Promosie

Kuier Lentedag – ’n reuse jol!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kuier
Kuier

Ons lesers het die ding laat ruk by Kuier se onlangseLentedag-funksie. As jy nie daar was nie, het jy uitgemis!

Nee kyk, Kuier se lesers is kuierleiers of note!Hulle is óór 'n party en op-dress vir 'n do, en hulle het omtrent uitgehaal engewys vir ons onlangse pastel "patsy". Meer as 300 lesers het op 8 September opdie prentjiemooi Kronenburg-landgoed buite Wellington toegesak vir ons Lentedag-funksieén om sommer Kuier se 15de verjaardag te vier. Dié jaar was die tema"Pastel Party", en dit was pastels net waar jy kyk. En is daar vir jou gekuier!Party gaste het by Miladys se pop-up shop ingeloer en ander het lekker foto'sgevat by Sheen en Glosheen se stand. Dan was daar nóg 'n groot bederf - Essencehet spesiaal makeup stands opgerig waar lesers deur die loop van die dag hulgrimering kon laat doen, of op-touch.

Kuier
Kuier

En daar is omtrent uitgehang met 'n hele paar sterre vane.tv se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama, Kelders vanGeheime. Van Vinette Ebrahim tot Veronique Jephtas en die voorbladsterrevan ons 12 September-uitgawe, Vashti Prins en Duane Williams, het komsaamkuier. Ons MC, Quinton Manuels, was aan 'ie brand! Dié Kaapse komediant hetdie gaste laat skater met sy pittige sêgoed en dansmoves, en hy't sommer 'ntune of twee ook uit sy agtersak gepluk - heerlik begelei deur die band TheEncore. Die 16-jarige Gwyneth Abrahams van Bredasdorp het die gaste op hulvoete gehad met twee Whitney Houston songs, terwyl die Kelders-ster AngeloJohnson sy terugkeer na die Kuier-verhoog gemaak het deur ons weer behoorlikons lyf te laat skud. Nog 'n hoogtepunt was toe die celeb songstress Salome methaar inspirerende woorde én stunning performance gaste in vervoering gehad het.Quinton moes selfs koes toe Salome hom serenade! Tussendeur is daar 'nsmullekker driegang-maaltyd en die heerlikste wyne van Robertson Winery bedien.En in ware Kuier-styl is daar ook hope pryse gewen, onder meer geborgdeur Afrikaans.com.

En hét lesers die dag omgedans en omgekuier! "Jinne, mensse stem is weer aan flarde van saamsing," het een leser op Facebook laat hoor,terwyl nog een gesê het: "Definitief 'n fantasmagoriese ervaring gewees."

Kuier-lesers, kyk uit: Daar is nóg events op pad. Kaartjiesvlieg gewoonlik, so julle wil dit nie misloop nie! Hou ons Facebook- enInstagram-blad (@ kuiertydskrif) dop vir meer inligting.

Kuier
Kuier

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM