Vergewis jou hier van die kompetisiereëls vir Netwerk24 se NETwerf-skooluitdaging 2024.
Die deelnemer erken dat hy/sy die bepalings en voorwaardes gelees het. Verder stem die deelnemer saam met die reëls soos uiteengesit in hierdie bepalings en voorwaardes. Hierdie bepalings en voorwaardes verbind die deelnemer tot die reëls en regulasies van die uitdaging.
Skole moet die vorm in die e-pos volledig invul en alle stawende dokumente voorsien. Dit sluit 'n bankbrief in wat bevestig dat die bankrekeningbesonderhede wat voorsien is, geldig is. Netwerk24 neem geen verantwoordelikheid vir geld wat in 'n verkeerde rekening inbetaal word nie.
Deelnemende skole moet 'n batewaarde-omset van meer as R2 miljoen per jaar hê.
Alle deelnemende skole moet teen 08:00 op 22 Januarie 2024 vir die kompetisie ingeskryf wees, sodat die nodige bemarkingsmateriaal voorberei en verskaf kan word.
Die kompetisie begin op 1 Februarie 2024, wanneer die getal intekeninge per skool maandeliks met behulp van 'n spesiale promosiekode vir elke skool gemonitor word. Slegs nuwe, suiwer digitale intekeninge wat van die spesiale promosiekode gebruik maak om op Netwerk24 in te teken kwalifiseer.
Slegs aktiewe intekeninge kom in aanmerking. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Ná 12 maande sal die inteken-bedrag outomaties oorgaan na die standaardprys.
1. MEDIA24 NUUS (NETWERK24) NETwerf-skooluitdaging:
1.1 Die uitdaging word aangebied deur MEDIA24 Nuus (Netwerk24).
1.2 Die kompetisie is geldig vanaf Donderdag 1 Februarie 2024 tot Vrydag 31 Januarie 2025. Hierdie sal voortaan as die kompetisietydperk bekend staan.
1.3 Skole sal hul aanvangsbedrag van R2 500 ontvang voor 29 Februarie 2024, mits hul volledige betaalbesonderhede soos voorgeskryf teen 31 Januarie 2024 ontvang is.
2. BEPALINGS EN VOORWAARDES vir die uitdaging:
2.1 Kontantpryse en winsdeling word slegs betaal aan wenners met 'n geldige bankrekening, waarvoor stawende dokumentasie benodig sal word.
2.2 Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.
2.3 Ten einde as wenner aangewys te word, moet die skool bereid wees om 'n foto en basiese inligting aan Netwerk24 te verskaf vir bemarkingsdoeleindes.
2.4 'n Wenner kan nie verander word tensy die wenner nie in staat is om sy/haar prys te verhaal nie, of indien die bevorderaars van die kompetisie die wenner as ongeskik ag.
2.5 Die wenner sal per e-pos gekontak word. Netwerk24 het die reg om 'n ander wenner aan te wys as die oorspronklike wenner nie binne 3 werksdae op dié e-pos gereageer het of andersins terugvoering aan die organiseerders gelewer het nie. Daar sal geen onderhandelinge daarna gevoer word nie. Netwerk24 se besluit is finaal.
2.6 Deelnemers aan die uitdaging verleen met die gebruik van die inskrywings toestemming aan Media24 om van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.
2.7 Enige kostes of uitgawes wat die skool mag aangaan om die inisiatief te bemark is vir sy eie rekening.
2.8 MEDIA24 Nuus (Netwerk24) waarborg oor die algemeen nie die volgende nie:
2.8.1 Dat u inskrywing in die kompetisie noodwendig sal lei tot die wen van 'n prys;
2.8.2 'n Prys of enige aspek daarvan aan jou, of waar van toepassing aan jou verwagtinge of vereistes voldoen nie;
2.8.3 'n Prys of enige aspek daarvan bevredigend, tydig, sonder defekte, veilig of betroubaar is.
2.9 MEDIA24 Nuus (Netwerk24) en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eisverwante voorvalle nie.
2.10 Netwerk24 behou die reg voor om hierdie bepalings en voorwaardes te enige tyd sonder kennisgewing te verander.
2.11 Netwerk24 behou die reg om die kompetisie ter enige tyd te staak/beëindig.
2.12 Netwerk24 behou die reg om pryse ter enige tyd aan te pas of te kanselleer.
2.13 Die kompetisie word gereguleer deur SA wetgewing.
3. PRYSE
3.1 Daar is twee pryse van R10 000 kontant elk op die spel.
3.2 Die deelnemende skole sal in twee poele verdeel word na gelang van hul grootte (getal leerders) en sal dan daarvolgens met mekaar meeding. Die skool in die poel met die meeste hoeveelheid aktiewe intekeninge op 31 Januarie 2025 sal outomaties as die wenner van die poel aangewys word.
3.3 Die wenskool in elk van die twee poele sal op Woensdag 28 Februarie aangewys word.
3.4 Die prysgeld sal uitbetaal word aan die skool binne 14 werksdae ná die aankondiging, mits hul volledige en korrekte betaalbesonderhede soos voorgeskryf teen 31 Januarie 2025 ontvang is.















