Die Suidoorsterster Lauren Joseph en haar hond Muri is 'n lewenslustige paartjie wat dit net soveel geniet om aktief te wees as lekker kos te eet! PLUS staan die kans om hondekos en 'n heerlik sagte kombers vir jou woef te wen
Lauren Joseph en haar hond, Muri, is die oulikste paartjie. Lauren het díé Jack Russell-kruis sowat 10 jaar gelede aangeneem. "Alhoewel Muri aan ons bure behoort het, het ek en sy baie tyd saam spandeer en ons was beste vriende. Toe hulle besluit om te trek was my hart gebreek, ek kon haar nie net laat gaan nie. Gelukkig het hulle my toegelaat om haar aan te neem," verduidelik Lauren.
Die unieke naam, Muri, is afgelei van die Wes-Kaapse dorp, Moorreesburg. "Muri se vorige eienaars het haar aangeneem van mense in Moorreesburg, dis waar die naam vandaan kom. Ek was aanvanklik nie mal oor die naam nie, maar ek kon self nie aan iets beter dink nie," lag sy.
"Muri is ook ‘n baie saggeaarde dier en ek wou haar nie verwar deur haar naam te verander nie," bieg die sepie-ster. "So toe hou ons maar by Muri."
Hulle bly aktief
Lauren oefen gereeld om die lang ure op stel uit te balanseer en haar liggaam en kop gesond te hou. Sy verruil die stel maklik aan die einde van die dag vir die vars lug en natuurskoon op een van die Kaap se talle staproetes, en naweke geniet sy 'n sonnige dag op die strand.
"Daar is so baie om te doen in die Kaap. Die uitkykpunte is ongelooflik en daar is nooit 'n tekort aan buitelugaktiwiteite om ons besig te hou nie," verduidelik Lauren opgewonde. En nes Lauren, is Muri natuurlik ook lief vir buite wees.
"Ons is mal daaroor om strand toe te gaan! Muri raak heel laf wanneer ons daar aankom. Sy kan nie wag om uit haar halsband te kom en die omgewing te verken nie.
"Ek en Muri gaan ook gereeld vir ‘walkies'. Wél, sy geniet dit eintlik meer om te hardloop - sy het altyd hope pret," vertel Lauren.
Aandete is die beste deel van hul dag
Wanneer dit kom by aandete, wen tuisgekookde kos altyd vir Lauren.
"Ek is mal oor koolkos! Dit is so vertroostend en 'n goeie manier om 'n porsie groente in te kry," deel Lauren.
"Muri sien weer altyd uit na haar bakkie Optimizor-hondekos. Ek het Optimizor gekies toe ek gehoor het van die 23% proteïene. Omdat Muri so aktief is, het ek gevoel dis die beste opsie vir haar.
"Ek het ook agtergekom dat Optimizor Premium Adult die ideale balans van bestanddele bevat. Die hoë gehalte hoender verseker proteïene vir sterk spiere, terwyl die rys vir haar hope energie gee regdeur die dag," verduidelik sy.
"O! En sy het die sagste pels vir drukkies."
Volg vir Lauren en Muri
Lauren hou nie net van draf nie, sy is ook aktief op sosiale media.
"Ek hou baie van TikTok op die oomblik. Ek geniet dat mens so eg en kreatief kan wees. Daar is soveel moontlikhede! Ek het begin rondspeel op die platforms tydens lockdown en nou is ek mal oor die gevoel van gemeenskap wat mens kry.
Ek dink eintlik daaraan om meer van Muri te deel met my gehoor. Ek is seker hulle sal haar net so geniet soos ek! Sy doen hierdie ding wat mens zoomies noem, dis so oulik! Sy is so vol energie en opgewonde om my (of haar aandete) te sien," lag Lauren.
Deel jou eie hond en WEN met Optimizor
Ons wil jou hond ook sien! Deel jou hond se zoomies op jou sosiale media en gebruik die hutsmerk #ZoomiesFueledByOptimizor vir ‘n kans om ‘n 8 kg sak Optimizor Premium Adult en ‘n Aranda hondekombers te wen!
Vind hier meer uit oor Optimizor en wat dit vir jou hond kan doen.













