Suid-Afrikaners sien met groot afwagting uit na daardie spesiale vakansiedag op 24 September wanneer die vure weer vlamvat en die vleisies op allerlei maniere voorgesit word. Enigiets op die kole is welkom!
Hier is 'n lys van produkte wat Nasionale Braaidag (Erfenisdag) vanjaar meer plesierig sal maak en jou baie moeite behoort te spaar.
1. Stoep Couture-braaibroekies
Stoep Couture se innoverende braaibroekies is nuttig en veelsydig! Dit word gemaak van premiumgehalte vadoekmateriaal wat plaaslik verkry word.
Hierdie kortbroek herdefinieer modieuse gerief met 'n prettige kinkel deur jou 'n ingeboude skoonmaakoplossing binne maklike bereik te bied. Van die kombuis tot in die buitelug, is hierdie kortbroek jou beste vriend. Vee net jou hande aan hom af - die braaimeester sal verstaan!
Probeer hierdie vadoekbroekies en geniet die kombinasie van modieuse ontwerp en ongeëwenaarde funksionaliteit!
2. 360FIVE Everyday Hats
Is jy op soek na die perfekte somerhoed vir luilekker vakansiedae in die son? Sit die huppel terug in jou stap met 360FIVE Everyday se gemaklike somer-fedora. Besoek die webwerf en blaai deur die wye reeks vars nuwe somerhoede vir mans en vroue.
Die hoede is verpakbaar, UPF50+-gegradeer en het 'n KANSA-onderskrywing vir maksimum UV-beskerming.
Hoede kos tussen R379 en R799, en is aanlyn en by uitgesoekte winkels landwyd te koop.
3. Alva Cibo-gas-pizzaoond
Verhef jou buitekookvernuf met die Alva Cibo-gas-pizza-oond! Sê totsiens vir wegneemetes en bevrore pizzas, en hallo vir die outentieke smaak van Italië reg in jou eie agterplaas. Bederf jou geliefdes met die geure van 'n tuisgemaakte pizza, sonder om jou huis te verlaat.
Omdat die oond met gas werk, raak dit blitsvinnig warm en jy kry ook 'n pizza-steen pasella. Jy sal in 'n japtrap die heerlikste pizza's met 'n goudbruin kors kan maak!
'n Geïntegreerde termometer en verwyderbare deur verseker dat die optimale baktemperatuur gehandhaaf word.
Hierdie oond met sy kontemporêre, blink voorkoms is die perfekte toevoeging tot enige al fresco-vermaakruimte. Die vlekvryestaalstruktuur is boonop maklik om skoon te maak. Moenie wag om die towerkuns van Italië na jou agterplaas te bring nie. Jou wêreld is beter met Alva!
4. Funky Ouma
Funky Ouma is 'n eg Suid-Afrikaanse braaisoutmengsel sonder gluten, suiker, kleursel, geursel of MSG. Laat die bure se monde water met geure van gebraaide roosmaryn, komyn, koljander en ui, om net 'n paar van die bestanddele te noem. Strooi die sout na hartelus oor enige gereg.
5. Manna Blood Sugar Support-pilletjies
Keer dat braaidag jou dieet kelder! Op Nasionale Braaidag moet jy net op al die lekker tjoppies en boerewors op die kole fokus - jy wil nie nog aan jou gewig ook dink nie!
Gebruik Manna Blood Sugar Support om te verhoed dat die braaibroodjies op jou heupe beland.
Hierdie wonderlike natuurlike produk sorg dat jou bloedsuikervlakke in balans bly, wat beteken die lekker braaikos word nie as vet gestoor nie. Jy kan dus met 'n geruste hart laat waai met jou braai!
6. Spiceologist!
Kom ons stel jou bekend aan die wêreld van handgemengde speserye!
Spiceologist is 'n Suid-Afrikaanse speseryhandelsmerk wat 'n reeks growwe speserymeule en invryfspeserye insluit.
Die bestanddele is van uitstekende gehalte, plaaslik verkry en spesifiek vir elke produk se geurprofiel gekies.
Die verpakking is professioneel geskep en ontwerp. Die kernreeks bestaan uit meule en invryfspeserye vir vyf soorte vleis: beesvleis, lamsvleis, varkvleis, pluimvee en vis.
7. Sani-touch-braailappies
Hou gedurende die Rugbywêreldbeker jou houer Sani-touch-braailappies byderhand, want wie eet plankie-steak met 'n vurk?
Die 100% bio-afbreekbare ontsmettingslappies is egter nie net bedoel vir daardie taai vingers om die braai nie, maar ook jou hande en gesig - alles wat smerig kan raak. Dit is ook geskik vir alle buitemuurse aktiwiteite. Jy kan die lappies in die vuur verbrand wanneer jy daarmee klaar is.
Gedurende die Rugbywêreldbeker sal R10 van elke Groen-en-Goud-houer braailappies wat verkoop word, gebruik word om rugbystewels vir behoeftige junior rugbyspelers te koop.
8. Alva-enkelbranderbutaanstoof + dratas
Hierdie gerieflike drabare stoof is liggewig, ultra-draagbaar, veilig en doeltreffend. Dit pas letterlik by enige omgewing. Dit is ideaal vir kamp, piekniek en visvanguitstappies, 4x4-avonture, partytjies en nog meer. Dit is ook die ideale oplossing vir beurtkrag.
Die gassilinder bevat 'n veiligheidssluitmeganisme. Die stoof het veranderlike hittebeheer en is uiters energiedoeltreffend. Saam met die stoof kom 'n gerieflike beskermende dratas, asook 'n 12 maande waarborg. Die stoof gebruik butaangas en verbruik 160 g/u by maksimum.
Die stoof is klein en lig (33 x 29 x 12 cm en 1,45 kg), maar ongelooflik kragtig. Die enkelbrander-butaanstoof is deur die Liquefied Petroleum Gas Association of South Africa (LPGSA) goedgekeur. Alva het dan ook tans 'n butaankannetjie van 220 g beskikbaar by die meeste betroubare winkelkettings. Jou wêreld is beter met Alva.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















