onder die 200 Suid-Afrikaanse maatskappye in 26 sektore wat deel van die peiling was.
Discovery Bank het ook vir die derde agtereenvolgende jaar die eerste plek behaal in die kleinhandelbanksegment, en vir die eerste keer die topposisie in die baie mededingende privaatbanksegment. "Dit was 'n tydperk van viering vir ons by Discovery Bank," sê Hylton Kallner, Discovery Bank se uitvoerende hoof. "Ons het vroeër vanjaar die opwindende mylpaal van ons eerste miljoen kliënte bereik, gevolg deur die algehele eerste plek in die AskAfrika Orange Index® oor alle bedrywe. Ek is veral trots dat ons vir die derde jaar die eerste posisie in die kleinhandelbankkategorie gehandhaaf het.

"Dit bevestig ons volwaardige benadering en weerspieël ons geloof dat, as 'n volledig digitale bank, ons sowel 'n naatlose kliëntereis digitaal deur ons app, as 'n persoonlike 24/7-kontakdiens aan ons kliënte bied. Om na kliënte se behoeftes te luister, is iets waarop ons gefokus is, en dit is hierdie reaksie wat verseker dat ons die beste diens lewer waar en wanneer kliënte met ons in aanraking kom.
"Ek wil die hele span gelukwens en bedank vir hul onwrikbare toewyding tot die mense wat ons bedien, en omdat hulle seker maak ons stel 'n leidende standaard in alles wat ons doen."
Dit is belangrik om daarop te let dat hoewel Discovery Bank 'n digitale bank is, dit juis die bank se persoonlike diens en emosionele band met kliënte is wat die hoogste plek op die indeks beklee en die meeste oor die afgelope drie jaar verbeter het.
Die bank het die eerste plek behaal in die jongste opname oor emosionele verbintenis, die bou van verhoudings, sy menslikheid, kliëntevertroue en as handelsmerkadvokaat. Verder het Discovery Bank ook die beste gevaar wat egtheid betref uit die 200 handelsmerke wat in die peiling ingesluit is.
"Ons bank is 24/7 beskikbaar vir kliënte, hetsy digitaal deur ons moderne app, of via ons hoogs gekwalifiseerde bankiers - dit is 'n unieke volledig digitale model wat by kliënte aanklank vind," sê Kallner.

Hierdie resultate vir Discovery Bank stem nou ooreen met die onlangse Ask Afrika Banking Brand Index® waarin die bank die topposisie behaal het vir sowel handelsmerkverbintenis as emosionele tevredenheid. In daardie opname was Discovery Bank die duidelike wenner wat kliënte se toegeneentheid betref, met 72% van kliënte - amper 20% hoër as die bedryfsgemiddeld - wat aangedui het hulle is hoogs tevrede met die bank en het daaraan 9 en 10 uit 10 punte toegeken.
"Hierdie erkenning is iets wat ons as 'n span baie waardeer. Dit motiveer ons om te weet dat ons kliënte gehoor en verstaan voel, en dat wanneer hulle met ons in aanraking kom, hulle oplossings en diens van die hoogste standaard ontvang.
"Ons kliënte ervaar ons as eg, hulle vertrou ons en voel 'n verbintenis met ons, wat fundamenteel is tot ons diensfilosofie en die bou van blywende verhoudings. Om ons beloftes aan ons kliënte na te kom en te weet hulle het vertroue in wat ons doen, is die belangrikste. Ons spanne regdeur die onderneming het 'n onverbiddelike fokus op kliëntetevredenheid, en dit is 'n merkwaardige prestasie om vlakke van diens te lewer wat konsekwent as uitstekend ervaar word," sê Kallner.
Die Ask Afrika Orange Index® is al vir 23 jaar die toonaangewende, onafhanklike maatstafstudie van kliënte-ervaring (CX) in Suid-Afrika. Dit meet kliëntetevredenheid, emosionele tevredenheid en lojaliteit, en gee erkenning aan maatskappye wat uitsonderlik presteer in kliënt-ervaringsmaatstawwe soos dienslewering en probleemoplossing.
Discovery Bank is 'n gemagtigde finansiëledienste- en kredietverskaffer: 48657.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















