Promosie

Met SupaSol is die krag in jou hande

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SupaSol is ’n nuwe speler in die sonkragbedryf, waarvan jy unieke toegevoegde-waarde-dienste kry en jy is verseker van herstelwerk wat nie onnodig lank sloer nie.
SupaSol is ’n nuwe speler in die sonkragbedryf, waarvan jy unieke toegevoegde-waarde-dienste kry en jy is verseker van herstelwerk wat nie onnodig lank sloer nie.

Jy hoor deesdae gereeld terme soos "hernubare energie" en "sonkragoplossings", of dit nou vir huishoudelike of sakegebruik is. Met die voortslepende kragkrisis oorweeg al hoe meer landsburgers sonkrag vir hul huise om die beslommernis van daaglikse beurtkrag vry te spring.

SupaSol is 'n nuwe speler in die sonkragbedryf wat moderne estetika en onwrikbare betroubaarheid oortuigend kombineer. "Ek is geesdriftig oor SupaSol se doelwit om 'n blinker en meer volhoubare toekoms vir almal te belig. Deur innovasie en toewyding wil ons met oplossings vorendag kom wat nie net SA se energie-landskap omvorm nie, maar ook groener waarde-vir-geld oplossings aan komende generasies kan bied," sê Mario Maio, eienaar van SuperSol.

Die onderneming is toegewyd tot 'n meer volhoubare toekoms en spits hom daarop toe om die lewens en bestaansmiddele van huiseienaars en professionele mense in die elektriese bedryf te verbeter. Sy nuwe sonkragomskakelaars en bedryfsveranderende toegevoegde-waarde-dienste is 'n opwindende aanvulling tot 'n reeds indrukwekkende aanbod.

SupaSol innoveer voortdurend om met beter en meer volhoubare kragoplossings vorendag te kom wat nie net finansieel toeganklik is nie, maar ook plaaslik ondersteun en ontwikkel word.

Danksy 'n indrukwekkende span bedryfskundiges staan SupaSol se sonkragomskakelaars kop en skouers uit bo ander in die mark. Sy produkte steun op 40 jaar se ingenieurskundigheid en kom saam met 'n omvattende verskeidenheid dienste en voordele wat toegevoegde waarde bied.

Hoekom moet jy SupaSol kies?

Met SupaSol kry jy unieke toegevoegde-waarde-dienste en is jy verseker van herstelwerk wat nie onnodig lank sloer nie. As daar na sewe werksdae nog steeds iets met jou eenheid skort, sal hulle dit vervang sonder om enige vrae te vra.

Klante wat die fout dadelik wil laat regstel, kan die proses aanjaag deur 'n bykomende administratiewe fooi te betaal en sal dan onmiddellik 'n nuwe eenheid ontvang.

SupaSol bied ook bystand deur middel van aanlyn platforms en die kundigheid van 'n gespesialiseerde veldspan vir deeglike inspeksies en tegniese ondersteuning op die perseel. Jy ontvang ook 'n gratis geskenk wanneer jy jou stelsel en waarborg aanlyn registreer.

Voordele vir geregistreerde installeerders

Geregistreerde installeerders geniet 'n gratis data-insamelingsdiens, energie-assesserings en gedetailleerde verslae teen geen ekstra koste. Hierdie installeerders en verspreiders verdien punte vir elke kWh wat hulle installeer, wat hulle dan op SupaSol se beloningsplatform kan gaan inruil.

Verder het geregistreerde installeerders toegang tot gratis sonkragontwerp- en konsultasiedienste. Jy kry ook die geleentheid om gratis gesertifiseerde en geakkrediteerde opleiding te ontsluit.

Vir meer inligting oor SupaSol besoek hul webtuiste, stuur 'n WhatsApp-boodskap na 072 195 0879 of e-pos na info@supasol.co.za. Jy kan hulle ook volg op Facebook, LinkedIn en Instagram.

Al SupaSol se produkte is landwyd by ACDC Express-winkels te koop.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM