Zané Burger (37), 'n hoërskoolonderwyseres wat meer as tien jaar gelede besef het sy "kan nie die kinders se stemme in die klas so lekker hoor nie", is verheug oor die hulp wat sy van Lottoland ontvang het.
Ná verskeie toetse is Zané toe met otosklerose gediagnoseer. "Dis gehoorverlies omdat die beentjies wat die klank van jou middeloor na jou koglea herlei, nie vibreer nie. Dit verkalk," verduidelik sy.
Vir haar was dit aanvanklik vreeslik moeilik om vrede te maak met die feit dat sy op so 'n jong ouderdom gehoorinplantate moes dra. "Ná jare het ek uiteindelik by die regte oudioloog en dokters uitgekom, waar ek die beste apparate en die beste nasorg kon kry."
Een van haar grootste geskenke was toe sy onlangs R140 000 van Dankie, Lottoland gekry het vir 'n volgende operasie wat haar nog meer kan help.
Al is haar operasiedatum eers 3 November, glimlag sy reeds nadat sy op die VIA-program Minki en Vriende was. "Hulle het vir my nóg 'n wonderlike geskenk gegee: Om my tande wit en reguit te maak. Ek glimlag nou nog meer. Wanneer 'n mens deur so baie is en jy bly so baie teenstand kry, is dit soms moeilik om te glimlag," sê sy bewoë. "Maar nou kyk ek anders na myself; anders na my glimlag. Ek het beter grimeertegnieke geleer wat ek nou nog toepas."
Sy het ook nuwe bewondering vir Cindy Nel, een van die aanbieders. "Cindy het self my hare en grimering gedoen. En ek is nou verslaaf aan Catrice en Essense. Ek kan getuig dié produkte hou lank!"
- Kyk Minki en vriende op VIA (DStv-kanaal 147), Maandae om 17:30 met heruitsendings Donderdae om 21:30. Episodes is ook op Catch Up en in die DStv-app beskikbaar.
Kry 10 x US Powerball-miniweddenskappe vir slegs R50!
Gebruik promosiekode: VIA10
Wed nou op Lottoland: http://lotto.land/6ys
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















