https://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6389793485&iu=/8900/24.com
https://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=6389793485&iu=/8900/24.com
Het jy geweet dat meer as 600 Duitse, Oostenrykse en Switserse maatskappye in Suid-Afrika tans meer as 90 000 mense in diens neem?
Jy kan Saterdag 4 November meer hieroor uitvind by die Goethe-Instituut Suid-Afrika se loopbaanuitstalling.
Die Goethe-Instituut is die kulturele instituut van die Bondsrepubliek Duitsland in 98 lande wêreldwyd. Dit bevorder kennis van die Duitse taal, die professionele kwalifikasie van onderwysers in Duits en internasionale kulturele samewerking in die buiteland. Die instituut ondersteun ook meer as 100 000 skole wêreldwyd om Duitse onderrig van hoë gehalte aan te bied.
Die uitstalling vind plaas vanaf 10:00 tot 15:00.
Dit is 'n wonderlike geleentheid vir leerders en hul ouers, studente, gegradueerdes en gekwalifiseerde professionele persone (met of sonder Duitse kennis) om meer inligting oor opleiding- en werksgeleenthede, internskappe en beursgeleenthede aan Duitse, Oostenrykse en Switserse instansies oor die land heen te bekom.
Van die groot name wat teenwoordig sal wees, is onder meer Europa Park, BASF, Bosch, Daimler Truck, die Rooikruis, DHL, die departement van basiese onderwys, BMW IT-Hub, Mercedes-Benz en SAP.
Die loopbaanuitstalling beloof 'n dag gevul met 'n verskeidenheid aktiwiteite, 'n fotograaf wat gratis professionele profielfoto's vir jou eerste CV sal neem, kosstalletjies en musiek.
Een van die hoogtepunte is 'n paneelbespreking wat vanaf 12:30 tot 13:45 plaasvind. Saam met die moderator, Samia Chasi (bestuurder vir strategiese inisiatiewe, vennootskapontwikkeling en navorsing by die Internasionale Onderwysvereniging van Suid-Afrika en voorsitter van die skoolbeheerliggaam aan die Duitse Internasionale Skool in Johannesburg) sal die paneellede die relevansie van Duits vir loopbaangeleenthede in Suid-Afrika onder die loep neem, en moontlike sinergieë tussen Duitse en plaaslike organisasies en die regering bespreek.
Die paneellede bestaan uit Charity Kanyane (opvoedkundige sielkundige, 'n loopbaanontwikkelingskenner by die departement van basiese onderwys, en 'n direkteur by die departement van hoër onderwys en opleiding), Yves Nono (streekspresident van Bosch-Afrika Automotive Aftermarket) en Zola Mkumla (besturende direkteur van Ziduli Capital en eienaar van die Hermannsburg Skool, voorheen die Duitse Skool Hermannsburg).
Besoekers staan 'n kans om opwindende pryse, onder meer 'n twee weke lange Duitse kursus in Duitsland, te wen. Die prys sluit 'n retoervliegkaartjie, verblyf en 'n toelaag vir maaltye in.
Die publiek, alle ouers, leerders, studente, gegradueerdes en gekwalifiseerde persone word hartlik uitgenooi om hierdie loopbaanuitstallings by die Goethe-Instituut Suid-Afrika, Jan Smuts-laan 119, Parkwood, Johannesburg, te besoek.
Duitse, Oostenrykse en Switserse maatskappye wil van die geleentheid gebruik maak om met jou te gesels.
Registreer vandag nog en begin jou loopbaan by een van die meer as 600 Duitse, Switserse en Oostenrykse instansies in Suid-Afrika! Moenie hierdie wonderlike en gratis geleentheid misloop nie. Volg hierdie skakel om te registreer.
Stuur e-pos aan Amanda de Beer vir meer inligting.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















