Promosie

Om kuns te koop as langtermyn-belegging

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van Marlene Dumas se skilderye, genaamd SCORE, gaan ook op veiling wees. Foto's: VERSKAF
Een van Marlene Dumas se skilderye, genaamd SCORE, gaan ook op veiling wees. Foto's: VERSKAF

Bestendige groei met verstommende uitskieters het die afgelope paar jaar 'n kenmerk van die kunsmark geword, wat die indruk van 'n veilige skans teen inflasie skep. Kan dit egter steeds so beskou word? Wat dui die uitslae van internasionale en plaaslike kunsveilings aan oor hoe sterk die mark tans is?

Volgens MutualArt het totale veilingverkope vir Junie tot Augustus 2020 gedui op 'n afname in aktiwiteit, veral in Brittanje (63%) en Amerika/Kanada (50%), terwyl die res van die wêreld en Europa onderskeidelik slegs met 23% en 21% afgeneem het.

Daar word gespekuleer oor of die opbloei in die kunsmark dalk nou besig is om te taan, maar daar is geen twyfel dat daar steeds 'n groot aanvraag vir Afrika- en Suid-Afrikaanse kuns is. Hoewel kontemporêre kuns uit Afrika net 'n klein persentasie van wêreldwye kunsverkope verteenwoordig, maak die Suid-Afrikaanse kunsmark die grootste deel hiervan uit, en die groeitempo van hierdie mark het die afgelope paar jaar het selfs die groter internasionale stede s'n oortref.

Die kunsmark is natuurlik nie een eenvormige mark nie. Dit word gedifferensieer deur verskeie faktore soos kategorie (insluitend na-oorlogse, kontemporêre, impressionistiese en moderne kuns), ligging (soos Europees, Amerikaans, Kanadees en Asiaties) en medium (skildery, beeldhouwerk, en dies meer). Elkeen van hierdie onderafdelings presteer verskillend. Met die belangstelling in moderne en kontemporêre kuns uit Afrika wat steeds toeneem, het die internasionale kunsmark ook 'n aansienlike toename in die pryse gesien wat behaal word vir Afrika-kunstenaars se werk. Ongehoorde pryse word op veilings behaal en sommige kunstenaars se werk behaal elke keer hoër pryse.

In die Contemporary Art Market Confidence Report, wat in Mei 2020 deur ArtTactic uitgereik is, het William Kentridge van nommer 25 in 2009 tot nommer 6 in 2020 op die langtermyn vertroue-indeks gespring. Kentridge se Drawing from Stereoscope (Soho in 2 Rooms) is in 2018 op Aspire se veiling verkoop vir R6,6 miljoen - 'n wêreldrekord vir die hoogste prys wat tot nog toe op veiling vir 'n Kentridge-tekening betaal is - wat net weer bewys het dat dit lonend is om kunswerke deur die beste maatskappye te verkoop. Kentridge se Drawing from Sobriety, Obesity and Growing Old (Mrs Eckstein, preparing for the day), wat gewaardeer word op R2 800 000 tot R3 800 000, kom by Aspire se volgende veiling onder die hamer en is dus beslis een om dop te hou.

Die Suid-Afrikaans-gebore Marlene Dumas, wat ook onder die top-25-kunstenaars op ArtTactic se langtermyn vertroue-indeks is, het plaaslik groot opwinding veroorsaak toe haar skildery Love Lost in 2019 vir meer as R7,2 miljoen verkoop is, en Oktober 73 in 2020 ook vir meer as R7 miljoen opgeveil is. Albei prestasies is behaal op veilings deur Aspire Art Auctions. Die internasionale bekendheid van hierdie kunstenaars maak dit aanloklik vir versamelaars om hul kuns aan te skaf, maar dit is ook potensieel 'n winsgewende belegging. Kunsversamelaars sal dus regop sit in hul stoele wanneer een van Dumas se gesogte vroeër skilderye, SCORE, op 4 Maart onder die hamer kom op Aspire se Kaapse veiling.

Hoewel hierdie uitslae vertroue in die plaaslike kunsmark stimuleer, kan 'n groter wordende verskeidenheid kunsaanbiedings potensiële kunskopers begin verwar. Wie is nou eintlik die top- Afrika-kunstenaars? Watter werke sal hoër pryse haal? Waar moet ek begin versamel? Hoe bou 'n mens 'n versameling wat jou verseker van volhoubare waarde en groei?

Daar bestaan geen twyfel dat Afrika-kuns gesog is nie. Yinka Shonibare CBE, El Anatsui, Abdoulaye Konaté, Julie Mehretu en Moshekwa Langa is van die mees gesogte kontemporêre kunstenaars, maar jy kan ook op die uitkyk wees vir Kudzanai Chiurai, Simphiwe Ndzube, Mary Sibande, Misheck Masamvu en Uche Okeke se werk wat toenemend meer in aanvraag is.

Edoardo Villa het die opskrifte gehaal toe sy ongelooflike grootskaalse staalbeeld, Traverse, uit 1957, vir 'n verstommende R4 893 400 verkoop is, meer as R1,8 miljoen meer as die geskatte waarde en meer as dubbeld die vorige rekord sedert 2017 wat ook deur Aspire behaal is. Dit het net weer getoon hoe lewendig en veerkragtig die plaaslike kunsmark is. 'n Verskeidenheid van Villa se werke sal ook teen wisselende pryse beskikbaar wees by Aspire se opkomende veiling.

Om in kuns te belê raak al hoe meer gewild, maar kuns moet altyd aangeskaf word as 'n langtermynbelegging. Om kuns te swaai - die term wat gebruik word wanneer iets vinnig gekoop en verkoop word - is nie 'n goeie gebruik nie en ondermyn die kunsmark. Dis belangrik om met 'n blik op die toekoms kuns aan te skaf en om die beste moontlike raad te kry voordat jy enige kuns koop.

Wat beïnvloed versamelbaarheid? Die beste kuns lok die beste pryse. Versamelaars bepaal uiteindelik die prys wat hulle bereid is om te betaal en stel so nuwe rekordpryse op. Dit kom dikwels neer op hoe 'n kunswerk deur die toonaangewers in die kunswêreld beoordeel word. Plaaslike en internasionale uitstallings plaas kunstenaars in die kollig en kan 'n groot rol in die bemarking van hul werk speel.

Kundige versamelaars kan steeds kuns met groot groeipotensiaal koop. Soos met enige belegging, lê die antwoord daarin om jou huiswerk goed te doen, raad van betroubare bronne te kry en die beste te koop wat jy kan bekostig.

Die spesialiste by afslaershuise soos Aspire Art Auctions met jare se ervaring in die kunsbedryf, kan raad en insigte van onskatbare waarde lewer en vir jou 'n goeie idee gee van wat topkunswerke plaaslik en internasionaal behaal het. Hierdie inligting gee aan kunsversamelaars leiding oor hoe om waarde in hul kunsversameling te bou en slaggate te vermy.

Wees ook op die uitkyk vir William Kentridge se Drawing from Sobriety, Obesity and Growing Old (Mrs Eckstein preparing for the day).
Wees ook op die uitkyk vir William Kentridge se Drawing from Sobriety, Obesity and Growing Old (Mrs Eckstein preparing for the day).

Vir meer inligting besoek https://aspireart.net/specialists of skakel Aspire Art Auctions om met een van hul spesialiste te gesels.

* Emma Bedford is 'n senior kunsspesialis en direkteur van Aspire Art Auctions.

Emma Bedford

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM