As daar ooit 'n goeie rede was om 'n bottel wyn wat jy vir 'n spesiale geleentheid hou oop te maak, is vandag die dag.
Maak daai bottel oop-aand (Open That Bottle Night) word elke jaar op 24 Februarie gevier en hierdie dag is vir daardie wyne wat jy wegsteek en nie sommer op enige aand wil drink nie.
Maak daai bottel oop-aand is die breinkind van twee wynjoernaliste, Dorothy J. Gaiter en John Brecher, wat wou hê mense moet hul spesiale wyne geniet.
"Sit een aand 'n jaar opsy om daardie spesiale bottel wyn te drink wat ons altyd spaar vir ‘eendag' wat nooit aanbreek nie," aldus die span.
Só is Maak daai bottel oop-aand gebore: 'n aand waar jy goeie wyn saam met goeie geselskap geniet.
Hierdie wyne hoef nie net uit jou versameling te kom nie, want dit is ook 'n goeie geleentheid om 'n duurder bottel wyn te koop om saam met die spesiale mense in jou lewe te geniet.
Stof dus daardie bottel af of gaan koop 'n premiumwyn, trek of skiet die kurk en skink 'n glasie om jouself te bederf. Jy verdien dit.
Gesondheid!
GEBORG
Oorweeg van hierdie wyne vir die groot aand:
Kleine Zalze

Die bekroonde Stellenbosse wynplaas Kleine Zalze is die tuiste van die grootste gedeelte van Stellenbosch se gesertifiseerde ou chenin blanc-wingerde. Hierdie juweelstukke word onder meer ingespan by die maak van die Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc, 'n formidabele witwyn waarvan die statuur teruggelei kan word na ou chenin blanc-wingerde, deurwinterde terroir en vakmanskap in die kelder.
Om die vrug se outentieke en kenmerkende ouwingerd-karakter na vore te laat kom, word dié besonderse wyn verouder in uiteenlopende houers: ou Franse-eikehoutvate, klei amfora en koel sementeiers. Só verseker Kleine Zalze dat die bekoring van chenin blanc en sy natuurlike omgewing na vore kom in die uitsonderlike smaak.
Vir meer inligting of om die wyn aanlyn te koop teen R270 per bottel, besoek hulle webtuiste.
Le Riche

Die Le Riche Cabernet Sauvignon 2021 verteenwoordig die room van Stellenbosse cabernet sauvignon. Druiwe van uitgesoekte wingerde met verskillende grondsoorte en klimaatstoestande is in die wynmaakproses gebruik, en daarna vir sowat twee jaar in Franse eikehoutvate verouder en ongefiltreer gebotteleer.
Die eindproduk is 'n uitmuntende oesjaar boordensvol komplekse geure danksy die verskeidenheid druiwe uit 'n uiteenlopende terroir. Jy kan die wyn jonk drink of laat verouder vir selfs meer genot.
Besoek hul webtuiste om jou bestelling te plaas teen R330 per bottel.
Tokara

Die internasionaal bekroonde Tokara Reserve Cabernet Sauvignon is 'n kragtige vertolking van klassieke Bordeaux-druiwe wat op die hange van die Simonsberg groei. Die donkerrooi kleur is 'n fees vir die oog, terwyl klassieke note van grafiet en swartkersie, deurweef met geure van Chinese vyfspeserye en sederhout, op die neus baljaar.
Vars kruie en rooiaalbessie sorg vir 'n tikkie varsheid. Die palet is aangenaam volrond met smake wat bogenoemde geure naboots en die wyn lank en veelvlakkig afrond. Dit is die perfekte pasmaat vir rooivleis-braaigeregte en geroosterde beeshaas met béarnaise-sous.
Vir meer inligting of om die wyn aanlyn te koop teen R385 per bottel, besoek hul webtuiste.
Cavalli

Die Cavalli Warlord 2020 is al verskeie kere bekroon. Dit het dubbelgoud by die Michelangelo-toekennings en die Nasionale Wynuitdaging ontvang, asook vier en 'n half sterre in die John Platter-wyngids. Cavalli se Warlord, die vlagskip-rooiwyn in dié Helderberg-wynlandgoed se bekroonde portefeulje, is 'n manjifieke versnit van cabernet sauvignon, petit verdot en malbec in die Franse Bordeaux-styl.
Nes 'n krygsheer wat mag en respek afdwing, sal dié wyn jou met die eerste slukkie oorrompel!
Vir meer inligting of om die wyn aanlyn te koop teen R285 per bottel, besoek hul webtuiste.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.
















