Promosie

Probeer ’n slag iets nuut!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nuut op die Mark
Nuut op die Mark

Kikker dié maand jou inkopielys op met hierdie interessante nuwe produkte:

1. Sani-touch-reinigingslappies

Só werk Santi-touch se reinigingslappies:

• Geen water, geen probleem - reinig jouself waar jy ook al is!

• Buiteluggeesdriftiges kan hulself verfris wanneer hulle kamp, voetslaan, fietsry of oefen.

• Dit is 100% bio-afbreekbaar en komposteerbaar. Gebruikte lappies kan tot as in 'n braaivleisvuur verbrand word of in 'n aktiewe komposstelsel begrawe word.

• Die lappies bevat aalwyn om jou vel te versag, te beskerm en velgesondheid te bevorder.

• Met 'n breëspektrum- bakteriële en mikrobiese werking, verminder dit mikro-organismes om infeksies te voorkom.

2. Le Roux Leather

Le Roux Leather se klassieke insteekskoen (mule) is so gemaklik dat jy dit sommer elke dag sal wil dra. En hoekom dan nou nie?

Die skoene word handgemaak in Kaapstad en sal aan die begin 'n bietjie styf sit, maar rek na 'n paar keer se dra om jou voet perfek te pas. Die binnesole strek van die hak tot by die punt van die skoen.

Nouliks merkbare variasies in die leer dra by tot die uniekheid van elke produk. Daar mag ook effense kleurverskille tussen reekse voorkom.

3. MannaBrew

MannaBrew is 'n smaaklike alternatief vir tradisionele koffie. Hierdie drankie word van die saadpeule van die uitheemse muskietboom (Prosopis glandulosa) gemaak en bied 'n ryk, aromatiese smaakprofiel. Die geroosterde peule sorg vir 'n sagte, effens neutagtige geur met 'n sweempie karamel en sjokolade.

MannaBrew is kafeïenvry, propvol antioksidante en veroorsaak nie suur in die liggaam nie, wat dit 'n gesonder keuse maak. Dit is die perfekte alternatief tydens swangerskap en ook geskik vir kinders.

Met elke koppie MannaBrew help jy ook om die natuur se skaars waterbronne te bewaar en werk te skep. Die muskietboompeule word met groot kundigheid voorberei om die perfekte bevredigende en verkwikkende koffie-ervaring te verseker.

MannaBrew is te koop op Takealot, aanlyn en by uitgesoekte koffie- en gesondheidswinkels. Volg gerus hul Facebook-blad.

4. GUM Twisted Floss

Die nuwe GUM Twisted Floss bestaan uit twee stringe rafelbestande vlos wat saamgevleg is om 30% meer vlosoppervlakte te bied as enkelstring-vlos, en tande dus deegliker skoonmaak. Die vlos is met 'n waslagie bedek sodat dit deur selfs die nouste spasies tussen jou tande kan gly om plaak en stukkies kos te verwyder. Wanneer jy klaar is, laat dit jou met die vars, skoon sensasie van mentagtige groentee.

GUM Twisted Floss is beskikbaar by Dis-Chem-winkels, uitgesoekte tandartse en apteke teen R93 (BTW ingesluit). Vir produkbesonderhede besoek gerus GUM se webtuiste.

5. Galata Eksport

Galata Eksport se dinamiese benadering tot sake doen, het hulle verhef tot leiers in die verkope van Persiese en Oosterse matte in Afrika.

'n Veel wyer verskeidenheid gehalte-matte is nou beskikbaar teen bekostigbare pryse.

Hulle hou net die beste matte aan, waaronder Persiese, Afgaanse, Turkse, Kazakse en Pakistanse matte, asook stam- en nomadiese matte en kelims. Galata Export bied ook skoonmaak- en hersteldienste van alle matte op hul perseel aan.

'n Besoek aan hulle galery beloof 'n aangename ervaring wat jy nie wil misloop nie. Vir meer inligting volg hul Instagram.

6. Simonsig

Die versnit van chenin blanc en pinotage was 'n natuurlike keuse vir die nuwe Needless to Say Rosé wat onlangs deur Simonsig bekendgestel is. Aangesien dié twee variëteite die eerste wit- en rooiwyne was wat deur die landgoed vrygestel is, vertel hierdie versnit die pragtige verhaal van Simonsig se ryk wynmaakerfenis.

Hierdie rosé lyk soos 'n spookasem-sonsondergang wat uit die glas straal. Speelse aromas van aarbei-gegeurde suursuiker, grenadella en pynappel meng met sagte blomgeure in hierdie verrassende, verfrissende, gebalanseerde en vruggedrewe wyn.

Nodeloos om te sê, jy sal dit self móét proe! Bestel joune by Simonsig se aanlyn winkel of die proelokaal.

7. PACSys

PACSys is 'n baanbrekende landboutegnologiemaatskappy wat in 2016 deur KwaZulu-Natalse suikerrietboere gestig is, aanvanklik om die gehalte van die lugtoediening van plaagdoders op hul eie plase te verbeter.

Sedert 2016 het PACSys ontwikkel tot Suider-Afrika se grootste en mees gerespekteerde bemarker, verkoper en verspreider van spuithommeltuie.

Tree gerus met hulle in verbinding vir die voorste landbouhommeltuie, vlieënieropleiding, konsultasie en naverkopedienste. PACSys - geskep deur boere vir boere.

8. Burgundy Collective

Welkom by Burgundy Collective, jou voorkeurbestemming vir topgehalte, plaaslik vervaardigde leergoedere. Die Burgundy Collective-span skep sedert 2013 reeds 'n reeks skoene, sakke en toebehore van die beste gehalte egte leer deur gebruik te maak van plaaslike materiale en net die beste vakmanskap. Aan die hart van hul handelsmerk lê die Founder-veldskoen, 'n ware bewys van Burgundy Collective se passie vir topklas-vakmanskap. Met die beste trots Suid-Afrikaanse leer waarop hulle hul hande kan lê, is hierdie skoen 'n toonbeeld van die perfekte kombinasie van skoon lyne en robuuste, duursame funksionaliteit. Besoek gerus hul webtuiste vir meer inligting.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM