Promosie

Só dans jy jou heel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Garage-dansgeselskap se produksie Gat innie grond - wond in my siel, vergestalt die gees en kompleksiteit van die Namakwa met mense uit die streek soos die bekende virtuoos van Matjieskloof, oom Dollie (eerste foto), met sy blikkitaar. Foto's: JADONDALE-PHOTOGRAPHY
Die Garage-dansgeselskap se produksie Gat innie grond - wond in my siel, vergestalt die gees en kompleksiteit van die Namakwa met mense uit die streek soos die bekende virtuoos van Matjieskloof, oom Dollie (eerste foto), met sy blikkitaar. Foto's: JADONDALE-PHOTOGRAPHY

'n Ou wysheid lui dat die enigste manier om sin te maak van verandering, is om daarmee sáám te gaan, om te beweeg, om daarmee te dans. Dit is presies wat die Garage-dansgeselskap doen met die produksie Gat innie grond - wond in my siel.

Die verandering wat soveel van die myngemeenskappe in die Noord-Kaap oor die afgelope paar dekades moes meemaak, word met hierdie besonderse dansproduksie vertaal in 'n mengsel van mondelinge geskiedenis, plaaslike kennis, akademiese ondersoek en artistieke praktyk. Verteller Janine Lange het haar doktorsgraad oor die onderwerp gedoen onder die titel "Storievertelling en herinnering aan strukturele geweld in die Noord-Kaap". Die stories hierin vervat word deur die Garage-dansers vertel en ook met hul lywe gedans.

Volgens Byron Klassen, wat die regie behartig het, is plaaslike inwoners van O'Kiep en Nababeep betrek as "toeskouers of in spontane dansuitvoerings". Byron sê die produksie vergestalt die gees en kompleksiteite van die Namakwa. Die vertelwerk word gedoen in Namakwa-Afrikaans deur Esmé Marthinus, 'n plaaslike aktrise van die Noord-Kaap. Die bekende virtuoos van Matjieskloof, Oom Dollie, en sy blikkitaar maak ook 'n verskyning.

Die Garage-dansgeselskap het sowat tien jaar gelede tot stand gekom onder aanvoering van die modernedans-ikone John Linden en Alfred Hinkel. Gat innie grond - wond in my siel is Garage se tweede digitale produksie.

  • Gat innie grond - wond in my siel | 5 Oktober

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM