Promosie

Oefen rég vir jou volgende staptog: Só raak jy stapfiks

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: verskaf.
Foto: verskaf.

Weg-Stapfiks is 'n aanlyn eet- en oefenprogram wat jy kan volg om gewig af te skud en stapfiks te word.

Wat kry jy?

  • 'n Gebalanseerde eetplan oor 12 weke vir mans en vroue wat jou gewig sal help afskud, maar tog genoeg energie sal gee om te oefen. Die eetplan sluit al die voedselgroepe en régte kos in. Ontspan, jy gaan vleis én koolhidrate eet.
  • 'n Oefenprogram oor 6, 12 of 24 weke wat jou sal neem vanaf die rusbank tot by die hoogste pieke in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Die oefeninge fokus op al die spiergroepe wat jy nodig het om heuwels te klim en 'n swaar sak te dra.
  • Byna 200 kort oefenvideo's waarin 'n biokinetikus elke oefening demonstreer. Jy sal dus haarfyn weet wat "Superman-systrekke" en die "akkedis-kruip" behels. Die oefeninge bou op oor weke, jy sal dus nie dadelik met die moeilikste oefeninge wegval nie. Al toerusting wat jy nodig het, is jou stap-rugsak, stapstokke en 'n rekband. Jy het geen gimnasium-lidmaatskap nodig nie en kan die oefeninge by die huis doen.
  • Ekstra artikels wat jou sal inspireer om 'n epiese staptog aan te pak

Medewerkers

Eetplan: Hanlie Jordaan is 'n dieetkundige van Kaapstad met 'n M-graad in Sport-dieetkunde. Sy is 'n sportfanatikus wat onder meer self bergklim en het 'n passie daarvoor om mense met gewigsprobleme by te staan.

Oefenprogram: Ivor Wright is 'n biokinetikus van Kaapstad met 'n belangstelling in sportrehabilitasie. In sy vrye tyd is hy lief vir veldloop en bergklim. Hy het al verskeie van die groot staptogte in Suid-Afrika aangepak.

Hoe werk dit?

'n Eenmalige betaling gee jou toegang tot die hele program. Daar is geen maandelikse intekengeld nie. Jy kan die program soveel keer volg as wat jy wil.

Jy kry dadelik toegang tot die héle oefenprogram. As jy dus nie heeltemal by die begin wil begin nie, of as jy iewers 'n deel van die program wil herhaal, het jy toegang daartoe.

Klik hier, betaal en registreer om te begin. Jy sal onmiddellik toegang kry en kan begin oefen.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM