
Diabetes Mellitus, of suikersiekte, is wêreldwyd verantwoordelik vir meer as 6 miljoen sterftes jaarliks - 'n onderskatte pandemie.1 Die siekte is geassosieer met 'n verhoogde risiko vir komplikasies, vermindering van lewenskwaliteit en lewensverwagting.1-3 Gevolge is ook sielkundig2,4: 25-50% van diabete kan depressie ontwikkel.4
Diabetesbehandeling behels verskeie dinge, waarvan een belangrike faktor glukosekontrole is, en te danke aan sensortegnologie soos die FreeStyle Libre, is glukosekontrole deesdae baie makliker.
Dié nuwe tegnologie stel die pasiënt en versorger in staat om deurgans die glukose te monitor met 'n toestel wat die pasiënt 24 uur aan hul liggaam dra, vir 7-14 dae, afhangende van die sisteem, terwyl die pasiënt normaalweg voortgaan met aktiwiteite soos swem, stort, slaap en skool of werk toe gaan. Glukose kan gemonitor word via die internet, en virtuele konsultasies is ook moontlik met dié tegnologie.
Voordele
- Die FreeStyle Libre sensor is die goedkoopste sisteem wat die meeste gebruik word in Suid-Afrika.
- Dis eenvoudig om te gebruik.
- Vereis geen vingerpriktoets* nie.
- Bevorder geïndividualiseerde sorg.
- Verbeterde glukosekontrole, lewensgehalte en verhoogte lewensverwagting.
Vra jou dokter oor die FreeStyle Libre van Abbott.
‘n Vingerpriktoets met ‘n bloedglukosemeter word vereis tydens die volgende gevalle:
1. Gedurende tye van vinnige veranderende glukosevlakke wanneer interstisiële vloeistofglukosevlakke dalk nie die bloedglukosevlakke akkuraat weerspieël nie.
2. Indien hipoglukemie of dreigende hipoglukemie deur die stelsel gerapporteer word.
3. Wanneer simptome nie ooreenstem met die stelsellesings nie.
Die sensor is waterbestand in tot 1 meter water. Moenie die sensor langer as 30 minute onderdompel nie.
Gebruik van FreeStyle LibreLink vereis registrasie by LibreView. Outomatiese oplaai vereis Wi-Fi of mobiele dataverbinding.
Verwysings:
1. IDF Diabetes Atlas 2021, 10th Edition. Beskikbaar by: diabetesatlas.org Datum verkry: Julie 2023.
2. Tomic D, et al. Nature Reviews Endocrinology 2022;18:525-539.
3. Gómez-Pimienta E, et al. International Journal of Environmental Research and Public Health 2019;16:2652.
4. CDC. Diabetes and Mental Health. Beskikbaar by: diabetes mental health Datum verkry: Julie 2023.
5. Kianmehr H, et al. JAMA Network Open 2022;5(4):e227705.
6. CDC. People With Diabetes Can Live Longer by Meeting Their Treatment Goals. Beskikbaar by: Centers for Dieses Control & Prevention Datum verkry: Julie 2023.
7. Data on file, Abbott Diabetes Care, Inc.
© 2023 Abbott. The sensor housing, FreeStyle, Libre, and related brand marks are marks of Abbott. Abbott Laboratories S.A. (Pty) Ltd., Abbott Place, 219 Golf Club Terrace, Constantia Kloof, 1709. Tel: (011) 858-2000. Fax: (011) 858 2137. ADC-81159 V1 Sept 2023.















