
Jy hoef nie meer bang te wees vir die verleentheid van 'n sweterige lyf of slegte liggaamsreuk nie - probeer net Perspirex. Dis 'n reeks ekstra-effektiewe, hoëgehalte-sweetweermiddels wat spesiaal gemaak is vir dié wat sterker beskerming teen sweet en liggaamsreuk nodig het.
Die unieke velsorgsisteem is klinies bewys om sterk, langdurige beskerming te bied, insluitend vir dié wat sukkel met hiperhidrose - die kliniese term vir uitermatige sweet. Perspirex het al lewensveranderende beskerming gebied aan miljoene mense oor die wêreld heen, en hulle bied drie aanrol-opsies wat ontwerp is om verligting van sweet te bied gebaseer op die vlak van jou behoeftes en velsensitiwiteit. Daar is ook 'n voetroom beskikbaar.
As jy dink jy het reeds alles probeer, dink weer: Perspirex-produkte bied tussen drie en vyf dae se beskerming van een aanwending, afhangende van watter produk jy kies.
Een van die verskille van dié unieke produkte is hoe dit aangewend word: wend dit aan in die aand, oor 'n tydperk van dae, en gee die produk se beskerming tyd om op te bou terwyl jy aanhou om jou gewone sweetweermiddel of parfuum te gebruik. Dis 'n heel nuwe benadering tot sweetbeheer, en dit kan dalk net die oplossing wees waarna jy nog heeltyd soek.

So gebruik 'n mens Perspirex
1. Wend dit aan op droë, gesonde vel
Dis baie belangrik dat jou vel heeltemal droog is en geen oop seerplekkies het wanneer jy dit aanwend nie. Gebruik 'n haardroër om jou vel droog te maak as dit nodig is.
2. Wend dit aan in die aand
Wend Perspirex in die aand op jou vel, voor jy gaan slaap. Dis wanneer die sweetkliere minder aktief is. Wanneer jy begin, gebruik Perspirex elke aand, tot jy die effek bereik het wat jy verlang - gewoonlik binne 'n week. Laat dit toe om heeltemal droog word nadat jy dit aangewend het.
3. Was dit af in die oggend
Was dit met seep en water af in die oggend, en moet dit nie weer aanwend nie, want die effek sal hou selfs ná 'n stort. As jy wil, kan jy ook 'n gewone gegeurde sweetweermiddel of parfuum gebruik. Dit sal nie die effektiwiteit affekteer nie.
Waar om Perspirex te kry
Perspirex is beskikbaar by Dis-Chem- en Clicks-winkels landwyd, en kan aanlyn gekoop word by Clicks, Dis-Chem en Takealot.














