Of jy die platteland of Noord-Kaap besoek tydens jou somervakansie, daar is altyd iets lekker aan die gang om te geniet. Kyk hier wat bied dié twee plekke.
Country Hotels
Ná maande lange inperking is dit tyd om jou vlerke te sprei, wiele aan die rol te sit en te reis deur die nimmereindigende vlaktes van die Noord-Kaap.

Besoek een van die tien Country Hotels vanaf Clanwilliam, Calvinia en Pofadder, tot Kuruman, Kathu, Vioolsdrift en Springbok.
Hier kan jy die vars lug geniet en jou verwonder aan die natuurlike skoonheid van SA se grootste provinsie, bekend vir sy woestynlandskap, dierelewe en edelstene.
Met 'n onbeplande reisplan na die NoordKaap kan jy wegbreek en wandel waar die landskap jou lei. Ná die tyd kan jy terugkeer na die Country Hotel, waar hulle jou sal inwag met luukse gerief, met egte boerekos en drankies. 'n Heerlike besoek waar jy met ope arms en plattelandse gasvryheid verwelkom sal word.
- Besoek www.countryhotels.co.za vir meer inligting.
Proudly Porterville
Proudly Porterville, 'n jaarlikse geleentheid wat reeds vir homself naam gemaak het op die geleentheidskalender, vind vanaf Donderdag 26 tot Sondag 29 November op die bekoorlike Porterville plaas.

'n Groot verskeidenheid kuns - van hoogs versamelbare duurder stukke tot kleiner, meer bekostigbare kunswerke en produkte soos juweliersware, keramiekware, doelgemaakte eetware, houtwerk, mosaïekware, hekelwerk, kwiltwerk, kralewerk en vele meer - sal beskikbaar wees vir besigtiging en om te koop.
Tien groepuitstallings sal op verskillende plekke by verskeie venues deur die dorp aangebied word waar die werk van 'n legio kunstenaars te sien en te koop sal wees. Daarbenewens word daar ook vyf slypskole oor die naweek deur verskillende kunstenaars aangebied. Kaartjies is nie 'n vereiste vir die Proudly Porterville-naweek nie, aangesien toegang gratis is, maar besprekings vir verblyf, restaurante en slypskole word aanbeveel.
- Vir meer inligting besoek www.portervilletourism.co.za of bel die Porterville-toerismekantoor by 022 931 3732.












